Translate This Page

PARKE AANBEVEEL DEUR DERDE PARTYE

Ons het nie hierdie parke besoek nie, maar is deur ander kampeerders aan ons aanbeveel.  Ons glo aan hulle integriteit en glo hulle waardes en norme stem ooreen met ons sienswyse, maar kan nie hierdie inligting bevestig nie.

 

GAUTENG

CULLINAN

SOMABULA NATURE RESERVE

Ingestuur deur Tilla  2021

Kommentaar - Die 400Ha plaas is in 'n kloof, wat jou wild- en voëlkyk lekker knus laat voel.

Hulle het chalets, ossewaens en natuurlik hulle kampeerarea.  Hulle het sewe staanplekke, waarvan vier privaatbadkamers het.  Elke staanplek et sy eie braai en kraan.

Hierdie park is vir die grondpadwaens en sleepwaens bedoel en geen van die staanplekke het krag nie.

CULLINAN

WAGONDRIFT LODGE

Ingestuur deur Tilla      2021

Kommentaar  -  Die Lodge het 4 staanplekke op hulle klein wildsplaas, so 40Km van Cullinan af.  Die laaste 2Km is 'n redelike grondpad, waar jy maklik jou padwa kan sleep.  Hier is min skaduwee en ook min gras - bosveld sand.

Hulle het private ablusies by elke staanplek, asook 'n klein lapa by elke staanplek.  Hulle het staproetes in die klein wildtuin en jy kan ook wildritte by hulle bespreek.  Hulle het ook 'n swembad, speelparkie, trampolien en fietsry op eie fietse.

PRETORIA

RUAH PARK

Ingestuur deur Tilla 2021

Kommentaar  -  Noord van Pretoria langs die Dinokeng Reservaat,  Hulle het 38 staanplekke met privaat badkamers.  Staanplekke is so uitgelê dat jy nie bure voor of agter jou het nie.  Skaduwee is skraps, maar die staanplekke het mooi groen gras.

Hulle het 'n swembad, dam en staproetes beskikbaar.

Webwerf - www.ruahpark.co.za

VANDERBIJLPARK

VAALRUS VAKANSIE-OORD

Ingestuur deur Willie

Datum  -  2020

Oord op die walle van die Vaalrivier naby die Barrage.  Grasbedekte staanplekke, goed versorg en skoon ablusies.  Eienaar Org Bentley self betrokke by die Oord.

Tel 084 4707 939

GPS -  26˚46'2,49" S  27˚38'26,73"E


KWAZULU NATAL

PIETERMARITZBURG

DIE CLIVIA PLAASHUIS

Ingestuur deur Tilla

Datum  -  2018

'n Klein privaat parkie buite Pmbg op 'n werkende suikerrietplaas. Alles is nuut gebou in 2018 en die park is eers teen die middel van 2018 ge-open.

Net 200m grondpad na die kamp. Hulle het 3 visvangdamme, staproetes en 'n pragtige tuin. Pensioennaris afslag as jy lank staan.

E-Pos  errol@edelnet.co.za

Umtentweni

ANCHORS AWEIGH 

Ingestuur deur Willie

Ek wil graag vir jou my beoordeling weergee van Anchors Aweigh woonwa park. Miskien  vir die ouergarde beter bekend as die ou Rondalia oord van toeka se jare. Die “nuwe park” is uitgele deur Sandy wat did saam met sy vrou bestuur.

Die eerste indrukke van die boonste vlak is goed .staanplekke bo en onder is nie regtig goed uitgemerk nie, maar kan nogtans uitgeken word. Gras onder die bome  is soos te wagte redelik yl met “crusher” gruis bedek waarskynlik om modderigheid te verhoed. Hoewel ons baie reen gehad het was modder nooit ‘n problem nie.  

Aan die likerkant soos jy inkom is enkele bome Typianas met redelike yl blare aan die linkerkant hievan is ‘n hoe wal wat dig begroei is met plante en bome, gevolglik is daar in elk geval skaduwee hier van 4 nm af. Hierdie staanplekke is gras bedek.

Langs hierdie wal is die kragpunte en veskeie televisie skottels. Ek het aan die teenoorgestelde kant gestaan en kon did nie benut nie.

Van die staanplekke dieper in is relatief ongelyk en kleiner.

Die ablusie geriewe is beslis 5 ster gehalte en baie netjies en word goed versorg.

Die staanplekke op die onderste vlak is relatief groot maar ook nie altyd duidelik uitgemerk nie. Weereens onder die bome ‘n crusher gruislaag tussen die gra andersind waar daar nie skaduwee is nie is die gras mooi. Ook die onderste ablusieblok is 5 ster gehalte. Hier is ook ‘n onderdak lapa wat maar redelikslordig was(waarskynlik van die kampeerders)

Wasgoed was geriewe en drooglyne is ook hier.Verskeie permanente kampeerders het hier onder gestaan. Die natuurskoon is baie mooi . Die park vorm deel van die ou Rondalia oord met sy rondawels en shallets

Die hangbrug oor die rivier is tans gesluit en did is ook nie seker wanneer did weer heropen sal word nie.

Jy kan die see hoor maar nie sien nie.

Ek het ‘n maand daar gestaan en was nooit regtig verveeld nie.

DARGLE

MOUNT PARK GUEST FARM

Ingestuur deur Tilla

Datum  - 2015

Kommentaar  -  6 Grasstaanplekke op in werkende beesplaas in die KZN  binneland. Net 4 het kragpunte - maak seker as jy bespreek. Daar is ook 'n paar kothuisies beskikbaar.  Jy kamp hier om die natuurskoon te geniet, te stap, voels te kyk en kan ook jou geluk in die foreldam beproef.

Tel  033-234 4601

LIMPOPO

BELA BELA

ATKV KLEIN KARIBA

Ingestuur deur Jantjie

Datum  -  2015

Kommentaar  -  Ons het die afgelope week by Klein Kariba gekamp. Wat 'n plesier is die oord nie. Alles wat met die breek van die dam by Thaba Monate weggespoel of beskadig is, is herstel en verbeter. Dis werklik 'n plesier om daar te gaan kamp. Die personeel is baie vriendelik, hulpvaardig en jy kan van die vloer in die ablusies eet . Puik waarde vir geld! Die restaurant is puik en pryse regtig billik.

BELA BELA

DIE BOOTKLUB

Ingestuur deur Tilla

Datum  2019

Kommentaar  -  Hierdie is 'n groen paradys op die wal van hulle dam.  Die staanplekke is gelyk en grasbedek. Daar is twee ablusieblokke en die staanplekke het gras en elektrisiteit. Geen swembad nie, maar 'n speelplek vir die kinders en 'n saal vir spesiale geleenthede. Putt Putt baan is nog nuut.

Die Park is so 9 Km buite Bela Bela op die Alma pad. Teerpad tot by die hek en interne pad is geplavei.

Watersport is hier koning en bote is oor naweke bedreiwig.

BELA BELA

KLEINE BELA Familie-oord

Ingestuur deur Tilla

Datum  2019 - 

Kommentaar  -  Die Oord het 18 gewone staanplekke en ook 6 vir permanente kampeerders. Grasbedek en elke staanplek het krag en water.  Bome bied skaduwee, daar is twee ablusieblokke en speelplek vir kinders. Die 55Ha perseel is 15 Km suid van Bela Bela op die R101.

Daar is ook 'n paar chalets beskikbaar.

BELA BELA

RONWIL HOLIDAY RESORT & CARAVAN PARK

Ingestuur deur Jantjie

Datum 2015

Kommentaar  - Ek  het op 'n tyd in julle blog gelees van Ronwil naby Warmbad. Ons was laas in die laat 80's daar met 'n kerspartytjie. Ons besluit toe om te gaan kyk hoe dit nou daar lyk. Maar o wee..... wat 'n teleurstelling. Die plek is toet-en-taal vervalle. Dit wil voorkom asof die wooneenhede nou aan permanente, agtergeblewe inwoners verhuur word. My hart wou breek as ek sien watter fantastiese potensiaal die plek het. Iemand met geld kan van die plek 'n besondere vakansie-oord maak. Maar helaas, dit lyk asof die wêreld daar gaan stil staan het en verval het toe ingetree. Wat 'n teleurstelling.

GROBLERSDAL

RIVIERSIG SELFSORG

Ingestuur deur Annatjie en Wiets

Datum  -  2015

Kommentaar  -  Selfsorg eenhede en karavaanpark op die walle van die Olifantsrivier, so 13 Km buite Groblersdal op die Middelburg pad. Staanplekke het kragpunte en braaifasiliteite.  Die ablusieblok is netjies en skoon.  Veral die Boskamp is baie gewild.

HAMMANSKRAAL

DINOKENG CAMP & LEISURE

Ingestuur deut Tilla 2021 

Kommentaar - Die park is so 16Km vanaf Hammandkraal, waarvan die laaste 4Km 'n grondpad is. Hulle het 20 groot staanplekke, wat duidelik afgemerk en genommer is. Die staanplekke het 'n kraan, los braai, vullisdrom en gewone 15A huishoudelike kragprop.

Die ablusiegeriewe is lekker ruim, moderm en die neersitplek by die wasbakke is 'n wenner.  Die damesgedeelte het 'n bad en ook plek om jou baba te versorg.  Die skottelgoed- en klerewasbak is teen die sykant van die ablusieblok.  Hier is ook 'n rolstoelvriendelike badkamer.

Hulle het 'n kouewater swembad, trampoliens en 'n vlugbalbaan.  Die klein winkeltjie hou net basiese voorraad aan.

Hierdie is 'n baie gewilde park en vooraf bespreking baie belangrik. 


HOEDSPRUIT/PHALABORWA (Naby Kruger Nas Parl)

EKUTHULENI KARAVAANPARK

 Ingestuur deur Johan en Annatjie

Datum  -  2015

Kommentaar  -  Ses staanplekke op 'n wildsplaas langs die Olifantsrivier. Die grasbedekte staanplekke het elk 'n geboude braai met 'n kragpunt en waterkraan naby.  Daar is heelwat skaduwee onder groot bome.  Die ablusiegeriewe is naby die staanplekke en heeltemal voldoende.  Die kinders het 'n speelplek wat hulle besig behoort te hou.

Tel  - 015 793 1657

Webwerf  -  www.ekuthleni-hoedspruit.co.za

KLASERIE

KLASERIE KARAVAANPARK EN BOSKAMP  (Naby Kruger Nas. Park)

Ingestuur deur Jahan en Annatjie

Datum - 2015

Die Park en ook die Boskamp le teen die dam en hengel is hier koning. Alle vangste moet losgelaat word en hulle het ook streng reels oor die hantering van jou vangste - maar seker hiervan by hulle kantoor.  Hulle het klein bootjies en kanos te huur.  Jy kan jou eie roei- en battery-aangedrewe boot saambring, maar geen petrolaangedrewe bote nie.  Die staanplekke is redelik gelyk en daar is heelwat skadubome.  Hulle het ook luukse tente te huur.

Tel  -  015 793 2833

Webwerf  -  www.klaseriecaravanpark.co.za

KLASERIE

MAROELA KAMP (In die Kruger Nas. Park)

Ingestuur deur Johan en Annatjie

Datum  -  2015

Kommentaar  -  20 Staanplekke met elektrisiteit, op die walle van die Timbavatirivier, naby die Orpen kamp.  Hier is geen ander akkommodasie nie, net kampering. Daar is 'n uitkykpunt by die rivier en ook 'n klein watergat - wild is dus volop.  Daar is 'n ablusieblok en ook 'n klei kombuis beskikbaar.  Onthou om eers by Orpen aan te ry om in te boek - geen kantoor hier nie.

Tel  - 012 428 9111

Webwerf  -  www.sanparks.org

NABOOMSPRUIT (MOOKGOPONG)

EDEN PARK RESORT

Ingestuur deur Tilla

2019

Kommentaar  -  'n Oord met sowat 30 staanplekke met private ablusie-/kombuisgeriewe. Hierdie is bosveld area met baie doringbome vir skaduwee.  Hulle het ook 'n redelike groot wildkamp, waar hulle wildkykritte aanbied.  Die Oord is so 14 Km buite Naboomspruit en alles teerpad tot by hulle afdraai.

Tel  -  087 820 7240

Web  - www.edenpark.co.za

NABOOMSPRUIT  (MOOKGOPHONG)

LEKKER BREEK BOWLS CLUB REST & RECREATION CAMP

Ingestuur deur Tilla

2019

Kommentaar  -  20 Staanplekke op 'n plaas, waar rolbal beslis die koning is.

Webwerf  -  www.lekkerbreekrolbal.wixsite.com/lekkerbreek

E-Pos  -  lekkerbreekrolbal@gmail.com

Tel  -  084 741 8138

NYLSTROOM / Modimolle

ABBA-WILDLODGE

Ingestuur deur Tilla  2021

Kommentaar - Hierdie kampplek is so 16Km vanaf Nylstroom, waarvan die laaste gedeelte (+/- 11Km) 'n grondpad is. Padwaens kan dit maklik baasraak,

maar stof is 'n probleem. Hulle het wel 'n sementblad waar jy jou karavaan kan was.

Hulle het 15 staanplekke met 'n grasdak afdak, waar onder jy jou karavaan kan trek. 12 Sonder afdakke en 6 met privaat badkamers. Hier is min koeltebome, so die afdak staanplekke is 'n goeie keuse.

Die ablusies is netjies en skoon en die kamp as geheel maak 'n goeie indruk. 'n warm en koue swembad asook Put-Put baan is beskikbaar.  Jy mag nie self in die wildskamp inry nie, maar bespreek 'n wildrit by die kantoor.

Webwerf - abbagamelodge.co.za

E-Pos - reception@abbagame.co.za

NYLSTROOM / MODIMOLLE

KLIPSPRINGER GASTEPLAAS

Ingestuur deur Tilla

2019

Kommentaar  -  Die karavaanpark is so 5Km noord van Nylstroom op die R101 en net 100m grondpad kry jou daar.  Die staanplekke is gelyk en grasbedek en die ablusiegeriewe netjies.  Hoewel die park naby die grootpad is, word die verkeergeraas goed deur die bome gedemp en motors is byna onhoorbaar - groot vragmotors kan soms bietjie brul.

Hulle het 'n spesiale aanbod van R1,800 per maand vir pensioenarisse.

Martin en Louise kan by 083 785 3475 bereik word.

PHALABORWA

BALULE KAMP (in die Kruger Nas. Park)

Ingestuur deur Johan en Annatjie

Datum  -  2015

Kommentaar  -  Hierdie is 'n wildernis kamp, sonder elektrisiteit en net met basiese geriewe.  Dit is naby die Olifantsrivier en net ligweg omhein - hier is jy baie naby aan die natuur.   Daar is 15 staanplekke, met baie skadubome vir somer koelte.

Tel  -  012 428 9111

Webwerf  -  www.sanparks.org

PHALABORWA

FOREVER RESORTS PHALABORWA SAFARI PARK (Naby Kruger Nas. Park)

Ingestuur deur Johan en Annatjie

Datum  -  2015

Kommentaar  -  Slegs so 200/300 meter van die Kruger Nas. Park se Phalaborwa hek, is die 47 staanplek park, wat ook so 10 luukse permanente tente het. Elke staanplek het 'n elektriese punt, braai en elke twee deel 'n kraan met munisipale water.   Daar is 'n kinderspeelpark, swembad en klein winkeltjie.

Tel  -  015 781 7500

webwerg  - www.foreversa.co.za

PHALABORWA

NGULUBE GAME LODGE

Ingestuur deur Tilla

Hulle het 4 staanplekke wat op die Selati rivier uitkyk en jy is anselfsprekend op 'n wildsplaas met die voordele hieraan. 

Tel  078 965 7645

Webwerf  -  www.ngulube.co.za

PLETTENBERGBAAI

TZANEEN  

CORAL TREE CAMP

Ingestuur deur Tilla

Datum 2019

Kommentaar  -  Hierdie kampplek is in Magoebaskloof en het net een staanplek wat jy net met 'n 4X4 kan bereik - minimum 2 persone, maksimum 6.  Die kamp is op 'n plato, met uitsig oor die Magoebaskloof, op die Tupelo Honey Farm, waar ook kruie gekweek word.  Die kampplek het 'n onderdak kombuis en warm water vir die - en die buite badkamer, word met 'n donkie verhit.  Hier is nie krag nie, maar daar is wel sonkrag vir die ligte.  Klein honde word toegelaat, maar jy moet vooraf reëlings tref.

Hulle het ook ander huisvesting beskikbaar.

Tel  082 335 6803

E-Pos  bookings @theherbcottage.co.za

VAALWATER

E-BAHITI GAME LODGE

Ingestuur deur Tilla

Datum 2019, 2021

Kommentaar  -  Die Park is so 35Km noord van Vaalwater op die Melkrivierpad. Minder as 1Km goeie grondpad tot by jou staanplek.  Die staanplekke is gelyk, grasbedek en goed afgemerk, sodat jy nie jou buurman se erf sal beset nie. Hulle het baie moeite met die ablusieblok gedoen. jy sal maklik glo dat jy in 'n goeie hotel se privaat badkamer instap.  Daar is Escom krag en boorgatwater beskikbaar by elke staanplek.

Hulle het 'n spesiale tarief van R2,200 per maand vir pensioenarisse gedurende 2019 - maak gebruik daarvan. 

Tel 082 458 6054 of 067 189 2002

MPUMULANGA

BLYDERIVIER

FOREVER RESORTS - BLYDE CANYON

Ingestuur deur Johan en Annatjie 

Datum  - 2015

Kommentaar  -  Soos alle Forever parke, is die park netjies en goed bestuur. Daar is 32 staanplekke en 'n horde huisies van verskillende groottes.  Die park is hoog in die Drakensberge met 'n pragtige uitsig oor die raffyn en dam.  Daar is twee netjiese ablusieblokke wat deeglik skoongehou word.

Tel  -  086 122 6966

Webwerf  -  www.foreversa.co.za

ERMELO

HEINS FARM RESORT

Ingestuur deur Tilla

Datum  -  2015

Kommentaar  -  30 Gelyk en grasbedekte staanplekke op 'n werkende plaas. 12 Km vanaf Ermelo op die Middelburg (N11) pad

Tel  017-811 4216

HAZYVIEW

KIAAT KARAVAANPARK

Ingestuur deur Johan en Annatjie

Datum  -  2015

Kommentaar  -  14 Staanplekke op gras maar met geen skaduwee nie. Daar is twee ablusieblokke, baie luuks en netjies, maar net met storte, geen baddens nie.  Twee opwasplekke, yskas geriewe en was- en droogmasjiene.'n Goed bestuurde, netjiese park

Tel  -  013 737 7401

Webwerf   www.kiaatcaravanpark.co.za

HAZYVIEW

TRANQUIL NEST (Naby Kruger Nas Park)

Ingestuur deur Johan en Annatjie

Datum - 2015

Kommentaar  -  Super luukse kampplek naby die Numbi hek van die Kruger Nas. Park.  Hier is net 4 staanplekke, elk met private ablusie- en kombuisgeriewe. Geriewe word daagliks skoongemaak.  Hier is baie inheemse bome en dus ook 'n ryk voellewe.  Beslis vir die kieskeurige kampeerder.

Tel  -  082 556 9383

Webwerf  -  www.tranquilnest.co.za

HOEDSPRUIT

DIE ARK SAFARI LODGE

Ingestuur deur Tilla 2021

Hierdie Oord is in die Guernsey Nature Reserve in die Klaserie distrik en nagenoeg aan die Orpenhek van die Kruger Nasionale Park, om die Park op 'n dagbesoek te gaan verken

Tel - 083 226 6591

MORGENZON

HENBASE LODE

Ingestuur deur Tilla

Eintlik tussen Morgenzon en Amersfoort op 'n werkende plaas. Hulle het 16 staanplekke met gras of plaveisel. Elke staanplek het 'n kragpunt, kraan en braai. Daar is 4 ablusieblokke en speelplek vir die kinders. Hulle restaurant is oor naweke en vakansiedae oop.


NELSPRUIT - MBOMBELA

ASANTE SANA HOLIDAY RESORT

Ingestuur deur Tilla

Kommentaar  -  Hierdie oord was eers bekend as Golden Spot Resort.  Die Oord is so 15 Km wes van Nelspruit op die N4 by die dorpie Alkmaar.  Hier is 30 grasbedekte staanplekke met elektrisiteit en water. Dit is 'n groot Oord waar funksies en troues aangebied word.

NELSPRUIT - MBOMBELA

HIPPO WATERFRONT LODGE

Ingestuur deur  -  Tilla

Datum besoek  -  2015

Kommentaar  -  Reg langs die N4 so 14Km buite Nelspruit.  Die oord het 'n hele paar huisies en ses staanplekke, elk met 'n private badkamer.  Die oord is op die walle van die Krokodilrivier en daar is hengelplekke en ook inwonende seekoeie vir jou vermaak. Die oord is netjies en goed versorg.

Tel  -  082 825 1105

Webwerf  -  www.hippowaterfront.com

E-Pos - hippowaterfront@absamail.co.za

PIET RETIEF

SUNDOWNER LODGE & CARAVAN PARK

Ingestuur deur Tilla   2021

Kommentaar - Die oord is net buite Piet Retief op die N2.  Hulle het chalets, houthuise en 'n karavaanpark. Hulle kroeg en restaurant ia oop vir alle inwoners.  Hulle 'n gim, konferensiesentrum, swembad en vermaaklikheids area.  WiFi is gratis.

Die karavaanpark is gelyk en het heelwat bome.  Die Ablusiegeriewe is modern en was silwer skoon.   Die 20 staanplekke het almal kragpunte.

Tel - 071 612 5094

Webwerf - wwwsundownerpietretief.co.za


WATERVAL BOVEN

ELANGENI HOLIDAY RESORT

Ingestuur deur  -  Chris Smit

Datum besoek  -  2011

Kommentaar  -  50 Staanplekke op 'n plaas 17Km buite Waterval Boven langs die Elandsrivier.  die staanplekke is grasbedek, redelik gelyk en daar is heelwat bome.  Die ablusies is oud, maar word skoongehou.  Hulle het ook 'n swembad (nie te mooi), lapa, saal, en "laundry".  Net kampeerders word toegelaat met ingangsbeheer by die hek.  Selfoon ontvangs is nie goed nie.

Tel  -  013-257 7071

KOMATIPOORT

MARLOTH KARAVAANPARK  (Henk van Rooyen Karavaanpark)

Ingestuur deur  -  Chris Smit

Datum besoek  -  2011

Kommentaar  -  10 Staanplekke 23 Km buite Komatipoort in die privaat wildtuin, Marloth Park.  Die staanplekke het kragpunte en privaat badkamers. Daar is ook kombuis en braaigeriewe.  Die swembad en wildbesigtigingsritte hou jou besig.  Daar is ook goeie restaurante beskikbaar.

Tel  -  013 - 792 4604  Sel  082 726 5948

MALELANE

HENK VAN ROOYEN HOLIDAY RESORT

ingestuur deur  -  Chris Smit

Datum besoek  -  2011

Kommentaar  -  'n Plaas park met 10 staanplekke.  Die oord is in die private wildtuin, Marloth Park, 37 Km vanaf Malelane.  Die grondpad draai uit vanaf die N4. Die park is langs die Krokodil rivier in 'n rustige natuurlike omgewing met mooi natuurtonele.

Tel  -  082 -  653 4454

MIDDELBURG

DE VOETPADKLOOF RESORT

Ingestuur deur  -  Chris Smit

Datum besoek  -  2011

Kommentaar  -  Die park is gelee in 'n 600 Ha natuurreservaat 40 Km noord van Middelburg.  Die 46 staanplekke is gelyk en met kragpunte.  Die tent areas is met plaveisel bedek.  Hulle het 3 moderne ablusiegeriewe, met opwasgeriewe en 'n "laundry" met wasmasjien en droer. Daar in 'n warm en 'n koue swembad, putt-putt baan, 9 gat gholfbaan, 2 lapas met TV geriewe, kinderspeelgrond en winkel met dranklisensie.  Daar is ook talle staproetes in die reservaat, van maklik tot uitdagend.

Tel  -  013 - 245 8500

WITRIVIER

BENMARI OORD

Ingestuur deur  -  Chris Smit

Datum besoek  -  2010

Kommentaar  -  Die park bestaan uit 4 staanplekke, elk met 'n privaat badkamer en kombuis.  Die badkamers het 'n stort, wasbak, toilet en kragpunt vir 'n haardroeer.  Die kombuis het 'n yskas, wasmasjien, 2 plaat stoof met oond, ketel, opwasbak, kas, elektriese prop en warm en koue water. Daar is ook 'n braai.  Tydens hulle besoek in Julie 2010 was die park skoon en baie netjies.  Die eienaars het hulle tuis laat voel en sekuriteit was baie goed.  Hulle beveel die park ten sterkste aan.

Webwerf www.benmari.co.za


NOORDKAAP

ASKAM

KGALAGADI LODGE

Ingestuur deur Tilla    2021

Kommentaar - Hierdie is die Kalahari en rooi sand is koning.  Sorg dat jy op die gemaaktepaadjies bly in die kamp.  Hulle het 12 staanplekke, elk met 'n privaat badkamer.  Daar is ook 'n skadunetdak waarlangs jy jou wa kan parkeer en dan die skadudak gedeelte vir jou tent benut.  Elke staanplek is met 'n biesiemuurtjie afgemerk.

Hulle het 'n redelike goeie winkel, restaurant en kroeg.

Webwerf  -  www.kgalagadi-lodge.co.za

ASKAM

MOLOPO KALAHARI LODGE

ingestuur deur Tilla     2021

Kommentaar -  12 staanplekke met privaat badkamers, wat 'n entjie weg van jou staanplek in 'n badkamergebou gehuisves is.  Die Kalahari is sandwereld en die interne paaie is vasgetrapte sand.  Die toegangspad van die teer af is sowat 400m lank en normaalweg in 'n goeie toestand.

Die staanplekke is ook op sand en jy kan kies tussen skadu- en volsonstaanplekke.  Maak seker dat jou sleepsel sal inpas, wanneer jy bespreek. sommige staanplekke is kleiner.

Hulle het 'n swembad, restaurant en kroeg.

Webwerf - www.molopo.ncfamouslodges.com

CALVINIA

DIE KLIPWERF RUSKAMP

Ingestuur deur  -  Chris Smit

Datum besoek  -  2011

Kommentaar  -  Die 3 staanplek kamp is gelee op die hoofpad deur die dorp.Hulle teiken mark is oornagbesoekers en die park is so uitgele dat jy nie hoef af te haak nie. Die park is omhein en jy kry 'n heksleutel asook 'n sleutel vir jou badkamer.

Tel  -  027  -  341 1126 

COLESBERG

RIVER DESTINY LODGE

Ingestuur deur Tilla    2021

Kommentaar  -  Hierdie 16 staanplek oord is op die walle van doe Oranjerivier.  Geskrifte wat ons gesien het dui aan dat dit so 40Km van  Colesberg af is.  Dit is heeltemal korrek, maar Gariep is net so 15Km weg as jy inkopies moet gaan doen.  Reel dan sommer ook om in die Gariepdamwal te gaan rondloop.

Die staanplekke is mooi gelyk onder wilgerbome.  Hulle het 'n kroeg en restaurant, en natuurlik die rivier om jou besig te hou.


HONDEKLIPBAAI

HONDEKLIPBAAI WOONWAPARK

Ingestuur deur Tilla    2021

Kommentaar - Ook bekend as KAMIESBERG MUNISIPALE KAMPTERREIN.

Hierdie is beslis nie 'n padwa kamp nie. Die sowat 90Km grondpad is rof en ongeskik. Kom met 'n stewige voertuig en blaas jou wiele af.

Hier kom nie baie kampeerders nie en die plek lyk ook nie juis aanloklik nie, maar gedurende die blomme-seisoen is dit beslis die moeite werd.

Hier is plek vir so 10 voertuie op 'n stuk rowwe grond met geen skaduwee nie. Die klein ablusieblokkie en die grensmure lyk maar sleg, maar die binnekant van die geriewe is heel aanvaarbaar.

Maak seker jou huishoudelike 15A prop werk - roes is hier erg. Moet ook nie te veel van die winkeltjie verwag nie - Garies is ver.

Die Namaqua Nasionale Park kan van hier af verken word, maar wees weereens gewaarsku dat die paaie in hierdie gebied veeleisend op mens en voertuig is.

KAMMIESKROON

KROON LODGE

Ingestuur deur Tilla

Kommentaar  -  Die Lodge is in die dorp en het selfsorg kamers te huur, asook 14 staanplekke, elk met 'n braai, kragprop en wasbak.  Hulle het 'n klein winkel/geskenkewinkel op die perseel.   Die dorp self se winkels behoort ook aan al jou behoefdes te voorsien.

Hierdie is natuurlik ook een van die middelpunte van die jaarlikse blommeskouspel.

Webwerf  -  www,kroonlodge.co.za

KIMBERLEY

MOTSWEDI KAMPERING

Ingestuur deur Tilla     2018

Kommentaar  -  Hierdie 6 staanplek kamp is in die Mokawa Nasionale Park.  Staanplekke is in 'n semisirkel om 'n watergat (leeg in die droogte) en elkeen het 'n privaat ablusieblok.  Bespreking beslis noodsaaklik en doen eers by die Mosu Lodge aan, waar die Ontvangskantoor is.

Hierdie is luukse Sanparke staanplekke en dus relatief duur.  Onthou ook die grondpaaie om daar uit te kom


ORANIA

AAN DIE OEWER KARAVAANPARK

Ingestuur deur - Chris Smit

Datum besoek - 2011

Kommentaar - Orania le tussen Petrusville en Van der Kloof op die 369. 'n Stil en rustige area op die oewer van die Oranjerivier. Dit is 'n pragtige klein parkie met 20 grasbedekte staanplekke.  Die staanplekke het kragpunte en daar is gesaamentlike vries en yskasgeriewe.  Sommige staanplekke het skaduwee, daar is 'n hotel, moderne spa, restaurant en "laundry" beskikbaar.  Die dorpie weerspieel Afrikanerkultuur en is beslis 'n besoek werd.

Tel  -  053 - 207 0118

SPRINGBOK

MESKLIP GASTEPLAAS

Ingestuur deur Tilla

Datum besoek  -  2018

20Km suid van Springbok op die N7.  Baie gewilde restaurant wat gereeld lewendige musiek vertonings hou.  Bespreek vooruit vir etes.  Kampterrein netjies en skoon

Tel - 084 626 0421

NOORDWES

BRITS

HARTBEESHOEK NATUURRESERVAAT

Goeie more Flip en Tilla,

Verskoon my familiariteit asb! Maar ons is mos kampmense. Ek geniet jul wedervaringe met jaloesie en verwondering en wens telkens ek kon ook sulke ervarings deel. Ek wil egter kommentaar lewer oor twee kampplekke wat julle beskryf: 1. Hartbeeshoek Natuurreservaat. Die kampplek is goed bekend aan my want ons gaan gereeld daarheen juis omdat die natuur so ongerep is, die kampplek altyd spik netjies en skoon is, die staanplekke (meeste) omring word met pragtige groen gras (jy kamp met plaveiblok onder jou sytent),die plek is nooit oorvol nie, geen ongedurige gedrag word geduld nie en die bestuur wat altyd belangstel in hul kliente. Ek weet nie wanneer julle daar was nie maar daar is geen teken van ‘n hengeldam soos in jul kommentaar nie(daar is wel by die staanplekke ‘n dammetjie waarin gehengel kan word maar dit is nie toegangklik vir bree publiek nie en is ieder geval net sowat 1 meter diep as hy vol is. Volgens jul beskrywing klink dit nie of ons van dieselfde plek praat nie. Hartbeeshoek Natuurreservaat is naby Brits en min of meer regoor DUBE natuurreservaat.

BRITS

RUST-OORD

Ingestuur deur Tilla   2021

Kommentaar - Die oord is so 21Km van Brits af, met die laaste +/- 4Km grondpad, wat met tye sleg sinkplaat kan wees.  Meer bedoel vir boswaens, maar as jy jou padwa hier wil sleep, moet jy bitter stadig ry en ook jou wiele effe afblaas.

Hulle het 18 staanplekke, waarvan 2 private badkamers het. Hierdie oord is tipies bosveld met baie bosse en rooi sand.

 Hulle bied 'n swembad (dam?), trampolien en kinderspeelplek aan.

Webwerf - www.rustoord.co.za

LEEUDORINGSTAD

KLIPSPRUIT RIVER RESORT

Ingestuur deur Tilla

Datum  -  2020

Kommentaar  -  Op die walle van die Vaalrivier.  Sommige staanplekke op die rivier en die ander bae naby. Groen gras en bome maak 'n mooi prentjie. Hulle het ook nou 'n boskamp ge-open vir die wat meet privaatheid soek. Hulle het ook chalets beskikbaar as jy nie wil kamp nie. Klein winkel en kroeg beskikbaar.  Swembad met glybane en Put Put beskikbaar.

Telefoon  -  072 858 5486

Webwerf  -  www.klipspruitrivertesort.co.za

RUSTENBURG

KONKA KARAVAANPARK

Ingestuur deur Tilla

Kommentaar - Hierdie is 'n groot kompleks wat hulle veral toespits op groot groepe, maar ook plek het vir gewone kampeerders.  Hulle het 9 staanplekke met privaat badkamers en ook 7 gewone staanplekke.  Lees gerus hulle webwerf, maar moet nie te bang wees nie, jy kamp nie tussen hulle leeus nie, maar langs die leeukamp.

webwerf  -  www.konka.co.za

STILFONTEIN 

KLUB LOUICO

Ingestuur deur Tilla

Datum  -  2015

Kommentaar  -  'n Plaaskamp so 25Km van Klerksdorp en 10 Km van Stilfontein. Daar is 60 grasstaanplekke, sommige met skadubome.

GPS S26.77042  E26.79728

Tel 073-426 9330

E-Pos   klunlouico@lantic.net

OOSKAAP

ALIWAL NOORD BADFONTEIN GASTEPLAAS

Ingestuur deur Tilla

Kommentaar  -  'n Plaas kamp so 16 Km uit op die Goedemoed pad, op die noordoewer van die Oranjerivier. Die pad is geteer, maar daar was al klagtes dat die plaaspad nie geskik is vir 'n padwa nie.  Bel eers en maak seker voor U bespreek. Hier is ses staanplekke en ook 'n warm swael bad op die plaas.

BARKLY OOS

LAZY DAYS CAMPSITE

Ingestuur deur Tilla  2020

Kommentaar  -  'n Klein park in Barkly Oos wat laat in 2020 ge-open het. Geriewe is dus nog nuut en eienaars op hul tone. Vind hulle op Face Book.

Tel  -  072 425 0178

GRAAFF-REINET

PROFCON-OORD

Ingestuur deur Tilla   2021

Kommentaar  -  Hulle het 8 staanplekke in die middel van die dorp,  maar hoë mure hou jou privaat.  Staanplekke is op gras en sommige het skaduwee. Speelparkie en swembad is skoon en netjies, net soos alles in die oord. Hulle bedryf ook 'n gastehuis op die perseel en jy kan dus etes bespreek.

Die ablusie geriewe is netjies en word superskoon gehou.

Hierdie is beslis die beste kampplek in die dorp en word dikwels deur buitelanders besoek.

Webwerf - profconresort.co.za

KIRKWOOD

NIESHOUTKLOOF KAMPERING

Ingestuur deur Tilla - 2016

Kommentaar  -  Drie kilometer buite Kirkwood op 'n plaas op die R336. Staanplekke is mooi gelyk en grasbedek. Skaduwee is maar skraps. Ablusiegeriewe is netjies en skoon.

Webwerf  -  www.nieshoutkloof.co.za

MaCLEAR

TORTONI B&B

Ingestuur deur Tilla

Datum  2015

Kommentaar  -  'n Plaas kamp langs 'n dam op groen gras.  Elke staanplek 

het 'n braai, maar net vier het elektrisiteit.  Die ablusiegeriewe kan maar 

net as "rustic" beskryf word.


GPS           - S31° 06.962  E028° 19.894
Tel           - 082 558 8773

 

MIDDELBURG

CAROCHALET

Ingestuur deur Tilla

Datum  -  2015

Kommentaar  -  7 Grasstaanplekke en 4 chalets in die dorp.  Sekerlik nie 'n eindbestemming nie, maar baie goed om te oornag.

Adres  -  86 van der Waltstraat

GPS  S31° 39.580  E59°.990

Tel  049-842 2910

MIDDELBURG

WELVANPAS GUEST FARM

Ingestuur deur Johan

Datum  -  2015

Kommentaar  -  12 Grasbedekte staanplekke op 'n plaas 14 Km vanaf Middelburg op die N9.  Die 1.8Km gruispad na die Oord word goed onderhou en is maklik met 'n wa en platkar bereikbaar.  Ablusiegeriewe word goed onderhou en gereeld skoongemaak.  Daar is ook 'n gastehuis en twee afsonderlike selfsorg eenhede beskikbaar.   Hulle het 'n plaasswembad en konferensiesaal asook staproetes beskikbaar.   Kontak Rita vir besprekings.

Tel  -  049 842 1826

Sel  -  082 348 9123

webwerf  -  www.welvanpasguestfarm.co.za

GPS  -  S31° 22.54      E25° 02.036

MOSSELBAAI

CANNON VALLEY ESTATE

Ingestuur deur Tilia        2021

Kommentaar  -  Die Oord is so 40Km van Mosselbaai af op 'n plaas met 'n stukkie see-front, in die Vleesbaai omgewing. Hulle het huise en 'n paar staanplekke, met private ablusiegeriewe.

SOMERSET-OOS

DIE KAIA

Ingestuur deur Tilla

2016

Die park is op die walle van die Klein Visrivier so 4/5 Km suid van Somerset Oos. Die staanplekke is op gras, maar met min skaduwee. Neem deel aan die plaas-aktiwieteite, stap en hengel in die rivier. Krag is beskikbaar op die staanplekke en die ablusieblok word deur 'n donkie van warmwater voorsien.

Die park is op die R335 pad in die rigting van die Suurberge.  Hierdie is dan ook 'n baie mooi ou grondpad deur die Suurbergpas na Port Elizabeth.

Webwerf  -  www.diekaia.co.za

STERKSTROOM

VALSCHFONTEIN KARAVAANPARK EN B &B

Ingestuur deur Willie

2018

Hierdie is 'n mooi oornag plek so 110Km suid van Aliwal Noord en 60Km noord vanaf Queenstown.  Op 'n werkende plaas naby aan die hoofpad.  Die eienaars is Pieter & Kitty Jordaan,

Tel  -  082 928 0442

GPS S31°29.396'   E026°42.167

STEYTLERVILLE

NOORSPOORT GASTEPLAAS

Ingestuur deur Tilla

2016

Hierdie is nie 'n formele karavaanpark nie, maar eintlik 'n baie luukse gasteplaas en "venue"  Die staanplekke is op gras onder reuse skadubome, net langs die plaashuis. Waterpunte en krag is beskikbaar, maar die staanplekke nie uitgemerk nie.  Beskou hierdie as 'n luukse boskamp en maak seker jou karavaan kan die kort grondpad hanteer.  Die plaas is so 4/5 Km noord van Steytlerville, wat ook jou naaste winkels aanbied. Kamp hier vir 'n egte Karroo vakansie en neem deel aan die boerdery

aktiwieteite.

Tel  -  082 6531 802

Webwerf  -  www.noorspoort.co.za

UNIONDALE

EAGLE FALLS COUNTRY LODGE

Ingestuur deur Tilla        2021

Kommentaar - 'n Mooi oord in 'n pragtige deel van die Ooskaap.  Die oord is so 30Km van Uniondale af, met die laaste paar kilometers 'n grondpad.  Doen navraag oor die padtoestand voor jy padwaens hierheen sleep.

Staanplekke is grasbedek en sommige het skaduwee. Elke staanplek het 'n kraan en lig en gebruik gewone 15A huishoudelike proppe.

Hulle het 'n kroeg en klein winkel, wat net noodsaaklikhede aanhou.  Hier is geen selfoon ontvangs nie, maar by die kantoor kan jy reel om hulle wifi te gebruik.

WILLOWMORE

WILLOWMORE KARAVAANPARK

Ingestuur deur  -  Chris Smit en bevestig deur B Conradie

Kommentaar  -  Die 15 staanplekke is grasbedek en het meestal skaduwee. Elke staanplek het 'n braai, krag en waterpunt en 'n privaat badkamer. Daar is een ablusieblok wat rolstoelvriendelik is.  Die kamp is goed gelee as jy die Baviaanskloof wil besoek.

Tel  -  044 - 923 1116

Webwerf  www.baviaanskloof.co.za

 

VRYSTAAT

 BETHULIE

DE OUDE SCHUUR KAMPPLEK

Ingestuur deur Tilla

Kampplek in Bethulie met grasbedekte staanplekke, maar ook sommige met skaduwee.  Die eienaars is "hands on" en gaan uit hulle pad om jou verblyf aangenaam te maak. Is ook bereid om hulle kennis van die kontrei met jou te deel. Bly vir twee of meer nagte om die omgewing te verken.

Tel 083 251 3555

BLOEMFONTEIN

TUFF TOP ESTATES CARAVAN & CAMPING VENUE

Ingestuur deur Lena

'n Pragtige groen oase naby Maselspoort buite Bloemfontein.  Hulle kweek eintlik uitrolgras en hierdie kennis word gebruik om die kampeerarea lowergroen te hou.  Staanplekke is langs die Maselspoortrivier, wat in die reën seisoen 'n pragtige prentjie skep. Staanplekke is redelik groot en die ablusieblok word silwerskoon gehou.

Tel  071 606 4484

Web  www.tufftop.co.za

Adres   164 Wilgelaan, Roodewal, Bloemfontein

FOURIESBURG

MEIRINGSKLOOF NATURE PARK

Ingestuur deur Tilla   2021

Kommentaar - Die kamp is in die pragtige Oos Vrystaat so 2Km van Fouriesburg af.  Hulle het 25 staanplekke onder groot bome. Sommige staanplekke is klein, maak dus seker jou wa sal inpas as jy bespreek.

Hier is geen selfoon ontvangs nie, maar wifi is beskikbaar by die kantoor,

Die ablusiegeriewe is netjies en voldoende. Hulle het 'n swembad en dan pragtige staproetes in die kloof.

Webwerf - www.meiringskloof.co.za

FOURIESBURG

UITHOEK NATURE PARK

Ingrstuur deur Tilla

'n Pragtige Oord met 50 kampplekke van 12  X  12 meter.  Elke staanplek het krag en water.  Daar is 'n paar bome vir skaduwee en heelwat gras.  Die ablusieblok het ook opwasfasiliteite.  Losstaande braaidromme is beskikbaar. Daar s ook twee lapas en'n swembad.  Hulle bied ook heelwat buitelug aktiwieteite aan, van wildkyk tot bergklim  en 4 X 4 roetes.

Webwerf  -  www.uithoek.com

Tel - 072 660 0840

Kliek hier vir fotos van Uithoek soos op hulle webwerf

PARYS

TAVA LINGWE GAME LODGE

Ingestuur deur Tilla          2021

Kommentaar - Die wildspark is op die R59 tussen Parys en Viljoenskroon, so 40Km van Parys af.  Hulle 80 staanplekke wat deur 3 ablusieblokke bedien word.  Die redelike groot staanplekke het elkeen 'n braai en kragprop.  Onthou dat jy hier in die Vrystaat kamp - wintergras is skaars.

Hulle het 'n restaurant, twee swembaddens, Put-Putbaan en speelparkie.

WESKAAP

BARRYDALE

WARMWATERBERG SPA

Ingestuur deur Tilla          2021

Kommentaar - Die Oord is op die R62 tussen Montagu en Ladismith, so  30Km vanaf Barrydale.  Hulle het 25 staanplekke, op gras en meeste onder doringbome - dra seblief maar skoene.  Almal het nie kragpunte nie, so maak seker as jy bespreek om duidelik aan te toon as jy krag benodig.

Hule het natuurlik warm swembaddens, klein winkel, 'n bottelstoor en 'n restaurant.

CALEDON

VLOEDBOS

Ingestuur deur Tilla

Datum  -  2015

Kommentaar  -  'n Groot kamp met 46 staanplekke op gras en redelik gelyk. Selfsorg chalets is ook beskikbaar.  Die Park is tussen Caledon en Bredasdorp op die R326.

GPS  S34° 19'92"  E19° 41'19"

Tel  083-359 1505

E-Pos  info@vloedbos.co.za

CERES/WORCESTER

MORESON RIVER COTTAGES & CAMPSITES

iNGESTUUR DEUR TILLA   2021

kOMMENTAAR - Die oord lê mooi in die middel tussen Ceres en Worcester - 27 Km ver. Hulle het 16 staanplekke met privaat badkamers. Hulle is onder groot bome en het dus nie gras nie. Elke staanplek het 'n gewone 15A prop, lig en vullisdrom.

 Die oord is op die walle van die Breërivier en hier is baie bome op die staanplekke - maak seker jou wa sal inpas wanneer jy bespreek.

Webwerf - www.moresoncottagesandcampsites.co.za

CLANWILLIAM

KEURBOS HOLIDAY COTTAGES AND CAMPING

Ingestuur deur Tilla

2018

Die Oord is 15Km suid van Clanwilliam op die Cederberg pad en 17 Km noord van Algiers Bosboustasie. Chalets en Kampeering beskikbaar.

Tel  -  027 482 2610

CLANWILLIAM

RONDEBERG HOLIDAY RESORT

Ingestuur deur Tilla

Datum  -  2015

Kommentaar  -  Langs die Bulshoekdam op die N7 so 22 Km noord van Clanwilliam. Die 26 staanplekke, waarvan twee op die damoewer, wissel van gewone staanplekke tot superluukse eenhede.  Gewis 'n "upmarket" oord.

Tel  027-482 1487

Webwerf  -  www.rondeberg.com

CLARENS

OLD MILL DRIFT GUEST FARM

Ingestuur deur Tilla

2018

Die Oord is op 'n 600Ha plaas wat aan die Caledonrivier grens, naby die kunstenaar's dorpie CLARENS na die noorde en FOURIESBURG na die weste.

Hulle het chalets en kampplekke.  Hier is baie stapgeleenthede en pragtige natuurtonele.  Bel en bespreek en maak seker van die toestand van die pad voordat jy 'n karavaan hierheen sleep

DE RUST

STOMPDRIFT WATER OORD

Ingestuur deur Tilla

2016

'n Oord op die hoogwatermerk van hierdie baie mooi dam. Die staanplekke is op gras en net 'n paar het skaduwee. Elke staanplek het 'n braai, maar nie roosters nie. Jy moet ook jou eie drinkwater saambring. Die Oord is op die R341 tussen de Rust en Willowmore.  Aankope kan op De Rust gedoen word, 'n pragtige kunstenaarsdorpie noord van Oudtshoorn.

Tel - 082 5777 877

E-Pos - info@stompdriftdam.co.za

GEORGE

IETSIE PLAAS KARAVAANPARK

2016

Ingestuur deur Tilla

'n Kleiner karavaanpark met net 12 staanplekke op die oomblik. Dit is suid van George, jy neem die Glentana afrit en die plaashek is net daarna.  Staanplekke is op gras, maar skaduwee nog skraps.  Ablusieblok was skoon, maar nie "fensie" nie. Hulle be-oog om nog een hierdie jaar te bou. Daar is damme vir "Vang-en-loslaat" hengel, speelparkie vir die kinders en jy kan op die plaas gaan stap. Glentana strand is net 'n paar kilos weg en die winkels van Grootbrak so 11 Km ver.  George se groter winkels is so 24 Km ver.

Hulle het 'n kunsgallery en 'n eetplek/winkeltjie, die Plaaskombuis, by die Park.  Daar is ook 'n lapa, waar hulle gemeenskaplike braaie reel.

Die eienaars, Hannes en Susan Mostert woon op die plaas.

Tel - 083 628 2074

E-Pos - hannes@ietsieplaas.co.za

GOUDINI

ATKV  GOUDINI SPA

Goeie more kampbroer

Ek en my gesin het onlangs gekamp by ATKV Goudini. Ek is al jare lid van die ATKV en is baie lief vir die organisasie. Ek en my gesin sal egter nie weer daar gaan kamp nie. Dit is baie ‘bedrywig’ en jy word vertrap duer die dag besoekers. Daar is niks fout met die oord en die fasiliteite nie, dit is net baie bedrywig. My mening is getalle word nie beperk nie. Die res van die ATKV oorde in die land is tops!

Jan Du Plessis  (E-Pos  jand@solidariteit.co.za)

GREYTON

KLEINE EIKE ESTATE

Ingestuur deur Tilla    2021

Kommentaar - Hierdie park is so 10Km buite Greyton, langs die rivier gelee. Hulle het 15 staanplekke.  Akmal is nie ewe groot nie, so maak seker jou treksel sal inpas wanneer jy bespreek.Elhe staanplek het 'n kragpunt en kraan. Daar is ook piekniek bankies beskikbaar.

Hierdie is 'n werkende plaas, wat jou saam met die rivier goed besig sal hou.

GROOTBRAKRIVIER

MOLENRIVER FARM

INGESTUUR DEUR tILLA    2021

Kommentaar  -  Hierdie 9 staanplek kamp is 12Km buite Grootbrak in 'n kloof.

Al die staanplekke is nie mooi gelyk nie - maak seker as jy bespreek.  Hulle is egter grasbedek.  Elke staanplek het 'n gewone huishoudelike kragpunt en kraan, asook 'n los braai.

Buitelug is hier koning en kom veerbereid daarvoor.

JACOBSBAAI

GANZEKRAAL KARAVAANPARK

Die woonwaklub het onlangs by Ganzekraal gaan kamp vir die naweek. Die kamp sal nie almal se koppie tee wees nie. Daar is twee kampe waar jy kan kamp, kamp A en kamp B. Ons het gevra vir kamp B omdat dit in die verste deel van die gronde is. Die ablusieblokke is oud maar skoon. Die staanplekke is gelyk en met paaltjies afgebaken. Jy bring jou eie braai saam en die Munisipaliteit maak elke dag die asblikke skoon sowel as die ablusiegeriewe. Daar is nie ʼn winkel op die perseel nie, jy kan egter hout by die hek koop. Daar is beheer by die hek maar die gronde kan uit drie verskillende rigtings binnegekom word. Daar is huisies te huur en die publiek maak mildelik  gebruik daarvan. Kamp B is egter ver weg van die huisies. Ek sal nie aanbeveel dat jy alleen daar gaan staan nie, dit is bietjie afgesonderd. Ons as ʼn groep het egter lekker gekuier en lieflike weer gehad. As jy net wil rus is dit die plek vir jou. 

Ek sal die een 4/10 gee omdat jy teen die see kamp en dit ʼn lieflike uitsig het. 

Jan du Plessis  (E-Pos : jand@solidariteit.co.za )

2014 - Waarskuwing

Ons het verneem dat misdaad hier 'n probleem kan wees gedurende die stiller tye.

Klein Brak Rivier

Outeniqa Karavaanpark

 Goeiedag

 Dankie vir die inligting wat u vir ons beskikbaarstel. Daar is egter een van die woonwaparke waarmee ek glad nie met u kan saamstem nie. Outeniqa karavaanpark in Kleinbrak. Volgens u gradering sal u nie die kamp besoek nie. Ek, my gesin en vriende kamp al baie jare elke Desember daar, letterlik baie jare. Hierdie is een van die beste kampgronde waar jy kan kamp. Dit is welliswaar nie n 5 ster oord nie maar dit is stil, skoon, sekuriteit en goeie bestuur.

Ek nooi u uit om Desember self te kom kyk, u sal aangenaam verras wees. 

Weereens dankie vir nuttige inligting.

Kamp groete 

Jan du Plessis  (E-Pos jand@solidariteit.co.za )

KORINGBERG (Naby Morreesburg)

Die Ark

Ingestuur deur Tilla 2021

'n Plaaskamp met 10 staanplekke op gras. Normale plaasaktieweteite plus trekkerritte word aangebied.  Hulle laat geen musiek toe nie en aanvaar ook nie kredietkaarte nie.

Tel - 083 597 0091

E-Pos ark@patat.co.za

LADISMITH

'n Nuwe kamp wat nog in aanbou is op die plaas Dwarsrivier. 6 Staanplekke word aangele, grasgeplant en water en krag vir elke staanplek.

Ablusiegeriewe is voltooi en van water en krag voorsien. Dit is 'n baie stil en rustige omgewing en die eienaar, Andrew Bezuidenhout bly op die plaas.

Telefoon nommer is  082 551 1296 of 028 551 1545.

AANWYSINGS : Ry uit op die Lainsburg pad. Sowat 10 Km buite die dorp is die eerste afdraai na die plaas.  Hou verby as jy 'n padwa sleep - hierdie is net 'n bakkie pad.  Ry na die tweede Dwarsrivier bordjie, draai af op die 3 Km mooi grondpad tot by die laagwaterbruggie.   Die plaas le dan aan die linkerkant

Ingestuur deur Dave

LAMBERTSBAAI

LAMBERTSBAAI WOONWAPARK

Ingestuur deur Tilla    2021

Kommentaar - Hierdie is 'n groot munisipale park met 268 staanplekke, waarvan sowat 40 privaat ablusiegeriewe het. Sowat 50 van die voorste staanplekke het 'n see-uitsig, maar hier is min skaduwee en jy staan in die tande van die wind. Maak goed vas.  Staanplekke is op harde sand.

Hulle het drie gemeentskaplike ablusieblokke.  Dit is tipies munisipaal en oud, maar word goed skoongehou.

Hier is speelplek vir die kinders en dan die see om jou besig te hou.

Webwerf - www.cederbergmun.gov.za

MONTAGUE

MONTAGUE KARAVAANPARK

Flip

Dit is beslis die moeite werd om by Montague woonwapark penne in te slaan. Ons het Junie 2013 daar gekampeer vir die lang naweek. Die oord is baie netjies, die bestuur is uitstekend, hulle maak gereeld ʼn draai sonder om lastig te wees. Die ablusie geriewe is skitterskoon. Die water word deur gas verhit so daar is altyd warm water (ons het gekamp toe dit een aand -3 grade gedraai het) en daar was altyd warm water.

Die staanplekke is gelyk, groot, baie gras en genoeg koeltebome. Daar is ʼn verhitte swembad onderdak, ʼn koue swembad buite en ʼn water glybaan. Daar is ook ʼn groot saal met ʼn groot binnebraai, ons het lekker gekuier in die saal langs die braai. Die oord is baie gewild maar ek het nooit die gevoel gekry dat dit nou baie ‘bedrywig’ is nie. Daar is ook ʼn klein dam waar pa en kleinboet kan visvang. Jy kan ook roeibootjies huur.

Toegang word beheer en daar is sekuriteit 24 uur. Ons het ten alle tye veilig gevoel.

Ek beveel die oord sterk aan. 

Hierdie is ʼn 8/10 oord.

Groete

Jan du Plessis  (E-Pos jand@solidariteit.co.za )

MOSSELBAAI

LA VENUE MOSSELBAY

Ingestuur deur Berni

2021 - Klein en redelik onbekende park te 40 Rooikat Straat, Mosselbaai, op 'n kleinhoewe in Aalwyndal. (Naby die Lughawe)  Hulle het huisies en kampplekke, maar is meer bekend as 'n trouvenue.  Sommige staanplekke is maar ongelyk.

Tel - 076 612 4813

PIKETBERG

KLEINE PARADYS

Ingestuur deur Tilla

2021 - Hierdie is 'n luukse plaas oord.  Staanplekke is op plaveisel, het eie badkamer, braai en kragpunt.  Hierdie is 'n baie mooi area en die uitleg ia goed gedoen.  Die staanplekke se grootte wissel, maad dus seker dat jou karavaan sal inpas.

Hulle het 'n plaaswinkel, wasmasjiene, warm swembad met glybane, 'n speelpark, kanos en natuurlik visvang.

Webwerf - www. kleineparadys.co.za

(Ons wou hier kamp vir 'n paar nagte, net om die plek te verken, maar die administratiewe rondslomp om te bespreek, was net te veel en ons het maar verbygehou)

Tel - 084 206 3190

PLETTENBERGBAAI

ASTI LODGE ACCOMMODATION

Ingestuur deur Tilla

Kommentaar  - Hierdie plaaskamp is buite die dorp.  Die afdraai is aan die linkerkant, maar ons het bietjie gesukkel om daar uit te kom.  As jy by die Sasol Garage uitkom, het jy verby gery.  Hulle is wel op Google Maps en die ruitverwysing is 34º03'06.4S 23º16'501E

RAWSONVILLE

ALARTSOEWER

Ingestuur deur Tilla

2018  -  In die Louwshoek omgewing.  Ongemerkte staanplekke op 'n gelyk en grasbedekte area.  Hulle het 'n paar afdakke vir skaduwee.  Maak seker van die toegangspad se toestand voordat jy 'n padwa hierheen sleep. Hierdie plek is vir rus en stilte.

Tel  082 861 8792

Sien facebook vir meer inligting

RAWSONVILLE

ALTYD WATER KAMPERING

Ingestuur deur Tilla

Hierdie park is op die walle van die Smalblaarrivier tussen die wingerde,  naby die Du Toitskloof kelder.  Staanplekke is grasbedek met jong boompies vir skaduwee.  Stilte is hier koning.

Tel  083 682 2844

E-Pos - geiland@compnet.co.za

RAWSONVILLE

SLANGHOEK BERGOORD

Ingestuur deur Tilla 2021

Kommentaar  -  Hierdie luukse kamp bied 18 privaat staanplekke aan, met groen gras. Staanplekke is groot genoeg vir 'n 4 wielwa. Kragproppe is gewone 15A huishoudelikes en jy het natuurlik water en 'n vullisdrom by jou staanplek.

Hierdie is druiwe en wyn wereld. Groen in die lente en in herfskleure getooi later in die jaar.  Slanghoek Kelder het ook puik wyne.

Webwerf - www.slanghoekresort.co.za

RAWSONVILLE

STILLE WATERS KAMPTERREIN

Ingestuur deur Tilla

2018   Plaas kampering op 'n oop stuk gras met geen skaduwee.  Staanplekke is nie afgemerk nie en het nie kragpunte of water nie. Hulle het 'n lapa en gemeenskaplike braai.  Die ablusieblok is in 'n klipgebou en "rustic"

Sien Facebook vir meer inligting

ROBERTSON

SILWERSTRAND KARAVAANPARK

Hallo Flip, vertrou dit gaan wel met julle.

 Ons woonwaklub het onlangs by Silwerstrand by Robertson gekamp. Ons het vier (4) nagte geslaap. Silwerstrand was n baie groot kamp gewees. Die boonste gedeelte van die kamp is tot niet gemaak vir n golf landgoed wat ontwikkel word. Die onderste gedeelte is nog beskikbaar. Daar is ongeveer 40 staanplekke oor.

Die kamp het redelik koeltebome, van die staanplekke is ongelyk en jy moet jou woonwa eenkant lig onder die wiele. Die ablusieblokke is oud maar word skoongehou. Dit was bitter koud die vier dae wat ons daar gestaan het en daar was altyd vuurwarm water. Die kampterrein was byna vol.

Daar is watersport beskikbaar, jy kamp langs die Breede rivier. Bestuur wat inwoon op die gronde is baie sigbaar. Jy kan ook hout by die ontvangs koop, redelik goedkoop. Daar is egter nie n winkel op die oord nie maar Robertson is twee (2) km van die oord af.

Die storthokkies is gerieflik. As daar een klagte van my kant kan wees is dat die stortgordyn tussen jou en die deur aan jou sterre vasklou, maar dit is my probleem. Jy moet ook jou eie toiletpapier saam bring.

 Hierdie is n 6/10 kampplek.

Jan du Plessis  (E-Pos jand@solidariteit.co.za)

SWELLENDAM

UMSHANTI BUFFELSJAG

Ingestuur deur Tilla

Kommentaar - Hulle het 'n 5 staanplek park op gras. Elkeen het krag, 'n lig, water en braaiplek.  Hulle het 3 klein ablusies, elk met stort, wasbak en toilet.

Water is hier koning en behalwe vir die warmwater is hier ook 'n groot dam vie allerlei watersport.  Die plaas is so 600Ha groot, so bring jou loopskoene en fietse saam.

VANRHYNSDORP

LANGVERWACHT GUEST FARM

Ingestuur deur Tilla

Kommentaar  -  Hierdie plaaskamp is op 'n 800 Ha plaas, 20Km buite die dorp op die R27 pad.

Hulle het net vier staanplekke, almal op 'n sementblad.

Stilte is hier koning.  Los ook maar al die elektriese-toestelle by die huis, hier is geen krag nie.


KLIEK HIER AS U ONS WIL KONTAK


 



Make a free website with Yola