Translate This Page

                                              FLIPNTILLA

                                           KARAVAANPARKE
 Hierdie is ons persoonlike opinie


 Kliek op die bladsy  nommer aan die regterkant om daarheen te gaan.

KARAVAANPARKE

Karavaanparke wat ons besoek of in gekamp het gedurende ons toere deur Suid Afrika.   Die kommentaar is ons persoonlike mening en iemand anders mag die kampe anders beoordeel.  Let ook op die datums van ons laaste besoek – veranderings kan intree.  Ons let ook nie net op die toestand van die park nie, maar kyk ook na die omgewing waar dit geleë is, asook die atmosfeer van die park.  Ons verkies stiller parke en ook privaatheid.  Laastes kyk ons na die bestuur en hoe hulle optree.

 

GAUTENG

COOPERVILLE (VEREENIGING/VANDERBIJLPARK AREA)

BLOEKOMPOORT KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2019

Kommentaar  -  Die oord is regtig tussen nerens en erens en ver van winkels geleë,  maar die inwonende eienaars probeer regtig opmaak hiervoor en, volgens ons en kampeerders waarmee ons gesels het, maak hulle op hiervoor.

Daar word wel funksies oor naweke hier aangebied wat mensetoeloop en musiek veroorsaak, maar die het vir ons aanvaarbaar gebly.

Die oord is op 'n oop, gelyk stuk grond uitgelê en die terrein is netjies en geboue redelik nuut.  Die ablusiegeriewe goed en word skoon gehou.

Veiligheid lyk redelik goed, maar ons moet ook maar self omsien na ons eie en ander kampeerders se veiligheid.

Hulle het grasbedekte en ook geplaveide staanplekke.  Kragpunte is goed verspreid, maar elke staanplek het nie 'n waterkraan nie.  Hulle is besig om voorafbetaalde kragmeters in te sit en jy sal dan betaal vir jou gebruik. Sommige van die kragpale het ook TV skottels, maar bring jou eie dekodeerder.

Met goeie beplanning kan jy jou winkelryery van sowat 25Km beperk en 'n bekostigbare kampondervinding hier beleef.  

Die Oord is sowat 150 meter van die R54 en die padgeraas is hoorbaar, maar verkeer neem af gedurende die nag en het ons nie wakker gehou nie.  Baie ligte slapers moet egter kennis neem.

Hier is geen geriewe om wasgoed met die hand te was nie, maar hulle het onlangs 'n wasmasjien en droeer aangeskaf. Sondae kan jy 'n baie billike ontbyt hier kry.

Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  -  www.bloekompoort.co.za

Kliek hier vir Bloekompoort fotos

HAMMANSKRAAL

RUST DE WINTER

Laaste besoek  -  2019

Kommentaar  -  

Kliek hier vir Rust de Winter fotos

HARTEBEESPOORT 
ROOS SE OORD
Laaste besoek   -   2006
Kommentaar  -  Ons sal beslis nie weer die park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  www.sealine.co.za  www.outdoorpages.co.za  (Sien forums)


HARTEBEESPOORT
SHANGRILA OORD 
Laaste besoek    -    2002
Kommentaar     -     Ons sal nie weer die park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10
Webwerf  - 
www.shangrilainnibos.co.za

HENNOPS

HENNOPS PRIDE KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2019

Kommentaar  -  Ons kamp hier vir 'n maand, wat die besige Paasnaweek insluit, en die park was baie amper stampvol.

Die huidige eienaar het die oord op 'n bankrot veiling gekoop en die huidige bestuur so drie maande gelede aangestel.

Ons het lanklaas 'n oord met so baie potensiaal gesien; hier is baie bome, mooi staanplekke en die Hennopsrivier loop deur die park.  

Dit is duidelik dat die plek erg verwaarloos was, en dat heelwat werk nog voorlê, maar hulle is besig on 'n paar miljoen Rand hier te spandeer en werk sal glo gedurende die stil wintermaande versnel word.

Hier is al reeds 'n paar swembaddens met glybane en die restaurant gebou is amper klaar.

Hulle moet nog die warmwater situasie regsien en die kragvoorsiening opknap, en dan is hierdie 'n lekker wegbreekplek vir die Rand se mense.

Punt toegeken   /10  (sal eers doen na die verbeterings afgehandel is)

Webwerf  -  www.hennopspride.co.za

2020  -  Ons verneem dat die karavaanpark gesluit is.  hulle bedryf blykbaar nou net die chalets, waterwereld en "off road" baan.

Kliek hier vir Hennops fotos

KRUGERSDORP
NGONYAMA KARAVAAN PARK  
Laaste besoek    -    2006
Kommentaar      -    Die park is in die middel van die Krugersdorp natuurreservaat.  Daar is net ‘n draadomheining om die kamp en die diere, renosters ingesluit, kom besoek gereeld. Die staanplekke is redelik gelyk en groot genoeg.  Die ablusies is aanvaarbaar.  Daar is ‘n winkel en swembad op die perseel.   Ons sal die park weer besoek.

2019  -  Hierdie karavaanpark bestaan nie meer nie.

MAGALIESBURG

EASTCO KARAVAANPARK & VAKANSIE OORD

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  'n Middelslag kamp naby Magaliesburg met goeie toegangsroetes.  Hulle het so 30 staanplekke, waarvan meeste onder skadudoek is, en met 'n sementblad vir jou tent.  Die interne paaie is goed en die groot terrein was skoon, netjies en goed onderhou tydens ons besoek.  Die swembad area is groot en goed ingerig om die jonges besig te hou.  Ons was daar tydens die Desember skoolvakansie en dit het nie beknop gevoel nie.  Hulle het 'n paar damme met vis en jy mag hengel op 'n vang-en-loslaat basis.  Die ablusiegeriewe was skoon en netjies en goed uitgele.  Die fotos op ons Picasa Webalbums spreek boekdele.  Die personeel was vriendelik en hulpvaardig.  Die ontvangsarea in in hulle winkeltjie en dit was netjies en funksioneel, maar redelik klein.  Die winkeltjie hou 'n paar basiese goed aan, maar vir groter inkopies sal jy maar moet ry.  Hulle het 'n wildpark en bied wildritte aan; met ons besoek het 'n redelike mak takbok in die kamp rondgedwaal.

Ons is nie baie erg oor sement areas op staanplekke nie, aangesien dit jou dwing om jou kamp in 'n sekere rigting op te slaan.  Die staanplekke is egter gelyk en as die sementblokke jou pla, is daar 'n paar staanplekke op gras onder die bome.  Die skadudoek dakke is 'n groot voordeel, maar gee ook ongelukkig die indruk dat die 'n parkeerterrein is - doen afbreek aan die "gevoel" van die kamp.

Dit bly egter 'n goeie kampplek en ons kan dit aanbeveel vir 'n besoek.

Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.eastcomagalies.co.za

Kliek hier vir Eastco fotos

MAGALIESBURG

LOVERS ROCK RESORT

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  As jy na die fotos op ons Picasa Albums gaan kyk, lyk die park heel goed.  Die swembad area is mooi (pasop vir dagbesoekers), maar die ablusie geriewe hier is onaanvaarbaar.  Die karavaan area is gelyk met mooi bome en groen gras. Die ablusies is net net aanvaarbaar, en die kragpunte is goed.

Ons sal egter nie hier kamp nie, asgevolg van die padgeraas. Die pad grens aan die park en die geraas was werklik baie steurend.

Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  www.loversrock.co.za 

Kliek hier vir Lover's Rock fotos

MEYERTON

MALONJENI GUEST FARM

Laaste besoek  -  2019

Kommentaar  -  Hierdie is net eenvoudig 'n baie netjiese kampplek.  Staanplekke is gelyk en grasbedek, Krag-  en watervoorsiening baie goed en die ablusieblok netjies, skoon en funksioneel.

Skaduwee is die enigste probleem in die somer.

Kyk gerus na ons fotos en besuit self.

Kliek hier vir Malonjeni fotos

MEYERTON
PROTEA SUIKERBOSRAND


Laaste besoek    -   2008
Kommentaar  -  Die park is in die Suikerbosrand Natuurreservaat  en word deur Protea Hotels bestuur. Die ‘n groot park en die staanplekke is wyd -verspreid.  Daar is baie koeltebome, gelyk staanplekke en ‘n hele paar ablusiegeriewe.  Tydens ons besoek was daar 3 karavaanklubs asook gewone naweek besoekers en ons het nooit ongemaklik gevoel nie.  Die ablusiegeriewe was voldoende en skoon.
Die warm swenbad was nie verhit nie, maar verder het ons nie klagtes gehad nie.  Daar is baie selfry paaie asook staproetes in die reservaat.  Groot winkelkomplekse is naby die park in Meyerton.
Ons sal beslis die park weer besoek.

2012 Ons het verneem dat die park nie meer deur die Protea Groep bestuur word nie.   Ons het ook verneem van erge agteruitgang en swak bestuur veral ten opsigte van besoekersgedrag in die kampeerarea.  Ons het die inligting van verskeie oorde ontvang, maar kan dit nie self bevestig nie.  Doen huiswerk voordat jy bespreek

2019 - Hierdie Oord bestaan nie meer nie!!
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  www.Suikerbosrand.CaravanParks.co.za

Muldersdrift

Country Park Guest House & Camping

Laaste besoel  -  2020

Kommentaar - Ons kamp in 2020 vir die derde keer hier, aangesien dit beslis die beter kamp in die area is, as jy besigheid in Johannesburg het om af te handel. Ons kom hoofsaaklik hierheen om ons kinders te besoek.

Die Oord bestaan uir drie dele:

Eerstens die korttermein afdeling waar naweek of dagbesoekers gehuisves word.  Onfagemerkte staanplekke is op 'n redelik gelyk area wat grasbedek is, lowergroen in die somer en vaaldor in die winter.  Soek vir jou 'n kragpunt om by te staan en geniet. Skaduwee is maar skraps.

Hier is 'n groot lapa beskikbaar en die ablusieblok is aan die westekant. redelik modern en word goed skoongehou.

Tweedens is daar die Gastehuis en kantoor wat die oord in twee deel. Hierdie seksie is baie skoon, netjies en mooi met tuine en versiersels.

Die derde gedeelte is vir langstaaners, wat 'n maand of meer wil bly. Al die staanplekke hier het skadudoek dakke en sementblokke vir jou karanaan en tent. Die areas is mooi gelyk, maar die grasbedekte oop areas is skuins na die suidekant, wat reenwater goed weglei.  hier is ook 'n paar staanplekke met private geriewe, maar hulle word bykans permanent beset, Alles hier is netjies en skoon.

Die ablusiegeriewe hier is oud, maar word netjies en skoon gehou.

Hier is 'n klein swembad en biblioteek, asook 'n lekker groot wildskamp met rooi- en blesbokke.  Heerlik om hier te stap.

Punt toegeken - 7/10

Kliek hier vir Country Park fotos

VEREENIGING

SOETDORING VAKANSIEPLAAS

Laaste besoek  -  2019

Kommentaar  -  Ons het ongelukkig nog nie tyd gehad om hier te kamp nie, maar net 'n dagbesoek afgele.  Ons verlies, want hierdie is regtig 'n agtermekaar plek.  Die grondpad na die Oord was in 'n goeie toestand en ons sal ons Penta met gemak hierheen kan sleep.  Let wel dat ons Garmin ons na die ou ingang geneem het, wat nie meer gebruik word nie. Hulle adres is Hoek van LANGRAND- en HELENA van ZYLstraat.

Die karavaanpark en chalets/boshuise is op 'n groot gelyk area uitgelê met baie skaduwee-bome. Meeste staanplekke is geplavei en kragpunte nie te ver weg nie.  Nie elke staanplek het 'n kraan en asdrom nie.

Die ablusiegeriewe is baie netjies en skoon. Die storte is mooi groot en die hele binne-area netjies versier.  Hulle het 'n groot kragopwekker vir donker dae.

Snoepie hou die mees basiese dinge en sal die kinders gelukkig hou.  

Jy mag nie met jou voertuig in die wildkamp rondry nie, maar kan stap of fietsry.

Punt toegeken  -  8/10

Kliek hier vir Soetdoring fotos

E-Pos  info@soetdoringvakansieplaas.co.za

Tel  016 556 6154


TERUG NA BO


Translate This Page

Make a free website with Yola