Dankie dat u ons Webwerf besoek.  Ons hoop dat u hier inligting sal kry wat u kampkeuses makliker sal maak.

Ons moet dit egter net weer beklemtoon dat ons nie net na die parke se infrastruktuur kyk nie, maar ook of die park in 'n mooi en veilige omgewing is.  Ons verwag ook vriendelike en hulpsame bestuur en personeel.  Die optrede van ander kampeerders het ook 'n invloed, aangesien ons stiller parke verkies en waar ons privaat kan wees as ons so sou besluit.

Die terrein moet van so 'n aard wees dat ons maklik ons karavaan (Jurgens Palma) kan parkeer en dit moet gemaklik op die staanplek inpas.

Beskerming teen die wind het wel 'n invloed op ons, maar ons verkies om nie onder bome te kamp nie en dus is skaduwee nie 'n groot noodsaaklikheid nie.

Ons kampeer al vanaf 1975 en sal u graag van inligting en raad wil voorsien. Kontak ons gerus by ft@deweb.co.za

Ons wil laastens bevestig dat ons geen voordeel of gewin uit hierdie webwerf verkry nie.  Geeneen van die parke hierin genoem vergoed ons nie en ons stel ook nooit die bestuur in kennis dat ons wel so 'n webwerf bedryf nie.  Ons weet egter nie of enige van hulle wel per toeval op die webwerf afgekom het nie.  Ons betaal natuurlik vir ons staanplekke.

Ons stoor sommige van ons toer fotos op hierdie webwerf, maar meer fotos is beskikbaar op ons GOOGLE ALBUMS. Kliek op die skakels in die webwerf om daarna te gaan kyk.




Translate This Page

Make a free website with Yola