Translate This Page

 WESKAAP

 

L'AGULHAS

L'AGULHAS KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons kamp net vir 3 nagte hier en die enigste probleem is die warmwater!!  Ons is slegs 4 kampgroepe met 2 persone elk en die warmwater is net eenvoudig nie genoeg nie.

Die kamp is so 200m van die see af tussen geboue en het dus geen uitsig nie.  Die terrein is redelik gelyk, grasbedek, maar die staanplekke te klein vir ons bakkie en Penta met voltent.

Die ablusiegeriewe was skoon en netjies, maar tipies munisipaal.

Winkels en eetplekkies is binne loopafstand.

Ons sal nie weer hier kamp nie, asgevolg van die warmwater, of dan die gebrek daaraan.

Punt toegeken  -  2/10

Tel  -  028 435 6015

ARNISTON

WAENHUISKRANS OORD

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Ons het die park op 'n Sondag buite seisoen besoek en dit verlate gevind.  Die hekke was oop maar die kantoor en twee ablusieblokke was gesluit.  Die park is in die klein dorpie, so 200m van die see.  Dit is redelik ver na die swemstrand, Waenhuiskrans grotte of lekker hengelplekke.  'n 4 X 4 voetuig is nuttig om hier mee rond te ry, maar die 22Km vanaf Bredasdorp is 'n goeie teerpad.  Jy sal ook meeste van jou inkopies op Bredasdorp doen, Waar nuwe moderne afdelingswinkels asook ,n menigte spesialiswinkels is.

Die kamp is omhein, staanplekke effe teen 'n helling, min bome, maar daar is struiklanings om die wind te breek.  Die sowat 100 staanplekke het elektrieseteit maar daar is geen ander ekstras nie.  Die gras en veldblomme het welig gestaan toe ons daar was, maar die het wel gelyk asof die park skoongehou word.

Die park word deur die Agulhas munisipaliteit beheer.  Skakel hulle vir besprekings.

Die dorp is vernoem na die skip Arniston wat in 1815 hier gestrand het. Die dorpie word soms verkeerdelik Waenhuiskrans genoem.  Dit is egter verkeerd.  Waenhuiskrans is net die naam van die gedeelte van die strand waar daar 'n groot grot uit die sandsteen gespoel het.  Besoek die grot gerus gedurende laagwater op springgety,  wanneer jy amper droogvoet daarheen kan stap.

Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  -  www.overberginfo.com

BEAUFORT WES
KAROO NASIONALE PARK
Laaste besoek  -  2006
Kommentaar  -  Die karavaanpark is na aan die middel van die klein wildtuin geleë  Dit maak sekuriteit baie goed.  Die staanplekke is in ‘n sirkel om die ablusie geriewe, en is groot, redelik gelyk en daar is taamlik baie skadu bome.  Die paaie is goed, die ablusies skoon, netjies en in ‘n goeie toestand.  Die wildtuin word stelselmatig vergroot en alhoewel net kleinwild in die stadium in die park voorkom, is dit beslis ‘n besoek werd.
Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  www.sanparks.org

BEUAFORT WES

STEENBOKKIE PRIVATE NATUURPARK

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Hierdie in 'n opregte plaaskamp met 'n hele spul diere wat bedags los rondloop. Die katte, honde en springbokkie klim sommer in die karavaan in om kos te bedel.   Hulle is almal spekvet en het regtig niks nodig nie, maar..... Hier is ook perde, ponies, donkies, bokke, skape, varke en heelwat geveerdes.

Die terrein is gelyk en redelik grasbedek, met 'n paar groot skadubome. Gewone huishoudelike kragproppe word gebruik en is redelik naby.  Krane is bietjie skraps.  Die ablusieblok is ruim en die water kokend warm.  Draai eers die kouekraan oop as jy stort.  Sommige van die deure se slotmeganismes is gebreek.  Die water is effe brak en seep skuim dus nie so lekker nie.

Die stukkie plaaspad was redelik en die interne paaie goed.

As jy van diere hou, is dit die plek vir jou.  

Ons beskou die Park as 'n goeie oornag stop en is beslis een van die goedkoper opsies vir pensioenarisse wat vir 'n maand wil kamp.  Die dorp is ook heeltemal naby genoeg vir inkopies.

Kliek hier vir Steenbokkie fotos

Punt toegeken  -  4/10

BELVILLE

HARDEKRAALTJIE KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2004 &  2018
Kommentaar  -  Die park is in die middel van Belville.  Die verkeer raas 24 uur en stapkans buite die park is maar eina en word glad nie na donker aanbeveel nie.  Die staanplekke is gelyk, groot genoeg en goed verlig.  Ablusies is oud maar aanvaarbaar.  Dit is beslis nie ‘n vakansie park nie en ons sal dit net weer gebruik as ons vir besigheid in daardie area moet wees.  Hulle het ook ‘n paar karavane wat hulle verhuur.

2018  -  Ons kamp hier vir 'n week terwyl een van ons vriende in die hospitaal is en vir hierdie doel is die plek tops.  Dit is maklik om op die N1 te kom en dan kan jy bykans orals uitkom op die uitstekende padnetwerk.  Ons het telkens by Groote Schuur Hospitaal uitgekom sonder 'n gesukkel.  Niks het werklik hier verander nie.  Die terrein en ablusies is netjies en skoon en in 'n redelike werkende toestand.  Onthou egter dat hierdie 'n munisipale oord is en dinge nie oornag gebeur nie. Behalwe vir baie harde musiek een aand, het ons nie regtig iets gehad om oor te kla nie.  Kyk na die fotos en besluit self.

Punt toegeken  -  3/10

Webwerf  -  www.hardekraaltjie.co.za 

Kliek hier vir Hardekraaltjie fotos

BONNIEVALE

BONNIEVALE RIVER LODGE

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar slegs die kamp besoek op 'n baie warm Oktober dag.  Die afdraai en hek het ons nie be-indruk nie, maar so 'n 100 meter verder draai die pad die oord in en kry ons 'n aangename verrassing. 'n Mooi groen oord op die walle van die Breerivier.

Die kampplekke is op twee terrasse, is meestal grasbedek en gelyk.  Sommige van die op die boonste terras het 'n houtdek as kuierplek en het ook rietafskortings vir privaatheid.  Ons verkies natuurlik die onderste staanplekke reg op die rivierwal. Hier moet sekerlik 'n keerwal wees, want die rivier is breed en diep voor die kamp.

Al die staanplekke het nie krane nie, maar wel 15A kragbrekers.  Die swembad is so 100m van die staanplekke af.  Die water was skoon en die hele terrein skoon en netjies.

Die pad is geteer tot by die afdraai na die Oord, maar wees versigtig in die reenseisoen - die laagwaterbrug kan oorstroom.  Bonnievale is so 5 Km ver en het 'n groot en netjiese Spar vir inkopies.  Besoek ook gerus die Museum in die dorp.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Bonnyvale River Lodge fotos

BONNIEVALE

RIGGTON RIVER FARM

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar slegs die kampplek besoek tydens die "Wine on the River" fees.   Hier was nog geen kamperders nie, maar dosyne tente het soos in 'n militerekamp op die kampterrein gestaan. Nogal 'n gesig om te sien - kyk gerus na die fotos.

Die kampplek neig meer na 'n boskamp tipe oord an 'n kaavaanpark.  Hier is nie elektriesekrag beskikbaar nie, die ablusieblok is ver van die staanplekke af en op die mooiste gedeelte tussen die bome is staanplekke nie afgemerk nie.  Die area is mooi gelyk, die gras grasgroen en die bome pragtig.  Die rivier is ook lekker breed hier.  Die sleephelling is afgesper en duidelik buite gebruik - los jou boot maar tuis.

Die ablusiegeriewe is heel aanvaarbaar en was skoon tydens ons besoek, maar kan sekerlik aan die skrapskant wees as die plek vol is.

Sal ons hier kamp?  Ja, maar slegs vir 'n kort tydperk en oor die stiller maande.

Kliek hier vir Riggton fotos

Punt toegeken  -  4/10

Webwerf  -  www.riggtonriverfarm.co.za


BREDASDORP
SUIKERBOSSIE KARAVAANPARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar bloot na die park gaan kyk.  Dit was op ‘n Dinsdag net na 12.   Die park het oopgestaan, die kantoor was gesluit en nie‘n mens in sig nie.  Geen kampeerders, werkers of voertuie nie.  Die park is groot, redelik gelyk en omhein, maar ons sal nie hier gaan kampeer nie, aangesien ons glo dat sekuriteit hier nodig is.
Punt toegeken  -  Nie gedoen.

Webwerf  -  Nie beskikbaar

BREDASDORP

DE HOOP NATUURRESERVAAT

Laaste Besoek  -  2018

Kommentaar  -


CALEDON

VLOEDBOS OORD

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  'n Groot oord op 'n plaas tussen Caledon en Naper. Die naaste winkels is so 35Km ver, so bring maar genoeg voorraad saam. Hierdie is sekerlik een van die netjieste plekke wat ons al besoek het.  Die interne paaie is geplavei en die gras op die staanplekke dig en lowergroen.  Al die geboue op die perseel is netjies geverf, trappies is almal stewig, die bruggies netjies en mooi, staanplekke goed afgemerk en duidelik genommer.  Die ablusieblokke is skoon geverf en die vloere blink.  Toilette, wasbakke en bad silwerskoon.  Die drie swembaddens is blinkblou en die verhitte een lekker warm hier in die winter.  Hier is 'n klomp losstaande braai-eenhede en hout, koeldrank en lekkers te koop.  Die ontspanningssaal het tafeltennis, 'n oorhoofse projekjor en 'n snoekertafen.  Die Put-Put baan lyk splinternuus.

Hierdie is 'n werkende saaiplaas en die koring en kanola is pragtig hier vroeg in September in lente en vroegsomer is sekerlik die mooiste tyd hier om die lekker staproetes te verken.

Ons CellC selfoon ontvangs was baie goed, maar Vodacom se data-ontvangs stadig (GPRS).

Die sowat 2Km grondpad na die oord was in 'n goeie toestand en enige sedan motor kan hier uitkom.

Nou ja, na daai bekvol kan die plek net goed en lekker wees!!

Webwerf  -  www.vloedbos.com

Kliek hier vir Vloedbos fotos

Punt toegeken  -  9/10

CALITZDORP
CALITZDORP SPA
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Ons beste ontdekking nog  -  met ‘n stertjie.  Die park is 23km van Calitzdorp.  Ry stadig op die sement pad, dis vreeslik hobbelrig.  Die Spa ingang is imponerend, en met reg.  Dit is een van die skoonste en netjieste oorde wat ons nog besoek het.  Al die geboue, ablusieblokke, paaie en swembaddens  is modern, funksioneel en vertoon goed en getuig van goeie onderhoud.  Daar is ‘n hele paar swembaddens (apartes vir dagbesoekers), wat almal pragtig mooi en skoon is.  Die warmste bad is rooibruin van kleur as gevolg van die ysterinhoud – dit vlek jou nie en jou swemklere bly ook skoon.
Die park self is groot met van vol skadu tot vol son staanplekke, sommige met gras en ander grond of gruis.  Daar is baie bome, maar waterkrane is nie volop nie.  Los braaie is op aanvraag beskikbaar. Die oord beslaan ‘n baie groot area.  Daar is wandelpaaie, so 40 springbokke wat op die staanplekke kuier en reuse groot bergskilpaaie wat sekerlik nie ‘n groenslaaiblaar sal weerstaan nie.  Die staanplekgrense is nie goed gemerk nie, maar dit is so groot dat dit nie juis pla nie.  Jy kan weereens self besluit hoe gelyk jy wil staan, daar is van gelyk, hobbelrig tot redelik skuins.
Nou die stertjies.  Daar is nie ‘n winkel by die park nie en Calitzdorp is ver en ook nie waffers nie.  Bring jou voorraad saam.  Die park word oor naweke druk besoek deur die lokale inwoners, wat nie juis stilte bewus is nie.  Ons stel voor, en ons hele benadering tot die park berus daarop, dat jy die park van Maandag tot Vrydag besoek en geniet.
Punt toegeken  -  8/10

GPS  S33º 39.612  E21º 46.448

Webwerf  -  www.calitzdorpspa.co.za 

CALITZDORP
UHURU GUEST FARM nou bekend as KAROOWATER GASTEPLAAS
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Ons het nie die park besoek nie maar slegs stadig verbygery.  Dit is net oorkant die Olifantsrivier van die Calitzdorp Spa.  Die Spa is so goed dat ons Uhuru net noem as jy dit oor bekostigbaarheid wil oorweeg.  Die karavaanpark gedeelte is reg langs die pad en die padgeraas faktor moet onthou word.  Die staanplekke is gelyk, groot genoeg, grasgroen en goed gemerk. Die buitekant van die ablusieblok is baie netjies, soos ook  die res van die oord voorkom.  Hulle het ook warm water  baddens en ‘n waterglybaan.  Die oord vertoon regtig netjies van die pad af en  mag wel ‘n aanvaarbare alternatief wees vir naweke.
Punt toegeken  -  Nie gedoen.

Webwerf  -  Nie beskikbaar

CEDERBERG
ALGERIA REST CAMP
Laaste besoek  -  2003 & 2018
Kommentaar  -  Hierdie kan amper as ‘n wildernis park beskou word.  Die grondpad daarheen is redelik sleg, maar kan met ‘n motor bereik word. Die park is in ‘n bos met baie skaduwee, taamlik gelyk staanplekke en aanvaarbare ablusiegeriewe.  Die is perfek om by die staproetes in die suidelike deel van die Cederberge uit te kom.  Bring al jou kos en water saam.

2018 - Dinge het drasties hier verbeter sedert ons laaste besoek 15 jaar gelede.  Die grondpad vanaf Clanwilliam (30km) is in 'n goeie toestand met net hier en daar sinkplaat - enige motor kan hier uitkom.

Ons ry egter van Ceres deur OP-DIE-BERG via Kromrivie Cederberg Park hier na toe.  Die grondpad is in 'n goeie toestand en enige motor met hoë profiel bande kan hier kom. Daar is wel 'n paar steil opdraandes, maak skakel net vroegtydig oor na !ste rat en ry stadig teen die bult uit. Ons sal egter beslis nie ons padwa Cederberge toe sleep nie. Hier is tente, boswaens en boskaravane koning.  Ons 2X4 toegeruste bakkie het geen probleme nie.

Die Oord is ook goed opgegradeer.  Hulle het 'n pragtige kantoor/winkel gebou by die ingang. Die staanplekke is duidelik uitgemerk en gelyk gemaak, die interne paaie verbeter en al die al die ablusieblokke is baie netjies en skoon. Elke staanplek het 'n kraan, kragpunt en braai.

Volpunte aan CapeNature vir die verbeterings.
Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  www.capenature.co.za

Kliek hier vir Algeria fotos


CEDERBERG

KROMRIVIER CEDERBERG PARK

Laaste besoek - 2018

Kommentaar  -  Ons ry van Ceres deur OP-DIE-BERG na Kromrivie Cederberg Park  toe.  Die grondpad is in 'n goeie toestand en enige motor met hoë profiel bande kan hier kom. Daar is wel 'n paar steil opdraandes, maak skakel net vroegtydig oor na !ste rat en ry stadig teen die bult uit. Ons sal egter beslis nie ons padwa Cederberge toe sleep nie. Hier is tente, boswaens en boskaravane koning.  Ons 2X4 toegeruste bakkie het geen probleme nie.

Die kampplekke is langs 'n rivierloop en elkeen het sy eie badkamer, opwas en 220V ligte en gewone huishoudelike kragpunte.  Die staanplekke het elkeen 'n afskorting vir privaatheid en windskans, 'n geboude braai en is grasbedek.

By die ontvangslokaal in 'n klein winkel en pragtige restaurant.  Die ontvangsdame was uiters vriendelik en behulpsaam.  Kry sommer jou permit om Truitjieskraal te besoek ook hier.  Verniet as jy 'n Wildkaart het.

Punt toegeken  -  6/10

Tel  -  027 482 2807

Webwerf  -  www.cederbergpark.com

Kliek hier vir Kromrivier fotos

CEDERBERG

CEDERBERG OASE

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Werklik 'n oase in die berge. Ons ry van Ceres deur OP-DIE-BERG na Mount Cederberg Oase  toe.  Die grondpad is in 'n goeie toestand en enige motor met hoë profiel bande kan hier kom.  Ons sal egter beslis nie ons padwa Cederberge toe sleep nie. Hier is tente, boswaens en boskaravane koning.  Ons 2X4 toegeruste bakkie het geen probleme nie.

Hier is 'n hele verskeidenheid van tente onder skadudoek opgeslaan, groen gras, vrugtebome, swembad kroeg en restaurant. Ons kan getuig van net hoe lekker koud 'n bier hier is.  220V krag is beskikbaar en die eienaar baie vriendelik en hulpvaardig.  'n Klein Jack Russell is die kampkommandant en vergesel jou oral.

Die Oord is reg teen die pad, wat toegang vergemaklik en die verkeer so min, dat dit nie sal steur nie.

Punt toegeken  -  7/10

Tel  - 027 482 2819

Webwerf  -  www.cederbergoasis.co.za

Kliek hier vir Cederberg Oase fotos

CEDERBERG

DIE KLIPHUIS

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Hierdie kampplek behoort aan Sanddrif en jy doen dus al die Admin deur die Sanddrif kantoor.  Die twee plekke is dan ook redelik na aan mekaar.

Die kamp was dolleeg tydens ons besoek, maar die krane se water was skoon, die ablusieblok silwerskoon, die ligte aan en die water warm.

Die staanplekke ia aanvaarbaar, maar glad nie so goed ontwikkel as die by Sanddrif nie, en die gras het 'n sny gesoek.  As jy egter uit die gedruis wil wees, is hier 'n paar alleen staanplekke onder groot bome wat net vir jou wag. 

Punt toegeken 5/10

Kliek hier vir Kliphuis fotos

CEDERBERG

DRIEHOEK KAMPTERREIN

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons het nog nie hierdie oord besoek nie, maar hoor soveel goeie dinge dat ons hopelik die plek teen die einde van 2018 sal besoek om volledige terugvoer te gee.  Die naaste dorp is Clanwilliam.

2018 besoek  -  As jy baie korter staproetes wil aanpak is hierdie die plek vir jou. Hulle het 'n hele paar stap- en bergfietsroetes.

Ons ry van Ceres deur OP-DIE-BERG na die Driehoek Kampterrein  toe.  Die grondpad is in 'n goeie toestand en enige motor met hoë profiel bande kan hier kom.  Ons sal egter beslis nie ons padwa Cederberge toe sleep nie. Hier is tente, boswaens en boskaravane koning.  Ons 2X4 toegeruste bakkie het geen probleme nie.

Ons het op een van die rivieroewer staanplekke gekamp, daar is ook gelyker en grasbedekte staanplekke verder weg van die rivier af.  Hierdie staanplekke kry oggend son. Hier is reuse bome wat oor die hele terrein versprei is en jy kan dus jou keuse van son of skadu uitoefen

Die enkele ablusieblok was skoon en netjies, maar die storte 'n probleem. Vier storte vir 25 staanplekke en nog 'n paar huisies is net nie genoeg in die besiger tye nie.Die warmwater toevoer is ook problamaties.  As 'n tweede stortgebruik word verminder die druk aansienlik en staan jy skielik onder koue water.

Hulle het nog twee losstaande toilette naby staanplekke 1 tot 10, maar as jy op #10 staan, gaan jy lekker ver loop vir 'n stort.

Die kamp was redelik leeg  tydens ons besoek en ons het geen probleme ondervind nie.  Die ontvangsdame was uiters vriendelik en hulpvaardig.

Punt toegeken  -  510

Tel  027 482 2828

Kliek hier vir Driehoek fotos

CEDERBERG

MOUNT CEDER

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons ry van Ceres deur OP-DIE-BERG na Mount Ceder toe.  Die grondpad is in 'n goeie toestand en enige motor met hoë profiel bande kan hier kom.  Ons sal egter beslis nie ons padwa Cederberge toe sleep nie. Hier is tente, boswaens en boskaravane koning.  Ons 2X4 toegeruste bakkie het geen probleme nie.

Hier is net drie staanplekke wat lekker ver van mekaar af is.  Elk het sy eie klein ablusieblokkie met sonkrag ligte en warm water. Geen 220V krag nie.

Die kamparea is mooi gelyk en grasbedek met 'n klein skadudoek afdakkie. Daar is ook 'n toesluit trommel om jou goed in te bêre.

Die uitsig en stilte hier, asook die stap in die droë rivierbedding is 'n "bucket list" ding wat net afgemerk moet word.

Hulle het 'n heel skaflike klein winkel en lieflike restaurant naby die plaasopstal.  Die huise was almal beset en ons kan geen kommentaar hieroor lewer nie.

Punt toegeken  -  7/10

Tel -  023 317 0848

Webwerf  -  www.mountceder.co.za

Kliek hier vir Mount Ceder fotos

CEDERBERG

SANDDRIF VAKANSIE OORD

Laaste besoek  =  2018

Kommentaar  -  Ons kom in die middel van die week, buite seisoen hier aan en die Oord is VOL!  Sal ons leer om te bespreek. 

 Ons ry van Ceres deur OP-DIE-BERG na Sanddrif toe.  Die grondpad is in 'n goeie toestand en enige motor met hoë profiel bande kan hier kom.  Ons sal egter beslis nie ons padwa Cederberge toe sleep nie. Hier is tente, boswaens en boskaravane koning.  Ons 2X4 toegeruste bakkie het geen probleme nie.

Die kantoor/winkel is naby die plaashuis, so 'n kilometer weg van die kampterrein.  Hier is alles baie netjies en goed versorg. Die dame in die winkel/kantoor is baie vriendelik en behulpsaam.  Jy kan ook hier aantree vir 'n wynproe sessie - maak 'n afspraak hiervoor.

Die kampterrein is op 'n vlakte langs 'n standhoudende rivier geleë.  'n Spierwit sandstrand is langs die swemgat.  Met die groot bome en grasbedekte staanplekke, maak dit 'n bitter mooi prentjie.

Die staanplekke is gelyk en jy kan kies tussen son en skaduwee.  Tussen die groot bome het hulle nuwelinge aangeplant - moet nie oor hulle ry nie!

Elke twee staanplekke deel 'n kraan en so 'n 20m verlengstuk behoort krag op jou staanplek te kry.  Ons het nie die staanplekke gemeet nie, maar ons 2.5 X 2,5 tent en bakkie pas baie gemaklik in.

Hulle het twee ablusieblokke.  Alby was skoon en netjies en alles het gewerk.

Soos genoem het ons van die Ceres kant af die Cederberge ingery, maar dit is natuurlik makliker om die Oord vanaf Citrusdal of Clanwilliam te benader.

Ons sal beslis weer hier kamp.

Kliek hier vir Sanddrif fotos

Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.sanddrif.com

Tel  -  027 482 2825

CERES
PINE FOREST HOLIDAY RESORT
Laaste besoek  -  2011 & 2018
Kommentaar  -  Dit is ‘n baie groot oord met staanplekke tussen die denne -bome.  Daar is ook ‘n groot getal rondawels en huisies.  Die park is egter baie verwaarloos met droe takke en dennenaalde wat die wereld vol le.  Die ablusies was egter skoon en netjies.   Die beskikbare staanplekke is erg oorgroei en ons karavaan kan nie tussen die bome inpas nie.  Daar is ook ‘n groot getal permanente inwoners en sommige van hulle hoort tuis in ‘n “squatter camp”
Ons sal nie hier kamp nie.

2018

Ons besoek weereens die oord en bevestig bostaande - niks het hier verander nie
Punt toegeken  0/10

Webwerf  -  ww.tourismcapetown.co.za

CITRUSDAL
CITRUS CREEK CHALETS & CAMPING RESORT

Laaste besoek  -  2003
Kommentaar  -  ‘n Park by die ingang van die dorp. Die staanplekke is groot, gelyk en daar is ‘n paar groot skadu bome. Winkels is binne loopafstand.  Die parkbestuurder bly op die terrein en die vertoon skoon en netjies.  Die ablusieblok is sekerlik die beste wat ons in 'n lang tyd teegekom het.  Beslis die moete werd om van daar die area te verken.
Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  www.citruscreek.co.za 

CITRUSDAL

THE BATHS
Laaste besoek  -  2003
Kommentaar  -  Hierdie is een van daardie moe tsien bestemmings. Dit is die oudste ontwikkelde spa in die land en is deur Simon v/d Stell besoek.  Die karavaanpark is onder groot bome wat volskaduwee maak, maar dit baie moeilik maak om jou karavaan te parkeer. Die staanplekke is klein en ongelyk en die toegangspad nie van die beste nie.  Hulle is ook naweke vol bespreek en verwag om net van Maandag tot Vrydagoggend staanplek te kry.  Die area is egter so pragtig, met heerlike staproetes en die spa om van te droom.  Die water is byna kokend warm en hulle vra jou om so veel as moontlik te gebruik.  MOET NIE VERBY RY NIE.
Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.thebaths.co.za

CLANWILLIAM

ALPHA EXCELSIOR GASTEPLAAS

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Hierdie is nie 'n karavaanpark in die ware sin van die woord nie.  Hulle het geen staanplekke beskikbaar nie, maar verhuur 9 ou karavane.

Dit was bitter droog tydens ons besoek en die hele wereld was vaal en verdor, wat mens bietjie negatief maak.   Hulle het egter die area ten beste versorg en die karavaan wat ons gehuur het was netjies en silwerskoon.

Krag, water en ligte het goed gewerk en die ablusiegeriewe skoon. Die plaaspad was heel skaflik.  Beligting saans is baie min en 'n goeie flitslig of twee noodsaaklik.

Hulle het twee goeie kuierplekkies en 'n restaurant wat in die blomme en bergklim seisoen oop is. WiFi in beskikbaar by die swembad area.

Hulle het ook chalets en die ou plaasopstal te huur.

Die Gasvrou was baie vriendelik en behulpsaam.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Alpha Excelsior fotos

CLANWILLIAM

BULSHOEKDAM ONTSPANNINGSOORD

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Ons het die sowat 17Km (waarvan 4.5Km grondpad) van Clanwilliam gesleep en wou  vir 'n week oorbly.  Ons het vooraf gebel, maar nie 'n formele bespreking gemmak nie.  Die kamp was verlate toe ons daar aankom en ook heel onversorg.

Die omgewing is baie mooi, maar die Klawer grondpad wat teen die grensdraad loop en die verlatenheid het ons nie aangestaan nie.  Ons het omgedraai sonder om die eienaar te probeer vind.

Punt toegeken  -  0/10

CLANWILLIAM
CLANWILLIAM DAM KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2003
Kommentaar  -  Die park is langs die dam gelee, is groot met ‘n verskeidenheid van staanplekke. Die staanplekke is groot, sommige met skaduwee, terwyl die staanplekke verder van die water af redelik gelyk is.  Die park word redelik goed onderhou en die ablusieblokke elke oggend skoongemaak.  Die park is net buite die dorp en winkels so 2km weg.  Daar word sportgeleenthede aangebied en die lokale mense reël naweeksaamtrekke, wanneer dit totaal onmoontlik is om daar te kamp.  Dit was in geen onseker terme aan ons oorgedra deur die besprekingsklerk. Maak seker dat daar nie een van hierdie dinge plaasvind gedurende jou verblyf nie
.

Tweede besoek 2014.  Nie veel het verander nie, inteendeel ons ding die onderhoud het verder agteruit gegaan.  Gronde is maar onversorg en die interne paaie redelik verspoel.   Ablusies in soos my laaste brak, oud en sonder hare en die wat hy het so hap-hap versnipper, maar hier en daar darem skoon.  Ons verstaan nou hoekom die besprekingsdame ons twee keer gevra het of ons nie eers na die kamp wil gaan kyk voor ons betaal nie.
Punt toegeken  -  4/10

Webwerf  -  www.clanwilliam.org.za

Kliek hier vir Clanwilliandam fotos

CLANWILLIAM

DIE POORT

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Teerpad vanaf Clanwilliam tot by die afdraaipad en dan ‘n goeie sand plaaspad vir so 1.5Km.   Jy ry baie naby aan die buurplaas se opstal verby, so ry stadig asseblief.

Die kampplek is in ‘n kloof, of dan poort, so 500m vanaf die plaashuis.  Dit is ‘n opregte boskamp met ‘n unieke badkamer teen ‘n krans.  Staanplekke is nie afgemerk nie – jy maak jou tuis tussen die bome.  Hier is nie elektrisiteit nie, so die enigste ligte is 12V ligte in die badkamer.

‘n Gasgeyser voorsien warmwater in die badkamer en dan is hier een buitekraan.  Gras is maar skraps.  Hulle het ‘n erge droogte en die plantegroei wys dit. 

Hier is ook ‘n karavaan en drie huisies te huur – alles netjies en skoon tydens ons besoek.

As jy stilte en rus soek, sonder al die blink liggies, is hierdie die plek vir jou.  Tente en boswaens is koning hier.  Jy sal ‘n kleiner padwa hier kan kry,  maar ons sal nie ons Penta hierheen sleep nie.

Punt toegeken  -  6/10  (Boskamp)

Kliek hier vir Die Poort fotos

CLANWILLIAM

KLEINFONTEIN

Laaste besoek  -  2018

Kommantaar  -  Hierdie is 'n klein boskamp naby die bekende "Boldering" area, net buite die Cederberg gebied so 30Km van Clanwilliam af.  Teerpad van Clanwilliiam tot by die plaas se afdraai en dan plaaspad vir so 500m tot by die plaashuis.  Nico sal jou gou gou die vier staanplekke wys, asook die netjiese ablusieblok.  Die staanplekke het nie elektrisiteit nie en die enigste drinkwater is by die ablusieblok.  Bring dus jou 12V ligte en 'n emmer om water aan te dra.

Die staanplekke is bloot openinge tussen die rotse en plantegroei.  Jou gewone 2 X 4 voertuig sal gemaklik hier uitkom.

Ons Cell C fone het goeie ontvangs gehad, maar ons Vodacom data konneksies het nie gewerk nie.

As jy blink liggies en baie mense soek, is hierdie nie vir jou nie.   Jy kamp hier vir rus en stilte ver weg van alles en almal.

Punt toegeken  -  4/10 (Boskamp)

Kliek hier vir Kleinfontein fotos


CLANWILLIAM

KLEINKLIPHUIS CAMPING & CARAVAN

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Die klein plaasoord is net buite Clanwilliam op die Calvinia pad.  Dit is 'n boskamp tipe oord naby die plaashuis.  Geen krag nie en die klein ablusie is 'n entjie weg van die 5 staanplekke.  Ons was nie juis be-indruk nie.  So amper boskamp maar ook nie, te naby die pad, die plaashuis en die staanplekke by mekaar.

Punt toegeken  -  2/10

Kliek hier vir Kleinkliphuis fotos

CLANWILLIAM

KLIPHUIS CAMPSITE - CEDERBERG

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  'n redelik nuwe CapeNature park in die Cederberge oppad na Calvinia.  Die kamp is reg langs die teerpad, maar in 'n pragtige omgewing.  Die staanplekke is groot, redelik gelyk en daar is baie bome. Elke staanplek het 'n tafel, braai en aapbestande asdrom.  Hier is geen elektrisiteit nie, maar wel waterkrane.  

Die klein ablusieblok is nuut, het sonkrag ligte en gasgeysers. Dit is skoon en netjies, maar die storte het nie hang of neersit plek nie. Heel onprakties.

Dit is 'n wildernis gebied met pragtige natuurtonele op die staproetes, maar die park is so iets tussen 'n boskamp en gewone oord (daar is ook drie huisies).  Ons sou meer van 'n propper boskamp in hierdie mooi area gehou het.

Ons skiet geensins die park af nie.  Dit is skoon, netjies en goed onderhou en miskien kan die manne met platkarre en groot teerpad karavane darem ook hier uitkom om bietjie van die wildernis te geniet.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Kliphuis fotos

DE RUST

SUNSET CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Ons het nie hier kampeer nie.  Dit is 'n klein parkie in die dorp met groengras en min skaduwee.  Die ablusieblok was gesluit, maar vertoon heel gaaf van buite.  Ons probleem is egter die verkeer geraas. Die pad van Meiringspoort na Oudtshoorn loop deur die dorp en die park grens aan hierdie besige pad.  Daar is 'n effense opdraande en die vragmotors sal ons heelnag wakker hou.  Ons sal liefs die park vermy.

Punt toegeken  -  2/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar.

Die Hel

Sien Gamkaskloof

DWARSKERSBOS

DWARSKERSBOS VAKANSIE-OORD

Laaste besoek  -  2011 & 2021

Kommentaar  -   'n Munisipale oord op 'n pragtige wit strand aan die weskus.

Jy kan vir kilometers stap en rustig hengel. Die park is egter nie waffers nie. Die staanplekke in onder groot bome en daar is letterlik geen gras nie.

Die staanplekke is gelyk en meestal groot genoeg. Die ablusies is werklik substandaard en was smerig tydens ons besoek - ons het summier verder gery en nie hier gekamp nie.  Daar is ook baie privaat huisies in die kamp wat oor naweke blykbaar druk besoek word. Die dorpie is baie klein en jy mag dalk jou aankope in Velddrif moet doen.

2021  -  Chris & Elmari se fotos oortuig ons om weer die oord te besoek en wat 'n aangename ervaring.  Die plek is leeg asgevolg van Covid, maar die ablusiegeriewe is baie netjies opgeknap en silwerskoon.  Die treurige geriewe van 10 jaar gelede het 'n totale gedaanteverwisseling ondergaan.  Ons sal beslis nou hier kamp, maar maak seker, as jy bespreek, dat jy aandui of jy onder die bome wil kamp of nie,  ons verkies natuurlik die sonstaanplekke.

Punt toegeken  -  2/10  (2021  6/10)

Webwerf  -  Nie beskikbaar

Kliek hier vir Dwarskersbos fotos

ELANDSBAAI

ELANDSBAAI HOTEL KAMPEERING

Laaste besoek  -  2021

Kommentaar  -  Ons besoek weer die kamp op 'n koue, nat dag en is nie juis be-indruk nie.  Die ablusiegeriewe is netjies en skoon, maar baie van die staanplekke is te klein vir ons penta, tent en bakkie.  Sommige teen die agterste muur is heel onbruikbaar.

As jy hier wil kamp, moet jy maar die plek besoek, voor jy bespreek, om seker te maak jou staanplek is aanvaarbaar.

Die park is natuurlik reg op die lang, wit sandstrand, wat vra om daar te kuier.

Punt toegeken - 1/10

TEL  -  022 972 1736  e-Pos elandsbay@cederbergraad.co.za

Kliek hier vir Elandsbaai fotos

VINGERKLIP VAKANSIE OORD

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Ons wou graag by die pragtige Elandsbaai gaan kamp en het al die pad daarheen gesleep en maar weer omgedraai.  Nie een van die drie parke daar het ons aangestaan nie.

Punt toegeken  -  0/10 

GAMKASKLOOF

GAMKASKLOOFKAMPTERREIN

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  - Ons het nie hier gekamp nie, maar tydens ons dagbesoek aan Die Hel daar aangedoen.  Let wel dat die terrein met 'n motor bereik kan word, mits dit 'n redelike grondvryhoogte het.  Geen karavane word op die Swartbergpas toegelaat nie en ons sal aanbeveel dat sleepwaens net met bakkies hierheen gesleep word.

Die kampterrein in by begin van die Hel, so 35km vanaf die Swartbergpas en die pad is op plekke baie rof, styl en op baie plekke moet afgaande verkeer wag vir voertuie wat opbeweeg - die pad is te nou om verby te kom.

Die kamparea is baie basies en die ablusie maar boskamp standaard.  Tydens ons besoek was alles baie droog, stowerig en die gras lank - die kamp het nie werklik aanloklik gelyk nie.  Ons glo dat die kampeerterrein op Boplaas 'n beter opsie is.

Punt toegeken  -  3/10

Webwerf  -  www.capenature.co.za 

GAMKASKLOOF

BOPLAAS GUEST FARM

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Sien kommentaar onder Gamkaskloof Kampeerterrein vir toeganklikheid.

Ons het nie hier gekamp nie, maar die kamp tydens 'n dagbesoek aan Die Hel gaan ondersoek.

Die park is op die verste punt van die kloof en sowat 45km van die Swartbergpasafdraai. Dit kan tot 2 uur neem om die afstand te ry as daar aankomende verkeer op die pad is. Die terrein was baie netjies tydens ons besoek met die groengras kort en skoon.  Daar is 'n donkie vir warm water, twee storte, twee wasbakke, twee spoeltoilette en 'n klerewas balie. Alles was skoon en het gewerk. Daar is 'n paar skadubome en die terrein voel en lyk na 'n aangename boskamp.  Die bestuurder was vriendelik en hulpvaardig en lus vir gesels.  Daar is geen krag nie en die plaasstalletjie in die kloof hou slegs 'n paar basiese produkte aan  -  bring alles wat jy gaan benodig, of eet by die padstal.  Hulle kan nogal uithang.  Ons verkies hierdie kamp bo die van Cape Nature.

Punt toegeken  -  5/10

E-Pos adres  -  reservations@diehel.co.za

GAMKASKLOOF

PIET SE STANNING

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Sien kommentaar onder Gamkaskloofkampeerterrein vir toeganklikheid.  Hierdie is 'n privaat tente kampterrein waar tente opgerig word vir groter groepe wat Die Hel besoek.  Hulle huur die tente op Oudtshoorn, so vooraf reelings is belangrik. Ons het die kamp net vlugtig besoek en was nie baie beindruk nie, ons glo dat Boplaas 'n beter opsie is.

Punt toegeken  -  3/10

Webwerf  -  www.diehel.com

GANSBAAI 

GANSBAAI MUNISIPALE KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Die park is in die dorp, teen die see en kyk uit op 'n klein inham met die visinmaak fabriek en perlemoenaanleg aan die oorkant. Pragtige ligging en naby al die dorp se winkels,  maar soos alle wterfront parke, is sekuriteit dalk hier 'n probleem.  Hulle het wel saans 'n wag wat patroleer.  Daar is ook 'n paar permanente strukture by die ingang, wat die park se natuurlike voorkoms bederf.

Die staanplekke is op drie terrasse,  is gelyk en ook groot genoeg vir ons Penta. Die staanpleeke het almal 'n see-uitsig, maar die voorstes is duurder.  Elke staanplek het 'n geboude braai, wat huidiglik in 'n goeie toestand is. 

Ablusies is oud en nie van die beste nie, maar was wel skoon gehou.  Ons is nie heeltemal seker hoe ons oor die park voel nie, maar dit is beslis bekostigbaar vie pensioenarisse, wat 50% afslag kry op die normale fooie.

Die visfabriek laat nou en dan stoom af en dan moet jy of bid vir 'n toe neus, of maar liewer uitgaan vir die dag.

Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  -  

GANSBAAI/PEARLY BEACH

PEARLY BEACH VAKANSIEOORD

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Nie meer oop vir die publik nie - staanplekke is aan permanente inwoners verkoop.

Punt toegeken  -  NVT

GANSBAAI

STRANDSKLOOF  KARAVAANPARK

Laaste besoek -  2015 & 2018

Kommentaar  -  Soos ons gereelde lesers weet, het ons 'n voorliefde vir stiller kampe, waar die eienaar op of naby die kampterrein bly.  Hierdie plek val in hierdie katagorie en ons geniet beslis ons verblyf hier.

 Die kamp is op 'n plaas, so 4Km van Uilenskraalmond op die nuwe Gansbaai/Bredasdorp teerpad gelee.  Die interne paaie is geteer en jy ry dus op teer tot by jou staanplek.  Jou voertuie bly dus koon en stof in die tent en karavaan is ook heelwat minder.

Staanplekke is groot en meestal grasbedek.  Daar is 'n effense helling suidwaarts wat sorg dat reenwater nie poele vorm nie - die sandgrond absorbeer ook maklik water.  Krane is goed verspreid  en  die blou kragproppe naby jou staanplek.  Ons het geen probleme met die krag ondervind nie en dit het ook reg getoets.  Die waterkwaliteit was met tye swak aangesien hulle gesukkel het om 'n tweede boorgat in bedryf te kry - behoort binnekort opgelos te wees.  Beligting in die oord is goed. Hier is ook heelwat latteskerms tussen die staanplekke vir wind- en privaatheid doeleindes.

Die plaas is teen die Gansbaai/Bredasdorp pad, maar die oord so 500m weg met inheemse kusbos tuusenin, sodat verkeergeraas ons nie gepla het nie.  Die naaste winkel is by Franskraal, so 8Km weg en hier is ook jou beste swemstrand.  Gansbaai winkels is so 15Km ver en hier sal jy sekerlik alles kan kry wat jy mag kortkom.  Dit is regtig nie nodig om 'n klomp swaar kruideniersware saam te sleep nie.

Die ablusieblok is netjies, funksioneel en was altyd skoon tydens ons verblyf hier oor die Kersseisoen. Witgoud, handeseep, winddroeer  en papierhanddoeke word voorsien.  Alles het goed gewerk met geen lekkende krane of toilette nie.  Porta Potti skoonmaak geriewe is in 'n aparte geboutjie en weereens skoon en netjies.

Die opwasgeriewe is puik.  Daar is vlekvryestaal wasgoed- en skottelgoedbalies met hope neersit en strykspasie.  Twee muntwasmasjiene en een droeer lyk nog nuut en was die hele tyd in werking. Die wasgoeddrade is goed omhein en netjies - onthou net dat hier in die Weskaap word wind gemaak en dan na die res van die land uitgestuur - bring genoeg wasgoedpennetjies saam.

Hier is groot oop grasbedekte spasies en 'n netjiese speelpark, sowel as 'n uitdagende PutPut baan. Hulle bied ook "Paintball" geriewe aan en, in seisoentyd, 'n springkasteel, waterglybaan en  unieke treintjie aan.

Ingangsbeheer word streng toegepas en volgens die eienaars het hier nog geen misdaadvoorvalle voorgekom nie.  Ons bly egter van mening dat jy nog steeds jou eie veilig moet verseker - gebruik 'n alarm in jou tent!

Hulle het 'n nuwe snoepie gebou en is besig om voorraad op te bou.  'n Groot ontspanningssaal is ook in aanbou en sal sekerlik vroeg in 2016 in gebruik geneem word.

Hierdie is werklik 'n puik oord en ons sal beslis weer hier kamp.

2018  -  Ons kamp nie weer hier nie, maar besoek net die oord om hoofsaaklik na die nuwe seksie vir pesioenarisse te kyk.

In die park self het hulle 'n tweede klein ablusieblok gebou en ook sommige van die windskerms verbeter.  Verder lyk alles nog reg en netjies.

Die kampplekke by die pensioenaris-afdeling is klaar en netjies.  Kyk gerus na die fotos hiervan.  Die ablusieblok is klein, maar baie netjies en behoort heeltemal voldoende te wees.  Hulle is nog besig om huisies ook hier te bou, maar hulle planne hiermee is nog nie agtermekaar nie.  

Punt toegeken  -  8/10

Kliek hier vir Strandskloof fotos

Webwerf  -  http://www.strandskloofpark.co.za


GANSBAAI

UILENKRAALSMOND OORD

Laaste besoek  -  2013  &  2018

Kommentaar  -  Dit is 'n enorme  munisipale oord langs die Uilenkraalsrivier so 500 meter van die see af.  Dit is op gelyk grond wat goed met gras bedek is.  Daar is wel skadubome, maar baie staanplekke het vol son. Daar is 'n klomp huisies te huur, waterglybane, put-put, kroeg  en 'n winkel. Vir groter aankope moet jy Gansbaai of Pearly Beach toe ry. Franskraal is reg langs die park en het 'n enorme klomp huise en pragtige strandtonele en ook 'n interesante klein museum - besoek dit gerus. Die pad hierheen is in 'n goeie toestand met 'n 100kpu spoedgrens, maar in vakansie tye is verkeer druk en parkering 'n groot probleem "as jy dorp toe gaan". 

Ablusiegeriewe was  aanvaarbaar en skoon, maar erg munisipaal, veral die oop afvoerslote in die ablusieblok is onaanvaarbaar.  Kyk gerus na die fotos, as jy daar sleg trap, is jou enkel daarmee heen. Alhoewel die park langs die hoofpad tussen Gansbaai en Pearly Beach le, breek die bome baie van die padgeraas.  As jy 'n ligte slaper is, moet jy egter maar ver weg van die pad kamp opslaan.

Die staanplekke is grootgenoeg vir ons Penta en die interne paaie aanvaarbaar - hier is min stof.

Die see hierlangs is maar koud (so tussen 13 en 15 grade celsius in die somer) en die winter kouefronte trek gereeld deur - wees voorbereid op koue en wind in die winter.  Hengel vanaf die strand is goed en as jy weet hoe, is bloedwurm hier te kry - onthou net die regte lisensie is 'n moet.  Kry dit by die poskantoor.

Daar is 'n plankiespad om see toe te stap en jy kan baie ver op die strand stap.  Die lagoon in die Uilenkraal rivier was oop see toe tydens ons besoek maar redelik vlak - die gety stoot nie werklik ver op nie.  Ons weet nie hoeveel water uit die Kraaibosdam, heelwat hoer op in die rivier, losgelaat word nie, maar ons het die lagoon net as 'n "splash pool" beskou.

Iets wat ons pla is dat die oord 'n eie buurtwag het.  So-iets word gewoonlik net gestig as daar probleme was of voorsien word.  Ons weet van geen misdadige voorvalle nie, maar hou dit maar in gedagte - die bestaan hiervan kan of gerusstellend of onrustig wees.

2018  -  Ons kamp hier vir 'n maand in die middel van die winter (net twee karavane) en behalwe vir die koue nagte, geniet ons ons vervlyf.  Niks dramaties het verander sedert ons vorige besoek nie, behalwe dat die Buurtwag nou regtig hulle storie reg het.  Hier is nou 550 vakansie huisies sowel as die 37 wat die oord uithuur en dan nog die staanplekke ook.  Die Buurtwag het 3 gholfkarretjies vir patrolliewerk en is besig om oorhoofse kameras te installeer wat die hele oord dek.  Hulle kontrolekamer word 24/7 beman.  Volgens hulle was die laaste misdaadvoorval hier in 2013, en is die twee knape toe ook in hegtenis geneem.  Dit blyk dus dat hulle voorsorg inderdaad 'n groot voordeel is. 

So halfpad deur ons kuier hier, het ons 'n krapperige ondervinding.  Die reen kort-kort en die Boesmansrivier stoot op aangesien die mond toe geslik is.  Niemand van die oord waarsku ons dat ons onder die vloedlyn kamp nie en ons neem aan alles is reg.

Gelukkig kom een van die lokale boere ons waarsku en ons trek vroegaand na staanplekke agter die ablusieblok.   Daardie aand oorstroom die staanplek waarop ons gekamp het.   Ons het gelukkig geen skade gehad nie, maar tot vandag toe (week later) het ons nog niks van die Bestuur gehoor nie!!

Punt toegeken  -  6/10 

Webwerf  -  www.uilenkraalsmondresort.co.za

Kliek hier virUilenkraalsmond fotos

GANSBAAI

VLOEDBOS OORD

Kommentaar - Hierdie Oord word onder Gansbaai aangegee, maar is sowat 50Km van Gansbaai af en slegs 33Km van Caledon af.  Ons lys dit dus onder CALEDON

GEORGE

ARENDSRUS KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2021

Kommentaar  -  Hierdie is beslis een van die bes versorgde parke naby George.  Die 12 staanplekke is gelyk en met pragtige groen gras bedek.  Elkeen het 'n private ablusieblok en die pragtigste uitsig oor George se groen heuwels.

Ons het nie hier gekamp nie, omdat ons bang was ons Penta sal vashaak oor die dwarswalle op die kort grondpad.  Korter waens en natuurlik boswaens sal met gemak hier uitkom.

Punt toegeken   8/10

Webwerf  -  www.arendsrus.co.za

Kliek hier vir Arendsrus fotos

GEORGE

DWARSWEGSTRAND

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Ons het nie geweet van hierdie park nie - hulle avderteer nie.  Ons het dit toevallig raakgesien terwyl ons van Glentana na Grootbrak op die strand gestap het.

Die park is reg op die strand op 'n redelike hoe duin.  Daar is 33 grasbedekte staanplekke met 'n paar koeltebome. 'n Paar van die staanplekke het 'n see- uitsig, maar onthou as jy die see sien, sien die wind jou.  Elke staanplek het 'n braai, maar nie 'n rooster nie. 

Die strandoord beslaan 'n groot area met huise en woonstelle, met 24 uur toegangsbeheer, maar toegang vanaf die see is  oop.

Hulle het 'n klein kafee op die perseel, maar die naaste winkels is in Groot Brak.  Hulle het munt-wasmasjiene.

Ons was so beindruk dat ons dadelik bespreek het.  Kliek hier vir hulle Webwerf

Ons bly nou al 3 weke hier en geniet die kamp. Ons is net 3 karavane deur die week en 7 oor die naweek.  Die ablusiegeriewe word net een maal per week skoongemaak en nie eers uitgevee tussin in nie.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Dwarswegstrand fotos

George
GEORGE COUNTRY RESORT
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Hierdie park was voorheen bekend as Brigadoon en later as George East Caravan Park.  Die twee eienaars het stry gekry en die park in Maart opgeveil. Een van die vorige eienaars het dit teruggekoop en dadelik begin om dit op te gradeer. Ons het hom vandag ontmoet en hy het bevestig dat sy applikasie vir hersonering van die grond afgekeur is. Hy gaan dus voluit voort met die opgradering, Want soos hy se "ek moet dit maak werk om my belegging te regverdig".  Die park is net buite George op die N2 na Wildernis. Dit is 'n groot park met grasstaanplekke en baie bome, maar hulle gee nie veel skaduwee nie. Die gemeenskaplike ablusies word nou opgegradeer teen meer as R100,000.  Hulle het ook staanplekke met privaat ablusies en hierdie word huidiglik teen geen ekstra koste aan kampeerders voorsien, omdat hulle okkupasie baie laag is.  Die staanplekke is teen 'n effense helling, wat dreinering vergemaklik, maar jy sal jou karavaan taamlik moet lig.  Ons sal die park weer besoek.

BESOEK  2021 - Ons kamp hier vir twee dae en is aangenaam verras. Die naam is verander na George Country Resort. Van die Ingang tot agter by die dammetjie is hierdie Oord reggeruk en blaf nou saam met de groot honde.  Die terrein is netjies, die ablusieblokke uitstekend, die huisies puik en die personeel vriendelik en hulpvaardig.  Ons het by een van die private fasiliteite gestaan en die werklik waardeer.  Daar is 'n ruim badkamer met stort, wasbak en toilet en ook 'n ruim kombuis met wasbak, kaste en groot werkoppervlakte. Net die ding vir jou met die virus in ons midde.

Punt toegeken  -  8/10 Voorlopig - Besig met opgradering.

Webwerf  -  WWW.georgeresort.co.za 

Kliek hier vir George Country Resort fotos

GEORGE

GLENTANA KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Die park is  in ‘n klofie – seker tussen duine – reg langs die see. Jy stap so 150m tot op die strand.  Die staanplekke is gelyk, groot genoeg en grasgroen.   Waterkrane is skaars, maar die ablusiegeriewe goed en skoon.  Die naaste winkels is in George of Mosselbaai, sowat 25km ver.  Die geheel ndruk is baie goed en wind behoort nie ‘n probleem te wees nie.  Mis kom gereeld voor in die oggend.  Die park is 3 jaar gelede oorspoel en motors en karavane is sleg beskadig tydens buitegewone storms.  Daar is verbeterings aangebring om die watervloei te verbeter, maar let daarop dat die park in ‘n ou rivierbedding geleë is. Die vakansiegevoel hier is GROOT.
Met ons tweede besoek in Julie 2011 vind ons die Park in ‘n puik toestand.  Hulle het erge oorstromings in die omgewing gehad ( dele van Groot Brak was oorstroom),  maar geen probleme in die Park nie.  Ons vind die selfoon ontvangs baie goed en die internet koppeling op 3G uitstekend.  Hier is egter nie wasmasjiene nie en dus is die met die hand was, of ry na 'n "laundromat".
 Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.glentanaresort.co.za

Kliek hier vir Glentana fotos

GEORGE
GEORGE TOURIST RESORT
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Nie meer ‘n karavaanpark nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar 

GEORGE
Herold’sbaai
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Die park is klein, verwaarloos en word blykbaar vir skool en kerkgroepe gebruik.
Ons sal beslis nie die park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar

GEORGE
PINE LODGE RESORT
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Ons kon net Pine Lodge Accommodation opspoor,  wat nie meer karavane huisves nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar 

GEORGE/VICTORIABAAI
CARMEL BY THE SEA
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Ons het nie hierdie park besoek nie, maar net verbygery.  Dit is op die Victoriabaai pad sowat 2.5km van die see.  Dit word deur ‘n Engelse kerkgroep bedryf, wat daaglikse bidure, byeenkomste en kerkdienste reël.  Hulle het ook elke week ‘n persoon wat as spreker en leier vir die verrigtinge optree.  Hulle webwerf is baie volledig en hulle stuur ook ‘n maandelikse E-pos uit met al hulle doen en late  -  teken gerus in om meer van hulle te wete te kom.
Punt toegeken  -  Nie gedoen.

Webwerf  www.carmel.org.za 

GEORGE/VICTORIABAAI
SEA GLIMPSE HOLIDAY RESORT
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Die oord  bestaan hoofsaaklik uit “upmarket” wooneenhede, met 12 staanplekke teen twee van die grensdrade.  Die eerste 5 staanplekke het ingeboude braaie, maar geen skaduwee. Die res is teen ‘n effense helling met net nommers  10/11 wat  ‘n skaduboom het.  Hulle het 6 enkel badkamers met toilet, wasbak en stort.  As daar minder as 7 kampeerders is, kry elk ‘n sleutel vir sy dan private ablusie is.  As daar meer kampeerders is, word al die badkamers ook gelos. Hulle is 1.7km van die strand, teerpad maar steil.  Die naaste winkels is George Mall so 6km ver. Daar is ‘n munt wasmasjien,droeër en wasgoedlyne, maar geen handwasfasiliteite nie.
Die geheel indruk is netjies en die verkeer op die pad redelik lig, maar sal met tye steurend wees.
Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.seaglimpse.co.za

GEORGE/VICTORIABAAI
VICTORIABAAI KARAVAANPARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  ‘n Pragtige park, reg by die see.  Die kamp is oor 3 areas versprei, met 18 staanplekke met privaat ablusies.  Staanplekke is gelyk en meeste het ‘n see uitsig.  Die park is redelik hoog bo die see, met  styl  trappe.  Die swemstrand lyk veilig en daar is ook genoeg hengelplekke.  Daar is ‘n restaurant op die strand, maar geen winkel – besoek George Mall so 7.5km weg.  Die park gee jou ‘n vakansie gevoel.  Staanplekke is redelik gelyk, van middelmatige groote en sonder skaduwee.
Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  www.victoriabaycaravanpark.co.za 

GORDONSBAAI
KOGELBAAI KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Ons sal nie hiedie park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar

GOUDINI

ATKV GOUDINI SPA

 Sien onder Worcester

GOURITZMOND
GOURITZMOND KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Munisipale park in  die middel van die dorp.  Die ingang is nie goed gemerk nie – draai in by die petrol pompe en kyk mooi.  Die park maak ‘n baie goeie indruk.  Die staanplekke is groot, gelyk maar met min skaduwee.  Die ablusies is skoon, goed versorg en heel aanvaarbaar.  Toiletpapier word nie verskaf nie.  Die kusgebied is pragtig, die winkel op die dorp redelik goed gestok en die mense vriendelik. Jou naaste groot sentrum is Mosselbaai.  Ons sal beslis hierdie park besoek.

2014 besoek

Bogenoemde is steeds van krag en geen verbeterings of verval is te bespeur nie.  Die koste vir langtermyn kampering het egter van R850 per maand in 2013 verhoog na R2340 per maand in 2014.  Hierdie verhoging is totaal buitensporig en daar is beslis beter kampe teen 'n laer fooi in die George, Mosselbaai, Stilbaai en Jongensfontein gebied beskikbaar.

Ons glo ook dat die ablusiegeriewe onvoldoende sal wees as die kamp vol sou wees.  Die is ook onaanvaarbaar dat die ablusies slegs elke tweede dag skoongemaak word,  terwyl die kampeerders seisoen tariewe betaal!

Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.gouritzmond.info

Kliek hier vir Gouritsmond fotos

GREYTON

GREYTON ECO CAMP

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -   Die park is so 4Km buite Greyton op 'n goeie gruispad.  Daar is geen elektriesekrag nie en ook nie vuillisblikke nie.  Jy neem weer uit wat jy ingebring het. Boompies in die park is nog klein, maar reuse bome omring die kamparea.  Stille rustigheid in die natuur is wat jy hier beleef.

Ons beskou die kamp as 'n boskamp en as sodanig is die plek eerste klas.  Hier is nie regtig hoekies en gaatjies om in weg te kruip nie,  maar die area is groot genoeg dat jy redelik ver van medekampeerders kan opslaan.

Die ablusieblok is goed vir boskampstandaarde en was skoon tydens ons besoek.  Hier is ook 4 private badkamers wat teen addisionele kostes gehuur kan word.

Garmin verwys nog na Silky Oaks vir die kamp.

Punt toegeken  -  4/10  (Boskamp)

Webwerf  -  www.greytonecocamp.wordpress.com

Kliek hier vir Greyton Eco Camp fotos

GREYTON

OEWERZIGHT FARMS

Laaste Besoek  -  2018

Kommentaar  -  Plaas park met so 25 staanplekke en 9 huisies, asook twee luukse tente.  Hierdie is mooi wereld en met die Oord langs die rivier, is hierdie ook geen uitsondering nie.  Sommige van die staanplekke het paaltjie-windbreke en braaigeriewe - bring jou eie rooster.

Die ablusiegeriewe is modern, skoon en netjies.  Hierdie is 'n werkende vrugte, graan en skaapplaas en het dus goeie stap- en bergfietspaadjies.  Die sowat 9Km grondpad was in 'n baie goeie toestandgedurende Augustus 2018.

Hier word troues en konferrensies aangebied en as dit jou sou pla, maak seker of daar  so-iets aan is tydens jou besoek.

Punt toegeken  -  6/10


 GROOT BRAK RIVIER

PINE CREEK KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011 & 2018
Kommentaar  -  Dit is ‘n groot vakansieoord aan die wal van die Groot Brak rivier, in die dorp. Die staanplekke is groot, gelyk, lowergroen met ‘n paar skadu bome.  Ablusies is oud maar baie skoon en goed onderhou.  Die hele oord maak ‘n baie goeie indruk en die Pick & Pay net oorkant die rivier ( omtrent 800m per pad).  Die see is so 3km weg.  Alles goed en wel, maar daar is ook ‘n bottelstoor oorkant die rivier met gereelde rondsitters.  Daar is ook ‘n kleurling woongebied baie naby die bottelstoor.  Een van ons vriende het ‘n maand hier gebly en kla dat die geraas en gebaklei hom menige nag wakkergehou het, totdat die polisie dit ontlont.  Ons sal dus die park vermy.

2018  Ons besluit om die Oord self te beproef, dan kan ons werklik oordeel of die geraasfaktor nog so groot is.   Ons arriveer op 'n Saterdag en verwag die ergste, maar ondervind geen probleem nie.  Die Oord is in die dorp en jy hoor dus motors wat ry en honde wat nou en dan blaf, maar dit is nie so erg as wat ons geglo het nie.

Ons geniet die rivier en eendjies wat kom kuier.

Kliek hier vir Pine Creek fotos

Punt toegeken  -  2/10

Webwerf  -  www.greatbrakriver.co.za 

GROOT JONGENSFONTEIN
JONGENSFONTEIN KARAVAAN PARK

Sien JONGENSFONTEIN

HARTENBOS
DIBIKI

Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  ‘n 4 ster  oord met groot, gelyk staanplekke, ‘n paar bome, ligte, krane en 4- ster ablusies. Die park is omhein, het veiligheidshekke en ‘n mooi  kroeg. Die interne pad is goed en alles word skoon en netjies gehou. MAAR, hier stop dit vir ons.  Die park in in ‘n swak area geleë, met ‘n treinspoor wat op die park afkyk aan die een kant, ‘n verslonste “paintball” baan aan die anderkant en ‘n toegangspad verby wit plakkers wat jou wil laat omdraai.  Jy kan see toe stap, eers op die spoorlyn en dan deur redelik digte bosse wat al die tekens van bosslapers toon.  Dit is sowat 1km ver see toe, maar ons sal dit nie weer gebruik nie.  Na die anderkant toe stap jy spoorlangs Hartenbos toe.  Nie te ver na die huise toe nie, maar te ver om te gaan inkopies doen. Die muskiete, vliee en muggies is iets vreesliks – bring baie Doom & Peacefull Sleep.
Ons beskou die park slegs as goed vir ‘n oornag stop.
Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  www.dibiki.co.za

Kliek hier vir Dibiki fotos

HARTENBOS
HARTENBOS KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  ‘n Reuse park met meer as 1000 staanplekke, reg langs die see.  Die park is in ‘n paar kampe opgedeel en word net ten volle benut gedurende skoolvakansies.  Die res van die tyd word net ‘n paar kampe oopgehou.  Die kampe is skoon, netjies en 24 uur wagte hou ‘n oog.  Die lang wit sand strande is net ‘n plesier en reg op jou stoep. Regtig idillies as die kampe nie oorbevolk is nie.  Die staanplekke is klein en tenttoue letterlik oormekaar.  ATKV lede kry afslag en vir ‘n gesin met kinders is dit een van die beste oorde in die land.  Ons verkies bietjie meer spasie.
Onthou dat Robeiland op jou voorstoep is,  as die wind uit daardie rigting waai is die stank byna onuithoubaar.
Tweede besoek 2011. Ons staan in Blok E en die uitsig is pragtig.  Ons sukkel met die krag wat net 10A brekers in het, tynspyte van hulle advertendies wat die as 20A opgee.  Die toilette het ook nie toiletpapier in nie, ons verwag dit van 'n 3 ster park.

Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.hartenbos.co.za

Kliek hier vir Hartenbos fotos

HARTENBOS
HARTENBOS RIVER RESORT
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Die park bestaan nie meer nie.
 

HARTENBOS
KALAHARI  KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Dit is ‘n klein privaat parkie wat net oop is vir die lede van die BK aan wie dit behoort.  Hulle gebruik net die park gedurende die skool vakansies. Die res van die jaar staan dit leeg. Ons het laas in 1987 hier gekamp en kon die park nou net deur die hekke beloer.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  www.caravanparks.com 

HERMANUS/ONRUS

ONRUS KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2016 en 2022

Kommentaar  -  Hierdie is 'n groot munisipale park net buite Hermanus, maar ongelukkig hang die munisipale onderrok sleg uit.  Die ablusies was oud en vuil tydens ons besoek.  In die een blok was die een urinaal verstop en die ander het gelek - met 'n emmer om die leksels op te vang. 

Staanplekke is meestal groot maar onafgewerk en sommige bitter ongelyk. Krane is maar skaars en die kragbokse bitter gevaarlik met oop lewendige drade - altyd gewonder hoe munisipaliteite ander parke se COC nagaan as hulle eie plekke so lyk!!!

Hier is nie 'n sandstrand naby nie, maar wel 'n groot oop rotspoel by die kamp. Daar is 'n hek wat tydens ligdagure oop is om by die poel uit te kom.

Die veiligheidsheining was vir ons regtig uniek - daar is letterlik trappies in die heining, wat beslis lyk of dit daar is om mense te help oorklim???

Die park word druk besoek gedurende die Desember vakansies, so vir baie kampeerders is die plek sekerlik aanvaarbaar, maar ons sal nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  2/10

2022 BESOEK

Vriende oortuig ons om weer na die park te gaan kyk.  Ons bespreek vir drie dae, maar op die ou-einde bly ons vir 'n maand!!

Hier was beslis 'n groot regruk poging.  Die drie ablusieblokke is opgeknap en alles werk. Daar is nou netjiese wasbakke, seep- en handdoektoestelle en netjiese stortkoppe. Hope warmwater is beskikbaar; die een aan die westekant se water is bruin en ons vermoed roes in die pype. Stort hokkies is klein, maar netjies met droë area, bankie en genoeg hangplek. Die toiletpapier houers was vol gehou tydens ons verblyf en die ablusiegeriewe twee keer per dag skoongemaak.

Die interne pad lyk beter en die staanplekke baie meer gelyk. Jy kan kies tussen volson en skaduwee, maar let daarop dat sommige te klein is vir 'n karavaan. Kies reg as jy bespreek, die kantoorpersoneel is baie behulpsaam.

Sekuriteit is ook reggeruk; 24/7 wagte by die hoofhek en 'n wag by die hekkie na die see toe. Dit word van 06.00 tot 29.00 uur beman.  Hulle het ook 'n binnewag snags en ons het hom gereeld snags raakgeloop oppad toilet toe.

Ons is regtig bly om die verbetering te sien. Hermanus is 'n regte vakansiedorp en beslis 'n besoek werd.

Punt toegeken 2022 - 7/10

Kliek hier vir Onrus fotos

JACOBSBAAI

GANZEKRAAL KARAVAANPARK

Sien kommentaar van Jan Du Plessis onder "Parke aanbeveel deur derde partye" 

JONGENSFONTEIN
JONGENSFONTEIN KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  ‘n Munisipale park reg langs die see, gedeeltelik op ‘n grasbedekte duin. Die staanplekke is groot, maar nie juis gelyk nie.  Die interne pad is geteer en die park maak ‘n baie goeie indruk en jy kry dadelik ‘n vakansieindruk as jy inry.  Die 3 ablusieblokke is oud, maar skoon en goed versorg.   Toiletpapier word nie verskaf nie. Sommige staanplekke het ‘n seeuitsig (die naaste een 50m van die see), maar let op waar die waterkrane is, daar is nie baie nie. Die dorpie is klein maar pragtig skoon, sonder diefwering of heinings.  Daar is twee algemene handelaars binne stapafstand wat alles behalwe kwaliteit vleis aanhou.  Die strand is rotsagtig met  groot branders, maar daar is ‘n getyswembad net langs die park.  Hierdie in ‘n MOET besoek.
Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  www.jongensfontein.co.za

Kliek hier vir Jongensfontein fotos

KAMMIESKROON

VERBE KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Hoogseisoen by hierdie kamp is beslis die winter se blommetyd en dit is ook baie goed geleë om die blommeprag hier te besigtig.

Die karavaanpark behoort aan een van die lokale boere en word redelik goed onderhou. Daar was 'n paar probleme en die krag en water, wat volledig opgelos was tydens ons verblyf.

Die park is aan die kant van die dorp en binne loopafstand van die winkels, op 'n gelyk area uitgelê.  Ons Penta en voltent het gemaklik op die staanplek ingepas.  Die ablusieblok is redelik groot en was netjies en skoon.  Ons was die enigste kampeerders op daardie stadium en kan dus nie kommentaar lewer oor die warmwater nie. Die hand van die vroulike bestuurder en/of boervrou was baie duidelik in die versiering van die badkamers. Wel gedaan!!

Hierdie is Karoo wereld en gras dus baie skaars - onthou jou grondseil. Hier is 'n paar skadukolle, maar soek maar gerus son in die winter.  Elke staanplek het nie 'n kraan nie.

Ons het ons verblyf hier geniet tussen die vriendelike mense.

Punt toegeken  -  6/10


KEURBOOMSRIVIER

ARCH ROCK CHALETS EN KARAVAANPARK

Laaste besoek  - 2014

Kommentaar  -  Die oord is lekker naby die strand, met 'n gemaklike padjie om te stap.

Die skottelgoedopwas en die klerewasplek is baie netjies, net jammer daar is geen wasmasjiene nie.

Die ablusiegeriewe is effens van 'n probleem.  Die toiletareas is nog nie opgegradeer nie en is werklik maar moeg. Hou duimvas dat die werk gou afgehandel sal wees.  Die stort- en wasbakgedeeltes is wel opgegradeer, maar ....; die storte is net dit. Daar is geen droë- of aantrekarea nie. Jy trek in die gang uit en aan en los jou klere daar. Nie 'n groot probleem vir die mans nie, maar nie aanvaarbaar vir meeste vroue nie.

Hier is ander oorde in die gebied wat nie hierdie probleem het nie.

Punt toegeken  -  4/10

Kliek hier vir Arch Rock fotos

KLEINMOND

KLEINMOND  en  PALMIET KARAVAANPARKE

Laaste besoek  -  2011 & 2018
Kommentaar  -  Albei is munisipale parke aan die ooste en weste kante van die dorp.  Kleinmond is aan die Hermanus kant van die dorp 1km van die hoofstrand, terwyl Palmiet aan die Kaapse kant van die dorp is, naby die Palmiet rivier en teen die see. Dit is parke wat in fynbos areas geleë is met ‘n groot verskeidenheid van grotes en skadu of oop staanplekke.  Die bestuur van die parke is nie heeltemal na wense nie.  Gedurende die seisoen en oor naweke word die parke druk besoek en word dan baie raserig, wat eers na 10.00nm en klagtes aangespreek word. Ablusie eriewe word nie goed onderhou nie en slegs gedurende kantoorure skoongemaak.  Toiletpapier word nie verskaf nie.  Die kusgebied is baie mooi, en die dorp, binne loopafstand van Kleinmond K/P,  sal in al jou behoeftes voldoen.  Daar is pragtige staproetes in die berge en ‘n paar kilometer  gemaakte kuswandelpad.  Kleimond K/P is nader aan die hoofstrand en winkels, maar Palmiet is ‘n mooier en beter park.  Ons sal die parke nie weer in besige tye besoek nie, maar beslis weer in stiller tye asgevolg van die mooi natuur, besoekersvriendelike dorp en pragtige staproetes.

2018  -  Ons kamp nie weer hier nie, maar besoek die dorp en probeer om by die kampe te gaal inloer - sonder veel sukses.

Palmiet se hekke is gesluit en niemand beman die kantoor nie.  Seker ons fout dat ons nie vooraf gebel het nie!!

Kleinmond se hekke is oop, maar ook hier is die kantoor verlate.  Ons ry deur die park.  Die ablusies is gesluit en ons kan dus nie be-oordeel nie.  Dele van die park is afgesny en ontwikkel, maar verder merk ons niks op wat verander het nie.
Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.overstrand.gov.za 


KLEIN BRAK RIVIER
OUTENIQUA KARANAAN PARK

Laaste besoek  -  2011 en 2021
Kommentaar  -  Ons rapporteer in 2011 dat ons nie hier sal kamp nie. Oktober 2021 besluit ons om weer hier in te draai en haak dadelik die karavaan af om oor te bly.  Wat 'n verrassing!  Die plek is skoon en netjies met groen gras. Die staanplekke is almal gelyk en jy kan kies tussen volson- of skaduweestaanplekke. daar is krane en kragpunte by die staanplekke en losstaande braaidromme word voorsien. Bring jou eie rooster.

Die ablusieblok is nuut en modern en alles werk. ons was oor 'n stillerige naweek hier, maar die geriewe is gereeld skoongemaak. Daar is 'n kroeg by die ingang, wat ons nie gepla het nie.  Wat wel pla is die padgeraas op die hoofpad tussen George en Mosselbaai, veral as die wind van die see se kant af waai.

Ons het vriende wat daar naby woon en sal beslis weer hier kamp as ons hulle wil gaan besoek.
Punt toegeken  -  8/10

Sien kommentaar van Jan du Plessis onder "Parke aanbeveel deur derde partye"

Webwerf  -  www.outeniquacaravanpark.co.za

Kliek hier vir Outeniqua fotos

KLEIN BRAK RIVIER

KLEI BRAK KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Ons besluit om nie hier te kamp nie.

KLEIN BRAK RIVIER
RIVERSIDE HOLIDAY RESORT

Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Die park is groot en goedversorg, met  skoon en voldoende  ablusies.  Ons is meegedeel dat die ablusies gedurende 2011 totaal hernuwe sal word.  Die park is op die oewer van die Klein Brak in ‘n plaas omgewing so 10km van die see en 7km van Reebok/Fraaiuitsig Spar en winkels. Die staanplekke is groot, gelyk met redelik baie skadu bome.  Let net daarop dat sommige nie kragpunte het nie.  Elke twee staanplekke deel ‘n 10 amp breker, sorg dat jy nie ‘n buurman het nie. Daar is nie ‘n winkel by die park nie, maar bootjies vir die rivier word verhuur.  Daar is wel 'n munt wasmasjien en droër.  Die park en omgewing is baie rustig en ons sal die park beslis  weer  besoek. 
Gedurende die eerste skoolvakansie huisves hulle elke jaar al die skolesportspanne vir ‘n week.  Tussen 200 en 300 kinders word dan in die huisies gehuisves.  Onderwysers hou hulle in toom, maar die ablusieblok werk hard – neem kennis.

Die water in die park is ligbruin gekleur van die plantegroei en proe ook effe brak.  Ons keramiekfiltreerder los die probleem heeltemal op.  Die Fraaiuitsig Spar verkoop ook grootmaat gefiltreerde water - bring 'n houer.

Besoek 2014  -  Geen groot veranderings nie.  Die ablusieblok is inderdaad opgedollie en vertoon goed.  Aan die manskant bly die aantrek gedeelte van die stort nie droog nie, maar wel aan die vrouenskant.  Sonverwarmers hou die water lou gedurende die dag en 'n paraffienverwarmer verskaf warmwater vroeg oggend en dan weer laatmiddag.  Na 20.00hr is die water gewoonlik net louwarm. 

 Hier is ook nou 'n paar kampeerders wat blykbaar permanent hier kamp.

WAARSKUWING 2014

Langtermynkampeerders moet daarop let dat jy net 'n maandtarief betaal vir 'n kalendermaand.  As jy op bv. op 25 Junie aankom, sal jy die volle dagtarief betaal tot die einde van Junie en dan 'n maandtarief vir Julie.

Kliek hier vir Riverside fotos
Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.riverside-resort.co.za


KNYSNA

LAKE BRENTON RESORT

LAASTE BESOEK  -  2014

Hierdie park sluit op 3 Mei 2014 sy deure.  Hulle neem nog kampeerders in tot hierdie datum, maar die grondwerke vir die ontwikkeling is reeds aan die gang met gepaardgaande geraas. 

KNYSNA
BUFFELSBAAI KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2003 & 2018
Kommentaar  -  ‘n Pragtige omgewing en goedversorgte park, reg op die see.  Daar is staanplekke wat tydens springgetye onder die seeskuim deurloop.  Die staanplekke is groot genoeg en redelik gelyk.  Die bestuurder bly op die oord en dus word die kamp en ablusies goed en skoon onderhou.  Daar is bitter min skaduwee en sorg vir groot stormpenne.  Die plek ken van wind, die see is aan twee kante van die park. Die park verdien sy 4 ster gradering.  Daar is ‘n klein winkeltjie net buite die park, asook ‘n restaurant.  Groter aankope moet op Knysna (18km ver) gedoen word.  Ons sal beslis weer die park besoek.

2018  - Ons besoek weer die Park en kan nie uitgepraat raak oor die ablusiegeriewe nie.  Die is baie verbeter en kan met die beste in die land meeding.  Heelwat verbetering aan die terrein is gedoen, veral om die see uit te hou.

Ongelukkig is die seefront staanplekke nou te klein vir ons Penta met voltent en die bakkie.  Moet nou dus noodgedwonge agterlangs staan.
Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.buffalobay.co.za

Kliek hier vir Buffelsbaai fotos


KNYSNA

BUFFELSKOP WOONWAPARK

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Die stiefbroer van Buffelsbaai Woonwapark.  Val onder die selfde munisipaliteit maar is beslis nie op dieselfde standaard as Buffelsbaai nie.

Die staanplekke hier is egter groter en die uitsig oor die see net te pragtig.

Soos die naam aandui is die park teen 'n stewige bult uitgele, en as jy heel bo kamp en elke dag afstapn strand toe, gaan jou kuite beslis bult.

Punt toegeken  -  3/10

Kliek hier vir Buffelskop fotos

KNYSNA

DIEPWALLE DEK KAMPEERING

(TUINROETE NASIONALE PARK)

Laaste besoek  -  2014 & 2021

Kommentaar  -  Hierdie is beslis net geskik vir tent kampering.  Dekke is tussen die bome gebou, waarop jou tent staan en daar is 'n ingeboude braai en klein tafel onder 'n afdakkie.  Klem is op klein - jou tent moet nie meer as 3X3m wees nie.  Jy kan ook een van hulle tente huur.

Jou voertuig kan nie by jou staanplek kom nie, jy moet alles wat jy saambring dra, en sommige van die dekke is redelik ver van die pad af.

Genoeg klagtes, nou die lekker dinge. Dit is deel van 'n bosboustasie in die middel van nerens, die dekke lekker privaat tussen die bosse en pragtig mooi. Elektriese punte by die staanplekke het gewone huishoudelike proppe. Voels in oorvloed en kort staproetes, goed gemerk, op jou voorstoep.

Die ablusieblok is klein, maar goed gebou.  Alles het gewerk, maar kon skoner gewees het.  Storte het nie neersit plek nie, maar ons sien die plek as 'n boskamp en het dinge so aanvaar.

Die grondpad van Knysna af was redelik om met ons bakkie te ry, maar kleiner motors sal bietjie skud en skommel.  Die natuurlike bos langs die pad was heel mooi, dit het die pad sommer korter laat voel.  As jy van Avontuur af inry, ry jy deur 'n pragtige pas, maar jou gemiddelde spoed sal minder as 60kpu wees.  'n Kleiner motor sal dit ook maak, maar sal nog stadiger moet ry.

Ons is buitelug mense en beveel die park aan vir diesulkes.

Punt toegeken  -  6/10 (Boskamp)

2021 - Bevestig bogenoemde.

KNYSNA

MONK'S HOLIDAY PARK

Laaste besoek  -  2014 & 2018

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, en sal ongelukkig dit ook nie doen nie.  

Die kamp is in Knysna self, op die hoek van twee besige paaie - die verkeergeraas is net eenvoudig te veel vir ons.  Die terrein is netjies en die ablusies was skoon en netjies, maar die staanplekke klein - die grootste gedeelte van die park het word deur permenente strukture gevul.

2018  -  Ons besoek weer die Oord en bevestig ons vorige kommentaar.

Punt toegeken  -  0/10

Kliek hier vir Monk's fotos

KNYSNA

WOODBOURNE RESORT

Laaste besoek  -  2014 &2018

kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, en sal ongelukkig ook nie.

Die kamp is teen die besige straat op na The Heads en die verkeergeraas is net te veel vir ons.

Die is egter 'n mooi en goed versorgde kamp met moderne en skoon ablusies.  Die staanplekke is meestal onder bome met redelike grasbedekking.  Meeste is effe skuins, maar heel bruikbaar.  

Kyk gerus na diefotos en besluit self.

2018 - Ons besluit om vir een nag oor te bly en bly op die ou end heelwat langer hier.  Die padgeraas wat ons gedurende die dag gepla het, neem vroegaand af en teen so 22.00hrs beweeg hier bitter min voertuie.

Ons kamp lekker en geniet die pragtige natuurskoon.   Hier is nog baie gebrande bome, maar die gras en struike staan weer lowergroen.

Punt toegeken  -  0/10  2018  7/10

Kliek hier vir Woobourne fotos


KOMMETJIE (KAAPSTAD)

IMHOFF KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Die park beslaan 'n groot area, maar die meeste daarvan word deur permanente inwoners beset.  Hierdie area is goed onderhou en byna al die strukture netjies en eenkant  -  dit pla nie regtig nie. Die interne paaie is geteer, die staanplekke met plantheinings afgemerk en skep 'n algehele goeie indruk.  Die staanplekke is redelik groot en sommige het sement of steen areas vir jou tent, die staanplekke is met grasbeplant, maar nie baie gelyk nie.  Daar is baie hoe bome, goeie skaduwee en moeilike TV ontvangs.  Ligte en krane is yl gesaai. Net een ablusie blok is oop tydens ons besoek, en alhoewel oud, word dit skoon gehou.  Die stort hokkies is die kleinste wat ons nog ooit gesien het - moet nie jou seep laat val nie. Daar is geen wasmasjiene nie en die "laundry" het net koue krane.

Die see is net sowat 300m van die oordhek en die ysige swemarea so 500m verder. Daar is goeie staproetes in die area. Die naaste kafee is sowat 2Km ver en die baie goeie Longbeach kompleks sowat 15Km ver.  Die park is omhein en na donker word toegangsbeheer toegepas. Daar was 'n nota in die ablusieblok om teen tentdiefstal te waarsku, maar ons het veilig en gemaklik gevoel, beide in die kamp en op die strand.  Internet ontvangs in die area is somtyds problamaties.  Op 'n Vrydag middag het nuwe kampeerders luide musiek gespeel en voor ons kon kla het die sekuriteitswag hulle stilgemaak.  Ons was beindruk, aangesien die kennisgewings eers na 10.30nm geraas verbied.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  www.imhoff.co.za

Kommetjie (Kaapstad)

SOETWATER OORD (Medusa Karavaanpark en De Anker )

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Hierdie oord was in die vorige bedeling vir gekleurdes gebou.  Tydens ons besoek (September) was die oord leeg en die personeel het bevestig dat die kampeerterrein slegs gedurende Paasnaweek en Desember/Januarie gebruik word.

Ons sal nie hier kampeer nie.

Punt toegeken  -  0/10 

KOMMETJIE  (KAAPSTAD)

SUNNY ACRES KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Ons sal beslis nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

KUILSRIVIER (KAAPSTAD)

VAN ZYLSRUS KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar slegs by vriende daar gekuier en met die eienaar gesels.  Die park word nie geadverteer nie, het geen Webtuiste nie en ook nie 'n aanwysingsbord langs die pad nie. Dit is begin om slegs kampplek vir Kaapse karavaanklubs te bied, maar hulle neem nou kampeerders in wat deur mede kampeerders daarheen verwys word. John, die eienaar, woon op die perseel en sy pa help met onderhoud.  Die park is op die rand van Kuilsrivier, reg langs die Kuilsrivier Gholfbaan en kyk ook daarop uit.  Daar is sowat 30 staanplekke op 6 grasgroen terasse met heelwat bome.  Die park is omhein en word deur twee groot herdershonde gepatroleer. Die ablusieblok is klein met net twee storte en toilette vir mans en dames elk.  Die is regtig baie netjies en was "spotless" met ons besoek.

Die park is sowat 35Km van die Kaapse Waterfront en omtrent die selfde afstand van Stellenbosch (op die M23 Bottelary pad).  Die afdraai bord se slegs Van Zylsrus Vervoer - geen karavaan bord nie.  Die naaste kafee is sowat 5km weg en die groot Cape Gate kompleks sowat 8km.

Ons beveel die park aan vir 'n rustige niksdoen oorstaan.  Die negatiewe is dat hulle huweliksonthale aanbied en die wydte van die staanplekke.  Die terasse kan wel jou karavaan en tent huisves, maar voertuie kan nie verby kom nie.  As jy dus in die middel van die terras opslaan en jy kry weerskante bure, sal een van hulle hul tent moet afslaan voor jy jou karavaan kan uitkry.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar.

LAAIPLEK

STYWELYNE VAKANSIE OORD

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Daar is altyd 'n uitsondering en hierdie park is beslis een. Ons kry selde deesdae 'n goeie munisipale oord en vermy ook parke waar daar baie huisies of chalets op die perseel is.  As altwee die dinge in plek is, hou verby.   Ons wou ook so maak, maar wou graag by Laaiplek en Velddrif uitkom en niks anders het ons aangestaan nie.  Ry toe maar in!

Wat 'n verrassing - skoon, netjies, vriendelike bestuur en werkers. Baie goeie sekuriteit, veral vir 'n kuspark met seefront.  Netjiese interne paaie, meeste staanplekke groot en gelyk met baie bome.  Weliswaar geen gras by die voorste staanplekke nie, maar wel by die dieper in.

Die ablusieblok is skoon en netjies en alles werk!!  Daar is Muntwasmasjiene vir die wasgoed, met droeers en ook wasgoeddrade in 'n toe vierkant - baie netjies.   Selfs die buisligte is skoon, beslis iets wat ons lanklaas gesien.  En dan vir Flip die cherry op die koek - 'n opregte vesskoonmaak plek.  Sementblad, kraan en tuinslang en 'n afvalgat in die middel.  Hierdie ding moet as 'n nasionale sleutelpunt verklaar word - dis kosbaarder as onsse Pres se huis!

Natuurlik is alles nie net maanskyn en rose nie - die storte het nie 'n droe afdeling nie en die swembad was gesluit.  Die staanplekke het geen uitsig nie en met die baie huisies word die plek beslis baie besig met tye, maar ons het ons besoek geniet en sal weer hier kamp.

Punt toegeken  -  6/10

E-Pos  -  stywelyne@bergmun.org.za


LAINSBURG

SIT EN RUS KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar net na die Park gaan kyk.  Die Park bestaan uit selfsorgeenhede sowel as die kampafdeling.  Die staanplekke is groot genoeg vir ons Penta, gelyk en grasbedek.  Toegangsbeheer word toegepas en die heining lyk substansieel.  Die kleinerige ablusieblok vertoon goed, was skoon en netjies met storte, wasbakke en natuurlik toilette.

Die plek vertoon goed, is baie naby aan die Engen Garage in Factory Close, en is beslis 'n goeie oornag stop.  Twee items wat pla is die padgeraas van die deurpad en ook die aantal minibustaxis wat oorkant die straat geparkeer was.

Ons sal die plek beslis oorweeg vir 'n oornag stop en ook om hierdie baie mooi Karoo landskap te verken.  Die Anysberg Natuurreservaat en die grondpad na Ladismith is betowerend.

Punt toegeken  -  5/10 (Slegs vir oornag)

E-Pos  -  christo.serfontein@bos.co.za 

LAMBERTSBAAI

LAMBERTSBAAI MUNISIPALE KARAVAANPARL

Laaste besoek  -  2021

Kommentaar  -  'n Groot munisipale park, reg op die strand, hier aan die Waskus. Hier is 269 staanplekke waarvan 40 klein privaat ablusies het. Die openbare ablusies is redelik netjies, maar sommige toilet deure kan nie sluit nie en hier word ook geen toiletpapier verskaf nie. Die water in die blok wat ons gebruik het, was amper kokend warm.

Die groot area is gelyk, met net die een hoek wat op 'n laer terras is. Staanplekke wissel effe in grootte, maar ons het gerieflik ingepas. Heelwat bome, maar hier snoei die wind die bome en skaduwee is dus maar eina. Meer bossie en daisies op die staanplekke as gras en was lank tydens ons besoek - buite seisoen en in grendeltyd.

Die Park is reg langs die strand, maar asgevolg van die sekuriteitsheining, is daar nie direkte toegang na die strand nie. Seker so 'n 100m stap strand toe. Hulle her 24/7 wagte by die hek en een wat saans patroleer.

Dit is 'n klein stil dorpie, maar jy sal al jou voorraad hier kan aanvul.  Ons het ons maandlange staan hier geniet.

Kliek hier vir Lambertsbaai fotos

Punt toegeken - 6/10

Tel - 027 432 2238

LAMBERTSBAAI

MALKOPPAN GASTEPLAAS

Laaste besoek  -  2021

Kommentaar  -  'n Groot karavaanpark (75 staanplekke), met nog in aanbou. Die staanplekke is almal grootgenoeg om twee kleiner woonwaens te huisves, ons palma het verdwaal gelyk.  Die groot area het 'n effense helling na die R365, wat die eiendom se weste kant begrens. Net oorkant hierdie teerpad, is die welbekende Muisbosskerm.  Stap sommer oor vir jou seekos ete.  Die pad is redelik stil en gelyk en het ons glad nie gepla nie - die see maak hier musiek en verdoof ander geluide.  Die wereld hier is sanderig, maar hulle het baie gras gevestig, en die staanplekke met minder gras het diggeweefde nette, om die sand in toom te hou.

Die ablusiegeriewe is in twee aparte geboue, een vir die dames en die ander vir die manne.  Dit is netjies en skoon geverf en die water amper kokend warm.  Waarsku kinders om nie die warmkraan van die storte eerste oop te draai nie.

Alby die geboue het wasbalies en wasgoedlyne aan die agterkant.  Hulle bied ook wasgeriewe aan, kontak net die Ontvangsdame.  Die skottelgoedwasbak agter die damesblok, was 'n teleurstelling.  Ons het en sal nie ons skottelgoed hier was nie.

Ona was hier tydens die Covid "Lockdown" en kon dus nie die Muisbosskerm besoek nie.  Baie jammer wat dit sal sekerlik die toppunt van jou besoek hier wees.

Punt toegeken  -  7/10

Kliek hier vir Malkoppan fotos


LAMBERTSBAAI

VANPUTTENSVLEI KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2021

Kommentaar  -  Miskien nie elkeen se smaak nie, maar vir ons is hierdie 'n regte juweel.  5Km Vanaf Lambertsbaai, waarvan die laaste 1.3Km 'n stewige sandpad is.  Ons het die plek net na groot reëns besoek en die pad was in 'n baie goeie kondisie.  Jou padwa kan met gemak hier loop. Die plaaspad loop hier dood en daar is dus nie 'n geraas of stof probleem nie.

Die pad na Lambertsbaai het in die voortye hierlangs geloop en die plek was toe dorpie.  Die bestaande geboue was die kerk, polisiestasie en die hofsaal. Die kerkie en hotel is nog net murasies, maar sal hopelik ook nog gerestaureer word.

Hier is staanplekke te kies en keur.  Jou padwa kan op grasbedekte, gelyk staanplekke tussen bome staanmaak op die wal van die Jakkalsrivier, of met bietjie meer moeite kan jy joun padwa op 'n meer afgesonderde staanplek kry.  Vir die boswa manne is daar gedienste staanplekke, of jy kan oorkant die riviertjie totaal selfversorgend gaan staan, met die opsie dat geriewe net 'n kort stappie ver is, as Ma wasgoed wil gaan was.

Nou kom ons by die ablusiegeriewe. As jy blinkchroom en teëls soek bly weg, maar as jy iets anders wil ervaar, is hierdie die plek vir jou. Toilette in 'n groot wynvaatjie, badkamer waarvan die een muur die klipkoppie is en dan meer konvensioeneel, in 'n sinkgebou.  Alles netjies, skoon en in goeie werkende toestand.

Stap, rus, vrede en voëlkyk is hier koning, maar as jy wil, is Lambertsbaai se dinge net 'n klipgooi ver.

Punt toegeken - 7/10

Kliek hier vir Vanputtens fotos

LANGEBAAN

SEEBRIESPARK

Laaste besoek  -  2013

Ons sal beslis nie hier kamp nie.

Punt toegeken  0/10 

LANGEBAAN
LEENTJIESKLIP
Laaste besoek  -  2005  /  2011
Kommentaar  -  ‘n Munisipale park net buite Langebaan met ‘n groot hoeveelheid staanplekke, sommige met privaat ablusies, maar met min skaduwee.  Die wind kan ‘n probleem wees, aangesien dit reg op die see geleë is – skuil agter een van die windbreke. Die staanplekke is op ‘n effense helling geleë, groot genoeg, maar let op waar die seevoëls vergader – hulle bemors die wereld.  Die ablusie geriewe is oud en herstelwerk nie op datum nie, maar word gereeld skoongemaak. Die storte is ook hopeloos ontwerp - die droee gedeelte spat so nat dat die water tot in die gang loop. Sit jou skoene op die bankie.  Winkels is sowat 1.5km van die kamp.  Die area is pragtig en jy kan vir ver ente langs die see loop.  Ons het die park al ‘n paar keer besoek en sal weer so doen.

2011 -  Christo is steeds bestuurder en dinge loop redelik glad. Die een ablusieblok is nuut geteel en lyk nou skaflik. Dit word skoongehou. Ongelukkig is die park met duwweltjies vervuil - hou skoene aan. Hulle het nou ook wagte wat die kamp 24/7 patrolleer.

2013 - Christo swaai nog steeds die septer hier en nie veel het verander nie.  Die ablusies is bietjie ouer en wys hulle jare,  maar word skoon gehou.

Beslis die moeite werd vir pensioenarisse om buite seisoen hier te kamp.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.saldanhabay.co.za

Kliek hier vir Leentjiesklip fotos


LANGEBAAN

OOSTEWAL KAMPPEERTERREIN

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Ons het lank hierdie kamp ge-ignoreer, omdat ons wil staan waar ons die see kan sien as ons aan die kus kamp.  Hewige windstorms het ons by Leentjiesklip laat klippe kou en ons laat besluit om te gaan kyk hoe dit by Oostewal lyk.

Ons was aangenaam verras.  Die staanplekke is absoluut gelyk, daar is bietjie skaduwee, genoeg krane, goeie sekuriteit en beter ablusiegeriewe as by Leentjiesklip.

En die beste van alles - lekker digte heinings om die wind te tem.  Die interne pad is geteer en daar is plaveisel op die staanplekke en dik groen gras verhoed stof.  Die elektriese netwerk is netjies en korrek bedraad, met 15A brekers.

Die storte is sleg beplan en die sogenaamde droee area spat sopnat - net soos in Leentjiesklip.  Blykbaar het dieselfde munisipale amptenaar alby beplan!

Die park is in die residensieele deel van die dorp, ongelukkig met die gepaardgaande verkeergeraas.  Die heinings help om dit te demp en dai sal ook help as jy liewers aan die suid-oostelike kant kamp, waar die verkeer minder is.

Die ingangshek is so 200 meter van die strand af.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  - www.saldanhabay.co.za

 Kliek hier vir Oostewal fotos

MELKBOSCHSTRAND

OU SKIP KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Dit is 'n reuse park, maar wat 'n goeie en versorgde indruk skep.  Die park is skoon en die staanplekke goed versorg.  Die ablusieblokke is redelik oud, met rooi siersteen gebou, maar die bad- en storthokkies is grootgenoeg met plek vir jou klere en handdoek. Toiletpapier word voorsien. Daar is bakke vir wasgoedwas, asook munt was- en droogmasjiene met lang wasgoedlyne.  Geen wasgoed droog by jou staanplek nie en geen harde musiek word toegelaat nie.  Die interne paaie is geteer en die staanplekke grasbedek en redelik gelyk.  Sommige staanplekke is te klein vir ons karavaan, tent en bakkie.  Sommige is ook ver van die ablusieblokke.  Maak seker van jou staanplek as jy bespreek.  Hulle waarsku jou dat hulle wel inbrake in die verlede gehad het, maar daar is nou wagte by die hek en die park word saans gepatrolleer. Ons het nie onveilig gevoel nie, maar hou jou besittings maar buite sig.  Die grensdrade is nie watwonders nie.  Daar is baie bome vir skadu en windbreke, met 'n lewendige voel bevolking.  Ons sien ook baie katte. Elektriese toevoer is slegs 10A.

Hulle het 'n klein winkel op die perseel, groot swembad en kinderspeelkehoekie.  Die strand is 300 meter van die hek en groot afdelingswinkels so 3Km ver.  Ons sal beslis weer hier kamp.

Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.ouskip.com 

Kliek hier vir Ou Skip fotos

MOTAGU
BADEN KLUB






Laaste besoek – 2011
Kommentaar  -  In private besit en tot onlangs is slegs klublede toegelaat.  Dit is nou oopgestel, maar nie-lede betaal aansienlik meer.  Die Klub het baie reels (wat ons heeltemal geval), maar maak seker dat jy sal inpas voordat jy bespreek.  Dit word toegepas.  Dit is ‘n groot park met grasstaanplekke, baie bome, duidelik gemerkte staanplekke, geboude braaifasiliteite op die staanplekke en ‘n kraan per twee staanplekke.  Staanplek grootte wissel van baie groot tot te klein vir jou karavaan, tent en motor.  Maak seker dat jy ’n groot genoeg plek bespreek.  Die ablusies is oud maar skoon. Hulle het twee groot buite swembaddens, een daarvan natuurlik verhit,  maar met geen swaelreuk nie – baie lekker.  Daar is ook twee private baddens waarin twee mense lekker ontspan – betaal vir ‘n sleutel by ontvangs. Die kafee op die perseel hou ‘n paar noodvoorrade aan, maar iemand gaan elke dag Montagu toe (so 10km waarvan 5km goeie grondpad) en neem bestellings as jy iets benodig. Hulle verskaf ook baie goeie etes. Daar is twee staproetes op die plaas asook ‘n area waar jy jou vuurwapens kan toets.
Punt toegeken – 7/10

Webwerf  -  www.badenklub.co.za

Kliek hier vir Baden Club fotos

MONTAGU

DORINGLAAGTE OORD

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar die park tydens 'n geweldige hittegolf besoek, en wat 'n lekker ondervinding om op die groen oase in die dorre omgewing af te kom.

Dit is 'n groot Oord met baie kampeerplekke en talle huisies beskikbaar. Die huisies het elk 'n braai en jacusi en kyk uit op die plaasdam.  Die dam was ongelukkig redelik leeg tydens ons besoek.  Die area is in die greep van 'n lang en erge droogte op die oomblik.

Die staanplekke is almal gelyk en meestal grasbedek en word gereeld nat ge spuit.  Daar is heelwat skadubome en 'n verskuifbare braai en asdrom is beskikbaar vir elke staanplek. Kragpunte is redelik naby jou staanplek en waterkrane word deur 'n paar staanplekke gedeel. Die interne paaie is in 'n goeie toestand en gegewe die gras, behoort stof nie 'n groot probleem te wees nie.  Die pad vanaf Montagu tot by die plaashek is geteer. Die kort stukkie gruispad van die hek tot by die kamp is in 'n goeie toestand en behoort geen probleme in nat weer te wees nie.

Vermaak is beslis hier koning.  Die twee kroee is pragtig en beslis gebou vir kuier met 'n binne swembad in die een by hulle baie innoverende "strand in die Karoo".  Hulle bied ook bergfietspaaie, wandelpaaie, 4X4 roetes, hengel,trapbote, kano's en klein gholfbaan.

Montagu is so 5Km ver, en bied goeie winkels waar jy jou voorraad kan aanvul.

Ons sal beslis met ons volgende besoek aan hierdie area hier kamp.

Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.doringlaagte.com

KLIEK HIER VIR DORINGLAAGTE FOTOS


MONTAGU

GUANO CAVES OORD

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar die Oord besoek om die trekkerrit na die Guanogrotte mee te maak - lekker uitstappie.

Die Oord het beslis 'n eiesoortige gevoel met sy dammetjies, klippaadjies, klipgeboue en al die eksotiese diere.  Amper of jy jou in feetjieland bevind.

Die karavaanpark en ablusies is netjies, maar ons het nie hier gebly nie en kan dus nie eerstehandse inligting gee nie.

Ons sal beslis die Oord in die toekoms besoek.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Guano Caves fotos

MONTAGU
Montagu Karavaan Park
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar – Dit is ‘n private park en die eienaars bestuur dit self.  Die park is binne die dorp, maar op ‘n groot area met ‘n tamaai dam.  Jy weet werklik nie jy is in ‘n dorp nie.  Die staanplekke is groot, gelyk en grasgroen.  Daar is beide son en skadu staanplekke.  Krane ie volop, daar is geboude braaiplekke op ‘n afgesperde area,  drombraaie is beskikbaar en daar is ‘n swembad.  Gedurende vakansies is die park normaalweg vol – bespreek.  Buite seisoen is dit net vol gedurende die wynfeeste.  Die park is pynlik netjies en die ablusies regtig “spotless” tydens on besoek.  Die paaie is met perskedoppe bedek en stof sal nie ‘n probleem wees nie.  Hulle het ook huisies beskikbaar – baie netjies. Dit is beslis een van die beste parke wat ons onlangs besoek het en sal beslis daar kamp.

2022 Besoek - Ons kamp hier vir 'n maand gedurende die lente en geniet onsself gate uit. Hier is heelwat verbeterings vanaf ons laaste besoek. Baie van die staanplekke het nou plaveisel en hulle is besig om meer te doen. Ons Penta en afdak pas daarop is.  Onderdakswembad wat elektries verhit word, word druk besoek. Staanplekke het nou almal geboude braaie. Die appelkoosbome is verwyder en die ingangshekke werk met afstandbeheerders.

Punt toegeken  -  8/10  (2022  -  9/10)

KLIEK HIER VIR MONTAGU FOTOS

Sien kommentaar van Jan du Plessis onder "Parke aanbeveel deur derde partye"

Webwerf  -  www.montagucaravaanpark.co.za

MOSSELBAAI
DE BAKKE OORD EN SANTOS
Laaste besoek  -  2018
Kommentaar  -  Hierdie munisipale oord is nou onder private bestuur en dinge lyk beslis beter as tevore.  Die terrein is ten volle omhein en toegangsbeheer word by die hekke toegepas.

Die terrein is reg langs die see en lekker plat. Hulle is midde in 'n lang droogte en bitter min gras is oor.  Die baie bome pla ook natuurlik met die gras op die staanplekke.  Interne paaie is goed en die kort toegangspad geteer.  Ablusieblokke is netjies oorgedoen en was skoon en netjies. Opwasgeriewe, klere en skottelgoed, is oud, maar was ook skoon.

Kragproppe is netjies en toets reg, maar ongelukkig deel twee staanplekke 'n 20A breker. As die park vol is gaan dit beslis lol.

Ons sal beslis buite seisoen hier kamp.

2021  Ons kamp vir 'n maand hier en bevestig ons kommentaar van 2018.  Deel van ons tyd hier is oor die Paasskoolvakansie en ongelukkig is die musiek en remoer van sommige kampeerders so, dat ons nie weer hier sal kamp nie. Die geraas vanaf die openbare parkeerarea, net langs die oord, op 'n Saterdag en Sondag, waaroor die Oordbestuur ongelukkig geen beheer het nie, is net 'n verdere rede vir ons besluit.

Na verskeie klagtes deur kampeerders oor die vuil toestand wat veral die kontrakteurwerkers die ablusieblok laat, het ons besluit dat ons beslis nie weer hierdie oord sal besoek nie

Punt toegeken  0/10

Kliek hier vir De Bakke/Santos fotos

Webwerf  -  www.visitmosselbay.co.za  

MOSSELBAAI
DIE PUNT

Laaste besoek   -  2010
Kommentaar  -  Ook ‘n munisipale oord by Mosselbaai Punt.  Dit is die hele jaar oop en word goed bestuur.  Die staanplekke is groot en gelyk maar het min skaduwee.  Die ablusies is oud maar skoon en netjies. Dit is net oor die pad van die see af en daar is talle eetplekke naby die park.  Die geraas daarvandaan en die aanhoudende verkeer om die park is egter vir ons baie negatief.  Die parkeerarea langs die eenkant skep ook sy eie probleme.  Ons beskou dit net as ‘n oornag staanplek.
Punt toegeken  5/10

Webwerf  -  www.visitmosselbay.co.za  

MUIZENBERG  (KAAPSTAD)

ZANDVLEI KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  'n Baie groot munisipale park teen 'n groot vlei seker so 1.5km weg van die see.  Die park is met pallisade omhein en die hek word bewaak. Tydens ons besoek was hulle besig met opgradering, maar alles het tog netjies vertoon.  Staanplekke is groot, gelyk, grasbedek en sonder skaduwee.  Krane is nie te volop en blou elektriese proppe word gebruik. Daar is heelwat boomlanings as windbreke.

Die geheel indruk is goed, maar daar is 'n dagbesoekers area reg langs die park wat ons nie aanstaan nie.  Ons kon ook nie juis die nut van die park sien nie.  Dit is weg van die see, het nie juis 'n mooi uitsig nie en die watervoels bemors die plek vreeslik.  Ons glo dat daar beter opsies is in die Kaap.

Punt toegeken  -  2/10

Webwerf  -  www.capetown.gov.za/en/sportandrecreation 

NOORDHOEK (KAAPSTAD)
CHAPMAN’S PEAK KARAVAAN PLAAS
Laaste besoek  -  2003
Kommentaar  -  Let op die PLAAS en nie PARK.  Die park is redelik informeel en probeer ‘n plaas atmosfeer  skep.  Daar is bome, water dammetjies, eende, ganse, perde en dinge. Dit lyk mooi en rustig en is ‘n kort besoek werd.  Op die langer duur begin die diere mis pla.  Die ablusies is oud en word op ‘n plaas of boere manier onderhou, maar is skoon.  Die park is aan die onderpunt van die Chapman’s Peakpas en so 4km van die see en 2.5km van die naaste winkels.

Besoek  -  2011 (September)

Ons wou weer die park besoek, maar het later daarteen besluit. Die huisbediende het die kantoor beman en gese ons kan enige plek kamp. Gelukkig wag ons toe vir die eienaar, wat ons net die opsie van 'n paar treurige staanplekke gebied het.  Volgens hom beskerm hy sy gras.  As gras belangriker as betaalende kampeerders is, voel ons nie welkom nie.  Die park het in elkgeval 'n onversorgde gevoel gehad, erg na nat mis geruik en die ablusies is afgeleef.

Ons sal die park nie weer besoek nie.

Punt toegeken  -  5/10    (Sept 2011  -  2/10)

Webwerf  -  Nie beskikbaar 

OUDTSHOORN

KLEINPLAAS

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Ons het nog nie hier kampeer nie, maar slegs na die park gaan kyk.  Ons sal beslis hierdie park verkies om Oudtshoorn te verken.  Die park is in die dorp gelee, naby groot winkels en baie besienswaardighede. Die sekuriteit is goed en die park beslis van 4 ster gehalte.  Staanplekke is groot, gelyk en het baie skaduwee.  Die hele terrein is goed ontwikkel met groot groen areas en die ablusiegeriewe van die beste.  Dit is 'n besige park, maar die ontvangs was vriendelik en behulpsaam.  Ten spyte van die reel dat kampeerders nie langer as 14 dae op 'n standplaas mag parkeer nie, ly die gras beslis onder die verkeer, met groot kaal kolle.

Die park is redelik duur, maar bied waarde vir geld.

Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.kleinplaas.co.za 

PATERNOSTER

TIETIESBAAI NKARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2002

Kommentaar  -  Ons het net die park gaan beoordeel tydens ‘n stil periode.  Die pad na die park is baie sanderig vir so 700m en het toe ‘n redelik hoë middelman gehad.  Maar seker jou voertuig kan daar kom. Die area is aller pragtig en baie kampeerders glo dat dit ‘n moetbesoek kamp is.  Daar is geen sekuriteit, die area waar jy kan kamp is sanderig, ongelyk, winderig, sonder krag en die staanplekke nie uitgemerk nie.  Die kamp is egter so gewild dat jy baie moeilik plek kry gedurende die skoolvakansies.  Ons het nie hier kampeer nie, aangesien ons yskas net op 220 krag werk.

2013   Hier het groot verbeterings sedert ons laaste besoek 11 jaar gelede plaasgevind en bogenoemde is  meestal nie meer van toepassing nie.

Die park is in die Cape Columbine Nature Reserve, waar toegangsbeheer streng toegepas word.  Sekuriteit is dus baie beter, maar dagbesoekers tot 'n totaal van 150 per dag word toegelaat.  Die Park is so 260 Ha groot en hier is sommer baie uitspanplekke, almal met braaigeriewe en waterkrane op alle uithoeke van die piekniekareas.  Hier is ook meer vuillisdromme as in sommige stede, maar die enigste toiletfasiliteite is in die kampeerarea, wat sekerlik probleme vir kampeerders kan veroorsaak.  Ons beskou hierdie fasiliteite ook as onvoldoende gegewe die besoekerstal (60 staanplekke met maks 6 persone plus 150 dagbesoekers) wat oor veral vakansieperiodes hier kan saamtrek.  Met ons besoek was die skoonmaker ook heel verontwaardig toe ons se dat die geriewe nie juis skoon is nie.  Die sowat 6 Km grondpad van Paternoster af was heel goed en 'n gewone sedanmotor kan 'n padwa hierheen sleep.

Die staanplekke naaste aan die see het almal gelyk gruis oppervlaktes en was baie netjies.  Alhoewel ons in die middel van die blommeseisoen hier was, was die middelste grasstaanplekke totaal oorgroei en ons sou beslis nie daar gekamp het nie.  Die natuurskoon hier is natuurlik onverbeterlik en om elke draai wag 'n nuwe uitsig op jou - dit maak Tietiesbaai.

Doendinge:

Hier is vele stappaaitjie, swemstrande (vir die Ysbere), voelkykplekke, hengelplekke, maar jy mag nie aas uit-of afhaal nie. Weskuskrewe is byna vervuil hier, maar jy moet 'n lisensie bekom, en dan net in seisoen uithaal. Onthou die water is nogal koel - 'n lekker 5mm duikpak is vir ons 'n moet.   Dit is 'n belewenis om die vuurtoring te besoek.  Jy kan tot by die reuse lig, heel bo, klim, maar wees gewaarsku, daar is eerstens 'n klompie mooi trappe, maar dan drie stelle amper regop houttrappe sonder veiligheidsreelings.  Ons het dit heel gemaklik gevind, maar ouens met hoogtevrees moet maar verby hou.

Jou naaste winkel is op Paternoster, 6 Km, maar op Vredenburg, so 23 Km, is daar groot kettingwinkels en 'n mooi "Mall".  Paternoster is nog een van die ou tradisionele vissersdorpies en jy kan saam met die manne gaan boothengel, of op 'n skiboot uitstappie gaan.  Hier is ook restaurante, 'n potterbakkers studio, kunswinkels en 50ppm diesel beskikbaar.  Die Hotel is netjies en die drankwinkel was nogal besig.
Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.saldanhabay.co.za 

PEARLY BEACH

DIE DAM

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  'n Groot Munisipale Oord in die middel van nerens, reg langs die see.  Die oord is so 25Km oos van Pearly Beach en so 50Km vanaf Gansbaai.  Die pad daarheen is geteer en was in 'n baie goeie toestand tydens ons besoek.

Die park area is baie netjies en goed versorg.  Hier en daar slaan die munisipale eienaarskap deur, maar ons was heel be-indruk.   Die toegangshek is omtrent in die middel van die park en is ook dan die skeidingspunt tussen die oostelike gedeelte en die in die westekant.  Hierdie kan ook eintlik as twee parke beskou word, aangesien die oostelike gedeelte agter 'n duin wegkruip, minder wind het, maar geen see-uitsig nie.

Van die westelike gedeelte se staanplekke is reg op die see (sommige letterlik net meters van die water af) en het dan ook 'n pragtige uitsig.  Onthou net dat as jy die see sien, sien die wind jou.  Hierdie staanplekke is egter ons keuse en ons slaan maar die lang penne in en geniet die uitsig.

Daar is sommer baie, baie huisies in die oord en ook 'n paar toegeboude karavane.  Ons was buite seisoen hier en alles was stil en rustig, maar ons glo dit sal erg wemel hier oor die Groot Dae.

Die ablusieblok in die oostelike gedeelte is tussen die huisies weggesteek en ver  van die karavaanstaanplekke, nogal jammer.  Die staanplekke is egter groot genoeg vir ons Penta en voltent en ook lekker gelyk.  Skaduwee is nie 'n sterk punt nie.  Sien ons foto album.

Die westelike gedeelte is, soos reeds gese, ons keuse.  Die gelyk staanplekke, see-uitsig en meer en nader ablusiegeriewe is vir ons tops.

Doendinge  -  Hier is 'n klein, swak gestokte winkeltjie en as jy iets vergeet het, ry jy Pearly Beach toe, of miskien selfs Gansbaai toe - alby kan nogal in 'n lekker uitstappie ontaard.   Die strand en see is natuurlik hier koning. Stap, swem, hengel, roei of net die uitsig en vars lug geniet kan jou goed besig hou.  Bloedwurm vir die groot steenbrasse werk goed.  Onthou net jou vislisensies en maak seker van die regulasies - hierdie is 'n bewaringsgebied.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Die Dam fotos


PEARLY BEACH (Gansbaai)

PEARLY BEACH RESORT

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Staanplekke verkoop en klein permanente strukture opgerig.   Dit is nou 'n klein "dorp" met geen kampeerplekke nie.

Punt toegeken  -  NVT

PIKETBERG

PIKETBERG MUNISIPALE PARK

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Ons sal nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

PIKETBERG

PIKET-BO BERG KWEKERY EN TEETUIN.

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Eerstens 'n kwekery, tweedens 'n teetuin en laastens 'n kampeerarea.  Dit is duidelik dat dit die volgorde van belangrikhuid is.

Die teetuin en plantegroei is wonderlik en die uitsig van bo in die berge ongelooflik.  Die kampeerarea is effe verwaarloos tydens ons besoek, en die enigste toilet en stort is ook beskikbaar vir besoekkers aan die kwekery en teetuin.

Kampeerplekke is nie afgemerk nie 'n, maar kan so drie of vier tente met gemak hanteer.  Ons sal beslis nie ons Penta by die staanplekke kry nie, die paadjie is net te nou en miskien ook te styl.  Hierdie is tent of boswa wereld.  Die Versveldpas teen die berg uit kan ook uitdagend wees met 'n groot wa.

As kampterrein kan ons nie regtig die plek be-oordeel nie, daar word net te min aangebied, maar die area so mooi en anders as die vlaktes daar onder. dat dit 'n byna "moet besoek" plek is.

Punt toegeken  -  3/10

Kliek hier vir Piket-bo berg fotos

 PLETTENBERGBAAI 

ARCH ROCK SEASIDE ACCOMODATION

 Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  - Normaalweg sal ons nie hier kamp nie en het ook net die park besoek en nie gekamp nie.  Die omgewing is egter so mooi, die strand so pragtig en als so rustig dat ons dalk die tekortkominge vir 'n kort tydjie sal verduur.  Die park is by Kettle Beach so 12 Km oos van Plettenbergbaai. Die pad daarheen geteer en is by die see.  Die oord huisies verberg die seeuitsig, maar keer ook die wind af.  Die Park het verwaarloos voorgekom (Februarie 2012), met net  5 karavane en twee tente oor die naweek. Daar is skadu bome, maar die staanplekke maar so-so.  Die ablusie geriewe behoort in 'n vorige era en was regtig vuil teen 14,00hr op 'n Saterdag. Een gebou huisves die storte en 'n tweede die toilette.

As jy die natuurskoon hier wil geniet, of kom hengel is dit die plek om te wees.  Vroulief mag egter rebbeleer.

2014  Ons besoek weer die kamp en terwyl die staanplekke nog steeds maar so-so is, is hulle besig om die ablusiegeriewe op te knap.  Ons kan ongelukkig nog nie oordeel oor hoe die gaan lyk nie,  maar alle tekens is dat die geriewe by voltooiing baie goed sal wees.  Daar is glo 21 kampplekke beskikbaar, maar vele daarvan is te klein vir 'n karavaan.  Maak seker dat jou wa en tent sal in pas as jy bespreek.

Punt toegeken  -  2/10

Webwerf  - http://www.archrock.co.za


PLETTENBERGBAAI

FOR EVER RESORT PLETTENBERG

Laaste besoek  -  2003 en 2012
 Kommentaar  -  Die park is op die wal van die Keurboomsrivier 4km van die see en 6.5km buite die dorp. Dis ‘n pragtige park met baie bome en groen gras. Pasop vir die stink melkhoutbosse in die somer(veral Februarie, Maart) en die muskiete en ander riviergebruikers op die wal.  Die middel van die kamp is ‘n beter keuse.  Die kamp en ander huisvesting word goed onderhou. Die interne sirkel pad is geteer en die park redelik stofvry. Die groot ablusie blok in die middel van die kamp bied meer spasie en beter stortgeriewe as die kleiner blok verder in die kamp in.  Die Park verhuur  bootjies met 5pk enjins en dit is regtig lekker om rivierop te ry en piekniek te hou by een van die vele braaiplekke op die oewer. Daar is bootjies wat op die rivier vaar en oor sonnige naweke kan dit steurend wees as jy op die wal kamp. Ons het agtertoe gekamp en dit het nie gepla nie. (Ons slaap nie in die middag nie)  Die hele gebied daar is ‘n “upmarket” gebied en die dorp sal in al jou behoeftes voorsien – gewoonlik teen ‘n premie op die prys.

2014 - Ons kamp nou vir 'n maand hier. Die kamp is nog steeds in 'n baie goeie toestand.  Hulle is besig om sommige van die ongelyk staanplekke teen die rivier te plavei, 'n groot verbetering.   Sommige van die ander staanplekke het ook opvul nodig - as dit hard reen sal die water daar vergader.    Die wind hier waai meestal soggens rivieraf, draai later en waai rivierop in die middag.  As jy op die wal staan is dit meestal beter as jou tent na die rivier kyk.
Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.foreversa.co.za

Kliek hier vir Forever Resorts Plettenbergbaai

PLETTENBERGBAAI

HARKERVILLE FOREST LODGE

Laaste besoek  -  2021

Kommentaar - Hierdie Oord is op die rand van die Harkerville Natuurreservaat, wat deur Sanparke beheer word.  Hier is dus pragtige natuurtonele en ook goed onderhoude staproetes.

Die 18 staanplekke is meestal teen 'n helling en alhoewel hier klein terrasse is, is nie al die staanplekke gelyk nie.  Sommige is ook te klein vir karavaan. Maak dus seker as jy bespreek dat jou wa en tent sal inpas. Ons kon nie ons voertuig ook op die staanplek inpas nie.

Hier is vier ablusieblokke, almal in 'n werkende toestand en word gereeld skoongemaak.  Witgoud word voorsien en handreiniger is beskikbaar, maar nie handeseep nie.

Inkopiesentrums is beskikbaar op Plettenbergbaai of Knysna, beide minder as 20Km ver.  Daar is wel 'n geriefswinkel by die Sasol Garage, minder as 2Km van die kamp af. Die grondpad van die N2 af, so 2Km, was in 'n goeie toestand tydens ons verblyf.

Let wel dat Garmin GPS se aanwysings na die kamp toe verkeerd is. Dit laat jou op die Plettenbergbaai Lughawepad afdraai en dan deur 'n nou plaaspadjie, deur iemand se agterplaas ry.   Neem die Harkerville afdraai by die Sasol garage.

Selfoon ontvangs is baie swak (Vodacom en Cell C) en ons Vodacom Router het ook met die data gesukkel. Die kamp se WiFi is beskikbaar, maar redelik stadig.Sonder 'n yagi lugdraad gaan jy sukkel. Ons omnidirektionele lugdraad het dit net net gemaak.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf - www.harkerville.co.za

Kliek hier vir Harkerville fotos


 PLETTENBERGBAAI

KEURBOOMSLAGUNE KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  'n Groot park met groot gras staanplekke. Daar is 'n paar bome, maar nie baie skaduwee nie. Alles is redelik netjies en winkels nie te ver nie.  Dit is egter teen die lagune gelee en jy het 'n bootjie nodig om by die see te kom - anders moet jy ver ry see toe, of jou voete goed nat kry.

Daar is min verkeerd met die park, maar ons dink daar is beter opsies in daardie omgewing.

Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  -  www.keurboomslagoon.co.za

 PLETTENBERGBAAI

STORMSRIVIERMOND
Laaste besoek  -  2002  -  2011
Kommentaar  -  Sekerlik een van die beste Nasionale Parke kampeerplek.  Pak jou Wildcard en gaan kamp daar gedurende die warm maande en neem jou snorkelgerei saam vir die “under water trail” waar jy saam met die klein haaitjies swem.  Pak ook jou stapskoene – jy moet loop om die wereld daar regtig te geniet.  Die staanplekke is gelyk, groot genoeg, het geplafeide area vir die karavaan, maar met baie min skaduwee. Ons beskou staanplek 19 en 38 as beter windbestande staanplekke  Daar is ‘n restaurant en winkel, maar moet nie tyd mors om na ‘n winkel te ry nie – bring saam wat jy nodig het en geniet net die natuur .
Punt toegeken  -  9/10

Webwerf  -  www.sanparks.org

 PRINCE ALBERT

BUSHMANS VALLEY

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Die park is 'n paar kilometer buite Prince Albert in die Oudtshoorn rigting.  Ons het nie hier gekamp nie, maar net vlugtig besoek. Die ontvangs was vriendelik en behulpsaam. Die oord het pragtige chalets met 'n mooi uitsig en is duidelik hulle grootste bate.  Die kamp is maar rof met geen skadu, geen elektrisiteit en toegang na die staanplekke moeilik. Sommige staanplekke is te klein vir ons Palma en op ander is die pad so ongelyk dat die wa sal vashaak. Dit is ook baie stowwerig, met geen gras nie. Boswaens en karavane sal hier aard, maar ons sal liewer by Olienhof in die dorp staan.

Punt toegeken  -  2/10

Webwerf  -  www.bushmansvalley.com 

PRINCE ALBERT

OLIENHOF REST CAMP

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar slegs die Kamp besoek na ons in Die Hel gekuier het.

Die kamp is op 'n plaas net buite Prince Albert en is 'n uitstekende kampplek as jy Die Hel, Prince Albert en die Swartberg Pas wil verken.  Die staanplekke is gelyk, grasbedek en het groot bome wat heelwat skaduwee verskaf.  Die kamp area en ablusies was baie netjies en regtig silwer skoon.

Die vroueblok is mooi versier en maak jou sommer tuis voel.  Die bestuur was vriendelik en behulpsaam. Die dorp is goed ontwikkel en sal in al jou behoeftes voorsien. Winkels is net oor 1Km weg van die kamp. Dit is een van die beter plaaskampe wat ons al besoek het.

Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.patourism.co.za  (Sel 0724658314) 

PRINCE ALBERT ROAD

GAMKAS KLOOF  (DIE HEL)

Sien onder Gamkaskloof

RAWSONVILLE

ATKV GOUDINI SPA

Sien onder Worcester

RIVERSDALE
DIBIKI RIVERSDALE KARAVAANPARK (Ou Takkieskraal)

Laaste besoek  -  2011 & 2018 & 2021
Kommentaar  -  Wens alle munisipale parke word so goed bestuur.  Die park is in die middel van die dorp en langs die munisipale swembad.  Die park is egter groot genoeg dat die kindergeraas nie sal pla nie.  Die park asook die chalets is skoon, goed geverf en lyk pragtig. Die staanplekke is groot, gelyk, daar is groot  skadubome en 16 staanplekke het privaat ablusies en 12 gewone staanplekke. Hulle het ook heelwat huisies/chalets beskikbaar, asook 'n paar oornag kamers.
 Die dorp  self is skoon, goed ontwikkel en het genoeg winkels om meeste vrouens gelukkig te hou.  Merk hierdie park as ‘n uitstekende oornag punt of sommer net vir ‘n rusdag.

Ons het weer in Julie 2011 hier oornag, op ‘n staaanplek met private badkamer.  Alles was skoon, netjies en die personeel baie vriendelik.

2018  -  Ons slaap weer hier oor en is teleurgestel met die toestand van die privaat badkamers.  Dinge het beslis erg agteruit gegaan en dringende herstewerk en verf is dringend nodig.  

Moet net meld dat ons nie vooraf bespreek het nie.  Twee skoonmakers het dadelik ons badkamer getakel en silwerskoon gemaak.  Die Bestuur was ook vriendelik en behulpsaam.

2021 - Ons kamp weer hier en wat 'n plesier - dit is nie meer 'n munisipale kamp nie, maar is deur die eienaars van Dibiki by Hartenbos oorgeneem.  Die hele terrein se gras is lowergroen en netjies gesny.  Ons het nie 'n enkele papiertjie of gemors gesien nie.  Al die geboue is nuut geverf en Tilla reken sy het nog nooit skoner ablusiegeriewe gesien nie. Die privaatbadkamer skitter behoorlik, en so ook die ablusieblok vir die 12 gewone staanplekke.  Hier is ook seep, handeroom en 'n handdoek beskikbaar.

Die skottelgoedwasbakke, klere wasbalies en wasmasjien en droeer is bymekaar en ook silwerskoon.  Nuwe 5 X R5.00 munte doen die werk. Wasgoed lyne is beskikbaar.

Hierdie was altyd 'n goeie oornag kamp, maar is beslis nou 'n langer kuier werd.

Punt toegeken  -  7/10 

Kliek hier vir Dibiki fotos

Webwerf  -  www.dibikiriversdal.co.za

ROBERTSON

SILWERSTRAND KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons kamp vir 'n maand hier gedurende Oktober/November. Die kamp is vol bespreek vir die "Wine on the River" fees, maar die bestuur doen baie moeite om vir ons 'n kampplek beskikbaar te stel.  Kan regtig net dank uitspreek vir hulle vriendelikheid.

Die kamp is so 2/3 kilometer buite Roberson met letterlik net 'n 100 meter gruispad na die kamphek, wat elektronies beheer word.  

Ons staanplek, #13, is grootgenoeg vir ons Penta met voltent, bakkie en scooter.  Meeste staanplekke het grasbedekking en is gereeld natgespuit tydends ons besoek.  Dit is baie droog in die omgewing en die wind skop maar stof op.  Die Oord spuit selfs die grondpad aan sy westekant nat om die stof te verminder - vol punte vir dit.

Meeste staanplekke is gelyk. Sommige met gras en ander met plaveisel. Kragpunte is goed verspreid, maar krane maar yl.  Die grootste deel van die rivierbank is oop met 'n paar bankies beskikbaar.

Die ablusieblokke is nie luuks nie, maar heel aanvaarbaar, skoon en alles werk. Daar is ook twee familiebadkamers beskikbaar. Ongelukkig word die groot ablusieblok gedurende die week gesluit, tot groot ongerief vir die kampeerders op die onderste gedeelte van die oord.  Hulle voorsien nie handeseep of droeërs nie.  Hulle het 'n wasmasjien en droeër beskikbaar teen R40 per bondel.  Handwas geriewe en wasgoeddrade is ook beskikbaar.

Hier is 'n sleephelling vir die bote beskikbaar, maar sorg dat jou papierwerk vir die boot en skipper in orde is, anders gaan jy droogvoet bly.

Hulle webwerf noem dat hulle 'n speletjieskamer het, maar ons kon dit beslis nie vind nie!!

Kliek hier vir Siwerstrand fotos

Punt toegeken  -  6/10

SIEN KOMMENTAAR VAN JAN DU PLESSIS ONDER "PARKE AANBEVEEL DEUR DERDE PARTYE"

ROBERTSON

SKURWEKOP KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011 & 2018
Kommentaar  -  Die park is op ‘n werkende plaas, langs die Breederivier, so 5km buite Robertson.  Dit was ‘n Sondag middag en daar was niemand in die kamp of by die plaasopstal nie.  Die hek na die kamp was gesluit en ons kon dit net van ver af bekyk.  Op die oog af is alles netjies en beslis in ‘n mooi area.  Die plaas lyk ook goedversorg en sal beslis ‘n lentebesoek werd wees.
Punt toegeken  -  Nie gedoen (ons was nie in die kamp nie).

2018 - Ons kom uiteidelik by die oord uit en wat 'n lekker verrassing.  Ons het sommer onaangekondig daar aangekom en is so vriendelik ontvang dat ons sommer dadelik tuis gevoel het.

Ons het nie hier gekamp nie, maar sal beslis hier kom bly om die rustigheid en natuurskoon behoorlik te geniet. Die Breederivier (ook Breerivier genoem) vloei rustig tussen die kamp en die Skurwekop, waarna die oord vernoem is, deur.  Perfek vir hengel en roei tussen die groen rivierwalle.

Die staanplekke is gelyk, grasbedek met krane en kragproppe by jou staanplek.  Hulle gebruik nog gewone huishoudelike sokke.  Hier is twee groter ablusieblokke en nog 'n paar kleineres, so jy hoef nie te ver te loop nie.  Alles was superskoon en netjies tydens ons besoek.  Hier was geen kampeerders nie (midweek) maar die personeel was steeds besig om blink te vryf!!   Kyk gerus na die fotos om die plek te waardeer.

Hulle gebruik gesuiwerde boorgatwater en jy hoef dus nie drinkwater saam te dra nie.  Hier is 'n paar reels wat ons beslis van hou: geen troeteldiere nie en geen geraas of musiek nie. Vandaliste sal ook gou gou die het gewys word.

As jy dus die natuur en rivier wil kom geniet, is hierdie die plek vir jou.

Kliek hier vir Skurwekop fotos

Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.skurwekop.co.za

ST. HELENA BAAI

MIDWEST KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2021

Kommentaar  -  'n Klein (19 staanplekke) munisipale kampterrein wat onder private bestuur is.  Die staanplekke is op die buiterand van die park en is goed gemerk.  Die oop sentrale gedeelte maak dit regtig maklik om jou wa te parkeer. Die staanplekke is grootgenoeg vir ons penta en lekker gelyk. Twee van die staanplekke is buite die omheinde kampterrein en werklik op die strand - jy ry amper op die sand om hier uit e kom.

Die ablusiegeriewe is op die munisipale manier gebou en oud, maar is van die skoon en netjieste wat ons nog gesien het.  Soos gewoonlik is die vroue gedeelte strate beter as die mans se geriewe.  Warmwater was in oorvloed tydens ons besoek.

Ons het ons kamp hier terdee geneniet.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Midwest fotos

SALDANHA

SALDANHA VAKANSIE OORD

Laaste besoek  -  2013

Kommantaar  -  Hierdie munisipale park is reg op die lagoon - onverbeterlike ligging en mooi uitsig. Dit is in die dorp en is goed omhein en veiligheidswagte is in plek.  Soos meeste munisipale parke is hier ook sterk tekens van verval, broodnodige onderhoud word nie gedoen nie en skoonmaak is ook maar so-so.  Kyk gerus na ons Picasa Albums vir veral fotos van die ablusiegeriewe en ook die toestand van die Put-Put baan om 'n gevoel van die park te kry.

Moet egter ook meld dat die park in drie seksies verdeel moet word vir be-oordeling.  Die huisies/chalets lyk redelik oulik.  Die agterste gedeelte van die karavaanpark is plein vieslik en ons sal nooit hier kamp nie.  Die gedeelte agter die kantoorkompleks (naby die hek) is in 'n veel beter toestand en kan oorweeg word.  Die groot ablusieblok hier is in 'n beter toestand, alhoewel daar deure af is en ook sommige toiletsitplekke ontbreek.  Dit was redelik skoon tydens ons besoek.

Die staanplekke hier is grootgenoeg vir ons Penta en voltent, redelik gelyk met braaigeriewe en krane tussen staanplekke.  Die elektrisiteitpunte is 'n mengsel van gewone- en blouplugs. Die bedrading het reg getoets en brekers wissel tussen 15,16 en 20a. Daar is heelwat windbreekheinings, maar geen see-uitsig nie.

Ons sal eerder by Leentjiesklip of Oostewal in Langebaan kamp. Hierdie twee is ook munisipale kampe, maar in 'n beter toestand.

Doendinge - Voldoende winkels in Saldanha, maar die Weskus Mall in Vredenburg is net sowat 10 Km weg.  Hengelgerei en aas is volop in Saldanha en diepseehengel vanaf Klub Micinos ook sowat 10 Km weg. 

Hengel in die lagoon is maar so-so, meesal net klein stompneusies. Bloedwurm is gereedelik bekombaar.

Die Weskus Nas. Park is so 25Km weg en veral gedurende Augustus/September 'n besoek werd.

 Eetplekkies is volop.

Kliek hier vir Saldana fotos

Punt toegeken  -  3/10


SEDERBERG  -  Sien onder CEDERBERG

SEDGEFIELD

SWARTVLEI KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Die Suidkaap se munisipale parke is beslis beter as meeste van die ander provinsies se oorde en hierdie is geen uitsondering nie.

Die ablusies is ten volle geteel, was blinkskoon en in goeie werkende toestand. Die terrein was netjies en skoon en met een uitsondering was die kragpunte in goeie werkende toestand. Waterkrane is maar skraps.

Die terrein is gelyk, grasbedek en die staanplekke grootgenoeg vir ons Penta en voltent. Die staanplekke teen die meer het ongelukkig nie krag nie en skaduwee baie min. Die strand is so 100m plus van die hek af en die 2km toegangspad nuut geteer.

Die personeel was vriendelik en behulpsaam.  Die klein winkel en saal is slegs oop gedurende die seisoen, maar gelukkig is Sedgefield se winkels net so 5km weg.

Punt toegeken  -  5/10

Kliek hier vir Swartvlei fotos

SEDGEFIELD

LAKE PLEASANT RESORT

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Hierdie is werklik een van daardie juwele wat mens net nou en dan raakloop.  'n Pragtige Oord wat in alle opsigte goed versorg en netjies is.   Die hoofablusieblok lyk soos iets uit 'n top hotel en die restaurant net so goed.  As mens nou van muurbalbaan, tennisbaan, roeibote, see-, meer- en swembadswem praat en 'n hotel, dan se dit sekerlik alles.

O,ja, die staanplekke is gelyk, grasbedek, op terrasse en jy kies tussen skadewee of son en is dan nog groot genoeg ook, moet die plek net eenvoudid goed wees.  Meng hierby in die pragtige natuurskoon en meer as 200 voelsoorte wat hier voorkom en teerpad tot in die park.

Die winkeltjie was toe tydens ons besoek, maar Sedgefield is net om die hoek.  Ons is regtig dolverlief op die plek.

Punt toegeken  -  9/10

Kliek hier vir Lake Pleasant fotos

SIMONSTAD  (KAAPSTAD)

MILLER'S POINT KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Die park is suid van Simonstad op 'n nou stuk grond tussen die see en die pad na Kaappunt Natuurreservaat. Dit is 'n munisipale park en net verkeertoegangsbeheer word toegepas.  Die staanplekke is op twee gelyk terrasse, maar sommige is baie klein en ons karavaan sal nie inpas nie.  Daar is trappies af na die see, maar daar is geen swem of hengelplekke nie.  Daar is wel 'n skiboothelling baie naby.  Daar is 'n restaurant maar geen winkels of enige ander fasiliteite, behalwe 'n substandaard ablusieblok nie.

Daar is beter opsies in die Kaap en ons sal nie hier kampeer nie.

Punt toegeken  -  1/10

Webwerf  -  www.capetown.gov.za/en/sportandrecreation

 SIMONSTAD  (KAAPSTAD)

OATLANDS  HOLIDAY  RESORT

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Net binne die suidelike grens van Simonstad, teen die helling oorkant die pad van die see.  Die pad op na die karavaanpark gedeelte is baie skuins. Moet nie stop of afdraai na die Ontvangs/Kantoor toe nie.  Ry tot boop die bult en draai links na die staanplekke, parkeer en gaan dan kantoor toe.

Die staanplekke is op 6 gelyk terrasse, met boomlanings aan die seekant. Dit versper die baie mooi uitsig, maar help vir die wind. Sommige staanplekke is te klein vir ons karavaan en die ablusiegeriewe is treurig.

Dit is duidelik dat die permanente woonplekke meer geld genereer, aangesien hulle buiteaansig baie beter as die karavaanafdeling vertoon. Die steilpad na die karavaanpark sal baie moeilik raak vir ouer kampeerders.

Ons beskou die park slegs as aanvaarbaar vir 'n kort periode, terwyl jy Simonstad verken.

Punt toegeken  -  2/10

Webwerf  -  www.oatlands.co.za

SPRINGBOK

SPRINGBOK KARAVAANPARK

Laaste besoek  - 2013

Kommentaar  - Die Park is net ver genoeg uit die dorp uit, tussen mooi klipkoppies, om daardie Noord Kaap gevoel te kry en snags die sterre te sien as jy klipkoppie toe stap.

Teerpad tot by die Park en netjiese binnepaaie.  Staanplekke is gelyk en sommige grasbedek. Staanplekgrootte wissel, maar ons het geen probleme met ons Penta en Bakkie gehad nie.  Krag en watervoorsiening was goed.  Die ablusies is redelik oud, maar baie netjies geverf en alles was skoon en netjies.

Hoogseisoen hier is blommetyd, en glo my, dit kan bitter koud word hier.  Soek son, warm klere en lekker kombers liewers as skaduwee in die winter.

Personeel was vriendelik en hulpvaardig en die dorp het lekker eet en kuierplekke.

Hierdie is dan ook 'n goeie basis om die area seekant toe te verken, asook die wildreservaat.

Punt toegeken - 6/10

STELLENBOSCH

MOUNTAIN BREEZE KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Ons het die park al herhaalde kere besoek, nie omdat dit so goed is nie, maar oor die baie goeie ligging.  Die is net buite Stellenbosch, naby Somerset Strand, naby Franschhoek en binne maklike bereik van die Kaap.  Die park is in ‘n dennebos  wat byna al die wind weghou. Die staanplekke is groot, redelik gelyk, goed gemerk, maar daar is geen  gras nie.  Die ablusies is oud en word net redelik skoon gehou.  Die dennenaalde moet gereeld gehark word en op die dae word die vuilisdromme en ander  skoonmaak werk versaak.  Die park is omhein en het veiligheids hekke, maar in 2011 is ons twee swaar bergfietse, wat  aanmekaar geketting was, gesteel. Daar  was geen teken dat die sekuriteitsmaatreels gefaal het nie.  Hou die maar in gedagte.

2013 - Niks nuuts om te rapporteer nie.  Eienares en personeel nog dieselfde.
Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  www.mountainbreezeresort.co.za

Kliek hier vir Mountain Breeze fotos

 STILBAAI

ELLENSRUST KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  ‘n Baie groot munisipale park reg teen die strand.  Daar is 'n hout bruggie oor die duin na die see toe.  Net ‘n paar bome bied skaduwee en die staanplekke teen die duin windskadu, maar dan waai die sand in jou tent/karavaan in.  Die staanplekke is meestal grootgenoeg vir ons Penta, meestal gelyk en die interne paaie goed.  Die ablusieblokke is oud.  Die park is aan die ooste kant van die Kougourivier terwyl die middedorp aan die westekant is.  Jy moet ry winkel toe.  Die dorp is goed ontwikkel en jy sal nie verder hoef te soek vir voorraad nie.  Die karavaanpark, seefront, rivier en dorp maak ‘n baie goeie indruk. Die swemstrand teenaan die oord is regtig baie lekker met spierwit sand en 'n redelik veilige see.

2016 - Ons kamp hier vir 'n maand.  Die kampterrein is nog onveranderd, maar die ablusieblokke effe verbeter.  Ongelukkig is die skoonmaak daarvan nie op standaard nie. Ons het na ses dae gaan kla dat die A-blok (al blok wat oop is in die stil tyd) nog net een maal uitgevee is; let wel nie skoongemaak is nie!!  Die water in die krane is brak en beslis nie lekker om te drink nie.

Punt toegeken  -  7/10 (2016 afgegradeer na 5/10)

Webwerf  www.stilbaaitourism.co.za 

Kliek hier vir Ellensrust fotos

STILBAAI

LAPPIESBAAI KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Die grond is ontwikkel en die park gesluit.
 

STILBAAI
PREEKSTOEL VAKANSIE OORD
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  ‘n Reuse oord met baie staanplekke en huise. Die oord was verlate toe ons dit op 12 Maart 2011 besoek het, maar duidelik goed versorg.  Ons kon nie toegang kry nie, maar die staanplekke lyk redelik groot en gelyk, met min skaduwee.  Dit is nie reg langs die see nie, maar binne stapafstand deur  ‘n stukkie oop veld en ‘n paar huise.  Dit is verder uit die dorp as Ellensrust.  Ons sal Ellensrust liewers aanbeveel.

2016  -  Ons het weer hier gaan rondloop, en steeds was die kantoor gesluit.

Ons het nie en sal ook nie, verder moeite doen met die kampplek nie.
Punt toegeken  -  4/10

Webwerf  - www.stilbaaitourism.co.za  

STILBAAI
STILBAAI KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Nie meer oop vir die publiek.  Elke staanplek het ‘n skadudoek afdak vir die karavaan en motor, met ‘n huise vir leefruimte, kombuis en badkamer.  Ons kon nie vasstel of  sommige eienaars hulle staanplek uithuur nie.
Punt toegeken  -  nie gedoen

Webwerf  -  www.stilbaaitourism.co.za


STRAND

KAYS KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Ons sal nie hierdie park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar 

STRAND
VOORTREKKER KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Ons sal nie hierdie park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar 

STRANDFONTEIN
STRANDFONTEIN KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2002
Kommentaar  -  Die "A" park is reg op die strand op 'n terras.  Die voorste staanplekke se privaatbadkamers is op die onderste terras, dus met trappe af. Sommige van hierdie staanplekke is te klein vir ons Penta met voltent en plek vir ons bakkie. Die agterste ry staanplekke is groter en hulle badkamers is op dieselfde vlak - ons keuse. Die voorste staanplekke van die Perdeskoenkamp gebruik 'n kommunale ablusieblok, terwyl die agterste eenhede privaat badkamers het. Dit is ons tweede keuse.  Die T-Kamp sal ons slegs gebruik as daar nie ander staanplekke beskikbaar is nie. Die park is in ‘n baie mooi area en het uitstekende moontlikhede.  Die staanplekke is gelyk, van middelmatige grote en het ‘n paar bome.  Dit is egter ‘n minder goeie munisipale park met absoluut geen sekuriteit.  Ons hoor ook al meer klagtes oor die bestuur en onderhoud van die park.  Dit is baie jammer want ons was beindruk  en sou graag die park wou aanbeveel.  Moet dit egter nie afskryf nie  -  doen net jou huiswerk voor ‘n besoek.

2013  Ons het dit weereens oorweeg om hier te kamp, maar ons kry geen antwoord op ons e-posse aan hulle nie.  Ons het nou al geleer dat dit die eerste tekens is van swak bestuur.  Ons het dus besluit om hulle maar liewers nie te besoek nie - baie jammer!!

2013 Ons het maar weer na die park kom kyk en besluit om vir 'n paar dae hier te kamp.  Die ontvangsdame het lekker op die foon geklets terwyl ons gewag het om 'n staanplek te reel.  Sy se later ons kan enige plek opslaan en later kom betaal en die sleutel vir die privaat badkamer kry.  Doen so, kies No 9 en slaan kamp op.  Toe ons betaal kry ons badkamer 10 se sleutel - No 9 is buite werking.  Ons moet ook ons bank besonderhede verskaf aangesien die sleuteldeposito van R235 eers sowat twee weke na ons vertrek terugbetaal sal word.   Ongelukkig is die warmwater net lou in #10 en ons gaan kla.  Word reggstel, maar toe bars iets en die badkamer word oorstroom. Ons trek na #8 - en die toilet se waterbak loop oor.  Ons draai maar die Inlynkraan toe,  wil nie weer kla en skuif nie.  Na al die probleme en besoeke aan die kantoordame, kan sy ons nie onthou nie en moet ons elke slag ons naam en staanplek nommer gee.  Intussen stroom die water van Vrydagnag tot Maandagoggend by die deur uit.  Word reggestel nadat ons weereens gaan kla het!!

Nogal krapperig, maar die ligging is poskaart mooi en ons aanvaar maar.

Die klein kafee is toe (Augustus 2013) en sal blykbaar weer oopmaak vir die Desember seisoen.  Doringbaai (of Doornbaai) is egter slegs 6 Km ver en het 'n paar klein winkels wat in die nodige kan voorsien.
Punt toegeken  -  6/10 (met voorbehoud
) 2013  -  0/10

Webwerf  -  www.caravanparks.com

Kliek hier vir Strandfontein fotos

STRUISBAAI
STRUISBAAI KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2014 & 2018 & 2021

Kommentaar  -  Hierdie is een van die min kampe waar bestuur net eenvoudig weier om jou geld te ontvang as jy daar aankom.  Hulle het net eenvoudig te veel probleme met mense wat vroeg ry, asgevolg van die wind.

Die park is reg op die see, met 'n pragtige uitsig, maar hier word die wind gemaak!!  Die staanplekke is gelyk, grasbedek en groot genoeg vir ons Palma en voltent.  Die interne paaie is redelik, maar krane nie so volop nie.

Die ablusieblokke is erg munisipaal en alles werk nie juis seepglad nie, maar was elke dag skoongemaak tydens al ons besoeke hier.

Die winkels hier is heeltemal voldoende en naby die kamp.  Ongelukkig is misdaad nie onbekend hier nie en is 'n motor oopgebreek en besteel tydens ons besoek.  Sluit maar alles weg en stel alarms in jou tent

2021  -  Heelwat werk is aan die ablusies gedoen en dinge lyk nou heelwat beter as tydens ons laaste besoek.   Die staanplekke teen die seekant is erg ongelyk asgevolg van die groot molle en ook die sand wat teen die draad vaswaai.  

Punt toegeken  -  3/10

Kliek hier vir Struisbaai fotos

www.capeagulas.gov.za 

 

SUTHERLAND
STERLAND KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Dit is nie regtig ‘n park nie, maar ‘n paar staanplekke by die plaaseienaar se huis.  Die staanplekke is gelyk, grootgenoeg, is gegruis en daar is lanings bome tussen die staanplekke.  Die ablusiegeriewe is klein, maar word pynlik netjies versorg.  Hierdie is egter ‘n moet besoek, nie vir die park nie, maar om Jurgh (die eienaar) en sy vrou te ontmoet.  Hulle sout van die aarde en Jurgh is ‘n selfopgeleide sterrekundige.  Hy het ‘n spesiale gebou opgerig waar hy praatjies en DVD’s aanbied voor hy besoekkers na sy teleskope neem om sterre te kyk.  Dit is ‘n absolute fees en baie beter en lekkerder as ‘n besoek aan die groot teleskoop.  Hulle besit ook ‘n gaste huis en restaurant op die dorp, asook ‘n tweede plaas met selfsorg geriewe en twee lekker staproetes.  Moet nie hierdie bestemming mis nie.

Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar


SWELLENDAM

BONTEBOK NASIONALE PARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Die grondpad na die karavaan park (sowat 8km) was baie sleg tydens on besoek.  Ons het meestal in 1ste rat gery – maak voorsiening vir 30 tot 40 minute as jy jou karavaan heel anderkant wil kry.  Dit is egter die moeite werd.  Die meeste staanplekke is gelyk, groot en daar is ‘n paar klein skadu bome.  Die park uitleg is goed, met genoeg ligte, krane en kragpunte na aan die staanplekke.  Let daarop dat sommige staanplekke nie krag het nie – maak seker voor jy opslaan.  Die park is klein en konsentreer eintlik net op die bontebokke, wat in oorvloed is.  Dis egter ‘n baie rustige omgewing met baie mooi staproetes op die wal van die Breede rivier.  Die dagbesoekers piekniek area is prentjie mooi en word selde gedurende die week besoek.  Dit is een van daardie moetsien kampe – maar nie vir langer as ‘n paar dae nie.  Die naaste winkels is in Swellendam  -  stokop voor jy kom.
Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.sanparks.org

SWELLENDAM

SWELLENDAM CHALETS & KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2007 & 2018

Kommentaar  - Hierdie is een van die beter munisipale oorde, maar ook een van die duurste.  Jy kan goedkoper by van die Weskaapse private oorde by die see bly!!

Die Oord is aan die buitewyke van die dorp, in 'n baie mooi omgewing. Die pad is geteer tot by die Oord, maar pasop net vir die spoedwalle - die net voor die oord se afdraai is besonder hoog.

Ons het in 2007 hier gekamp en in 2018 slegs die plek 'n opvolg besoek gebring en ook nuwe fotos geneem.

Die terrein is redelik gelyk en het baie skadubome.  Staanplekke is grootgenoeg vir ons Palma met voltent en bakkie. Krane is maak skraps. Die elektriese netwerk lyk goed en veilig, maar ons het dit nie getoets nie.

Die ablusieblokke is onlangs geteel en lyk goed.  Hulle was skoon en netjies, behalwe vir die bad in die tweede mansblusieblok, wat vuil en gevlek was.

Die chalets is mooi wit geverf, die een wat ons van binne gesien het, was skoon en netjies.

Swellendam is 'n goed ontwikkelde plek en het genoeg winkels om in kampeerders se behoeftes te voorsien,

Jammer dat hulle hulself bietjie uit die mark uit prys.

Kliek hier vir Swellendam fotos

Punt toegeken  -  6/10


TANKWA KAROO NASIONALE PARK

PERDEPOORT KAMPTERREIN

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Hierdie in 'n dorre wereld en hulle was nog in die middel van die ergste droogte in baie jare.  Alles was dus verdor en droog met nie baie wild te sien nie.   Ons het van Clanwilliam hierheen gery en toe Ceres toe weer uitgery.  Hierdie ellelange gruispaaie kan beslis met 'n sedan motor met hoë profiel bande baasgeraak word,  maar ons Penta sal beslis nie ongeskonde hier uitkom nie en ons het dus die plek met 'n tent besoek.  Dit is ook welbekend dat die klippe hier 'n motorband erg kan verniel.  Ons het ons 4 X 4 bakkiebande tot 1.4 Bar afgeblaas en geen probleme ondervind nie, maar moes iemand help wat 3 papbande opgedoen het.

Die interne paaie in die reservaat was baie sleg, maar hulle het dit begin skraap tydens ons besoek.  Vra uit oor die toestand van hierdie paaie as jy beplan om per motor hier besoek af te lê.

Die kampplek was puik.  Hier is 6 staanplekke, elk met 'n privaat badkamer en kombuis.  Alles was skoon en netjies toe ons sonder vooraf bespreking hier opdaag.  Die area is gelyk maar baie sanderig met stof natuurlik ook 'n groot probleem.   Hier is nie krag nie, net 12V ligte in die ablusies en gasgeysers vir warmwater.  Bring goeie flitsligte saam  -  dit is pikdonker as die maan bietjie wegkruip.

Ons het ons kuier hier geniet, maar sal nie sommer weer hier uitkom nie - daai grondpaaie is bietjie lank!

Punt toegeken  -  5/10



TIETIESBAAI

BEACH CAMP

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Hierdie is glad nie 'n karavaanpark nie, mmar verdien vermelding hier oor die uniekheid daarvan.

Die Eienaars moet beslis kunssinnig wees, want die plek wemel van versierings en beeldjies - te pragtig.  Die verblyf bestaan uit tente wat permanent opgeslaan is, asook die eet- en kuierplek.  Dit is reg op die strand en sal beslis 'n anderse seevakansie maak.

Punt toegeken  -  Nie gedoen nie - nie karavaanpark nie.

Kliek hier vir Beach Camp fotos

Kliek hier vir Tietiesbaai fotos

TULBAGH

KLIPRIVIER PARK

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Ons sal beslis nie hier kampeer nie.

Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar maar sien inskrywings onder Kliprivier Park.

TULBAGH

WILD OLIVE FARM

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Hulle het die kampeerafdeling gesluit en bied nou net blyplek in hulle chalets.

VANRHYNSDORP

LANGVERWACHT GASTEPLAAS

Laaste besoek  -  2021

KOmmentaar  -  Hierdie is 'n plaaskamp deur plaasmense besit en bestuur. Vergeet van blink liggies van Escom en dink blink sterre as die maan wegkruip. Volmaan aande loop jy veld toe en luister na die stilte.

Alles hier is PLAAS.  Die eienaar egpaar doen en onderhou alles hier. Hier is geen ander werkers nie.  Onthou ook dat die plaas op die Knersvlakte is, hier is geen gras of bome nie en water is 'n genade.

Hier is vier staanplekke met sementblaai en dan sommer baie spasie waar jy kan opslaan as jy selfonderhoudend is. Die kragtoevoer is skraps en sal net jou yskas en ligte onderhou.

Die klein ablusieblok is naby die huis en so 50 mter weg van die sementstaanplekke.  Alles werk en word skoon gehou.

Hier is ook 'n paar chalets wat ver van mekaar geplaas is, sodat jy nie jou buurman hoor nie.  Hulle het ook 'n karavaan, waarvan die een sy weggesny is en 'n ontspannings area cum kombuis aangebou is. met 'n en suite badkamer.  Iets spesiaal en beslis 'n lekker blyplek.20

Die groot trekpleister hier is die veld.  Jy kan hartelus hier rondloop in die veld.  Maart tot September is hier baie veldblomme en as jy Marietjie mooi vra sal sy saam met julle gaan stap en unieke blomme uitwys.

Ons was werklik verbaas hoeveel blomme hier tussen die klippe wegkruip en het ons tyd hier werklik geniet.

Punt toegeken    -   7/10  (PLAASKAMP)

Kliek hier vir Langverwacht fotos

VANRHYNSDORP
VANRHYNSDORP KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Die park is net buite die dorp langs die begraafplaas.  Dit het geen heinings nie, die staanplekke is klein en ongemaklik en die ablusie -geriewe nie op standaard nie.  Die geheel is egter nie so sleg as wat dit klink nie.  Die park is goed vir ‘n kort besoek om die Gifberg te ondersoek.  Die Gifberg  is ‘n moetbesoek en probeer om die grondpad en pas van albei rigtings te ry. Die word as ‘n 4x4 roete bemark, maar enige motor met ‘n redelike grondvryhoogte kan dit baasraak, ry net stadig.

2021 besoek - Hier die sekerlik een van die besverbeterde parke wat ons nog besoek het. Ons het sedert 2005 weggeskram van die plek, dit was werklik net goed vir 'n baie kort verblyf.  nou in 2021 herken ons amper nie die plek nie.  Die hele terrein is heeltemal gelyk gemaak op twee terrasse en gegruis. die paar bome is behou en die geboue opgeknap en pragtig wit en rooi geverf, baie mooi.  

die ou ablusiegeriewe is opgknap en nog 'n paar bygevoeg. Kyk gerus na ons fotos.Tydens ons 2021 toer teen die Weskus op, was ons in vele kampe die enigste mense, en hier op die Knersvlakte kry ons 'n plek wat bykans vol is. Baie beslis die beste kampterrein wat ons is die geweste besoek het.  kom kamp gerus hier.

Kliek hier vir Vanrhynsdorp fotos
Punt toegeken  -  4/10

Punt toegeken 2021 - 8/10

Webwerf  -  www.vanrhynsdorpcaravanpark.co.za

VELDDRIF

PELICAN POINT CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2021

Kommentaar  -  Die plek is heeltemal verwoes en alles wat verkoop of gebruik kan word opgegraaf en weggedra.  Sal heeltemal herbou moet word om weer as vakansie-oord te kan dien.

Punt toegeken  -  0/10

VELDDRIF

KUIFKOPVISVANGER KARAVAANPARK

Laaste besoek - 2021

Kommentaar  -  Privaat park reg op die walle van die Bergrivier so 7Km buite Velddrif.  Die park is op 'n werkende plaas, so moet nie verbaas wees as 'n skaap of twee jou kom besoek nie.  Die is sandwereld hierdie, maar hulle het redelike terraswerk gedoen en gras geplant. Waar die gras nie groei nie, het hulle dikgeweefde nette om die sand in toom te hou.  Hier is heelwat bome en jy kan dus kies tussen son of skaduwee, onthou net dat onder bome jy baie min gras het.  Die staanplekke is redelik gelyk en meeste groot genoeg vir ons penta.

Die laaste 1.3Km is 'n skaflike grondpad, wat na heelwat reen, nog maklik begaanbaar was.

Ablusiegeriewe is goed en was skoon tydens ons besoek, gedurende die Covid "lockdown".

Kyk gerus na ons fotos en besluit self, maar ons al beslis nog hier kom kamp.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Kuifkop fotos

VELDDRIF

STYWELYNE VAKANSIE OORD

Kliek hier vir Stywelyne fotos

Sien onder Laaiplek 

VICTORIABAAI (George)
VICTORIABAAI KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Hiedie park gaan oor ligging – ligging.  Die park op die hoogte net bokant Victoriabaai strand, ‘n paar km buite George.  Die teerpad daarheen is effe nou en redelik steil – sleep versigtig.  Die park is in 3 afdelings verdeel.  Die gedeelte reg bo die strand, met die mooiste uitsig, het privaat ablusiegeriewe terwyl die ander twee normale, aanvaarbare geriewe het.  Nie al hierdie staanplekke het ‘n seeuitsig nie, maar die gebied is so mooi dat dit werklik nie saakmaak nie.  Die staanplekke is almal grootgenoeg vir ‘n karavaan, maar los maar die boot tuis.  Maak ook seker dat jou voertuig se koppellaar reg is, jy wil nie hier sukkel nie.  Jy moet George toe ry vir voorraad, maar daar is ‘n restaurant op die strand.  Die is ‘n baie gewilde bestemming en altyd besig.
Punt toegeken  -  8/10

Kliek hier vir VicBaai fotos

Webwerf  -  www.victoriabaycaravanpark.co.za

VLEESBAAI ( naby Mosselbaai)

ARBEIDSLOON KAMPTERREIN

lAASTE - 2021

kOMMENTAAR - Die kamp is op 'n bees- en kontantgewasseplaas naby die klein dorpie Vleesbaai en so 30Km van Mosselbaai af.  Boggomsbaaistrand is so 5Km ver.  Die kort grondpad van so 1.5Km was in 'n goeie toestand en geen probleem vir 'n gewone padwa nie.

Die 13 staanplekke is grasbedek. Daar is ligte in die kamp en elke staanplek het 'n 15A huishoudelike kragprop.  Die staanplekke is beslis meer as groot genoeg vir 'n 4 wiel karavaan.  Hulle het ook 'n propper boswakamp, waar jy volkome selfversorgend moet wees, maar dan ook heeltemal afgesonderd.

Die twee klein ablusieblokke is op 'n boskamp patroon gebou, maar werklik netjies en skoon tydens ons besoek. Ons het onaangekondig daar opgedaag en was werlik verras met die netheid van die park.

Stilte, rus en vrede is beslis hier koning.  Jy kom kamp hier om bietjie weg te kom van gejaag van stadslewe.  As jy blinkliggies en vermaak soek is die nie die plek vir jou nie.  Omdat hier so min staanplekke is, is dit raadsaam om vroegtydig te bespreek

Webwerf - www.arbeidsloon.co.za

E-Pos - info@arbeidsloon.co.za

Tel - 071 888 2252

Punt toegeken - 6/10

Kliek hier vir Arbeidsloon fotos

VLEESBAAI (naby Mosselbaai)
FRANSMANSHOEK KAMPTERREIN
Laaste besoek  -  2011
Kommentaar  -  Hierdie is eintlik ‘n soort wildernis kamp, maar as jy regtig wil kan jy ‘n karavaan hier kry – daar is geen ander  kamppeerarea naby nie.  Die pad daarheen is geteer maar redelik rof.  Daar is geen winkels nie en ook nie krag punte by die staanplekke nie.  Die ablusiegeriewe is tipies boskamp, die area sanderig en jy soek maar ‘n parkeerplek tussen die bosse.  Dit is so 2km van die see en hierdie stuk grondpad baie grof – moet nie jou lae BMW hier kom stamp nie.  Maar nou die rede vir hierdie park – die  see by die punt is die mooiste mooi en ‘n moet sien.  Daar is piekniek geriewe en ‘n “longdrop” by die punt, bring net jou eie afdroogdoekies .
Punt toegeken  -  2/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar 

VISHOEK
VISHOEK KARAVAANPARK
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  ‘n Munisipale park binne sig van Simonstad vloot hawe.  Dis reg langs die see, by die winkels en in ‘n baie mooi area.  Die staanplekke is in ‘n sirkel om die ablusie blok, gelyk en groot genoeg, maar het geen skaduwee of skuilplek teen die wind nie. Sit dadelik stormtoue op en maak alles goed vas – die suidoos kan hier regtig gesels. Die area is ‘n besoek werd, maar moet dit nie te lank rek nie.
Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar

VREDENDAL

VREDENDAL MUNISIPALE KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2013

Kommentaar  -  Hierdie park was vir ons 'n groot telleurstelling!! Dit is in die dorp, op 'n gelyk, grasbedekte area uitgele, met heelwat skaduuwee. Die park is met 'n stewige muur omhein en lyk werklik aanloklik as jy duer die hek loer.  Jy hou voor 'n elektriese hek stil, wat altyd toe is, en verder niks.  Geen naambord, klokkie, telefoon nommer of opsigter/bestuurder nie.  Daar is ook nie 'n nommer beskikbaar in Camp & Live nie en ons kon ook nie een geredelik op die internet bekom nie.  Jy moet maar die munisipale kantore gaan soek, wie weet waar.

Ons was in die besige blomseisoen hier, met geen kampeerder is sig nie. Kan nie glo dat enige besigheid so swak bestuur kan word nie.

Ons het nie hier gekamp nie (net te veel PT), maar toegang gekry op 'n Dinsdag middag toe 'n skoonmaker uitgekom het om sekerlik huis toe te gaan.   Daar was seker iemand in die park oor die naweek, want papiere en vuillis het die wereld vol gele (wonder wat het die ou die hele dag of twee daar gedoen).  Die ablusie geriewe het beslis lanklaas 'n oordentlike skoonmaak gehad en net verder ons besluit geregverdig om nie hier te kamp nie.

Normaalweg brei ons nie uit oor ons redes hoekom ons 'n park vemy nie, maar hierdie is werklik so idiaal om as blommekyk kamp te dien, dat ons dit moes doen.

Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Geen, word nie eers op die Munisipalewebwerf genoem nie!! 

WAENHUISKRANS

ARNISTON OORD

(Sien Waenhuiskrans Oord onder Arniston) 

WILDERNIS
EBB AND FLOW REST CAMP
Kommentaar  -  Die park is in die Garden Route National Park geleë. Gebruik jou WILDKAART om die ingangsfooie en bewaaringsfooie te ontkom.  Van 3 Mei tot 30 November is  kampeer tariewe 40% goedkoper.  Dit is ‘n groot park wat in noord en suid seksies opgedeel is. Dit op die wal van die Wildernis rivier geleë en prentjie mooi.  Die staanplekke is groot, gelyk en grasgroen.  Sowat ‘n derde van die staanplekke het elektriese kragpunte en daar is heelwat bome.  Ablusies is oud maar skoon en netjies. ‘n Bootjie is ‘n moet – kan gehuur word.  Daar is heelwat staproetes in ‘n pragtige omgewing.  Die naaste winkel is in Wildernis, sowat 3km weg. Jy kan van daar na die see stap, maar die naaste parkeerplek by die see is so 1km verder, anderkant die N2 en onbenutte spoorlyn.  Buiteligmense sal hier maklik wortelskiet.

Besoek 2014 - Hierdie is werklik 'n pragtige park, goed versorg en die omgewing gemaak vir buitelig mense.  Die personeel is vriendelik en al die geriewe skoon en netjies.
Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.sanparks.org

WILDERNIS

ISLAND LAKE HOLIDAY RESORT

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  'n Privaat park op die walle van Island Lake net buite Wildernis - teerpad tot so 250m van die ingangshek.  Interne paaie is gegruis, staanplekke lowergroen met heelwat bome, maar volson staanplekke ook beskikbaar.  Die meeste staanplekke is groot genoeg vir ons Penta, maar daar is ook 'n paar kleineres - hou in gedagte as jy bespreek. Die groot meer is oop vir alle bote, maar jy moet 'n permit by Natuurbewaring kry.  Koste vir ons elektriesaangedrewe boot was R84 vir 'n maand.  Hengel vir Grunter, Leervis en kabbeljou is moontlik van die wal af, maar 'n bootjie is beter.  Baie harders as jy wil netgooi.

Johan bestuur die Oord met 'n ferme hand, alles is netjies, skoon en in 'n werkende toestand.  Een van min plekke waar die baddens en wasbakke nog elke dag blink gepoets word.  Die groter ablusieblok het 'n groot parrafien waterverwarmer en die kleiner een is op gas - warmwater in oorvloed dus. Hulle het twee muntwasmasjiene en een droeer,  asook genoeg wasgoeddrade.

Toegang word beheer en ons het sonder vrese en gemaklik hier gekamp, maar onthou dat toegang van die waterkant af moontlik is.  Die heinings aan die kante is ook nie waffers nie, maar dit is 'n lae misdaad area.

Elke staanplek het nie 'n kraan nie, maar hier is oorgenoeg draagbare braaie - net vrek swaar!!

Ons geniet ons verblyf hier, teen 'n baie billike maandtarief en beveel die kamp sonder voorbehoud aan.

Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.islandlake.co.za

GPS ko-ordinate  -  S33º 59.275'    E22º 38.145'

Kliek hier vir Island Lake fotos


WIILDERNIS

PIRATE CREEK HOLIDAY RESORT

Laaste besoek  -  2014

Kommentaar  -  Hulle het nie meer kampeerplekke nie.

Punt toegeken  -  Nvt. 

WITSAND
WITSAND KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2011 & 2022
Kommentaar  -  ‘n Munisipale park omtrent in die middel van die dorp.  Die Breederivier mond hier uit en die rivier, see en natuur in regtig ‘n moetsien.  Die dorpie is skoon en netjies met ‘n blouvlag strand.  Die karavaanpark is egter sleg verwaarloos.  Hekke bestaan nie, al die staanplekke is ongelyk en die ablusies voldoende maar verwaarloos en met ons besoek op ‘n weeksdag na ete was dit duidelik dat dit nie onlangs skoongemaak is nie. Die winkel in die dorp het nie veel eetgoed in voorraad gehad nie en Heidelberg sal jou kooparea wees (baie mooi met ‘n goeie besigheidskern).  Daar is wel 'n restaurant, drankwinkel en pizzirea.  Ons sal wel die park besoek omdat die so ‘n mooi area is, maar sal eers in die regte gemoedstoestand moet kom.
Tweede besoek - 2011. Die kamp is nog nie perfek nie, maar is nou skoon en die gras gesny. Die ablusieblokke lyk baie beter en is redelik skoon. Daar is 'n ander dame by die ontvangs wat baie hulpvaardig is.

Besoek 2022

Ons kuier die slag vir 'n maand hier.  Die kamp is nog steeds munisipaal en die wys. Niks is regtig perfek nie, maar darem meer aanvaarbaar. Die ablusies word elke dag skoongemaak en meeste goed werk.  Ons is maar elf karavane in die kamp en die water bly warm - geen idee wat sal gebeur met 'n vol kamp nie.  Hier is geen vuilisdromme nie en jy moet maar jou swartsak self aandra na 'n plekkie by die ablusieblok. Dit word dan ook net Maandae verwyder.

Dit is tans baie droog hier en die bietjie gras is bruin en verdor, stof dus n probleem.  Die inganshekke is buite werking en dus dag en nag oop (Beurtkrag).

Die omgewing is egter prentjiemooi en ons bly dus aan.

Punt toegeken  -  4/10

Kliek hier vir Witsand fotos

Webwerf  -  Nie beskikbaar

 WITSAND

TWEEDE KAMP KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2011

Kommentaar  -  Dit is die tweede munisipale park in Witsand en word deur die ontvangskantoor regoorkant die ingang na Witsand Karavaanpark beheer.  Sien aanmerkings oor Witsand Park.

Hierdie park is redelik klein en reg op die strand. Die staanplekke is gelyk, grasbedek en het 15A krag. Waterkrane is maar skaars. Die ablusieblok is oud, maar alles werk en dit is redelik skoon. Die park is omhein, maar daar is geen hek by die seeingang nie. Daar is geen skaduwee of windbreke nie. Die wind (November) het ons regtig bygekom.

Punt toegeken  -  4/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar  

WORCESTER
ATKV GOUDINI SPA
Laaste besoek  -  Lank gelede. Weerbesoek 2011
Kommentaar  -  Ons was baie lank gelede by die Spa.  Al die ATKV oorde word baie goed bestuur en onderhou.  Hierdie oord is in ‘n baie mooi omgewing naby Rawsonville.  Daar is ‘n oormaat warm water. Rawsonville is maar klein en beplan om na die Worcester winkels te gaan.  Ons kry goeie verslae oor die park, indien jou besoek buite skoolvakansie en gedurende midweek (Maandag tot Vrydag oggend) val. Vermy die park oor ander tydperke.
Ons het die park vanaf Maandag tot Woensdag oggend besoek en besluit om te ry sonder dat ons die warmbron benut het.  Ons sal nie weer die park besoek nie.
Punt toegeken  -  Nie gedoen.

Sien kommentaar van Jan du Plessis onder "Parke aanbeveel deur derde partye"

Webwerf  www.goudinispa.co.za 

WORCESTER

RIVIERPLAAS CAMPSITE

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons beskou die kampplek as 'n boskamp.  Hier is geen elektrisiteit nie, 'n donkie verskaf die warmwater en staanplekke is nie oral uitgemerk nie.  Moet net dadelik se dat dit 'n lekker en goeie baskamp is.

Ons het nie hier gekamp nie, maar slegs van Robertson (50Km) deurgery om na die plek te kom kyk.  Die eienaar was baie vriendelik op die telefoon, maar was ongelukkig nie tuis nie.  Ons het wel met die enigste kampeerder, op daardie stadium, gesels.  Hy was baie gelukkig en kamp blykbaar gereeld daar.  Vooraf bespreking is noodsaaklik oor die vakansie tye.

Die hele kamp is op 'n gelyk stuk aarde en die volson plotte is grasbedek.  Staan jy tussen die bome, is sand jou voorland.  Waterkrane is redelik goed verspreid, maar jy moet maar jou eie braaigeriewe saambring.

Die ablusieblok is 'n houtkonstruksie, maar heel stewig en voldoende vir 'n boskamp.  Heelwat moeite is gedoen met speelplekke vir die kinders.

Hier is blykbaar 'n klein plaaswinkel wat vir sowat 'n uur bedags oop is.  Vir groter aankope sal jy maar Worcester toe moet ry, sowat 20Km.

Vanaf Robertson, Villiersdorp en Worcester is die pad geteer tot by die plaaspad se afdraai,  Die plaaspad was in 'n baie goeie toestand, maar ry asseblief stadig tussen wingerde deur om die stof minder te maak.

Dit is 'n baie rustige omgewing en buite seisoen sal jy ver van alles en almal kan uitspan.

Kliek hier vir Rivierplaas fotos

Webwerf  -  www.rivierplaas.co.za

Punt toegeken  -  4/10 (Boskamp)

YZERFONTEIN
YZERFONTEIN KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2002, 2011
Kommentaar  -  Ons sal oor hierdie park rapporteer na ons volgende besoek.  Ons verneem dat daar redelike verandering plaasgevind het.
SEPT 2011.  Ons het allerhande stories oor die park gehoor.  Op die wegsleep Forum antwoord die manne ons navraag net met goeie kommentaae.  Ons sal van 15 tot 31 Oktober daar gaan kamp en dan kommentaar lewer.

Ons kamp nou hier en is baie tevrede. Die staanplekke is lekker groot, windbeskut met plantheinings tussen die staanplekke en gelyk. Die skadu staanplekke teen die duin het geen gras nie, maar het lekker kuierplekke onder die bome.  (Die staanplekke by die bruggie oor die duin is veral lekker).  Voertuig toegang word met "booms" beheer, maar mense kan op 3 plekke by die kamp instap, sonder enige toesig.  Die ablusieblokke is oud maar skoon en netjies.  Bring jou eie toiletpapier.  Op sommige staanplekke sal jou elektriese kabel so 25m lank moet wees en die kragbreker is slegs 10A.  Sommige strate in die groot park is geteer en die res ook nie te stowwerig nie.  Dit is egter baie droog op die oomblik en die gras verdor.

Die dorpie is pragtig en die winkels hier sal in al jou kampbehoeftes voorsien.  Die naaste kafee is binne stapafstand van die kamp.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Yzerfontein fotos

Webwerf  -  www.yzerfontein.net



 KLIEK HIER OM NA DIE BOPUNT VAN DIE BLAAI TE GAAN

Translate This Page

Make a free website with Yola