Translate This Page

OOS KAAP

ADDO

ADDO ELEPHANT NASIONALE PARK
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Die karavaanpark in langs hulle hoof ingang en kantoorkompleks.  Dit is ook by die hoof watergat waar daar ‘n gedurige toeloop van diere is – jy kan die hele dag net daar deurbring.
Ons het die reservaat dikwels besoek, maar nooit daar gekamp nie.  Ons het verkies om by Homestead te bly – buite die gewoel.  
Die karavaanpark vertoon goed en is binne die grense van die park, ons glo dat jou kampervaring hier goed sal wees, maar kan nie ‘n mening uitspreek nie.
Punt toegeken  -  Nie gedoen.

Webwerf  -  www.sanparks.org

Kliek hier vir Addo fotos

2018 Besoek

Ons kamp vir 'n week hier en geniet dit terdeë.  Al die staanplekke is beset en dit is baie besig vroeg soggens en saans, maar stil deur die dag. 

Ons sien gereeld leeus en olifante vanaf ons staanplek. Die ablusies word skoon gehou en omdat ons laat saans gaan stort, het die vol kamp ons nie gepla nie. Terwyl die Homestead goedkoper is en naby die Park ingang geleë is, is die atmosfeer hier baie lekkerder.

Punt nou toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Addo fotos

ADDO

HOMESTEAD  B&B
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Op die grens van die dorp geleë.  Hulle hoof besigheid is die B&B en het net ‘n paar staanplekke.  Dit is mooi gelyk en sommige het skaduwee.  Die ablusie geriewe is aanvaarbaar  en die kamp goed vir ‘n kort verblyf.
Addo is maar ‘n so so dorpie en moet nie veel verwag nie.  Die winkels is voldoende, maar bly uit die dorp op ‘n Saterdag – dan is dit ‘n dronknes.
Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  -  www.homesteadbnb.co.za

ALEXANDRIA

OCEAN VIEW CAMPSITE

laaste bsoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar die inligting van 'n betroubare persoon ontvang.

Padwaens kan nie hier uitkom nie, maar sedan motors en sleepwaens sal dit maak.  Daar is 3 staanplekke op 'n melkplaas tussen die natuurlike bos. Spoeltoilette en warm bosstorte is beskikbaar. Die plaas grens aan die Addo Olifantspark se kusbewaringsgebied. Swem, stap en 'n besoek aan die melkstalle sal jou besig hou.  

Punt togeken  -  Nie gedoen - ons het nie self die kamp besoek nie.

ALIWAL NOORD
ALIWAL SPA VAKANSIE OORD
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Ons sal nie hierdie oord besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar

ALIWAL NOORD

THE NEST

LAASTE BESOEK  -  2015

Kommentaar  -  Baie goeie oornag stop net noord van Aliwal Noord op die N6.  Hier is net vier staanplekke, maar ook heelwat wooneenhede, van kamers tot chalets.  Die staanplekke is op gruis en gelyk.  Dit is ook maklik om in en uit te ry, sonder om af te haak.  Elektriese punte is naby die staanplekke, is netjies en toets reg.

Die ablusiegeriewe bestaan uit twee volledige badkamers, een elk vir mans en dames.  Aangesien hier net vier staanplekke is, is dit voldoende. Altwee is baie goed ingerig en sindelik versier. Die was superskoon toe ons baie vroegoggend hier opgedaag het.

Tekortkominge is die gebrek aan krane by die staanplekke en ook die gebrek aan 'n opwasplek vir skottelgoed.

Dit is baie lekker om net sowat 100 meter goeie gruispad te ry na jou staanplek, maar ongelukkig sit jy dan met die N6 se padgeraas.  Hulle het wel 'n hele klomp bome en struike geplant, wat vorentoe van die geraas sal absorbeer.

Ons was goed ontvang en die personeel was baie vriendelik.  Ons beskou die Oord net as 'n oornag staanplek en be-oordeel die plek daarvolgens.

Punt Toegeken  - 7/10 (Oornagkamp)

Webwerf  -  www.thenestbb.co.za 

Kliek hier vir The Nest fotos

Sel  -  079 434 3247   Landlyn  -  051 634 1859

BARKLY OOS

 BARKLY OOS MUNISIPALE KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Ons wou bitter graag hier kamp om die bergpasse in die gebied te verken, maar toe ons bel om te bespreek het die dame gese die plek is nie op standaard nie en dat ons liewers elders moet oorbly.

Punt toegeken  -  0/10

Kliek hier vir Barkly Oos fotos

BOESMANSRIVIERMOND
BOESMANS KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Bykans die hele park word opgeneem deur toegeboude karavane en net ‘n paar staanplekke is nog beskikbaar.  Daar is min permanente inwoners  -  Hulle kom net vakansie hou,en die park vertoon goed.  Ons vermy parke met permanente strukture,  maar het lekker hier gestaan.  Die beskikbare staanplekke is naby die hek – maak seker jy ry reg, die paadjies is nou tussen die huisies en ons het ons karavaan hier beskadig.
Die staanplekke is gelyk en grootgenoeg.  Skaduwee is skraps.  Die park is so 150 meter van die rivier en 1.5km van die see.  Daar is ‘n Spar net buite die kamp en verdere winkels by Kenton on Sea. Die groot sport hier is om met die rivier op en af te dryf saam met die gety.
Punt toegeken  -  5/10

Webwerf www.kentontoerism.co.za

CANNON ROCK'S

CANNON ROCK'S HOLIDAY RESORT

Laaste bsoek  -  2014

Kommentaar  -  Kus oord, naby die see tussen Port Afred en Alexandria. Die park vertoon pragtig en die mense uiters vriendelik.  Die kantoor/winkel/ontvangs/pokantoor alles in een, ablusieblok, lapa, swembad, TV kamer, saal en chalets is almal baie netjies en vertoon baie goed. Die winkel het 'n redelike voorraad. Daar is kleiner winkels by Boknes, maar vir groter aankope moet jy Kenton on Sea toe ry, so 30Km. Die interne paaie is geplavei en stofvry.  Die hele area is goed omhein en word ook meestal deur amper ondeurdringbare planegroei beskerm. Die ingangshek is bedags oop, maar word na ure toegemaak, met 'n wag wat dit dan beman - lyk vir ons voldoende.  Die staanplekke is meestal gelyk, redelik grasbedek en heelwat het skaduwee.  Lanings tussen die staanplekke breek die wind en merk ook die grense mooi af, behawe die middelste blok waar die grense nie gemerk is nie.  Staanplek nommers is duidelik.

Sover alles bogemiddeld goed, maar....! Ons staanplek huisves wel ons Penta en voltent, maar daar is nie plek op die staanplek vir ons bakkie nie. Die kamp is byna leeg en dit skep dus nie vir ons 'n probleem nie.  Elektrisiteit is ook 'n probleem.  Die 4 proppe by ons staanplek word deur 'n enkele 20A breker bedien, maar werk in elk gevl nie - dodelike kortsluiting op die lyn. Ons trek krag van 'n ander staanplek af en het weereens nie 'n prbleem nie, aangesien on nie bure het nie, maar..!  Ons het ook na ander staanplekke se kragproppe gekyk en sommige gevind wat erg oorverhit het en dus nie bruikbaar is nie.  Van die proppe het ook nie reg getoets nie - hoop dit kom reg voor Desember.

Warm water is 'n groot probleem.  Met slegs 9 karavane in die park, met net twee kampeerders elk, was daar soggens en saans 'n tekort aan warmwater.

Die storte is wel groot, het genoeg hangplek en 'n rakkie, maar die hele vloer word nat - trek maar buite aan.

Buite seisoen sal die probleme nie pla nie, behalwe die warmwater wat hopelik na gesien sal word.  Selfoon ontvangs is goed, maar 3G pla op sommige plekke in die kamp. Hulle het 'n betaal WiFi hotspot by die lapa.

Punt toegeken  -  6/10 (buite seisoen, kan nie punt toeken vir hoosseisoen nie)

Webwerf  -  www.cannonrocks.co.za

Kliek hier vir Cannon Rocks fotos

COFFEE BAY

WHITE CLAY  CAMPING

Laaste besoek  -  2016

Kommentaar  -  Hierdie is 'n boskamp, ons sal beslis nie ons Penta hierheen sleep nie, die afdraai pad na die kamp toe is net te steil en die staanplekke ook te klein.  Ons het heerlik in ons 4man tent gebly.

Hier is agt kampplekke, elk met 'n 15A elektriese koppelpunt. Die staanplekke is op terrasse met gras en elkeen het 'n pragtige uitsig. Ons was die enigste kampeerders en het  genoeg spasie gehad, maar dit sal lol as al agt staanplekke beset word.   Die huisies was almal beset; ons het nie die binnekant gesien nie.

Die ablusieblok is klein en op tipiese boskamp styl gebou. Dit was skoon, die water warm en alles het gewerk.   Die restaurant/kroeg is oop van 11.00hr tot 20.00hr en het ook 'n pragtige uitsig.  Hulle bedien nie ontbyt nie.  Ons aandete was pragtig mooi aangebied.  Die skottelgoedwasplek is aanvaarbaar en skoon - vrieskas beskikbaar vir die gaste.

Die grootste gedeelte van die pad hierheen is geteer, maar sleg vol slaggate. Die sowat 3Km grondpad word tans herbou. Ry uiters versigtig, die pad is vol mense, diere en skedonke.  Bring maar jou proviand saam, die winkeltjies hier het nie veel om die lyf nie.

Stap, hengel, swem en bergfietse is hier koning en onthou jou kamera!! Selfoonontvangs is maar wisselvallig en ons kon geen 3G sein kry nie.

Punt toegeken  -  6/10 (Boskamp)

Kliek hier vir White Clay fotos


COFFEE BAY

COFFEE  BAY CAMPSITE

Laaste besoek  -  2016

Kommentaar  -  Hulle het 'n webwerf en e-pos fasiliteite,  maar die sein is bitter wisselvallig.  Skakel hulle liefs op hulle landlyn en vol dan op per e-pos indien nodig.  Dit is 'n groot kamp in 'n natuurlike kuswoud en die staanplekke is tussen die bome; jy sal nie veel van jou buurman sien nie.  Die staanplekke is meestal gelyk, maar die met skaduwee het natuurlik min, indien enige, gras.   Krane is maar skraps en nie al die staanplekke het krag nie. 

Die ablusieblok is min of meer in die middel van die kamp en regtig 'n dag te perd van sommige staanplekke af.  Ons was nie be-indruk met die ablusies nie, dit was sommer net slordig en vuil. Bygese, daar was geen ander kampeerders nie.

Net 'n paar staanplekke teen die grensdraad by die see, het 'n see-uitsig, soos reeds genoem, die res kyk in die bosse vas.  Die kus hier is rotsagtig, en die klein baai voor die kamp is pragtig, maar jy gaan 'n paar tone stamp. Stap, fietsry en hengel is hier koning.  Coffee Bay het 'n paar eetplekkies en 'n winkel, maar hulle is maar eina, bring jou voorraad maar saam.

Die pad hierheen is geteer, maar vol slaggate.  Ry uiters versigtig, veral as jy sleep - diere, mense en skedonke is nogal volop.

Beslis nie 'n luukse oord nie, maar in 'n pragtige omgewing met uiters billike pryse vir Desember.

Punt toegeken  -  4/10

Kliek hier vir Coffee Bay fotos

Webwerf  -  www.coffeebaycamping.co.za

COLCHESTER  (buite Port Elizabeth)
PEARSON PARK OORD
Laaste besoek  -  2004
Kommentaar  -  Ons sal nie hierdie park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  www.pearsonpark.co.za

CRADOCK

BERGKWAGGA NASIONALE PARK / MOUNTAIN ZEBRA NATIONAL PARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Die karavaanpark, en ook die park as geheel, staan vir niks terug nie - regtig baie goed. Die enigste negatiewe ding hier, is dat jy so 10Km grondpad moet sleep om by die karavaanpark uit te kom.  Die oppervlakte was uitstekend tydens ons besoek, maar die fyn, wit stof is baie erg.  Ons Penta was wit binne en buite.

Die karavaanstaanplekke is in 'n sirkel om die ablusieblok en geen staanplek is te ver weg nie. Meeste is gelyk of teen 'n effense helling.  Staanplekke word nie toegeken as jy bespreek nie, so die laaste ou wat daar opdaag moet maar vat wat oor is.  Sommige staanplekke is maar klein, maar min mense kamp lank genoeg hier om 'n tent op te slaan - ralley is gewoonlik genoeg.  Ons Penta en bakkie het gemaklik ingepas.

Daar is net 'n paar krane in die kamp, maar elke staanplek het krag, 'n aapbestande vuilisdrom en piekniektafel. Ape en bobbejane is 'n verpesting in die kamp en al jou kosvoorraad moet buite sig geberg word. Bring maar 'n lang (25 meter) elektriesekoord saam om seker te maak jy kom by jou kragpunt uit.

Die ablusiegeriewe is net eenvoudig puik.  Die klerewasgeriewe het lekker diep balies vir handwas, maar daar is ook 'n muntwasmasjien en droër. Die wasgoeddrade is ook netjies, maar min.

Die kombuis het, soos meeste nasionale parke, 'n stoof, mikrogolfoond, ys- en vrieskas, kookwatergeyser en ketel.  Dan natuurlik ook opwasgeriewe.

Die ablusieblok self is wit geteel en was skoon gehou. Warmwater was genoeg en witgoud voorsien.  Daar is baddens en storte - die storte bietjie aan die klein kant.

500ppm diesel en petrol is beskikbaar en die restaurant baie billik.  Die personeel was te alle tye vriendelik en behulpsaam.  Swembaddens en piekniekareas is baie mooi en netjies onderhou.   Hier is ook so 20 chalets en ook 'n paar afgesonderde huise beskikbaar.

Ons sal beslis weer hier kamp, sal net die Penta volgende keer stofdig probeer maak en 'n waaier binne aansit.

Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.mountainzebrapark.com

Kliek hier vir Bergkwagga fotos

 CRADOCK

CRADOCK SPA

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Hierdie plek is werklik 'n tragedie van wanbestuur.  Ons wou regtig graag hier kamp, maar die plek is net eenvoudig te vuil en verwaarloos.  Ons laaste besoek hier was teen 11.30 op 'n Maandag en geen poging was nog aangewend om die terrein, ablusies, swembaddens of piekniekarea skoon te kry nie.

Hier is baie duidelik 'n klomp geld gespandeer om die plek op te gradeer en dit kan 'n spog plek wees, maar soos sake nou staan sal ons beslis nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

Kliek hier vir Cradock Spa fotos

DE AAR

DE AAR KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2006

Kommentaar  -  Ons sal nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar

DUTYWA  -  Voorheen  Idutywa

DWESA NATURE RESERVE

Laaste besoek  -  2016

Kommentaar  -  Hierdie klein kusreservaat word deur die Eastern Cape Parks & Tourism Agency bestuur  en het 'n goeie indruk op ons gemaak.  Ons het met ons tent hier gekamp.  Die sowat 40Km grondpad hierheen, was in 'n goeie toestand, maar BAIE stowwerig.  Ons sal beslis nie ons Penta hierhaan sleep nie.

Die reservaat is maar 3,900Ha groot en jy kan dit slegs te voet verken.  Alhoewel hier 'n hele paar bokspesies voorkom, het ons gekom om die kus te verken, en ook vir die voellewe.  Die woud is baie dig begroeid wat sake natuurlik bemoeilik.

Die kampterrein is groot en normaalweg sal jou bure nie in jou ore raas nie.  Staanplekke is meestal op gras, maar in diep skaduwee, kamp jy op swart sand.  Die staanplekke is grootgenoeg vir ons 4Man tent en bakkie.        Die staanplekke is wel genommer, maar gedurende die stiller tye kan kamp waar jy wil.

Hier is geen elektrisiteit nie, maar die hekwag het wel aangebied dat ons ons yskas by die kantoor kan inprop.  Ons het dit nie gedoen nie aangesien ons 'n dubbelbatterystelsel in die bakkie het.  Die enigste ablusieblok het ook nie ligte nie.  Die ablusie blok vertoon redelik goed, was skoon en witgoud is beskikbaar. Die storte is piepklein en het geen neersit of hangplek nie. Daar is wel 'n bankie teen die een muur. Gasgeysers voorsien warm water en hulle het goed gewerk.

Ons het ons tydjie hier geniet.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  Kliek hier vir Dwesa webwerf

Kliek hier vir Dwesa fotos

EAST LONDON  -  Sien onder OOS LONDON

 GARIEP DAM  (Ou Verwoerd dam)

FOREVER RESORT GARIEP 
Sien onder Vrystaat (Sommige publikasies lys die Park onder die Ooskaap, maar die is beslis op die noorderoewer van die Oranjerivier.

Webwerf  -  www.forevergariep.co.za

GAMTOOSRIVIERMOND

BIG FISH CARAVAN & CAMPING SITE

Sien onder Jeffreysbaai 

GONUBIE
GONUBIE KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2010  &  2018
Kommentaar  -  ‘n Voorbeeld van hoe ‘n park nie bestuur moet word nie.  Dis ‘n munisipale park wat swak bestuur en onderhou word.  Alles is vuil, verslete en bitter sleg onderhou.  Die park het ‘n onverbeterlikke ligging maar jy moet sterk staan om hier te kamp.  Ons het vir 3 nagte hier gestaan  in November 2010 om vriende te besoek, maar dit was die laaste keer.

2018  -  Nou 'n voorbeeld van hoe 'n eens verwaarlose kamp reggeruk kan word.  Ons kamp nie hier nie, maar het slegs gaan kyk of dinge verander het, en wat 'n verandering!! Ablusies het 'n geddanteverwisseling ondergaan - netjies, skoon en pragtig geteel.  Die paaie is geplavei en die staanplekke skoon en gelyk. Die park is met 'n stewige veiligheidsheining omring en wagte is aan diens by die hek.  

Hierdie park is nou beslis 'n besoek werd.
Punt toegeken  -  0/10,  2018  -  6/10

Laaste besoek  -  2020

Kommentaar  -  Ons is terug om die Park weer te gaan besoek, en wat 'n teleurstelling.   Die plek is weereens slordig en onversorg.  Die ablusies is vuil en die terrein slordig en verwaarloos.  Bossies groei wellig tussen die plaveisel en gruis op die staanplekke.  Daar was 'n paar kampeerders (kontrakwerkers?), maar geen teken van enige Covid voorsorgmaatreels nie.

Punt toegeken - 2/10  (2020)

Webwerf  -  www.gonubie.caravanparks.co.za

GONUBIE

GULLSWAY CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons het nie die oord besoek nie, maar slegs gebel om 'n afspraak te maak.  Is toe meegedeel dat die park slegs permanente inwoners het.  Hulle laat geen vakansiegangers toe nie.

Punt toegeken  -  NVT

GONUBIE

PSA VAKANSIE OORD

Laaste besoek  -  2016

Kommentaar  -  Ons het gedurende April met 'n uiters slegte grondpad by die oord se hek aangekom, net om dit verlate en toegesluit te vind.  Ons het geen idee hoe die park van binne lyk nie, maar sal nie weer die moeite doen om hier te probeer kamp nie.

Die grondpad hierheen is bitter sleg om 'n wa oor te sleep en die grootste deel van die pad lyk asof jy deur 'n reuse ashoop ry.  Dit gaan ook verby 'n groot plakkerskamp en ons sal beslis ongemaklik voel om hier alleen te kamp, of om op die strand te gaan stap.

Die parke op die "East coast resort road" net noord van Gonubie is volgens ons 'n beter area om in te kamp.

Punt toegeken  -  0/10 (Ons was nie binne die park nie)

GRAAFF REINET

CAMDEBOO NASIONALE PARK / NQWEBA KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2015 & 2018

Kommentaar  -  'n Redelik nuwe ontwikkeling van Sanparke met 15 staanplekke en 4 luukse tente.   Die terrein is heeltemal gelyk en elke staanplek is met 'n strook natuurlike bos van sy buurman geskei.  Staanplekke is gegruis, het 'n elektriese prop by die staanplek en elkeen het ook 'n piekniektafel en aapbestande vuilisdrom. Daar is 'n paar waterkrane in die oord, maar nie by die staanplekke nie.  Ape is 'n probleem en alle kos moet buite sig geberg word.  Net sommige staanplekke het skaduwee.  Daag maar vroeg hier op, staanplekke word nie toegeken wanneer jy bespreek nie - die eerste ou kry die beste.  Ons Palma en bakkie het maklik ingepas. 

Die kort stukkie grondpad was in 'n goeie toestand, asook al die wildbesigtigingspaaie.

Die ablusieblok is in die middel van die oord en redelik naby aan al die staanplekke.  Dit is redelik klein met twee storte, toilette en wasbakke elk vir die dames en mans, maar ons het geen probleme ondervind nie. Waterdruk is nie van die beste nie.  Daar is twee wasgoedbalies buite, asook 'n wasgoeddraad.  Die kombuis het opwasbakke, stoof en vrieskas. Alles was skoongehou tydens ons besoek.  Sefloon en G3 ontvangs was nie baie goed nie.

Ons het ons verblyf hier geniet en sal die park weer besoek.

Punt toegeken  -  7/10

GPS S32°13'13  E24°32'25

Webwerf  -  www.sanparks.org

Kliek hier vir Camdeboo fotos

GRAAFF REINET
JESA  AKKOMMODASIE
Laaste besoek  -  2002
Kommentaar  -  ‘n Paar kilometer buite Graaff Reinet en goed vir ‘n kort besoek om hierdie pragtige dorp en omgewing te verken.  Die staanplekke is op ‘n kleinhoewe wat aan ‘n afgetrede boer behoort.  Hy filtreer ook water hier en is elke dag op die perseel.
Die staanplekke is gelyk en net groot genoeg, maar het geen skaduwee nie.  Daar is privaat badkamers vir al die staanplekke.  Hulle is almal in een gebou en jy kry ‘n sleutel vir jou eenheid.  Hulle word daagliks skoongemaak.
Daar is ook selfsorg- eenhede op die perseel.  Die park grens aan twee kante aan paaie.  Daar is draadheinings en hekke.  Hy het boompies in die park en teen die grensdrade geplant, maar dit is nog klein.  Ons het goed hier gebly – die munisipale park is beter  geleë,  maar moet dit geensins oorweeg nie, hierdie is die enigste opsie in die area.  Onthou die uiterste klimaattoestande hier.
Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.jesa.co.za

GRAAFF REINET
URQUHART KARAVAANPARK
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Ons sal beslis nie weer hierdie park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar

GRAHAMSTOWN

MAKANA RESORT

Laaste besoek  -  2016

Kommentaar  -  Een van daardie plekke wat sekerlik deur iemand ontwerp is wat nog nooit 'n karavaan gesleep het nie.  Dit is baie jammer, want hier is duidelik baie geld gespandeer toe die plek in 2009 klaar gebou is.

Staanplekke het private geriewe, die gras is groen en gesny en die interne paaie baie goed, MAAR....

Staanplekke is te klein, die pad te nou en daardie diep watersloot langs die

pad by die staanplekke, kan ons maar se "axle twister". Bly weg met 'n groter karavaan sonder "movers".

Die Oord le tussen die besige N2 en die hoof toegangsroete vanaf Port Elizabeth na die dorp. Die geraas is egtig oorweldgend.

Ons het net een nag hier geslaap en sal ne maklk weer hier kamp nie.

Punt toegeken  -  1/10

Kliek hier vir Makana fotos

HAGA HAGA

BOSBOKSTRAND CARAVAN SITE

Laaste besoek  -  Telefonies 2018

Kommentaar  -  Ons wou bitter graag na die Park gaan kyk. Hiedie is 'n pragtige deel van ons kus en sou graag daar wou oorbly.  Tilla bel op 21/4/2018 (082 951 4747/043 841 1644) om ons besoek te reel, maar die dame se "the owner do not allow visiters to come and look at the park and iin any event, the park is closed at the moment. It is only in operation during school holidays and long weekends"

Ons sal geen verdere moeite doen om inligting van hierdie park te bekom nie.

HOGSBACK

SWALLOWTAIL COUNTRY ESTATE

Laaste besoek  -  2014

Kommenaar  -  Ons het vir twee maande hier bespreek en 'n deposito van R4000.00 betaal.  Toe ons opdaag was die eienaars nie tuis nie en ons het, met toestemming van hulle verteenwoordiger, met groot moeite begin opslaan.  Die staanplekke is baie ongelyk en ook klein.

Die volgende dag het die eienares ons aangese om te trek na nog 'n skuins staanplek verder weg van die ablusiegeriewe.  Ons was bitter ongelukkig toe haar man ons later kom meedeel dat ons inderdaad sal moet skuif en dat hy oor so 'n paar dae sal kom help - ons moet maar so half uitgepak kamp tot dit hom pas.  Natuurlik het ons woorde gehad en was bitter ongelukkig.

Later het die eienares Tilla meegedeel dat ons die kamp moet verlaat omdat niks goedgenoeg is vir ons nie.  Sy onderneem om ons deposito terug te betaal.

Ons verskuif na Brits en twee dae later laat sy weet dat sy nie meer die deposito gaan terugbetaal nie en dat ons welkom is om terug te kom.

Na ons prokureer ingegryp het, is die deposito terugbetaal.

Ons is dus bevooroordeeld en kan nie 'n objektiewe oordeel oor die kamp uitspreek nie.  

Punt toegeken  -  Nie gedoen nie.

Kliek hier vir Hogsback fotos

Webwerf  -  


JEFFREYSBAAI

BIG FISH CARAVAN & CAMPING SITE 

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  - Ons het nie hier gekamp nie, maar slegs die oord op 'n Saterdagmiddag tydens die skoolvakansie besoek.

 Die Oord is op 'n plaas teen die Gamtoosrivier so 15 Km. van Jeffreys af.  Ongelukkig is die grondpad, vanaf die ou smalbrug oor die Gamtoosrivier, tot by die Oord baie skurf, stowwerig en by die begin, smal en ons sal nie ons karavaan hier sleep nie.

Die Oord self is egter heel aanvaarbaar en ons sal 'n tentkamp hier oorweeg.  Met 'n baie lang oop rivierfront is sekuriteit maar moeilik, maar daar is geen woonbuurtes naby nie.  Hierdie was deel van die ou vloedvlaktes en dus baie gelyk.  Die staanplekke is groot, grasbedek en elkeen het 'n geboude braai.  Die kragbokse bedien vier staanplekke elk. Maak seker jou elektriesekoord is lank genoeg.  Krane is maar ylgesaai.

Die ablusieblokke bestaan uit vier eenhede wat elk vier tot ses aparte badkamers bevat - totaal 14.  Hier is nie enige wasgoedwas fasiliteite nie en die skottelgoedwasbakke het net koue water en geen neersit plek nie. Al die fasileteite was silwerskoon tydens ons besoek.

Die ontvangspersoneel was vriendelik en die geheelbeeld van die plek goed. Hengel is hier koning en daar is 'n sleephelling vir jou rivierboot - die mond is huidiglik toegespoel asgevolg van die lang droogte in die Gamtoosrivier se opvangsgebied.

Punt toegeken - 4/10

Tel 083 226 5770

Kliek hier vir Big Fish fotos


JEFFREYSBAAI

GAMTOOS FERRY HOTEL EN KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Die Hotel en Woonwapark is op dieselfde perseel, reg langs die Gamtoosrivier en net noord van die R102.  Die hele kompleks is baie netjies en goedversorg - die algehele indruk is baie, baie goed.

Die staanplekke is gelyk, lekker groot en ten volle grasbedek.  Staanplekke is duidelik uitgemerk en genommer.  Skaduwee is maar skraps en die wind kan jou sekerlik ook maar roer  -  stormtoue sommer van dag eel af!

Die ablusiegeriewe was skoon, netjies en in 'n goeie werkende toestand.  Behoort ook voldoende te wees tydens die besiger tye.   Die storte is grootgenoeg en het voldoende hangplek. Geen witgoud in die toilette nie.

Die Hotel het 'n klein winkeltjie wat jou seker aan die lewe kan hou, maar vir groter aankope is Jeffreysbaai jou aanklop plek.  Die Hotel het natuurlik restaurant geriewe en 'n kroeg, as jou voorraad op raak.

Daar is 'n bootsleephelling en jy kan jou boot by die hotel registreer en ook die fooie aan die Kouga Munisipaliteit oorbetaal.  Lekker hengel rivier en ook beter om per boot see toe te gaan, as met die grondpad (teerpad is redelik verder).  Ski word nie op die rivier toegelaat nie.

Afslag midweek vir pensioenarisse.

Punt toegeken  -  7/10

Kliek hier vir Gamtoos Ferry fotos


JEFFREYSBAAI

GAMTOOSRIVIERMOND KUSNATUURRESERVAAT

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Word deur die Kouga Munisipaliteit bestuur en is 'n opregte skande.  Die plek is verwaarloos, gevandaliseer en kan net as 'n ramp beskryf word.  Pragtige omgewing maar nie eers goedgenoeg vir 'n dagbesoek nie.  Kyk maar gerus na ons fotos en besluit self.

Punt toegeken  -  0/10

Kliek hier vir Gamtoosriviermond Kusnatuurreservaat fotos

JEFFREYSBAAI

JEFFREYSBAAI KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2010 tot 2018
Kommentaar  -  Ons het die park dikwels besoek en dit baie geniet.  Ons het ook ons karavaan hier vir 3 weke gelos met die tent opgeslaan en alles uitgepak – met ons terugkeer was alles nog net soos ons dit gelos het.  Ons noem dit omdat die park reg op die see is en enigeen hier kan inloop.  Ons het ook al gehoor van diefstal hier, maar dit nooit ondervind nie.
Die park is ‘n groot goed bestuurde munisipale oord met groot gelyk staanplekke.  Skaduwee is min en die wind kan hier waai  -  maak goed vas.  Die ablusieblokke is oud, maar redelik goed onderhou en skoon.  Die park word ook netjies gehou en is goed uitgelê.  Dit is in die dorp, maar die groter winkels is nie binne loopafstand nie.  Dit is egter ‘n groot goed ontwikkelde dorp wat aan al jou behoeftes kan voldoen.
Die see is hier koning met myle wit strande.

WAARSKUWING  2014

Ons het van verskeie bronne verneem dat die Park erg agteruit gaan.  Blykbaar is die kragnetwerk 'n groot probleem en die ablusieblokke word nie oordentlik onderhou nie.  Misdaad is ook blykbaar 'n probleem.  Ons sal probeer om die Park voor einde 2014 te besoek om self ondersoek in te stel, maar op hierdie stadium voel ons dat die waarskuwing nodig is.

BESOEK  2014  -  Dit is so dat die ablusies tekens van hulle ouderdom wys, maar dit was pragtig skoon en netjies tydens ons besoek.  Witgoud is voorsien en die warm water amper eindeloos.  Die bestuurder het ons gewaarsku oor misdaad en voorgestel dat ons naby die kantoor kamp. Daar was blykbaar weereens diefstal uit 'n karavaan net voor ons aankoms.  Ons geniet op hierdie stadium ons 4 dag verblyf.

BESOEK 2015  -  Die Park is nog steeds aan die gang en die Bestuurderes het

be-aam dat die munisipalitet die  park wil verkoop, maar dat hulle nog glad nie met die verkoop prosses begin het nie - kan so lank as twee jaar neem.

Intussen kamp ons nog steeds lekker hier.

BESOEK 2018  -  Ons kamp nog steeds lekker hier.  Hulle het 'n paar nuwe braai's gebou, die ablusieblokke geverf en nuwe toiletsitplekke ingesit.

Ongelukkig was hier weer misdaadvoorvalle en ons gebruik alarms in die tent en voertuig. Stoele en ons scooter sluit ons maar met 'n ketting vas.  Ons kamp al meer as dertig jaar hier en het nog nooit 'n probleem gehad nie, maar dit is maar beter om voorsorg te tref.

Besoek 2021 - Ons kamp weereens 'n hond-uit-'n-bos hier. Die ablusieblokke is nou geteel en 'n veiligheidsheining is reg om die kamp gespan.  Bly egter maar versigtig en gebruik 'n alarm in jou tent.

Punt toegeken  -  6/10

Tel  -  042 200 2269

Webwerf  -  www.infojeffriesbay.com

Kliek hier vir Jeffreysbaai fotos

JEFFREYSBAAI

KABELJOUS KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2010 en 2012
Kommentaar  -  Ons het net eenmaal hier gekamp, bloot omdat ons Jeffreysbaai Park se ligging verkies.
Hierdie is ook ‘n munisipale park en daar is regtig niks te kies tussen die twee nie, behalwe dat jy naby die rivier is en op die buitekant van die dorp.

Hier is ook nie 'n seeuitsig nie, maar die wal keer ook 'n bietjie van die wind af.

Ons het Februarie 2012 in die kamp ingery om vir 'n paar dae oor te staan, maar na 'n besoek aan die ablusieblok summier weer uitgery en sal nie weer hier kampeer nie.  

Okt 2012 - Ons het verneem dat die Park gesluit is - maak seker voor u hier bespreek of aandoen.

Besoek  2014  -  Dit is inderdaad so dat die hele Kabeljousrivier Vakansie-oord gesloop is.

Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar

JEFFREYSBAAI

WACKY WOODS CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar slegs die park besoek. Dit le langs die Gamtoosrivier (net die pad na Loerie tussen jou en die rivier) en is redelik afgelee.  Toegang word met 'n skuifhek beheer en dan het hulle ook 'n hekkie aan die rivierkant van die pad, wat toegang na die rivier bied.

Staanplekke is redelik groot, gelyk en grasbedek. Nie veel skaduwee nie. Die staanplekke maak beslis 'n baie goeie indruk.

Die ablusieblok kom so reg uit 'n outydse hippie handboek.  Die eienaars is heel duidelik kunstig en die ablusiegeriewe weerspieel die duidelik.  Ons hou nie juis daarvan nie, maar die jonger geslag sal dit geniet.  As die park vol sou wees, mag die geriewe dalk aan die skraps kant wees.

Alles was netjies, skoon en in 'n werkende toestand tydens ons besoek.  Die kamp was leeg tydens ons besoek en ons wou nie regtig alleen hier kamp nie.  Jeffreysbaai is jou naaste regte inkopie plek (padstal naby) en die grondpad na die naaste strand, Gamtoosriviermond) is stowwerig en redelik grof.

Sal ons hier kamp?  Nie alleen  nie en ook nie vir 'n lang periode nie.

Kliek hier vir Wacky Woods fotos

Punt toegeken  -  3/10


JOUBERTINA

DIE KRAALTJIE

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons wou hier oornag, maar het maar verbygehou.  Hierdie is werklik glad nie 'n karavaanpark nie.  Dit is bloot 'n groen graskol op 'n bultjie met kragpunte en toilet en stortgeriewe by een van hulle huisies. Moet se dat die huisies baie goed vertoon.   Daar is bittermin gelyk grond en 'n tent sal glad nie hier deug nie.

Punt toegeken  -  0/10

Keimond

KEIMOND KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2018

 Kommentaar  -  Hierdie plek het regtig so ver agteruitgegaan die laaste paar jare, dat ons nie weer hier sal kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

Keimond

TRENNERY'S HOTEL

Sien onder Wildekus

KIDDSBEACH

PALMSPRINGS

Laaste besoek  -  2016

Kommentaar  -  Ons het nog nie hier gekamp nie, maar 'n hele paar keer die kamp besoek.  Dit is bloot omdat ons goed bevriend is met oordeienaars, noord van Oos Londen en eerder daarheen gaan.

'n Groot kamp met die beste staanplekke naby die lagoon.  Die ablusiegeriewe is netjies en skoon, maar hulle het 'n riool lekkasie gehad tydens ons laaste besoek.  Ons is verseker dat dit spoedig opgelos sou word.

Punt toegeken  6/10 

Kliek hier vir Palm Springs fotos

KIRKWOOD

NIESHOUTKLOOF KAMPERING

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar die kampplek op 'n Vrydag oggend tydens die Junie skoolvakansie besoek.  Hier was geen kampeerders nie, maar alles was skoon en netjies.  Die oord is baie goed omhein en toegang word met 'n elektriesehek beheer.

Die Oord is op 'n werkende sitrusplaas so 4Km buite Kirkwood op die R336 in Janseville se rigting.  Die pad hierheen is in 'n baie goeie toestand en beslis geskik vir padwaens.

Staanplekke is nie formeel uitgemerk nie; kamp by 'n kragpunt of onder 'n boom.  Wees net baie versigtig - die bome is soetdoring. Dis daai soort wat hulle vir horings vir die ou afrikanerklei-osse gebruik het. Hulle dink niks van 'n opblaasmatras nie, en selfs ligte moterbande kan les op se.

Die staanplekarea is baie gelyk, maar effe knopperig en grasbedek.  Die area is egter so groot dat jy sekerlik iets na jou smaak sal vind.  Daar is hier en daar sulke snaakse rietstrukture - gaan kyk gerus na ons fotos hiervan.

Daar is 'n baie mooi braai en ontspanningsarea wat sekerlik baie gebruik sien.

Die dames se ablusiegeriewe is hier gelee en is regtig van der beste - mooi, gebruikervriendelik en was silwerskoon.  Die mans se afdeling is agter die gebou en steek beslis sleg af by die damesfasiliteite. Die storte het net swart plastiek vir deure en is beslis derdewerelds.  Kyk gerus na die fotos en oordeel self.

Tydens die jaarlikse KIrkwood Wildsfees is die kamp sekerlik baie vol, maar ons sal nie andersins hierdie as 'n eindbestemming sien nie.

Daar is egter een verdere geheimpie wat ons moet deel.  Hulle het 'n unieke boomhuisie, met badkamer en braai-area daar bo in die takke.  Te pragtig. As ons is hierdie area sou wees sonder ons karavaan is hierdie een van daai moet doen dinge.

Kliek hier vir Nieshoutkloof fotos

Punt toegeken  -  3/10

KIRKWOOD

SITRUS OEWER RIVER CAMP

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar slegs die Oord op 'n Vrydag tydens die Junie skoolvakansie besoek.  Die Oord is so halfpad tussen Kirkwood en die R75 op die R336 gelee.  Die kort grondpad was in 'n baie goeie toestand en beslis geskik vir 'n padwa.

Hierdie was regtig een van daai rare geleenthede waar ons maar 'n middelmatige plaasoord verwag het, en toe 'n juweel ontdek het. As jy by die hek inry, voel jy sommer dadelik lus vir kamp.  Hier is beslis iemand met 'n oog vir detail en dan nog kunstig ook.  'n Ware lushof.

Die Oord is op die walle van die Sondagsrivier, wat dit al klaar spesiaal maak vir 'n plaaskamp. Die terrasse is gelyk en die gras welig groen. Allerhande tuintjies en versierings steek oral kop uit - bekyk gerus ons fotos van die Oord.

Die ablusiegeriewe was silwerskoon en netjies in alle opsigte.  Hulle aanwending van riete om die geboue te verfraai baie goed.  Hulle ontspanningsarea, is soos alles hier, net die beste.  Hulle maak ook goed gebruik van die rivier om die jongklomp besig te hou.

Hier is ook 'n verskeidenheid van ander verblyf opsies - almal netjies, skoon en stylvol.

Ons sal beslis hier kom kamp.

Kliek hier vir Sitrusoewer fotos

Punt toegeken  -  8/10

KOFFIEBAAI  -  Sien Coffee Bay

KOMGA

OCEAN VIEW GUEST FARM

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons het die park telefonies en elektronies probeer kontak, maar sonder sukses.  As u enige details van die Oord het, laat weet ons asseblief by ft@deweb.co.za

Punt toegeken  -  NVT

LADY GREY 

LADY GREY KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar - Die Park behoort aan die Buiteklub en word deur hulle bestuur.  Dit aan die rand van die dorp, langs die gholfbaan.  Die staanplekke is onder reuse bloekombome en deel die klubhuis se perseel. Dit is redelik goed omhein en die toegangshek word gesluit. 'n Paar spreiligte kom automaties aan en verskaf net genoeg lig om sonder 'n flits rond te loop.  Staanplekke is gelyk en het gras in die lente/somer.  Twee krane bedien die gebied en hier is 'n paar geboude braai-eenhede.  Die kragtoevoer was voldoende, maar ons het dit nie getoets nie.

Kampeerders deel die Klublede se geriewe en dit was voldoende en skoon. Daar is duidelik onlangs verbeterings aangebring.  Die opwasgeriewe is ook voldoende, maar was redelik onnet.

Ons was in Oktober hier, voor die lentereens en die was baie stowwerig. Sal sekerlik beter gaan na die eerste reens.

Ons sal nie vir 'n lang tydperk hier kamp nie, maar dit is goed gelee om die bergpasse in hierdie mooi bergwereld te verken.

Punt toegeken  -  5/10

Kliek hier vir Lady Grey fotos

KOMANI

Kommentaar  -  Sien onder Queenstown

MACLEAR

TORTONI  B&B AND CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2015 & 2018

Kommentaar  -  Op 'n gedeelte van 'n werkende bees- en saaiplaas in die suidelike Drakensberge so 6Km vanaf Maclear, op die Ugie/Elliot pad.  Die kort grondpad vanaf die verbypad na die kampplek  is nie waffers nie, maar ons het geen probleme op die sowat 900 meter met ons Palma en Bakkie gehad nie.

Ons het 'n dag voor ons aankoms bespreek en toe Tilla vra of die ablusies skoon sou wees, het Hendrik dadelik gese ons kan verniet staan as dit nie skoon sou wees nie.  Hulle sou die naweek weg wees, maar as ons tevrede sou wees, kan ons die kampfooi sommer onder die woonhuis se deur deurstoot!!  Die plek was skoon en ons het met vreugde betaal.

Die kampplek is weg van die woonhuis,  naby 'n dam met baie voels en die beeste wei in die verte - baie rustig en stil.  Staanplekke is nie afgemerk nie, maar hier is wel 'n paar geboude braaiplekke en ook kragpunte waar jy kan uitspan.  Die area is nie gelyk nie en ons het nie 'n tent of afdak opgeslaan nie.

Die ablusieblok bestaan uit 'n stort, wasbak en toilet vir die dames en mans elk.  Daar is 'n enkele wasbak vir skottelgoed asook 'n gemeenskaplike braai.  Die ablusieblok het ligte en dan is daar 'n enkele lig wat die kampterrein so effe verlig.

Ons beskou hierdie as 'n redelik goeie boskamp en nie 'n karavaanpark nie.  Ons sou net hier oorslaap,  maar het toe vir drie dae gekuier en die stilte geniet.

 2018 -  Ons sou weereens net hier oornag, maar bly toe vier dae omdat ons na aanhoudende reen nie ons Penta deur die modder kon uitsleep nie. Ons het elke dag die pad met ons bakkie baasgeraak, maar het net nie genoeg traksie gehad om die karavaan uit te sleep nie.  Ons was dus nie heeltemal gestrand nie en as ons regtig wou ry, sou hulle ons met 'n trekker uitgesleep het.  Ons het die rustigheid en voellewe weereens terdee geniet.get

Dit was moeilik om die donkie in die reen aan die gang te kry en daar was klein dingetjies wat beter onderhou kon wees, maar as 'n boskamp kan ons die plek nog steeds aanbeveel.

Punt toegeken  -  5/10  (Boskamp)

Kliek hier vir Tortoni fotos

MORGAN'S BAY

DOUBLE MOUTH CAMPSITE

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Die 5Km grondpad hierheen is baie grof en nie regtig geskik om 'n padwa op te sleep nie.  Die laaste entjie is ook baie steil en ons sal nie ons Penta hierheen sleep nie.  Ons beskou die plek dus as 'n boskamp en be-oordeel dit dus as sulks.

Hierdie kusgedeelte is baie,baie mooi en beslis 'n besoek werd.  Tent of boswa is hier koning. Die staanplekke is in 'n groot ovale sirkel met die ablusiegeriewe in die middel. Die staanplekke is redelik gelyk en groot genoeg vir twee tente en voertuig.  Die ablusieblok is oud maar netjies en was silwerskoon tydens ons besoek.  Waterdruk was goed en die kragnetwerk het reg getoets.

Maar seker dat jy al jou proviant en kampgerei saambring - hier is niks beskikbaar nie. 

Punt toegeken  -  8/10 (Boskamp)

Kliek hier vir Double Mouth fotos

Webwerf  -  Kliek hier vir webwerf 

MORGANSBAAI

MORGANBAAI KAMPERING

Laaste besoek  - 2016 & 2018

Kommentaar  -  Gelee in 'n klein dorpie 'n paar kilometers suid van die Keirivier, die voormalige suidergrens van die ou Transkei.  Weer hier is baie gematig, maar met 'n hoe reenval - dus baie mooi plantegroei.

Die kamp grens aan die strandmeer aan een kant en die see aan die anderkant.  Staanplekke is gelyk en meeste grootgenoeg vir ons Penta en voltent.  Meeste staanplekke het skaduwee en grasbedekking. Interne pad is geteer en die hele park het baie goedversorg gelyk.  Water voorsiening was goed en die elektriese punte het 15A brekers.

Die ablusieblok was regtig skoon en netjies tydens ons besoek op 'n Sondagoggend.  Die geriewe was in 'n baie goeie toestand en alles het gewerk.  Sonkraggeysers word gebruik en die water warm.  Kyk gerus na ons fotos van die ablusieblok.

Ons het nog nie hier gekamp nie, maar die plek net vir die dag besoek. Ons sal sekerlik nog hier kom kamp.

Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.morganbayhotel.co.za

Kliek hier vir Morgan Bay fotos

MORGANBAAI

YELLOWWOOD FOREST CAMPING

Laaste besoek  -  2016

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar slegs die kamp op 'n Sondagoggend besoek.  Alles was skoon en netjies en in 'n werkende toestand.  Alles hier is egter anders - so half feetjie wereld en die eienaar het ook gese dat hulle alles wil laat aanpas en saamsmelt met die natuur. Die ablusieblok is 'n lapa-agtige grasdak gebou sonder plafon.  Al die baddens, storte en toilette is dus bo oor en ook geverf en nie geteel nie. Sekerlik nie in almal se smaak nie.

Baie van die staanplekke is sonder krag, maar redelik gelyk en grasbedek.

Die paar kragstaanplekke het skaduwee, maar is vir ons te na aan die kroeg/restaurant area.  Die eienaar het ons verseker dat die kamp stil en rustig bly, maar ons sal sekerlik nie vir 'n lang ruk hier kamp nie.  'n Paar dae kan egter interessant wees hier.

Punt toegeken  -  4/10

Kliek hier vir Yellowwood fotos

Webwerf  -  


OESTERBAAI  (naby Jeffreysbaai)
OESTERBAAI KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar net na die park gaan kyk.  Hierdie is werklik ‘n 5 ster oord, waar geen geld gespaar is in die ontwikkeling nie.  Die 19km grond is so sleg dat ons nie ons karavaan daarop sal sleep nie.  Besoek dit net as jy ‘n boendoewa of tent gebruik.
Punt toegeken  -  Nie gedoen.

Webwerf  -  www.oysterbaygetaway.co.za

OOS LONDEN
ARENDS NES KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2006 & 2016 & 2018
Kommentaar  -  Die kamp is op die Ooskus Oorde pad so 27km buite Oos Londen (nader aan Gonubie vir inkopies).  Die een gedeelte van die park is bo-op duine terwyl die ander gedeelte tussen twee duine is. Daar is goeie wind- en son skadu, maar geen see uitsig.  Die staanplekke is groot, redelik gelyk en toeganklik.  Die ablusies is voldoende, goed onderhou en skoon.  Die eienaar, ‘n afgetrede siviele ingeneur het ‘n huis op ‘n aangrensende duin, wat hy net met ‘n kabelkarretjie vanaf die park kan bereik. Daar is winkels wat die nodige aanhou net buite die park.
Tydens ons eerste besoek het ons op die boonste gedeelte, buite seisoen, gebly en die stilte, geselskap van die personeel en paar ander kampeerders asook die myle wit strand terdeë geniet.  Tydens ons tweede besoek oor Desember/Januarie het ons in die gedeelte tussen die twee duine gebly.  Die park was hopeloos te besig na ons sin, die ablusies het gesukkel, en die septiese tenk by die ingang het oorgeloop. Hierdie probleem is nou opgelos en behoort nie weer te pla nie. Op nuwejaarsdag het honderde dronk mense op die strand en voor die kamp saamgedrom tot laatnag.  

BESOEK 2016  -  Ons besoek net die kamp om te sien hoe dit nou hier gaan en is so be-indruk dat ons dadelik met Louis (Eienaar) reel om later vanjaar hier te kom kamp.

Die onooglike opslaan huisies is afgebreek en baie netjiese kamers en ablusiegeriewe opgerig.  Die rioolstelsel het ook aandag gekry en word binnekort met ensieme verder verfyn.

Ons sal later vanjaar weer vir 'n maand hier kamp en dan volledig rapporteer en ook 'n fotoreeks beskikbaar stel.
Punt toegeken  -  3/10  (Voorlopig vir 2016 6/10)

Webwerf  -  Nie beskikbaar 

Kliek hier vir Arendsnes fotos

OOS LONDEN
AREENA RIVERSIDE RESORT
Laaste besoek  -  2006, 2012, 2018
Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar ‘n paar keer na die oord gaan kyk en besluit dit is nie vir ons nie.  Die park is op die Ooskus Oorde pad so 18km buite oos Londen, langs ‘n rivier en 5km van die see.  Dit is in ‘n klein private natuurreservaat.  Die pad af na die park het ‘n teer(baie hobbelrig) oppervlakte, maar is styl – groot karavaan en ligte sleepvoertuig mag sukkel.
Die staanplekke teen die rivier behoort  meestal aan privaat eienaars en so ook van die ander beter plekke. Die meerderheid staanplekke het karavane permenent daar opgeslaan - meestal baie netjies.  Sommige is te huur, maar nie almal. Hulle het 'n privaat klein wildreservaat en volstruise, takbokkies en 'n ou kameelperd wandel in die park rond.  Oor naweke is die park besig en die bote bedrywig op die water – nie vir ons nie,  maar die basiese oord is goed .  Ons dink net dat Yellow Sands, net verderaan ‘n beter opsie is vir ‘n nieboot persoon.
Ons het wel hier vir 3 nagte gekamp in 2012 en dit geniet. ons kan die restaurant aanbeveel.

2018 - Weereens kamp ons by Yellowsands en besoek Areena vir middagete. Die kos en bediening is puik en ons geniet ons besoek terdee.  Ons wandel lekker deur die karavaanpark.  Alles is baie netjies en skoon en heelwat verbeterings is aangebring sedert ons laaste besoek.  Ons kan op hierdie stadium die park met vrymoedigheid aanbeveel - veral vir die manne net 'n dryfding vir die water.

Laaste besoek  -  2020

Kommentaar  -  Die kamp is vergroot om meer toegeboude karavane te huisves en daar is ook 'n aparteseksie vir maand en langer staners.

Alles was netjies en skoon.

Punt toegeken  -  5/10  2018  -  7/10

Webwerf  -  www.areenaresort.com

Kliek hier vir Areena fotos

OOS LONDON

CEFANI MOUTH HOLIDAY RESORT

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar - Ons was bitter lanklaas by die Cafanirivier en was aangenaam verras met die toestand van die Oord. Skoon, netjies en alles werk.

Ons beskou die kampafdeling as 'n boskamp, aangesien die 4Km grondpad na die Oord redelik rof is, en as die pad nat is gaan jy sukkel om 'n padwa met 'n motor hier uit te sleep. As dinge droog is sal 'n normale klein sedan wel met gemak hier kan kom.  Die oord is so 40Km noord van Oos Londen, maar slegs 20Km noord van die groot CrossRoads Spar kompleks. 

Hulle het 27 staanplekke wat op gelyke grond in drie groot inhamme tussen die bosse gelee is.  Staanplekke is groot, gelyk en grasbedek.  Die huishoudelike kragboksies is wel geroes, maar die krag toets reg. So 'n 20 meter kragkabel sal reg wees.  Waterpunte is maar skraps, so bring waterhouers saam.

Toegang na die see is deur 'n hekkie en die strand is 'n stywe stappie weg, maar oor maklike klein duine.  Daar is 'n redelike groot moerasagtge gedeelte tussen die Oord en die rivier.

Hier is ook 'n redelike klompie huisies, maar die area is so groot dat dit nie regtig pla nie.

Die ablusieblok is oud en in 'n redelike toestand (gesien as boskamp). Warmwater word deur talle gasgeysers voorsien.  Sommige van hulle is in die Familiebadkamer, waar ventallasie 'n probleem kan word as die deur toegemaak word - wees versigtig hier.

As jy ver van alles in redelike gemak wil kamp, is hierdie die plek vir jou, veral in die stiller periodes.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Cefani fotos

OOS LONDON

GLEN EDEN

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Die plek is oorgroei, ablusieblok afgebreek en in 'n algehele verwoeste toestand. Hulle was wel besig om die interne pad te skoffel, maar dit is beslis nie moontlik om nou (Mei 2018) hier te kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

OOS LONDON

GLEN MUIR VAKANSIE OORD

Laaste besoek  -  2018 & 2020

Kommentaar  -  Op die Oos Londonse Ooskus Oorde so 30Km van die stad af en minder af 10Km van die naaste groot Spar. Teerpad tot by die Oord.

Die Oord is reg by die see, maar 'n duin versper die see-uitsig van die staanplekke af. Die voordeel hiervan is egter dat jy veel minder wind hier kry.

Die staanplekke is teen 'n effense helling, maar nie te erg nie.  Die kragpunte toets reg; 'n 25m kragkabel sal op sommige staanplekke nodig wees.  Die ablusieblok is skoon en netjies en behoort voldoende te wees.  Warmwater word in 'n donkie gemaak en werk heel goed.

Sekuriteit lyk redelik en hierdie is in elkgeval 'n lae misdaad area.

Laaste besoek 2020 - Geen veranderings nie.  Hulle is wel besig om aan die warmwater sisteem te werk.

Punt toegeken  -  6/10

Tel  -  064 085 3631

Kliek hier vir Glen Muir fotos

EAST LONDEN

LAGOON VALLEY VAKANSIE OORD (nou NATURE'S REST)







Laaste besoek  -  2007 & 2016 & 2018
Kommentaar  -  ‘n Private oord aan die suidekant van die stad, verby die lughawe.  Ons het dikwels hier gekamp en dit meestal geniet.  Die omgewing is pragtig met ‘n klein stroompie, lagoon af na die see, groen gras en baie bome.  Die voetpaatjie af na die see net ‘n lekker loop en die strand na Cove Rock lekker.  Die staanplekke is taamlik gelyk en groot.  Die ablusies is oud en sleg beplan maar skoon DEUR DIE DAG.  Daar is ‘n aparte seksie in die kamp vir permanente inwoners, maar hulle gebruik die selfde ablusieblok en bemors dit saans as hulle van die werk af kom.
Tydens ons laaste besoek was die eienaar baie siek en ons het later verneem dat hy kanker het en ook dat hy beplan om die park toe te maak en die perseel te ontwikkel.
As jy aan die suidekant van Oos Londen wil kamp, is hierdie regtig jou enigste opsie, maar doen jou huiswerk voor jy gaan.

2016 Besoek - Die Park het van eienaars verwissel en ons was regtig aangenaam verras met die verbetering.  Die Ablusies is pragtig opgedoen en lyk nou heel modern.  Meeste van die permanente inwoners het die park verlaat - 'n groot verbetering.  Hulle nuwe "Games Room" is een van die bestes wat ons onlangs gesien het.  Nuwe braai geriewe is by die staanplekke gebou.  Die terrein was netjies en skoon.

Ons het net verneem dat daar misdaad voorvalle op die strand plaasgevind het en stel voor dat die strand in groepe besoek word.
Punt toegeken  -  3/10

Kliek hier vir Nature's Rest fotos

Webwerf  -  www.naturesrest.co.za

Oos Londen

NAHOON MUNISEPALE  PARK

Laaste besoek  -  2006 & 2016 & 2018
Kommentaar  -  Ons sal nie hierdie park besoek nie
.

Besoek 2016 - Ons het nie hier gekamp nie, maar slegs die park besoek. Die munisipaliteit het beslis 'n klomp geld gespandeer om sekuriteit en die ablusies op te gradeer.  Ons was beslis aangenaam verras. Kyk na ons fotos en besluit self.  Ons persoonlike keuse is nog steeds die parke op die Ooskus oorde Pad.

Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar

Kliek hier vie Nahoon fotos

OOS LONDON

RENDEZVOUS KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2016 & 2018

Kommentaar  -  Ons gaan in Mei 2016 hier kamp en sal dan kommentaar lewer. Moes ongelukkig kanselleer - nog op ons wenslys.

2018  -  

Punt toegeken - 6/10

Webwerf - Die Oord is meer ingesteld op huisies en rondawels as kampeering en adverteer glad nie. Glo net aan "word of mouth".  Dit beteken egter dat daar maar min kampeerders deur die jaar hier is.  Sekuriteit is redelik goed en jy moet eers behoorlik gesig wys vir die hek-kamera voor jy ingelaat word.

Die hele terrein is baie netjies, maar terselfdetyd baie "rustic" met warmwater wat in 'n donkie gestook word.  Die ablusieblok is oud, maar was silwerskoon (Mei 2018) en alles was in 'n werkende toestand.

Die karavaanpark is in 'n sirkel teen 'n effense helling, maar meeste het 'n redelike gelyk area om jou wa op te parkeer.  Supergroot karavaantente gaan maar sukkel, maar ons Penta en voltent pas wel in.

'n Gesluite hek bied toegang na die strand.  Seker so 20 meter van die hek tot by die strand.

Kragtoevoer het reg getoets.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Rendezvous fotos

OOS LONDEN

YELLOW SANDS KARAVAAN PARK
Laaste Besoek  -  2006 & 2016 & 2018
Kommentaar  -  Die park van ons keuse in die Oos Londen area.
Die park is op die Ooskus Oorde pad sowat 20km noord van Oos Londen.  Die laaste 2km is grondpad, maar in ‘n redelike toestand.  Die park het  eers aan die pa en nou die seun behoort en hulle doen hul bes on jou vakansie ervaring hier goed te hou.  Die perseel is redelik groot en die staanplekke goed versprei as jy privaatheid soek.  Let net daarop dat hulle sommige ablusieblokke oor die stiller tye sluit om krag te bespaar.  Daar is seefront en rivierfront staanplekke.  Die meeste is redelik gelyk en met skaduwee.  Daar is ‘n paar ablusieblokke wat goed onderhou word en skoon is.  Dis ‘n rustige oord waar ons lekker ontspan.  Daar is privaat chalets,  maar die inwoners stil en rustig.

2016 Besoek - Ons kamp vir 'n maand hier en geniet elke dag.  Meer van die interne paaie is geplavei en hier staan nog sommer baie palette stene rond om die paaie verder te verbeter. Die ablusies is skoon, die gras kort en die terrein skoon. Dit is baie moeilik vir nie-kampeerders om hier by die strand uit te kom en gevolglik is die strand ook skoon hier voor die kampterrein.
Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.yellows.co.za

OVISTON

LAKE GARIEP RESORT

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Ons kon niemand by die terrein opspoor om navraag oor die Oord te doen nie, maar alles is erg verwaarloos en van die huisies is gevandaliseer.  Ont twyfel of dt nog in bedryf is, maar sal in elkgeval nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10


OVISTON

OVISTON NATURE RESERVE CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Ons het die hele park platgery en niks gekry wat naastenby na 'n karavaanpark lyk nie.  Daar is wel 'n piekniek area en "Lodge".  Die sogenaamde lodge is net 'n gewone plaashuis met dubbele diefweering, wat vir ons aandui dat inbrake hier verwag word.

Die meeste interne paaie is bitter sleg en die wildsbokke van die wildste wat ons nog teegekom het.  Hulle begin hardloop as jy nog so 'n kilometer ver weg is - duidelik word hier met voertuie gejag.  Dit is btter jammer, want dit is mooi oop veld met baie bokke.

As hier nog erens 'n karavaanpark is wat ons nie raakgeloop het nie, sal ons beslis nie hier kamp nie.

Punt toegken  -  0/10

Kliek hier vir Oviston fotos

PATENSIE

BAVIAANSKLOOF LODGE

Laaste besoek  -  2014        

Kommentaar  -  Ons het nie die kamp besoek nie, maar net verbygery.  Ons doen hierdie inskrywing bloot sodat kampeerders makliker op Google van die park kan verneem

Baie naby aan die Patensie kant se Wildernis hek. Jy kan met ‘n sedan motor hier kom, maar ons sal nie ‘n padwa hierheen sleep nie.  Die grondpad is redelik grof en baie stowwerig.

Punt toegeken  -  Nie gedoen nie

Webwerf  -  www.baviaanskloff.net

PATENSIE  (Baviaanskloof)

BRUINTJIESKRAAL

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  16 Staanplekke wat op vier verskillende plekke langs die Grootrivier in die Baviaanskloof gelee is.  Die grondpad hierheen is nie regtig geskik vir ‘n padwa nie,  maar andersinds is hierdie van die beste kampplekke in die area.  ‘n Gewone sedan motor met goeie grondvryhoogte en normale bande sal met gemak hier kan kom.

Die staanplekke is almal teen die rivier op groen gras. Daar is heelwat bome, losstaande badkamers met gasgeysers en spoel toilette,  maar geen elektrisiteit nie.  Hie is ook geen sekuriteit nie, maar ons twyfel of dit ‘n probleem kan wees.

Besprekings word op Glencoe Gasteplaas gedoen, waar daar ook chalets beskikbaar is.  Hengel, bergfietsry en 4X4 roetes is hier die hoof dis. Jy kan met ‘n motor tot net na die wildernis hek in die kloof opry, maar daarna sal jy sukkel.  Ons het met ons 4X2 HiRise Hilux sonder moete deur die kloof gery.  Nat toestande kan egter probleme skep. Wees net versigtig vir die verkeer op die grondpad as kinders per fiets in die kloof op ry

Patensie is so 34 Km ver, waar jy bykans alle lewensmiddele kan verkry.

Punt toegeken  -  8/10  (Boskamp)

Webwerf  -  www.bruintjieskraal.co.za

Kliek hier vir Bruintjieskraal fotos

PATENSIE

GONJAH CHALET, CAMPING & 4X4 ROUTE

Laaste besoek  -  2014        

Kommentaar  -  Ons het nie die kamp besoek nie, maar net by die afdraai pad verbygery.  Ons doen hierdie inskrywing bloot sodat kampeerders makliker op Google van die park kan verneem.

So 20 Km buite Patensie op die teerpad na die Baviaanskloof.

Punt toegeken  -  Nie gedoen nie

Webwerf  -  www.baviaans.net/gonjah

PATENSIE

GROOTRIVIERPOORT

Laaste besoek  -  K2014

Kommentaar  -

Kliek hier vir Grootrivierpoort fotos

PATENSIE

HERONCLIFF GUEST HOUSE & CAMPING

Laaste besoek  -  2014        

Kommentaar  -  Ons het nie die kamp besoek nie, maar net verbygery.  Ons doen hierdie inskrywing bloot sodat kampeerders makliker op Google van die park kan verneem.

Gelee op die walle van die Grootrivier sowat 22 Km buite Patensie op die Baviaanskloof pad.  Teerpad al die pad, maar die afdraai na die rivier toe is styl en kronkel redelik.  Ons sak nie ons Penta hier afsleep nie,  maar kontak gerus die eienaar vir inligting.

Punt toegeken  -  Nie gedoen nie.

Selfoon  -  082 770 5914

Kliek hier vir Heroncliff fotos

PATENSIE  (Baviaanskloof)

KOMDOMO KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Let asseblief op die spelling – hier is ook ‘n Condomo Gastehuis oppad na die Kouga dam. 

Die Park is onder die beheer van die Eastern Cape Parks & Tourism Agency en die infrastruktuur  is goed en van goeie gehalte, bestuur miskien minder goed.  Ons het op lentedag (Donderdag)hier opgedaag en die kamp het baie besprekings gehad vir die naweek, maar was vuil en onversorg.  Geen poging is aangewend om skoon te maak nie,”want ons het nie vervoer vir die werkers nie meneer, nou bly hulle maar tuis”.  Genoeg gekla.

Die park is 26 Km van Patensie by die begin van die Baviaanskloof en so 10 Km van die Wildernisgebiedhek op die T1 roete deur die Baviaanskloof.  Die laaste +/- 2km is ‘n skurwe grondpad en ons moes ons Penta bitter stadig hier sleep.   Ons sal nie ‘n padwa verder in die kloof op sleep nie.  Daar is nie ‘n karavaanteken of naam sigbaar as jy die park nader nie – kyk uit vir die bordjie wat wys dat jy ‘n permit moet koop om deur die kloof te ry.  Dit is ook die park ingang.

Die kantoor en dagbesoekersarea is aan die linkerkant en die staanplekke na regs.  Die staanplekke is in drie dele verdeel, met staanplek #1 op die verste punt.  Al die staanplekke is mooi gelyk en grasbedek met hier en daar ‘n paar bome.  Elke staanplek het ‘n braai, maar alhoewel die staanplekke 16A kragpunte het, is daar geen ligte of krane nie.  Water is beskikbaar by die ablusieblokke, wat natuurlik ook elektriese ligte het.    Staanplekke 1 tot 12 is baie in aanvraag met 9 tot 12 naaste aan die hoof ablusieblok.

Die hoof ablusie blok het 4 toilette, 3 storte, ‘n bad, 4 wasbakke en twee klerewasbalies aan die vroue kant en aan die manskant, 2 toilette, 3 urinale, drie storte, 4 wasbakke en 2 klerewasbalies.  Buite is twee wasbakke vir skottelgoed.  Die een stort aan die vrouekant het ‘n bankie in, maar die res is bitter klein met geen neersit plek en net een dubbelhaak agter die deur.  Die stort het ‘n bak onderin vir die water, maar die stortgordyne is veels te kort en die water loop net eenvoudig deur die aantrek gedeelte.  Die vloere is permanent nat en vuil.  Warm water is ook ‘n groot probleem – hopeloos te min en die geysers te koud gestel.

Die kleiner ablusieblok tussen staanplekke 17 en 18 het twee toilette en twee wasbakke aan elke kant, asook twee skottelgoedwasbakke.  Hier is een stort met toilet en wasbak wat rolstoelvriendelik is.  Beide die twee ablusieblokke het ook ‘n Porta-Pottie spoelplek aan die buitekant. 

Die rivier en wildernisgebied is natuurlik die hoofattraksie hier.  Bring gerus bergfietse en visstokke.  Let net daarop dat daar nog ‘n hele paar plase tussen die kamp en die wildernishek is – die manne hier ry vinnig en veral kinders moet baie versigtig wees as hulle na die kloof toe ry.   Ongelukkig skop die verkeer ook heelwat stof op, wat met tye so ‘n wolkie oor die kamp maak.

Hier is geen sekuriteit nie,  die hek le oop, net ‘n doringdraad en paar plante tussen die pad en die kamp en geen wagte nie.  Hier is blykbaar geen misdaad in die kamparea nie en ook nie mense wat in die pad loop nie.   Ons was meeste van ons 10 dae hier alleen in die kamp en het ook elke dag rondgery en vir twee nagte met ons tent in die kloof geslaap, sonder probleme. 

Hier is ‘n paar gebreke, maar ons het ons kuier hier geniet en die natuurskoon, rus en vrede ter dee geniet.

Punt toegeken  -  5/10

Besprekings  -  reservations@ecpta.co.za  of tel 043 701 9600

Kliek hier vir Komdomo fotos

PATENSIE

KUDU KAYA SELF CATER & CAMPSITE

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Die kampplek is so 35 Km vanaf Patensie op die Baviaanskloof pad.  Die laaste 10Km is ‘n growwe, stowwerige grondpad en ons sal nie ‘n padwa hierheen sleep nie.  ‘ Sedan motor met goeie grondvryhoogte en stewige bande sal egter maklik hier kan kom.  Die ontvangskantoor is by die plaashuis, waar Helene en haar twee vriendelike honde jou welkom heet.

Die kampplekke is op ‘n werkende sitrusplaas en prentjie mooi.  Die staanplekke het sitrusbome aan die een kant, natuurlike bos aan die anderkant en met ‘n reuse krans wat bo alles uittoorn – mooi verby.

Die staanplekke is groot, gelyk, baie met skaduwee en sommige so half weggesteek van mekaar.  15A kragpunte, braai en kraanwater is beskikbaar.

Daar is ‘n paar ablusieblokke beskikbaar,  met wasbak, stort, spoeltoilette en warmwater.   Hierdie is ‘n boskamp en die ablusieblokke nie luuks nie, maar heel voldoende.  Hulle wissel ook in gehalte en bouvorm,  miskien moet vroulief eers ‘n ablusieblok kies voor jy besluit waar jy kamp opslaan.

Selfoon ontvangs is wisselvallig en internet baie stadig in hierdie omgewing.

Punt toegeken  -  5/10 (Boskamp)

Webwerf  -  www.kudukaya.co.za

Kliek hier vir Kudu Kaya fotos

PORT ALFRED

FISH RIVER DINER & CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2020

Kommentaar  -  Reg langs die R72 so 25 Km noord van Port Alfred. Ons het na die Park gaan kyk kort na die nasionale inperking.  Alles was netjies en skoon en het eintlik 'n goeie algemene indruk gemaak.  Die staanplekke is redelik klein, maar gelyk en grasbedek.  Skaduwee is baie min en omdat die staanplekke op die rivier (en see in die verte) uitkyk sal die wind hier maar lol. Die ablusiegeriewe is klein en beknop, maar was skoon tydens ons besoek. Hier was net twee karavane, die een met 'n diepsee skiboot.

Die "Diner" verskaf aansit- en wegneemetes en hou ook 'n paar basiese kruideniersware aan.  Vir groot aankope is daar groot winkels in Port Alfred beskikbaar.

Hier is 'n sleephelling beskikbaar, asook vasmeerplekke vir jou boot.  Ons was nie op die rivier nie, maar dit is blykbaar bevaarbaar vir 'n hele paar kilometer.

Met die Park teen die R72, is padgeraas sekerlik 'n probleem, en die sekuriteitskwessie staan ons ook nie aan nie.  Hengelaars en groter groepe kan wel die kamp oorweeg.

Punt toeteken  -  3/10

Kliek hier vir Fish River Diner fotos

 PORT ALFRED

GREEN FOUNTAIN CARAVAN  RESORT

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  'n 4 ster oord wat dit verdien.  Hulle het 48 staanplekke, elk met 'n private badkamer/opwas.  Die staanplekke is op lowergroen gras, is groot, gelyk en goed verspreid.  Daar is 'n kinder speel area, swembad en lapa. Bome is goed verspreid, maar nog klein. Ontvangs was vriendelik en die bestuurders, Tony en Cindy,  het ons op ons staanplek kom welkom heet.  Die park is egter 7km van Port Alfred en so 4km van die naaste strand - jy moet dus gereeld ry.  Dit is ook naby die Port Alfred/Oos Londen pad en die geraas pla. Kampeer op die verste punt, waar die chalets en huise dit bietjie afkeer.

Dit is 'n lieflike plek om oor te slaap of vir 'n paar dae se leegle en ontspan, maar ons sal nie vir 'n lang tydperk hier kamp nie.

Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  -  www.greenfountain.co.za

Webwerf vanaf 1/05/2012 www.greenfountainfarm.co.za

Nuwe verwikkelinge vanaf 1 Mei 2012.

Tony en Cindy het die park verlaat  en die eienaars, Rob en Frieda Greyling, sal die park nou saam met hulle chalets bedryf.  Die gedeelte wat hulle self bedryf het, is baie luuks en word goed bedryf.  Ons glo dat die verandering eerder 'n verbetering sal wees.

Kliek hier vir Green Fountain fotos

PORT ALFRED
MEDOLINO KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  1998 en 2018
Kommentaar  -  ‘n Ware 5 ster  park waar alles net reg is.  Ons het die park net een keer besoek en dit nie regtig geniet nie.  Die park is ver van die see en in  ‘n residensiële deel geleë.  Jy moet ry waarheen jy ookal moet  of wil gaan.  
Die atmosfeer in die kamp is ook baie formeel en jy is amper te bang jy sal iets breek of vuilmaak.
Dit is egter ons eie mening en baie besoekers bly baie lekker in hierdie luukse kamp.

HIERDIE PARK IS PERMANENT GESLUIT AS GEVOLG VAN HERHALENDE STORMSKADE!!!

2018  - Ons verneem dat die park weer oop is, maar was nog nie weer hier om dit te bevestig nie.

2018 - Ons kamp hier vir 3 nagte en kan net weereens bevestig dat dit 'n super netjiese oord is.  Die interne paaie is netjies, die gras lowergroen en kort gesny, heinings en windbreke netjies en al die geboue lyk of hulle nou net geverf is. Alle geriewe is ook silwerskoon.  Ons kan regtig met niks fout vind in die Oord nie.  Bitter jammer die plek is nie nader aan die see nie, maar nou ja, die voordeel is minder wind en klammigheid.

2020 - Ons geniet 'n maand lange kamp hier en geniet onsself terdee.  Ons het wel verneem dat Anita die oord verkoop het en dat die nuwe eienaars teen die middel van 2021 sal oorneem.
Punt toegeken  -  7/10  -  2018 - 8/10

Webwerf  -  www.medolino.co.za

Kliek hier vir Medolino fotos

PORT ALFRED
RIVERSIDE HOLIDAY RESORT  

Laaste besoek  -  2003 EN 2018
Kommentaar  -  Die park is op die Kowierivier en misdaad  algemeen in hierdie area.  Ons sal nie hier kampeer nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar 

PORT ELIZABETH
ANDREW RABIE KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2003
Kommentaar  -  Die kamp is net  Desember/Januarie oop op die skool se sport gronde en die badkamers in die skoolgebou word gebruik.  Ons het ‘n week lank hier gestaan en terwyl die skoolpersoneel  hulle bes doen en alles skoon en reg hou,  voel dit nie vakansie nie.  Die ligging is goed, staanplekke goed uitgemerk en gelyk , maar geen skaduwee nie.  Hierdie is ‘n laaste opsie as jy naby die PE strande wil kamp in Desember.
Punt toegeken  -  3/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar, maar kontak Andrew Rabie Skool. 

PORT ELIZABETH
BEACHVIEW HOLIDAY RESORT
Laaste besoek  -  1998 en 2012
Kommentaar  -  Ons het bitter lank gelede hier gekamp en daar mag wel groot veranderings wees.
Dit is ‘n munusipale park buite PE, ver van winkels en die stad.  Die park is op terrasse met ‘n mooi uitsig op die rotsagtige strand – jy kan net in die getypoel swem. Die staanplekke is redelik gelyk met geen skaduwee of windbeskerming nie.  Ons het groot windskade hier opgedoen.  Slaan op met jou karavaan se rug na die see om jou tent te beskerm.  Die ablusies was nie waffers nie.
Punt toegeken  -  0/10

Ons besoek die kamp Februarie 2012 om 'n paar dae daar te kampeer, maar vind die plek totaal verwaarloos en gevandaliseer.  Ons sal beslis nie hier kampeer nie.

Webwerf  -  www.beachviewresort.co.za 

PORT ELIZABETH
HUMEPARK KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Ons sal nie hier kampeer nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar 

PORT ELIZABETH
MADIBA BAY WILLOWS VAKANSIE OORD  (The Willows)

Laaste besoek  -  2010, 2012, 2014,2021
Kommentaar  -  ‘n Uitgekontrakteerde munisipale oord en een van die bestes in PE. Ons het elke besoek hier terdeë geniet. Dit is ‘n groot oord reg by die see naby die Universiteit kampus. Die strand is rotsagtig en jy swem in die sloepe of getyswembad. Hulle het selfsorg akkomodasie, ‘n redelike winkel en teer trate in die oord.  Toegang word streng beheer en daar is wagte snags.  Die naaste winkels is in Summestrand, so 5km weg.
Die staanplekke is groot, gelyk, goed gemerk en die gewone staanplekke het ‘n paar windskerm -heinings en bietjie skaduwee.  Die staanplekke met privaat blusies het wind, maar geen son skadu nie.
Die ablusieblokke is modern en word goed onderhou en skoongemaak.  Ons het tydens ons 2010 kamp hier die gewone staanplekke verkies om die beter windbreke te benut.
 Hierdie oord het ‘n baie slegte naam en reputasie gehad voordat dit uigekontrakteer is.  Ons beskou dit nou as een van die top oorde in hierdie geweste.
Tydens ons 2012 besoek staan ons by die privaat badkamer staanplekke. Ons het 'n lieflike seeuitsig en beskou die nou as een van die top staanplekke in die land.

2014 - Ons kamp vir slegs 'n week hier, aangesien die kamp vol bespreek is vir die Oktober skoolvakansie!!  Weereens 'n puik ondervinding en ons is baie jammer dat ons nie langer kan bly nie.

2021 -  Ons bel Willows om vir 'n maand te bespreek, 'n dag voor ons aankoms, net om te hoor hulle is weereens vol bespreek vir die skoolvakansie. Tila roer 'n paar hartsnare en die dame beduie sy sal probeer planmaak en terugbel.  Nie lank nie en ons kry 'n boodskap dat ons welkom is om te kom.  Hulle het 'n plekkie vir ons, wat nie 'n nommer het nie. Dit is nou goeie diens op sy beste.

Geen groot veranderings hier nie, net die badkamers is biejie opgedollie. Lyk mooi, maar die storte en toilette is bietjie klein,  sukkel maar om die bultjie hier om die midrif in en uit te kry.

Punt toegeken  -  9/10
Webwerf 
-  www.thewillowspe.co.za

KLIEK HIER VIR THE WILLOWS FOTOS


PORT ELIZABETH

MANGOLDS POOL KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons sal nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

Kliek hier vir Mangolds Pool fotos

PORT ELIZABETH

NOORDHOEK KAMPERING

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons sal nie hier kamp nie.

Punt toegken  -  0/10

PORT ELIZABETH

PINE LODGE HOLIDAY RESORT

Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Hierdie is ‘n luukse oord met “upmarket” hout huisies, restaurant, gym en staproetes in die Cape Recife Natuurreservaat, wat aan hulle grens.  Daar is net ‘n duin tussen hulle in die see, met ‘n plankiespad.  Die park is naby die Universiteit en so 3km van die Summerstrand winkels.
Die staanplekke is gelyk op terrasse met teerpaaie. Skaduwee is beperk, maar die duin keer baie van die wind af.  Dit is moeilik on ‘n groot karavaan hier te parkeer.  Haak af en vra liefs hulp om dit op die staanplek te kry.  Ablusiegeriewe is goed, skoon en netjies.  Hierdie is beslis ‘n top bestemming en verdien sy 4 sterre.
Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.pinelodge.co.za

PORT ELIZABETH

SLEEPY HOLLOW CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  'n Klein oord met kampplekke, karavane te huur en 'n paar chalets.  Die afdraai vanaf die Van Stadensweg pad is nie gemerk nie, kyk uit vir die Mother Goose B&B bord en draai af op die sowat 5Km grondpad. Die pad was effe sinkplaat tydens ons besoek, maar was bruikbaar vir 'n padwa.  Sorg net dat jy vooraf die hekkode kry, daar is geen interkom of selfoon ontvangs by die oord se hek nie, en terloops ook baie beperkte selfoon ontvangs in die oord.

Gelee in 'n kom tussen lowergroen kusbos, vertoon die area baie mooi.  Jy is egter 'n hele ent van die see af en ook so 25Km van die naaste groot winkels af. Daar is 'n klein winkel op die perseel wat gedurende besige tye oopmaak.

Die staanplekke is gelyk en meestal grasbedek met krag, braaiplek en krane tussen in.  Sommige het bietjie skaduwee, maar jy sal meestal in die son staan.

Die sentraal gelee ablusieblok het twee wasbakke, twee toilette en twee storte aan weeskante.  Daar was geen kampeerders tydens ons besoek nie, maar die kampterrein en ablusiegeriewe was silwer skoon.  Sommige staanplekke is redelik ver van die geriewe af.

Sal ons hier kamp? Miskien vir 'n kort periode om die staproetes te beproef, maar nie vir 'n langkamp nie.

Bel Betty op haar selfoon - die landlyn kabel is gesteel en sal nie gou herstel word nie.

Kliek hier vir Sleepy Hollow fotos

Punt toegeken  -  3/10

Tel  -  083 6600 817  (Betty)

Kliek hier vir Sleepy Hollow fotos

PORT ELIZABETH

THE WILLOWS

Sien onder Madiba Bay The Willows Resort


PORT ELIZABETH

VAN STADENSKARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2014 - 2018

Kommentaar  -  'n Groot munisipale oord met staanplekke, rondawels en chalets.  Die munisipale eienaarskap slaan hier en daar deur in die ablusies, maar die geheelindruk van die plek is baie goed.

Ons het nie hier gekamp nie, maar slegs die kamp besoek,  Die terrein was skoon en netjies en so ook die een ablusieblok wat oop was. Daar was ook witgoud in die toilette.  Ons het ongelukkig nie die storte gebruik nie, maar dit is beslis grootgenoeg met voldoende hangplek.  Daar is 'n hele paar ablusieblokke versprei oor die terrein en jy sal dus nie 'n perd moet opsaal om skoon te kom nie.  Daar is ook 'n hele paar wasgoedwasmasjiene wat jy kosteloos gebruik. Wasgoeddrade is ook beskikbaar.

Die staanplekke is op terrasse, mooi gelyk en grasbedek.  Skaduwee is maar skraps.  Interne paaie baie goed en die plek redelik stofvry.  Die personeel was almal vriendelik en hulpvaardig.

Die winkel en restaurant was gesluit en ons kan nie kommentaar lewer nie. Jou naaste regte winkels is by die Oostelike voorstede van Port Elizabeth - bring maar jou voorrade saam.

Hengel hier is koning, asook swem in die rivier en sandbordry van die duine af.  Seestrome hier kan maar moeilik wees en daar is gewoonlik nie lewensredders op die strand nie - wees versigtig.  Jy kan kilometers ver op die sand stap.

2018  -  Ons kamp hier vir 'n maand en geniet die ondervinding ter dee.  Die Oord word nie meer deur die munisipaliteit bestuur nie, maar deur 'n huurder en die terrein, ablusiegeriewe en ontvangs word beslis nou beter bestuur en onderhou.  Ablusiegeriewe het nog steeds daai outydse munisipale gevoel, maar is skoon en netjies.

Kliek hier vir Van Stadens fotos

Punt toegeken  -  7/10


PORT ELIZABETH

WILLOW PARK

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons sal nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

QUEENSTOWN

SUNTSANI ESCAPE

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Hierdie ontwikkeling langs die Bonkolo dam, so 10Km buite Queenstown bestaan uit 'n kampplek, huisies en ook erwe wat te koop is.

Die ablusieblok is 'n entjie weg van die dam, waar daar ook kragpunte beskikbaar is.   Daar is ook staanplekke reg langs die water, vir die hengelaars en boskampers.

Dit is 'n redelik basiese kampterrein, maar heel goed vir 'n oornag kamp. Daar is so 2Km grondpad na die kamp toe.

Hulle laat van tyd tot tyd kontrakwerkers toe, so vra pertinent of sodanige werkers in die kamp is voor u bespreek.

Punt toegeken  -  5/10

Kliek hier vir Suntsani fotos

Webwerf  -  www.suntsani.co.za

QUEENSTOWN

VALSCHFONTEIN OORNAGAKKOMMODASIE

Sien onder sterkstroom

RHODES

RHODES KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Miskien 'n bietjie onverantwoordelik om die kampplek 'n karavaanpark te noem.  Ons sal nooit eers probeer om ons Penta tot hier te sleep nie, die lang grondpad is net eenvoudig te rof en stowwerig.  Jy kan maklik met 'n sedan motor hier uitkom, maar moet liewers nie 'n padwa hierheen sleep nie - hierdie is boswa en tent wereld.

Die munisipale kamp is in die dorpie, redelik gelyk en daar is baie groot bome. Die ablusiegeriewe is maar erg munisipaal maar was skoon tydens ons besoek.   Die staanplekke het nie elektriesekrag nie en die klein winkeltjie hier sal net in jou basiese behoeftes voorsien - kom voorbereid.  Ons het wel lekker by een van die kafees ge-eet.

Kyk na ons fotos en besluit self of u hier wil kamp, of liewers een van die talle selfsorg huisies wil huur, veral in die baie koue wintermaande.

Kliek hier vir Rhodes fotos

Punt toegeken  -  4/10

SOMERSET OOS
BESTERSHOEK KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2008
Kommentaar  -  Ons sal nie hier kamp nie – wel goed vir ‘n piekniek.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  www.somerseteast.co.za

STERKSTROOM

VALSCHFONTEIN OORNAGAKKOMMODASIE

Laaste besoek  -  2020

Kommentaar  -  Na jare se verbyry kamp ons hier net na die grendeltyd en wat 'n lekker ondervinding!

Die plekkie is net suid van die Penhoekpas. Van die noorde as so 2Km van die voet van die pas af en as jy noord ry, sien jy die pas van die afdraai af.

Die enkelpadjie is goed gegruis en jy kan selfs in nat weer hier kom met 'n platkar.  Jy kamp op die plaaswerf met 'n baie mooi uitsig oor hulle dam na die berge toe.  Baie rustig met voëls en plaasdiere wat kom water soek.

Jy parkeer onder reuse bome, met die ablusiegeriewe net 'n paar treë weg. Die grond sak effe af na die dam toe, maar Pieter was dadelik by met 'n hout trappie om die wa gelyk te kry. Die kragtoevoer is van huishoudelike proppe beskikbaar en het reg getoets.

Die ablusie- en kombuisgeriewe is regtig iets om te beleef. Sommer so 'n plaasgeboutjie wat nie veel voorspel nie, maar as jy die deure oopmaak kry jy 'n plekkie wat so mooi en vreugdevol versier is dat jy vassteek van verbasing. Ons was skoon verbaas dat bae van die goed nog nie voete gekry nie.

Die kombuis is ten volle toegerus dat jy 'n volle maaltyd hier kan voorsit.

Ons het ons terdeë hier geniet en sal beslis weer kom.

Punt toegeken  -  6/10 (Plaaskamp)

E-Pos  -  valschfontein@gmail.com

Kliek hier vir Valschfontein fotos

Tel  -  082 9280 442


ST FRANCISBAAI

ST FRANCISBAAI KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  NVT

Kommentaar  -  Ons het op die Wegsleep Forum verneem dat hierdie park die einde van April 2014 gesluit is.

Punt toegeken - NVT

STORMSRIVIERMOND

Sien onder Tsitsikamma

 STUTTERHEIM

GUBU DAM

lAASTE BESOEK  -  2018

Kommentaar  -  Baie mooi omgewing, maar ons sal nie hier kamp nie.  Die grondpad is plek-plek bitter sleg en die enigste kampeerder tydens ons besoek het erge skade aan sy klein padwa opgedoen en was bang dat hy verdere skade oppad terug sou opdoen.  Die plek is ook vervuil met rooi borsluise (Ticks) wat sommer tydens ons kort wandeling teen ons bene opgeklim het.

Punt toegeken  - 0/10

Tel  -  043 683 5247

Kliek hier vir Gubu Dam fotos

STUTTERHEIM

THE SHIRE ECO LODGE

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Beslis die beter oord by Stutterheim, maar let wel dat die toegangspad wat Garmin aanwys beslis te sleg was om ons Penta op te sleep. Die alternatiewe roete was ook nie waffers nie, maar darem stukke beter.  Maar seker van die pad se toestand voor jy die oord besoek.

Gelee op 'n kleinhoewe, waar 'n kwekery bedryf word, teenaan die bekende Kologhawoud.  Stap is hier koning.

Daar is geen toegangsbeheer nie, maar twee wonings word deur die eienaars op die perseel bewoon.  Hierdie huise is nie sigbaar vanaf die kampterrein nie. Jou uitsig oor die woud en berge is pragtig.  Die 14 staanplekke is nie afgemerk nie.  Elke twee staanplekke het 'n kraan, lig en kragboks en jy kamp dus naby een van die manne.  As jy oggend skaduwee soek, kamp jy op die laerliggende gedeelte teen die woud, terwyl die boonste gedeelte vol son geniet.  Almal is grasbedek (geen groot bome nie) en redelik gelyk.

Die ablusieblok is 'n netjiese houtstruktuur en alles was perfek skoon tydens ons verblyf.  Die gasgeyser het maar gesukkel om die water warm te kry so in die koue wintertyd - sal nie 'n probleem in die somer wees nie.

Die vier selfsorg huisies is ook met hout gebou, maar is heel luuks toegerus en vertoon baie goed.

Punt toegeken  - 5/10

Kliek hier vir The Shire fotos

Tel - 043 683 2452

STUTTERHEIM

THOMAS RIVER OORD
Laaste besoek  -  2005 & 2018
Kommentaar   -  Ons het nie hier gekamp nie, maar in een van die gerestoreerde spoorweghuisies gebly. Die eienaar het die hele spoorwegstasie met sy huisies gekoop en ‘n klein vakansieoord begin.  Met ons besoek was die ontwikkeling nog aan die gang en die karavaanpark nog nie begin nie.
Daar is ‘n Engelse pub/restaurant, winkel, museum, pottebakkery en die selfsorg oornag huisies.  Die geheelindruk is baie goed en die plek word druk besoek – onder andere loop daar ‘n trein een keer per maand vanaf Oos Londen hierheen.
Ons het ons besoek terdeë geniet.

2018 besoek.     Ons besoek die Oord laat op 'n winter's middag op 'n weeksdag en alles behalwe die museums en karavaanpark is oop.  Alles is egter skoon en netjies.  Die grondpad vanaf die N2 se oppervlakte is redelik goed, maar die pad is baie nou en twee karavane gaan beslis sukkel om veby mekaar te kom.  Bel en maak seker niemand is van voor af oppad nie.

Die staanplekke is nie afgemerk nie en is op 'n paar terrasse en dan 'n groter gelyk area uitgele.  Omtrent almal is gelyk en redelik groot - die gras was nog groen tydens on besoek, maar sal sekerlik later doodryp. Sommige staanplekke is redelik ver van die kragproppe en krane is ook maar skaars.

Die ablusiegeriewe is so 20m van die naaste staanplek by die hitel gelee.  Dit was skoon en netjies tydens ons besoek.  Hier is nie sigbare sekuriteit nie, maar ons glo dat hierdie 'n lae misdaad gebied is.

Beslis die moeite werk om 'n dag of twee hier oor te bly.
Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Thamas River fotos

Webwerf  -  www.oldthomasriver.co.za

Tel  -  072 236 1570

STUTTERHEIM 

WATTLE CHOP

lAASTE BESOEK  -  2018

kOMMENTAAR  -  Het nie heeltemal aan ons verwagtinge voldoen nie, aangesien ons 'n karavaanpark verwag het en hierdie liewers as 'n boskamp beskou moet word. Dit is ook die duurste van die drie oorde naby Stutterheim.

Die teerpad tot by die oord se hek is vol slaggate en moet, veral met 'n sleepsel, maar stadig en versigtig hanteer word.  'n Elektriese hek beheer toegang tot die gedeelte waar hulle twee selfsorg huisies het en dan 'n verdere elektriese hek wat toegang na die woonhuis en kamparea verleen. Heel indrukwekkend, maar gedeeltes van die heining is nie waffers nie.

Die kampeerarea is teen 'n effense helling wat vanaf die woonhuis afloop na 'n klein dammetjie. Hier is heelwat gras maar ook sand areas onder die bome. Ons was die enigste kampeerders en moes mooi kyk om 'n redelik gelyk plekkie vir ons tent te vind. Kragproppe (15A huishoudelik) is net by die lapa beskikbaar en ons moes 'n verdere verlengenskoord leen om by ons tent uit te kom.

Die ablusieblok is 'n netjies hout struktuur met net een stort, wasbak en toilet aan elke kant. Net een manlike- en een vroulike kampeerders kan dus die geriewe op 'n slag gebruik.  Kan sekerlik lol as hier 'n paar gesinne sou kampeer.  Die warmwater van 'n 150L elektriese geyser was heeltemal voldoende vir ons twee, maar kan weereens lol as hier heelwat mense kam.

Die lapa is die oord se sterkse punt.  'n Baie mooi kuier en braaiplek en ons het dit terdee geniet.

Die Ontvangsdame was baie vriendelik en behulpsaam.  Dit was ook merkwaardig dat haar honde nooit kom pla het nie, al loop hulle os rond.

Punt toegeken  - 4/10

Kliek hier vir Wattle Chop fotos

Tel -  083 537 6568


TSITSIKAMMA
BLOUKRANTZ KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Ons sal nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  www.tsitsikamma.org.za

TSITSIKAMMA

NATURE ' S VALLEY REST CAMP

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  'n Sanparke kamp in een van die mooiste dele van ons land. Dit is 'n semi-wildernis kamp met geen elektrisiteit by die staanplekke nie, maar wel in die badkamers en lapas.  Geen kragopwekkers word toegelaat nie.  Die dorpie Narure's Valley het baie vakansiehuise, maar min permanente inwoners en die infrastruktuur is dus maar eina.  Daar is 'n restaurant en winkeltjie, maar moet nie te veel verwag nie.  Jou naaste dorp is Plettenbergbaai.

Die staanplekke is meestal tussen die natuurlike bos en meeste het vol skaduwee - gras is maar skaars.  Elke staanplek het 'n braai, drom en kamptafeltjie.  Krane is redelik goed verspreid oor die terrein.  Staanplekke is gelyk en meeste groot genoeg vir ons Penta en voertuig.  Ablusieblokke (2) is redelik basies maar was skoon en netjies tydens ons besoeke.  Die storte se aantrekgedeelte spat nat en dis dus beter om jou klere buite te los.  Daar is muntwasmasjiene en droeers beskikbaar.  Die twee lapas het die gebruiklike Sanparke kook geriewe en ys- en vrieskaste.  Sal goed werk in die stiller tye, maar is te min vir die hoogseisoen skares.

Die lagoon is baie selde oop na die see toe, en die kusgebied lyk na seestroom gebied - swem kan sekerlik gevaarlik wees met tye. Wees versigtig.

Daar is 'n hele paar staproetes en natuurlik verleen die kusgebied hom daaraan toe om te stap, hengel en net lekker ontspan.  Dit is 'n wildernisgebied en in die somer sal muskiete en ook slange hier voorkom - maak voorsorg.

Ons is verlief op hierdie gebied en beveel dit beslis aan vir korter besoeke, maar dan moet jy sonder elektrisiteit kan klaarkom.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.sanparks.org

Besprekings - Sanparke 042 281 1607  Park self 044 531 6700

TSITSIKAMMA
STORMSRIVIER MOND OORD

Laaste besoek  -  1975, 2011 en 2012
 Kommentaar  -  Ons was bitter lankgelede hier  en wil net sê dat hierdie ‘n MOET SIEN en MOET DOEN kamp is.  Onthou die wind as jy opslaan en bring jou snorkelgerei  -  daar is ‘n onderwater “trail”.  
Ons het die park weer besoek en talle verbeterings gevind.  Die toegangsroete is nou eersteklas, die ontvangs mooi en goed beman en die winkel/restaurant uitstekend. Daar in 'n paar staanplekke wat windbeskerming bied.  Almal is nou grasbedek, meeste met 'n geplaveide area vir jou karavaan en meeste met 'n mooi uitsig. Die hele terrein was skoon en netjies. Die paaie is almal geteer en stof nie 'n probleem nie. As die wind waai kan die seesproei lastig raak.  Bosbokke, duikertjies en dassies is volop naby die kampareas.  Hier is talle korter staproetes - almal goed versorg en pragtig.

Hierdie is na ons mening een van die beste karavaanparke in die land.

Punt toegeken  - 9/10

Webwerf  -  www.sanparks.org

Kliek hier vir Stormsriviermond fotos

TSITSIKAMMA

TSITSIKAMMA SUNRISE KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -

Kliek hier vir Sunrise fotos

UITENHAGE

GROENDAL WILDERNIS GEBIED

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Die grondpad tot by jou kamperarea is sowat 10Km, maar was in 'n goeie toestand tydens ons besoek.  Ons het nie, en sal ook nie ons Penta hierheen gesleep nie - net te stowwerig.

Die kamparea is grasbedek en het 'n hele paar bome.  Gelyktes is maar skaars, daar is net een kraan by die ablusieblok en geen elektrisiteit nie. Die ablusieblok is klein, maar was baie netjies, silwerskoon en alles het gewerk. Daar is baddens en storte - storte groot, maar het nie 'n droee area nie.  Witgoud word voorsien.  

Hier is jy in die middel van nerens en soos ons, dalk die enigste kampeerders. Bring alles wat jy nodig sal kry saam - sleg om al die pad Uitenhage toe te moet ry vir 'n kleinigheid.  Stap en die stilte hier is koning. Ons het wel 'n paar wildsbokkies teegekom, maar dit is bitter ruig hier en die sig dus beperk.  Ons beskou die plek eerder as 'n weelderige boskamp en beslis nie as 'n karavaanpark nie.

Punt toegken  -  6/10  (Boskamp)


WILDEKUS

TRENNERY'S HOTEL

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Hierdie is nie net 'n gewilde hotel nie, maar het ook 'n baie netjiese klein karavaanpark.  Gelee aan die Transkei se Wildekus, so 'n paar kilometer noord van Keimond, het jy hier al die gerief van 'n internasionaal bekende hotel en 'n rustige karavaanpark in 'n sub-tropiese gebied met heerlike sandstrande eb warm seewater.

Moet asseblief nie net hier opdaag om te kamp nie, ons het so gemaak en toe is die hotel en kampterrein vol!! Bespreek vooruit.

Van die suidekant af gaan jy met 'n pont oor die Keirivier en dan met 'n redelike grondpad na die hotel. (Die pad word huidiglik geteer). Vanaf die Transkei af is die pad alreeds geteer en jy kan dus jou padwa wel hier kry.

Die staanplekke is nie formeel afgemerk nie, jy skop nes op lowergroen gras tussen groot ou bome. Krane en krag is beskikbaar en alles is netjies en werk.

Die ablusieblok is wel oud, maar netjies en skoon. 

Ontspan, stap en hengel is hier koning.  Sorg dat jy jou proviant aanvul voor jy kom.  Jy kan natuurlik by die hotel eet en drink, maar die naaste winkel is by Keimond - koste van die pont is R160.00 retoer.

Punt toegeken  -  7/10

Kliek hier vir Trennery's fotos

WILLOWMORE

BOKLOOF GASTEPLAAS

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons het nie die kamp besoek nie, maar net by die afdraai pad verbygery.  Ons doen hierdie inskrywing bloot sodat kampeerders makliker op Google van die park kan verneem.

So 70 Km vanaf Willowmore op ‘n redelike goeie grondpad – geskik vir ‘n sedan motor.

Punt toegeken  - nie gedoen nie

Webwerf  -  www.baviaans.co.za/bokloof

WILLOWMORE  (Baviaanskloof)

DORINGKLOOF BOSKAMP

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Net buite die Baviaanskloof,  aan die Willowmore kant van die kloof.  ‘n Sedan motor met goeie grondvryhoogte en stewige bande kan van Willowmore af hier kom, maar nie van die Patensie kant nie.  Ons sal nie ‘n padwa hierheen sleep nie – grondpad net te ver.

Die hek by die indraai word nie gesluit nie, maar maak dit asseblief toe na jy deurgery het.  Daar is aanwysingsborde om by die kamp uit te kom.  Ontvangs hier word nie beman nie, maar daar is ‘n tweerigtingradio waarmee jy aanmeld.

Chris, die eienaar, hou vol dat dit net ‘n boskamp is,  maar ons was al in heelwat volwaardige karavaanparke wat nie naastenby by die plek kan kersvashou nie.  Die staanplekke is almal gelyk en meeste grootgenoeg vir twee karavane.  Die staanplekke reg langs die dam het welige groen gras, maar min skaduwee.  Die skaduweestaanplekke is meestal tussen die bome en struike en het geen gras nie.  Hierdie staanplekke ie egter so lekker privaat, dat ons op #3 gaan wegkruip het.  Al die staanplekke het ‘n elektriese lig, 15A prop en ‘n boerekraan (Sien fotos)

Daar is 5 klein ablusieblokke, almal met storte, wasbakke en spoeltoilette.  Skottelwasgoedbakke is buite by al die ablusieblokke.   Badkamers was almal skoon, netjies en funksioneel met elektrieseligte.  Chris is ‘n groot ou en het die storte gebou dat hy lekker kan inpas.

Hier is geen selfoon ontvangs nie, maar jy kan ‘n WiFi databondel by die kiosk koop.  Ys, hout en bietjie kruideniersware is ook by die kiosk beskikbaar.   Dit is bitter ver na die naaste ander winkel toe, maak seker jy pak alles is.

Daar is 6 4X4 roetes en ook staproetes op die plaas.  Net een van die 4X4 roetes het ‘n 4/5 gradering en jy kan dus jou 2X4 met ‘n “difflock” ook hier inspan as jy braaf genoeg is.

Ons het ons verblyf hier in ons tent terdee geniet.

Punte toegeken  -  8/10  (boskamp)

Webwerf  -  www.doringkloof4x4.co.za

Kliek hier vir Doringkloof fotos

 WILLOWMORE

DUIWELKLOOF

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons het nie die kamp besoek nie, maar net by die afdraai pad verbygery.  Ons doen hierdie inskrywing bloot sodat kampeerders makliker op Google van die park kan verneem.

So 60 Km vanaf Willowmore op ‘n redelike goeie grondpad – geskik vir ‘n sedan motor.

Punt toegeken  - nie gedoen nie

Webwerf – www.duiwelkloof.co.za

WILLOWMORE

MAKKEDAAT CAVES

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons het nie die kamp besoek nie, maar net by die afdraai pad verbygery.  Ons doen hierdie inskrywing bloot sodat kampeerders makliker op Google van die park kan verneem.

So 55 Km vanaf Willowmore op ‘n redelike goeie grondpad – geskik vir ‘n sedan motor.

Punt toegeken  - nie gedoen nie

Webwerf  -  www.makkedaat.co.za

Kliek hier vir Makkadaat fotos

WILLOWMORE

SPEEKHOUT TREEHOUSE, BONSAI & CAMPSITE

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons het nie die kamp besoek nie, maar net by die afdraai pad verbygery.  Ons doen hierdie inskrywing bloot sodat kampeerders makliker op Google van die park kan verneem.

So 60 Km vanaf Willowmore op ‘n redelike goeie grondpad – geskik vir ‘n sedan motor.

Punt toegeken  - nie gedoen nie

Webwerf  -  www.baviaans.co.za/speekhout

WILLOWMORE

UITSPAN

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons het nie die kamp besoek nie, maar net by die afdraai pad verbygery.  Ons doen hierdie inskrywing bloot sodat kampeerders makliker op Google van die park kan verneem.

So 50Km vanaf Willowmore op ‘n redelike goeie grondpad – geskik vir ‘n sedan motor.

Punt toegeken  - nie gedoen nie

Telefoon  -  044 923 1511

WILLOWMORE

VAALWATER LODGE & BUSH CAMPING

Laaste besoek - 2014

Kommentaar - Die hek was toe en ons kon hulle ook nie per telefoon kontak nie.  Sal met ons volgende besoek aan die Kloof weer probeer.

Kliek hier vir Vaalwater fotos

WILLOWMORE

WILLOWMORE KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons wou na ons Baviaanskloof besoek hier oorbly, maar het toe maar verbygehou.   Die park het 'n 3 ster gradering en hulle ablusiegeriewe regverdig beslis 3 sterre, maar die res laat ons koud.  Die staanplekke lyk soos 'n grasperk wat by die huisies hoort.  Die staanplekke is nie afgemerk of genommer nie, die braaie is nie by die staanplekke nie, en so ook nie die private badkamers nie.  Die ingang se hek het oopgele met 'n hele klomp mense wat daar rondhang en die park instaar.  Die heup hoogte muurtjie en hek sal niemand uithou nie,  Van die sekuriteitswag wat hulle adverteer was daar geen sprake nie.  Die tennisbane op hulle advartensie is heeltemal vervalle en onbruikbaar.  Die uitsig is pateties en die hele gedoente voel net eenvoudig nie na 'n karavaanpark nie

Punt toegeken  -  0/10

Kliek hier vir Willowmore Karavaanpark fotos

Sien kommentaar van Chris Smit onder "Parke aanbeveel deur derde partye"



KLIEK HIER OM NA DIE TOP VAN DIE BLAAI TE GAAN


Make a free website with Yola