Translate This Page

KWAZULU-NATAL


 ANERLEY

KLEIN PARADYS SELFSORG & KARAVAANPARK

Datum besoek  -  2015

Kommentaar - Baie moeilik om hierdie oord as 'n karavaanpark te beoordeel.  Dit beslaan 'n groterige erf in 'n woongebied.  Die boonste deel van die erf bestaan uit baie netjiese wooneenhede, dan vele trappe af na 'n trampolien op 'n baie klein stukkie gelyk aarde, verdere trappe af na 'n klein swembad en dan vrder af na die onderste gedeelte van die erf wat as karavaanpark dien.  Daar is geen regstreekse voertuig toegang deur die erf na hierdie gedeelte nie - jy ry deur die perseel langsaan, wat deur 'n familielid as Living Waters bedryf word, om hier uit te kom. Omslagtig.  Ons sal beslis nie ons karavaan met ons bakkie hier kan omdraai nie - net te nou.  Twee staanplekke is op 'n hoer vlak en ons is seker dat ons bakkie en Penta nie om die draai sal kom om hier uit te kom nie.   Sal ook sukkel om ons wa en voltent in te pas as daar 6 ander waens sou wees.  Daar is 7 baie klein badkamertjies - dus private geriewe.   Opwasgeriewe is ook minimaal.

Ons het nie, en sal ook nie met ons karavaan hier kamp nie.  Die eienaars is baie vriendelike mense en 'n tentkamp hier mag heel aangenaam wees. Die oord is weg van die see, tussen ruie plantegroei en wind sal sekerlik nie pla nie.

Punt toegeken  -  2/10

ANERLEY

MARLON KARAVAANPARK
Laaste besoek  -  2015
Kommentaar  -  Die ou aanwysings na hierdie Park was verwarrend en ons het oorspronklik nie by die werklike Park uitgekom nie, maar 'n ou verlate plek vir die Park aangesien.  Die aanwysings is nou baie beter en wat 'n vonds is die park nie!!  50 Grasbedekte staanplekke, sommige met reuse skadubome, en 'n hele klomp huisies verskaf blyplek.  Kragpunte is in 'n goeie toestand en het reg getoets.  Hulle het 'n groot swembad, gemeentskaplike onderdak braaigeriewe, kinderspeelplek en 'n TV en poeltafel area.  

Die ablusiegeriewe is van die skoon en netjieste wat ons in 'n lang tyd teegekom het.  Storte is groot, het genoeg hang- en neersit plek en 'n goeie droee area.  Kyk gerus na ons Picasa albums vir die fotos hiervan.

Die toegangspad is geteer, maar redelik nou - bel gerus om seker te maak dat jy daar uitkom en ook dat jy nie 'n karavaan van voor af kry nie.

Die Park is nie teen die see nie, maar so 'n 10 minute se stap weg, tussen groot bome en ruie plantegroei.  Hulle het 'n klein winkeltjie, maar die is net in die hoogseisoen oop.  Doen inkopies op Port Shepstone.

Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.marlon.co.za

Kliek hier vir Marlon fotos

ANERLEY
PRAIRIE PARK K/P
Laaste besoek  -  2010
Kommentaar  -  Die park is ver van die see en nie in ‘n goeie area geleë  nie.  Daar is hoenderplase naby, groter winkels is ver en die area nie lekker vir stap nie.  ‘n Groot deel van die park is met huisies bebou en ape beweeg daagliks deur die park.  Die swembad en ontspanningsarea was tydens ons besoeke in ‘n slegte toestand.
Die ablusie geriewe is oud, maar was skoon en in ‘n werkende toestand.  Die interne paaie is in ‘n goeie toestand en die meeste staanplekke taamlik gelyk en redelik groot.  Munt -wasmasjiene is beskikbaar.
Ons sal die park besoek, maar nie vir lang periodes nie.
Punt toegeken  -  4/10

Webwerf  -  www.prairiepark.caravanparks.co.za

ANERLEY

VILLA SIESTA

LAASTE BESOEK  -  2015

Kommentaar  -  Nou slegs vir Permanente kampeerders en nie oop vir vakansiegangers nie.

Punt toegeken  -  0/10

ANERLEY

VOETPLAATPARK

Laaste besoek  -  2015 & 2016

Kommentaar  -  'n Baie groot park langs die besige R102, reg langs die see. Die park is oorspronklik deur een van die ou Suid-Afrikaanse Spoorweg Personeelverenigings opgerig en dit wys nog in die baie goeie kwaliteit van die ontwikkeling, maar ook aan die gebrek aan estetiese oorweging.  Alles is funksioneel en stewig ontwerp. Die groot klomp staanplekke wissel van die gewone staanplekke met kommunale ablusiegeriewe tot luukse eenhede met private badkamer en kombuiseenhede.

Die terrein is supernetjies en word deeglik onderhou.  Toegangsbeheer is in plek en die kamp stewig omhein.  Elektriese punte het reg getoets, maar die kragtoevoer wissel van 15A tot 25A.  Daar is 'n netjiese groot swembad, maar die see is slegs so 100m vanaf die hoofhek en behoort min verkeer te sien.  Netjiese munt- wasmasjiene en droeers is beskikbaar.

Ons het nie hier gebly nie, maar tydens ons dagbesoek het die park 'n baie goeie indruk gemaak.  Padgeraas mag dalk steurend wees.

Punt toegeken  -  7/10

Kliek hier vir Voetplaat fotos

Tel  039-681 3325

BALLITO

DOLPHIN HOLIDAY RESORT

Laaste besoek  -  2009 & 2016
Kommentaar  -  ‘n Pragtige park wat goed bestuur word.  Dit is naby die see en winkels.  Die staanplekke is groot meestal  gelyk en goed uitgemerk. Interne paaie is geteer, die swembad en ontspanningsareas mooi, skoon en in goeie werkende toestand.  Sommige staanplekke het skadubome.  Daar is ‘n paar ablusieblokke wat in ‘n skoon en werkende toestand gehou word. 
Die park word omring deur besige paaie met ‘n parkeerarea aan die ooste kant.  Vermy staanplekke teen die grensdrade asook die laerliggende staanplekke. Munt- wasmasjiene is beskikbaar.
Ons sal beslis die park weer besoek.
Punt toegeken  -  7/10

Webwerf www.DolphinHolidayResort.co.za

Kliek hier vir Dolphin fotos

BANANA BEACH

BENDIGO BAY CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Nie meer 'n karavaanpark nie, maar totaal oorgeneem deur permanente inwoners.

Punt toegeken  -  0/10 

BANANA BEACH
ILANGA  KARAVAANPARK

                                                               Laaste besoek  -  2010
Kommentaar  -  Dit is ‘n lang, smal park tussen die see en die treinspoor.  Die spooroorgang by die park se ingang is ongemaklik en ons karavaan se agter staanders het aan die spoor gehaak. Die interne pad is goed, die staanplekke groot genoeg, maar nie duidelik uitgemerk nie en ook effens deurmekaar. Daar is heelwat groot bome.  Maak seker jy is binne jou grense.  Daar is toegangsbeheer by die hoofhek en die 3 seehekke word gesluit, maar die heining is maar eina.  Die ablusie blokke is in 2009 opgeknap en word skoongehou.  Toilet papier word nie voorsien nie.
Die strand is letterlik anderkant die grensdraad met swemstrand, poele en hengelgeleenthede beskikbaar.  Kleiner winkels is naby, maar vir groter inkope 15km ver. Munt- wasmasjiene is beskikbaar.
Ons sal die park weer besoek.

BESOEK 2015 - Ons is aangenaam verras.  Die badkamers is heel modern opgedoen, die heining is verbeter en nuwe was- en droogwasgoedmasjiene is aangekoop.  Daar was 'n groot wind- en reenstorm die vorige aand wat baie blare en 'n paar takke afgewaai het, maar hulle was fluks besig om op te ruim.  Hierdie park is goeie waarde vir maand kampeerders.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.ilangaresort.com 

Kliek hier vir Ilanga fotos

BAZLEY BEACH
MACNICOLS BAZLEY BEACH RESORT
Laaste besoek  -  2009
Kommentaar  -  ‘n Groot 4 ster oord op die wal van die Ifafa lagoon.  Die oord is afgelee en ver van alles.  Hulle het ‘n winkel en bottelstoor op die perseel, maar ons stel voor dat jy vooraf opstok.  Hulle het baie selfsorg behuising en ook baie staanplekke, sommige met privaat -ablusiegeriewe.  Die omgewing is mooi en die lagoon pragtig. Jy stap langs die lagoon en onder die treinbrug deur om by die strand te kom.  Die ablusies is baie goed en alles word goed onderhou.  Hulle bied daagliks scons en tee aan en reël elke week ‘n bring en braai – heel gesellig.  Die staanplekke is op terrasse met ‘n lagoon uitsig, groot genoeg, maar dit is moeilik om jou karavaan op sommige staanplekke te kry.  Hulle personeel is egter baie behulpsaam en sal ook jou tent opslaan.  
Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.macnicol.co.za

BERGVILLE

BERGVILLE CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Ons het nie en sal ook nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

BERGVILLE
CATHEDRAL PEAKE CAMPSITE,  MAHAI KAMP en RUGGED GLEN

Laaste besoek  -  2009
Kommentaar  -  Hierdie parke word die ou Natal Parkeraad bestuur.  Hulle is almal in baie mooi areas met volop staproetes en selfry paaie in die berge geleë.  Die parke, behalwe Rugged Glen was tydens ons vele besoeke redelik skoon, maar onderhoud bly beslis agterweë.  Ons hou die meeste van MAHAI, waar die staanplekke in ‘n groot sirkel voorkom.
Maak jou reg vir ‘n pragtige uitsig, verouderde ablusies en baie slegte toegangspaaie.
Ons sal hierdie area weer besoek.
Punt toegeken  -  4/10

Webwerf  -  www.kznwildlife.com


BERGVILLE

DIDIMA CAMPSITE

Sien onder WINTERTON 

Punt toegeken  -  6/10

BERGVILLE
DRAKENSVILLE BERG RESORT


Laaste besoek  -  2009 & 2016
Kommentaar  -  Die park behoort nou aan die ATKV.  Interne paaie is geteer, die staanplekke groot, goed gemerk, teen ‘n effense  helling en met gras bedek.  Die uitsig vanaf die staanplekke op die berg is pragtig.  Die ablusie -geriewe is van die beste in die land en die tuine reg deur die oord sekerlik die beste wat ons teegekom het.
Daar is ‘n oord winkel wat basiese voorrade aanhou,  maar groter aankope moet by Spar op Bergville gedoen word.
Die ontspanningsareas is groot, goed toegerus en bestaan uit 2 koue en 1 warm swembad onderdak, put-put baan, muurbalbaan, tennisbaan, waterglybaan,  volley ball baan en swaaie.  Daar is ‘n groot kamp met diere en watervoels.
Ons sal beslis weer hierdie park, wat ons as een van die bestes beskou,  besoek.

BESOEK 2015: Ons kamp hier vir 7 weke en bevestig weereens dat ons die Park as een van die bestes bekou.
Punt toegeken  -  9/10

Webwerf  -  www.drakensville.co.za

Kliek hier vir Drakensville fotos

BERGVILLE

HLANATHI  BERG  OORD
Laaste besoek  -  2010 & 2015
Kommentaar  -  Ons was redelik teleurgesteld met hierdie kamp – miskien was ons verwagtinge te hoog. Die omgewing is regtig baie mooi.  Die gholf baan, groen gras, rivier, berge en grasdak huise maak dit net eenvoudig pragtig.  Die pad daarheen is geteer en in ‘n redelike toestand, maar dit is ver van Bergville, die naaste dorp.  Die staanplekke is effe knap, redelik ongelyk, maar daar is heelwat skaduwee. Die ablusiegeriewe was tydens ons besoek nie goed onderhou nie en beslis nie wat ons van ‘n 4 ster oord verwag nie.  Ons sal veel eerder die ATKV  Drakensville -oord besoek.  As jy egter wil gaan Gholf speel, is hierdie oord vir jou bedoel.
Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  -  www.hlalanathi.co.za

BERGVILLE

MAHAI CAMPSITE - ROYAL NATAL NATIONAL PARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Hierdie is 'n pragtige park reg in die berg. Die hele plek is grasbedek en jy kan kies tussen volson- of skaduweestaanplekke.  Staanplekke is gelyk en netjies.

Die ablusies is netjies skoon tydens ons besoek.

Jy kan gerus maar jou penne hier kom inslaan.  Kyk gerus na ons fotos en besluit self.

Punt toegeken  -  7/10 

Kliek hier vir Mahai fotos

DUNDEE

BATTLEFIELDS COUNTRY LODGE & CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  Tenspyte van 'n tent en karavaan teken op hulle naambord het hulle bestuurder ons meegedeel dat hulle nie eintlik karavane verwelkom nie.  Hulle het ons dan ook na 'n ander nabygelee karavaanpark verwys.

Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  www.battlefieldslodge.co.za

Kliek hier vir Battlefields Lodge fotos

DUNDEE

BATTLEFIELDS KARAVAANPARK


Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  Die park is op 'n plaas 14 Km buite Dundee op die Vryheid pad. Die eienaars, Mike en Alida Scheepers boer op die plaas en versorg self die karavaanpark.  Staanplekke is nie formeel uitgemerk nie, jy kamp by die naaste kragpunt.  Die kamp area is absoluut gelyk, grasbedek en met 'n paar koeltebome.  Die park was leeg toe ons daar opdaag, maar skoon en baie netjies.  Ons was verstom om nog skoonmakers tee te kom wat dinge verder blinkvryf.  Dit is sekerlik een van die skoonste en netjieste plaaskamp wat ons nog raakgeloop het.

Die ablusiegeriewe is nie 5 ster nie, maar heel voldoende en kon nie skoner kom nie.  Hulle het 'n lapa in 'n ou skuur ingerig wat spreek van hulle toewyding, netheid en kunssinnigheid - pragtig.

Ons beveel die park beslis aan.

Punt toegeken  -  7/10

E-Mail  -   battlefieldscaravanpark@mtmloaded.co.za

Kliek hier vir Battlefields Karavaanpark fotos

DUNDEE

BLOEDRIVIERMONUMENT KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  Die afdraai vanaf die Dundee/Vryheid pad is goed gemerk vanaf Dundee, maar tydens ons besoek, was die bord aan die Vryheid kant nie daar nie.  Die sowat 20 Km grondpad na die oord was in 'n goeie toestand, tenspyte van heelwat reen - 'n padkaravaan sal die baasraak, maar ry stadig, daar is nou plekke en die pad is redelik hoog opgebou.

Ons het net die oord besoek en tydens ons besoek was daar geen kampeerders nie en het hulle ook nie besoekers verwag nie.

Die oord het 157 kragpunte, is gelyk en het heelwat gras, maar skaduwee is 'n probleem. Dit word baie warm hier in die somer, so tref voorsorg.  

Hulle neem nie besprekings nie, aangesien die park nooit vol word nie.  Kostes nou is R100 per dag en R65 tydens die Geloftefeesnaweek.

Die staanplekke is nie uitgemerk nie en het geen nommers nie, maar daar is genoeg spasie.

Die ablusieblok is nader aan die dagbesoekersarea as die kampeerarea, maar net sowat 250 meter van die verste staanplek.  Die is baie basies met geel luukse afwerkings nie.  Daar is baie wasbakke en toilette, maar min stort en bad geriewe.  Die storte is hopeloos te klein en ongemaklik en die stortgordyne was vlenters of heeltemal weg.  Krane, storte en toilette het soveel gelek dat die drukpomp heeltyd geloop het.  Daar is 'n klein hokkie in die middel van die kamparea met twee skottelgoed- en twee wasgoed balies. Die geyser het gewerk toe ons die aanskakel.

Ons sal nie ons karavaan hierheen sleep nie, want die pad is te stowwerig en dit is net te ver van alles en behalwe vir die Geloftedagvierings is hier net te min om jou besig te hou.   Ons sal liewer by Kwa-Rie in Dundee, of by Battlefields Karavaan Park so 14Km buite Dundee bly.

Punt toegeken  -  4/10

Webwerf  -  www.bloedrivier.org

Kliek hier vir Bloedriviermonument fotos

DUNDEE

KWA-RIE KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  Die park is in 'n ou gwarrie waar Corrobrick klei gemyn het. Die perseel is 14 Ha groot, maar net 'n klein gedeelte is ontwikkel en bied 27 staanplekke en 6 chalets.  Staanplekke is nie formeel uitgemerk nie, jy kamp net naby een van die kragpunte.  Daar is min krane en geen geboude braai's nie - hulle het wel 'n paar mobiele eenhede. Beligting is ook skraps, maar help om die plattelandse gevoel te versterk.  Die  karavaanpark gedeelte is gelyk en redelik goed grasbedek.  Die interne gruis/sement pad is goed en stof nie 'n groot probleem nie.  Die geboue is almal in rock art gedoen, met selfs sommige van die dakke van sementrotse.  Die klein swembad was tydens ons besoek nie in gebruik nie - hulle was besig met opknappings in die kamp.  Die ablusieblok is klein en sal  beslis 'n probleem wees as die park vol is.  Dit is egter uiters netjies en silwerskoon gehou. Hulle het son- en elektriese waterverwarmers en hoewel ons nie van die storte se uitleg gehou het nie, is die uitleg en gebou beslis uniek.

Die kampperseel was skoon en netjies, die middedorp binne loopafstand en die kamp en omgewing maak 'n goeie indruk.

Hulle kry gereeld kontrakwerkers en het ook twee permanente inwoners.  Ons vermy gewoonlik parke met kontrakwerkers, maar hierdie pla ons nie. Harde musiek in die park is taboe, maar musiek van 'n naburige huis het gepla.

Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.kwarie.caravanparks.co.za 

Kliek hier vir Kwa Rie fotos

DURBAN

BLUFF ECO PARK

Laaste Besoek - 2018

Kommentaar  -  Ons kamp nie hier nie, maar gaan kyk net na die kamp.  Die ingang is regtig indrukwekkend en die kantoordame vrendelik en behulpsaam. Die ingangspad is geteer, die plantegroei lowergroen en die grootste gedeelte van die plek netjies en skoon.  Hier is beslis baie geld en energie gespandeer sedert ons laaste besoek in 2002!!

Meeste hiervan het egter gegaan om houthuisies op te rig en 'n baie besonderse "Dormitory" van ou bande te bou - net een van die ablusiegeboue is opgegradeer en die kampeerterrein nie juis aan geraak nie.  Moet net meld dat die opgedoende ablusieblok regtig 5 ster is.

Die kampgebied was seker so 60% beset deur permanente inwoners en kontrakwerkers - ons kon nie een enkele vakansieganger opspoor nie!

Hier was ook 'n magdom dagbesoekers wat 'n kerkdiens in die saal bygewoon het en terwyl die hek deur 'n veiligheidswag beman was, het ons nie juis gelukkig gevoel om hier te kampeer nie.

Punt toegeken  -  3/10

Kliek hier vir Bluff Eco Park fotos

DURBAN

DURBAN KARAVAAN PARK (nou BLUFF ECO PARK)

Sien ons 2018 inskrywing
Laaste besoek  -  2002
Kommentaar  -  Ons sal nie hierdie park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  www.durbancaravanpark.co.za 

DURBAN

QUEENSBURGH KARAVAANPARK

Sien onder Queensburgh

EMPANGENI
HARBOUR LIGHTS KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Ons sal beslis nie hierdie park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar.

ESTCOURT

ESTCOURT MUNISIPALE KARAVAANPARK

LAASTE BESOEK  -  2015

Kommentaar  -  Ons het nie en sal ook nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

GINGINDLOVU

AMATIGULU NATURE RESERVE - KZN WILDLIFE

Laaste besoek  -  2010, 2012, 2015

Kommentaar  -  Mooi klein natuurreservaat met 'n lieflike kuier/braai area langs die lagoon, maar ons al nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  1/10

Kliek hier vir Amatigulu fotos

GREYTOWN

LILANI HOT WATER SPRING

Laaste Besoek - 

Kommentaar  -  Hierdie is nie 'n karavaanpark nie, maar so besonders dat u gerus die fotos kan geniet.

Kliek hier vir Lilani fotos


HATTINGSPRUIT (tussen Dundee en Newcastle)

CORANIE OORD

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  Ons het nie en sal beslis ook nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

HIBBERDENE

ANCHORS CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2015 & 2018

Kommentaar  -  Ons wou baie graag die Park besoek, maar hulle was gesluit vir onderhoud (Sept 2015).  Hulle webwerf lyk werklik goed en ons sal graag kommentaar van besoekers aan hierdie park ontvang.

2018 Ons besoek die kamp, maar besluit om nie hier te kom kamp nie. Die boonste ablusieblok is gesluit, maar die onderste een is oop en pragtig skoon - lyk ook goed.  Die staanplekke is taamlik gelyk, grasbedek en daar is heelwat bome.  Die Park voel net nie vir ons lekker so tussen die huise nie en die stap af strand toe sit ons ook af.

Punt toegeken  -  Nie gedoen (2018  4/10)

HIBBERDENE

CAROUSEL HOLIDAY RESORT

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Ons het voor die oord stilgehou en die ontvangsdame gevra of ons na die karavaanpark kan gaan kyk.  Sy het dadelik ingestem sonder enige kommentaar.  Terwyl die menige huisies baie netjies was, het die karavaanpark gedeelte net eenvoudig nie meer bestaan nie.  Die plek is met rommel bestrooi en daar is geen ablusieblok by die staanplekke nie.

Ons het nie verdere navraag gedoen nie - die dame kon sekerlik gese het as hulle die plek wil opgradeer of vernuwe.  Die rommel lyk nie juis vars nie en ons sal verseker nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

Kliek hier vir Carousel fotos

HIBBERDENE

HIBBERDENE RIVER RESORT (ook bekend as HIBBERDENE KARAVAANPARK)

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Ons het nie hier gekamp nie, maar net die oord besoek. Dit is 'n baie groot perseel met geweldig baie huisies, wat blykbaar meestal permanent bewoon word.  alles is egter baie netjies en goed versorg.  Die karavaanpark self beslaan net 'n klein gedeelte van die oord, maar het nogtans dosyne staanplekke.  Daar is baie skadubome, maar ook oop grasbedekte staanplekke - almal bykans heelemal gelyk.  Daar is min staanplekke met braaigeriewe en waterkrane is ook maar skraps.  Sommige staanplekke is ook ver van die ablusiegeriewe.  Met die digte plantegroei behoort die bekende Suidkus wind ook minder van 'n probleem hier te wees.

Die oord is 'n stywe stap van die see af en kleiner kinders kan beslis nie die stap sonder toesig aandurf nie.

Die ablusiegeriewe word gesluit en as net besoekers, het ons nie 'n sleutel gehad om ondersoek in te stel nie.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Hibberdene River Resort fotos

 HIMEVILLE
VERGELEGEN KAMPEERPARK
Laaste besoek  -  2007
Kommentaar  -  Die park is op ‘n werkende plaas net buite die dorp.  Die staanplekke is groot en gelyk en die ablusiegeriewe aanvaarbaar.  Daar is min beligting in die kamp – bring goeie flitsligte.  Die eienaar is baie vriendelik en onthaal graag in sy kontantkroeg.  Ons beskou nie hiedie park as ‘n vakansiebestemming nie, maar die beste blyplek om die omgewing en die Sanipas te verken.
Punt toegeken  -  4/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar 

HLUHLUWE
BONAMANSI  KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  Sien kommentaar
Kommentaar  -  Ons het nog net die aangrensende park, Bushbaby Lodge besoek, maar ons vriende besoek hiedie park gereeld en lewer baie goeie kommentaar.  Die park is op ‘n wildsplaas geleë en jou naaste dorp is Hluhluwe.  Die laaste stukkie pad is goeie grondpad en veiligheid (wat ‘n probleem in Noord Natal kan wees, is hier nie ‘n probleem nie.  Op aanbeveling van ons vriende kan hiedie park maar besoek word.
Punt toegeken  -  Nie gedoen.

Webwerf  -  www.bonamansi.co.za

HLUHLUWE
BUSHBABY LODGE
Laaste besoek  -  2007
Kommentaar  -  Die huidige eienaar het die park kort voor ons besoek gekoop en was besig om die huisies op te gradeer – ons weet nie of dit ook na die karavaan gedeelte deurgetrek is nie. Die staanplekke is om ‘n sentrale braai area, nie goed belig nie en krane skraps.  Die staanplekke is wel gelyk, maar nie goed afgemerk nie.  Daar is ‘n kommunale kombuis en een ablusieblok, wat tydens ons besoek nie aan ons standaarde voldoen het nie.  Die park is op ‘n kleinhoewe met ‘n paar blesbokke geleë en is redelik ver van Hluhluwe, die naaste winkel.  Ons sal liefs Bonamansi in die toekoms besoek.

Besoek 2012 - Die huisies is opgegradeer en bied nou waarde vir jou geld. Daar is ook 'n nuwe gedeelte by die karavaanpark gevoeg. Hier is skadubome, maar geen gras op hierdie stadium. Hier was ook nog nie krane tydens ons besoek nie.  Hulle het 'n nuwe ablusieblok vir die nuwe gedeelte gebou. Dit is wel klein, maar netjies. Ons het dan ook nou ons puntetoekenning verhoog, maar die kommentaar vir die ou gedeelte staan nog.
Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  www.bushbabylodge.co.za 

Kliek hier vr Bushbaby Lodge fotos

HLUHLUWE
CHARTERS CREEK en FALSEBAAI KARAVAAN PARKE
Laaste besoek  -  2007
Kommentaar  -  Hierdie Natal Parkeraad parke was gesluit asgevolg van ‘n tekort aan water.  Tydens ons besoek was dit verlate en vervalle.  Doen huiswerk voordat hulle oorweeg word.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  www.kznwildlife.com 

HOWICK
BUSHWILLOW PARK

Laaste Besoek  -  2008
Kommentaar  -  ‘n Klein parkie op ‘n bosbou plaas. Die plaaseienaar woon op die plaas en besoek die park daagliks (dit is sy stokperdjie).  Die park is op terrasse uitgelê, is gelyk en elkeen het ‘n uitsig oor die kloof en vlakte. Daar is twee damme op die perseel en ‘n staproete deur die grootste natuurlike bos in daardie omgewing.  Die bome is nog klein en skaduwee min.  Die ablusieblok is nuut en skoon.  Die naaste winkels is ver, bring wat jy nodig het.  Die grond pad (2km) is glad as dit nat is en ons het net net ons karavaan bo gekry.  Bel die eienaar vir hulp (hy woon net regs van die afdraai) as jy in die reen ‘n karavaan daar moet opsleep .  Dit is ‘n bosbou area met pragtige bospaadjies om te ry of te loop.  Die parkie is buite sig van die verbypad, baie stil en rustig en seker een van die beste plekke in Natal om net te gaan ontspan.  Bring jou stapskoene en gaan geniet die natuur. ‘n Wasmasjien is beskikbaar.
Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.bushwillowcaravanpark.co.za

Kliek hier vir Bushwillow Park fotos

HOWICK

MIDMARDAM

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  Die gebied om die dam is pragtig en kan 'n vakansie paradys  wees.  Jammer vir die ooglopende swak bestuur.  Die ontspanningsarea strek oor 'n paar kilometer langs die helderblou dam.  Daar is drie verskillende kampplekke.  Munro Bay is die mees ontwikkelde area en dit is ook waar ons gekamp het.  Die ander twee areas is minder ontwikkel en sommige staanplekke is ver van ablusiegeriewe.  Nie al die staanplekke by hierdie twee het  elektrisiteitnie - maak seker as jy bespreek. Hierdie twee het ook 'n meer veld atmosfeer.

Terug na Munro Bay.  Daar is 31 staanplekke maar nommers 17 tot 31 kyk grootliks teen die ablusieblokke vas - vermy hulle.  1 tot 16 het 'n pragtige uitsig oor die dam.  Die staanplekke is redelik gelyk en grootgenoeg.  Interne paaie is geteer, maar die algemene verval en gebrek aan onderhoud is so erg dat dit op plekke beter is om langs die paaie te ry.

Met ons besoek was die ablusiegeriewe bykans onbruikbaar.  Dit is so vuil dat dit moontlike gesondheidsgevare kan inhou en om hierdie rede sal ons die park nooit weer besoek nie.

Hulle is besig om baie geld hier in opgraderings te spandeer, maar ons vermoed dat die heel moontlik 'n vermorsing van geld sal wees.  Die skoonmaak personeel het die heel dag daar rondgesit terwyl die ablusie geriewe met aanpaksels oortrek was, wat oor 'n lang tyd versamel het - 'n uiterste skande.  Die staanplekke was oortrek met doppies, stompies en stukkies plastiek, die asdromme half met water en die pragtige dromme wat mooi gemerk is vir papier, glas ens vol oorkietkos en allesbehalwe waarvoor die bedoel is.   Hierdie toedrag moet voor die bestuur se deur gele word en as dit nie drasties aangespreek word nie, sal die opgradering net mooi niks beteken nie.

Hierdie is 'n pragtige area en kan 'n vakansie mekka wees, maar sal ons nie weer sien nie

Punt toegeken  -  2/10

Webwerf  -  www.kznwildlife.com

Kliek hier vir Munro Bay (Midmardam) fotos

IFAFA  BEACH

IFAFA BEACH CARAVAN PARK
Laaste besoek  -  2008 & 2016
Kommentaar  -  Ons het nie in die park gebly nie, maar net daarna gaan kyk.  Hoewel daar nie juis iets met die park verkeerd is nie, het ons net nie tuis gevoel nie.  Dis nie ons soort park of omgewing nie.
14/7/2012 - Ons het nog nie weer na die kamp gaan kyk nie, maar verneem dat die ablusiegeriewe baie mooi opgedoen is.

31/7/2012  -  Ons het weereens goeie kommentaar ontvang oor die park en sal dit eersdaags besoek.

1/9/2012  -  Ons het 'n maand hier gekamp en regtig nie veel foutgevind nie.  Die bestuur is redelik vriendelik, die winkeltjie hou die nodigste aan en die restaurant bedien goeie kos teen 'n redelike prys.  Sekuriteit is so-so, maar hulle probeer werkilk om vreemdelinge uit die park te hou.  Die boonste staanplekke is groot en redelik gelyk, min skaduwee met vol gras bedekking.  Daar is natuurlik meer wind daar.  Die onderste staanplekke is kleiner, het meer son en wind skadu, maar min gras.  Van hulle is baie ongelyk en hierdie aspek moet uitgeklaar word voor besprekings bevestig word.

Die badkamers is inderdaad pragtig opgedoen en is ruim. Die ondeste gedeelte het net toilette en storte, terwyl die boonste gedeelte ook baddens het.  Die badkamers was gereeld skoongemaak.  Maak seker dat jy die warmwatervoorsiening verstaan - al die badkamers het kokende warmwater soggens en saans, maar deur die dag het net 'n gedeelte van die boonste badkamers warm water.

Daar is wasmasjiene en droers beskikbaar, maar geen fasiliteite om per hand te was nie en ook geen wasgoeddrade nie.

Die park is reg langs die see gelee en die strandgebied is pragtig.  Die naaste winkels is by Hibberdene (20 Km) en Scottburgh (35 Km). Ons het  Scottburgh verkies.

BESOEK 2016  -  Ons kamp weer hier vir 3 weke.  Niks het verander so ver as die staanplekke en ablusies nie, maar die winkel is vergroot en hulle het nou ook 'n klein slaghuis en bottelstoor op die perseel.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  www.ifafabeach.co.za 

Kliek hier vir Ifafa fotos

ILLOVO BEACH
ATKV NATALIA
Laaste besoek  -  2011 & 2015
Kommentaar  -  Net die treinspoor is tussen die park en myle lange goue strande.  Natalia het ‘n privaat brug oor die spoor met wagte by hulle ingange en ook op die strand. Die park is in twee gedeel met die seeuitsig staanplekke op terasse, terwyl die agterste gedeelte in die laagte agter die A Blok ablusiegeriewe is.  Die park word uiters goed bestuur en onderhou.  Dit is ‘n vakansie Mekka vir gesinne met kinders  -  vermaak in oorvloed.   
Dit is egter ‘n raserige kamp.  Hulle musiek en aankondigings word deur luidsprekers uitgesaai, daar is altyd baie mense in hulle woonstelle en in die twee kampgebiede.  Hulle huisves ook groot skoolgroepe.
Ons hou net eenvoudig nie van die gedruis nie en verkies om die Protea Hotel Karridene net langsaan te besoek.

7 September 2012  -  Ons kamp hier vir 10 dae, en bevestig bogemelde verslag.  Dit is nou 21.52H en die musiek bulder nog steeds van hulle ontspanningssaal.  Totaal onaanvaarbaar vir ons.  Ons sal beslis nooit weer hier kamp nie.
Punt toegeken  -  7/10 (Vir jonger geslag)  0/10 (vir die ouergarde)

Webwerf  -  www.atkvnatalia.caravanparks.co.za 

Kliek hier vir Natalia fotos

ILLOVO BEACH
PROTEA HOTEL KARRIDENE KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2010
Kommentaar  -  Die park en tyddeel woonstelle is reg langs die Hotel,  en die hotelgeriewe beskikbaar vir die kamppeerders.  Geleë langs ATKV Natalia met net die treinspoor tussen die kamp en die goue strande.  Hulle het ‘n privaat stapbrug oor die spoor en ‘n plankiespad oor die duin.  Die kamp is beveilig, goed belig en hulle het ‘n wag wat toesig hou op die strand.  Ons het die oord al dikwels besoek en het net goeie herinneringe.
Die interne paaie is geteer, die staanplekke groot en redelik  gelyk en die ablusies nuut, modern en skoon.  Winkelsentrums is 4km van die kamp en Amanzimtoti so 8km ver.  Hulle het ‘n noodkragopwekker wat gereeld self aankom tydens kragonderbrekings. Dis ‘n eerste vir ons.
Daar is ‘n paar skadubome, maar meeste staanplekke is in vol son.  Vermy die staanplekke teen die grensdrade, veral die by Natalia.  Munt -wasmasjiene is beskikbaar.
Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.karridene.caravanparks.co.za 

ILLOVO BEACH
VILLA SPA -VAKANSIE OORD
Laaste besoek  -  2010
Kommentaar  -  ‘n 4 ster oord wat elke ster verdien.  Die oord is baie netjies, skoon, goed onderhou en goed beplan.  Staanplekke is groot, gelyk, het groen gras en baie bome. Die ablusies is skoon en netjies en ook goed gelee.  Hulle swembad word in die winter verhit en die area om dit vertoon mooi.  Hulle sekuriteit is goed, daar is ‘n brug oor die treinspoor  en daar is wagte op die strand.  Hulle het ‘n restaurant op die perseel en daar is ‘n kafee binne stapafstand.  Amanzimtoti is 4km ver en ‘n groot “mall” 8km. Hulle het ook “upmarket” houthuise en villas wat op ‘n “B&B” basis bedryf word.
Hierdie is by verre die beste oord suid van Durban,  maar ook by verre die duurste – besluit self wat jou sak pas.
Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.villaspa.co.za 

KAMBERG
MOUNTAIN SHADOWS HOLIDAY FARM
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Margaret en Allen het die park kort voor ons besoek gekoop en was nog besig met verbeterings en herstelwerk.  Die park is op ‘n pragtige plaas geleë met goeie uitsig oor die berg. Daar is ‘n denneplantasie, groot gras- areas en die boloop van die Klein Mooirivier op die plaas.  Stap en bergfiets is hier koning.  Die park is ook sentraal gelee om die Drakensberg te verken.  Die staanplekke is groot, gelyk en ‘n paar het skadubome.  Die ablusieblok is skoon en voldoende, maar beslis nie luuks nie. Die warm water word in ‘n donkie gestook, maar is kokend as jy onthou om ‘n stomp of twee in te gooi voor jy gaan stort – dis nogal iets om te beleef.  Hulle het ook ‘n paar huisies wat op ‘n selfsorg basis beskikbaar is.
Ons het ons besoek daar geniet, maar let daarop dat die pad daarheen in ‘n swak toestand was tydens ons besoek – maak seker dat jy genoeg tyd het om daar uit te kom. Mense met allergie moet ook let op die dennebome, grassade en dennerook van die donkie.
Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  -  www.drakensberg-mountains.co.za  

KELSO
HAPPY WANDERERS HOLIDAY RESORT
Laaste besoek  -  2007
Kommentaar  -  Ons het nie ons karavaan na die park geneem nie, maar  in ‘n woonstel daar gekuier. Die swak pad, asook die swak toestand waarin die park op daardie stadium was, het nie ‘n kamp- verblyf regverdig nie.  Ons sal dan ook nie weer hierdie park besoek nie.

12 Januarie 2018

Ons besoek die Park weereens en is aangenaam verras. Die pad is nog net so sleg, maar die karavaanpark en wat dit bied het 'n gedaanteverwisselling ondergaan.  Ja, dit is stowwerig en gras min, maar dinge soos die swembaddens, restaurant, kroeg en ablusieblokke is strate beter as in 2007. Die park was ook dan so 70 tot 80% beset, terwyl 'n park soos Corian's geen kampeerders gehad het nie.  Hulle "private" strand is ook 'n groot trekpleister oor die baie besige Kersseisoen.

Punt toegeken Januarie 2018  -  6/10
Punt toegeken  -  2/10

Webwerf  -  www.happywanders.co.za

Kliek hier vir Happy Wanderers fotos

KOKSTAD

MOUNT CURRIE NATURE RESERVE

Laaste besoek  -  2016 & 2018

Kommentaar  -  So 5Km buite Kokstad op 'n goeie grondpad. Interne paaie ook grond, maar ons het geen probleem met ons Penta ondervind nie.

Hier is net so 10 staanplekke teen die kant van die dam.  Hulle is nie baie groot nie en sommige is ook maar skuins.  Ons het net oornag en dus niks opgeslaan nie, maar ons voltent sal beslis nie inpas nie.  Dit is redelik moeilik om jou karavaan weer van die voorste staanplekke af in die pad te kry, veral as die gras nat is.  Ons was al kampeerders daar en dan is dit beter om sommer in die pad voor die ablusieblok te oornag.

Die ablusiegeriewe was skoon en netjies en die gasgeysers het goed gewerk. Witgoud is voorsien.

Die uitsig oor die dam is pragtig en die zeberas het sommer by die karavaan kom inloer.  MOET HULLE ASSEBLIEF NIE VOER NIE. 

Ons beskou hierdie as 'n oornag stop tussen Oos Londen en die KZN Suidkus en nie juis as 'n eindbestemming nie.

2018  -  Ons oornag weer hier en letterlik niks het verander nie.  Die plek is steeds skoon en netjies en die dame by die ingangshek baie vriendelik. Die water in die ablusieblok was warm en dieselfde ligte wat voorheen buite werking was, nog steeds vlenters, maar dit pla nie regtig nie.

Punt toegeken  -  5/10 (Oornag stop)

Tel  -  082 379 7775

KOSIBAAI

KOSIBAAI  KAMP
Laaste besoek  -  2007
Kommentaar  -  Let daarop dat die toegangspad baie los en diep sanddele bevat.  Die pad van die kamp see toe is ook deur diep sand en sedan motors en klein bakkies hoort nie hier nie.  ‘n Bakkie met “difflock” sal dit maak as jy niks sleep nie en jou wiele afblaas.  Verkieslik moet jy ‘n 4X4 en tent of boswa hierheen bring.  Daar het ook ‘n hele paar aanvalle hier voorgekom – moet nie alleen kamp of af see toe ry nie.
Alles is egter nie negatief nie.  Die kamp is in ‘n mooi beboste area met groot en gelyk staanplekke. Meeste is sanderig, bring ‘n goeie grondseil.  Daar is baie koelte en die ablusies is aanvaarbaar.  Bring al jou voorraad vir jou verblyf hier, jy wil nie onnodig die sandpad aanpak as jy nie ‘n 4X4 het nie.  Vir die 4X4 manne is dit hier natuurlik koning  -  jy kan elke dag sandry en toestande hier is net soos in Mosambiek – warm bedompige dae met ‘n warm goue strand.  Ons het ons tent safari hierheen baie geniet. 
Net ‘n laaste waarskuwing  -  die lokale mense staan tou langs die toegangspad om jou deur die sand te help teen ‘n vergoeding.  Hulle is egter ook baie bedrewe om tydens hierdie helpery hulle self te help aan enigiets agter op ‘n oop bakkie.
Punt toegeken  -  5/10

Webwerf www.kznwildlife.com 

LADYSMITH

SPRINGFIELD CARAVAN PARK - SPIOENKOP NATURE RESERVE

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Die karavaanpark is in die Spioenkop Natuurreservaat langs die dam en watersport is hier koning.  Die grondpad hierheen is doenbaar met 'n padwa, maar ry asseblief stadig en versigtig - daar was slegte kolle tydens ons besoek.  Die staanplekke is redelik gelyk en het 10A kragtoevoer, maar ons het dit nie getoets nie.  Dit was reenerig en ek wou nie my meter by die sleglykende kragproppe in die reen indruk nie.  Skaduwee is maar eina.

DIe ablusieblokke was stewig gebou en goed afgewerk, maar onderhoud het beslis agterwee gebly.   

Kliek hier vir Springfield fotos

Punt toegeken  -  4/10

 MARGATE

MARGATE KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2015 & 2017

Kommentaar  -  'n Groot park in die resedensiele area van Margate.  Ongelukkig is die park ver van die see af en is die besige seisoen is die verkeer maar druk hier.

Andersins is hier min foute.  die staanplekke is gelyk, meestal grasbedek met heelwat skaduweebome.  Elke staanplek het 'n braai, maar krane word gedeel.  Die krane is van die druk tipe en jy kan nie jou tuinslang hieraan koppel nie.  Sommige staanplekke is ver van die ablusies af en veral ouer persone of gestremdes moet seker maak dat hulle naby die ablusies kamp.

Interne paaie is geteer en stof behoort nie 'n probleem te wees nie. Wind hier sal ook bai minder wees as reg teen die kus.  Die ablusies is regtig netjies en was pynlik skoon.  Die mure is tot teen die dak geteel en al die wasbakke, baddens, storte en urinale skoon en heel

Sekuriteit lyk goed met 24/7 wagte by die hek en lemmetjiesdraad en 'n elektrieseheining op die grense.  Verkeergeraas mag ook steurend wees, veral by die boonste staanplekke.

2017 ons het nie hier gekamp nie, maar slegs na die Park gaan kyk.  Niks nuuts om te rapporteer nie.

Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.margatecaravanpark. co.za

Kliek hier vir Margate fotos

MARGATE

PUMLANI KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2017

Kommentaar  -  Ons het nie en sal beslis ook nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

MBAZWANA
ILALA PALM PARK
Laaste besoek  -  2007
Kommentaar  -  Ons sal nie hierdie park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar

MOOI RIVIER
RIVERBANK KARAVAN PARK
Laaste besoek  -  2010
Kommentaar  -  Ons het net verby gery.  Dit is net ‘n oop stuk grond baie naby aan ‘n informele nedersetting.  Ons glo dit bestaan nog net in naam.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar 

MTUNZINI

INKWAZI CAMPSITE

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Hierdie Park het baie potensiaal.  Sy ligging is reg, die omgewing pragtig en die dorp se fasiliteite op jou voorstoep, maar...

Die Park het verwaarloos en onversorg voorgekom.  Skoonmaak en regmaak was dringend nodig.

Ons sal nie weer hier kamp nie, behalwe as 'n grootse poging aangewend word om dinge reg te ruk.

Punt toegeken  -  0/10 

Kliek hier vir Inkwazi fotos

MTUNZINI

XAXAZA KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2007
Kommentaar  -  Ons het nie hier gebly nie, maar net ingery.  Die park het baie behoeftige permanente inwoners en voldoen nie aan ons standaarde nie.  Daar is beter karavaanparke in Natal Parkeraad gebied.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  www.xaxaza.co.za

MTUNZINI
UMLALAZI KAMPEERGEBIED
Laaste besoek  -  2009
Kommentaar  -  Ons het nie in hierdie kamp bebly nie, maar het dikwels die natuurpark besoek.  Die omgewing is mooi en veilig, die toegangspad en interne paaie  is geteer.  Die park beslaan twee gebiede – die een by die rivier en die ander nader aan die see.  Mtunzini is ‘n redelike dorp en sal in al jou voorraad behoeftes kan voorsien.  Die rivier is bevaarbaar  en baie voels kom hier voor.  Hulle het selfs ‘n broeipaar visarende daar.  Jy kan op ‘n bootrit op die rivier gaan, waar hulle harders agterna sleep vir die visarende om te kom haal. Daar is ook ‘n bietjie kleinwild in die park.
Alles baie mooi en goed, maar tydens ons besoeke het die kampeerterreine merkbaar agteruitgegaan.  Min onderhoud word gedoen en alles vertoon afgeleef.  Die parke het albei baie potensiaal.  Maak seker van die huidige toestand voor jy op ‘n lang besoek besluit.
2012 Besoek  -  Ons het die park weer in Mei 2012 besoek vir 'n lekker daguitstappie en ook in die twee kampplekke rondgestap. Ons sal nie in die tentkampplek staan nie (naby die rivier).  Die kamp aan die seekant se gras was groen en netjies en die ablusiegeriewe oud maar skoon. Daar was twee karavane en twee tente.  Ons het met een van die kampeerders gesels en hulle was gelukkig, maar het net gewaarsku teen die ape.

Punt toegeken  -  3/10

Webwerf  -  www.kznwildlife.com

MUNSTER

CASTAWAYS HOLIDAY RESORT

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Ons was (miskien onregmatig-die kamp was dolleeg) teleurgesteld in die plek.   Die natuurskoon om die park is pragtig en die uitleg ook goed.  Alles was egter verwaarloos en beslis lanklaas skoongemaak.  By die ingang na die park was iemand besig met herstelwerk aan 'n motor en die agterste punt van die park is 'n rommelhoop.

Soos die park nou daar uitsien, is hier beter kampplekke aan die Suidkus.

Punt toegeken  -  2/10

Kliek hier vir Castaways fotos

MUNSTER

MITTENWALD CARAVAN PARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Die park is te koop en op die oomblik nie in so 'n toestand dat ons hier sal kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

Kliek hier vir Mittanwald fotos

NEWCASTLE

AMCOR DAM KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  'n Munisipale park op die buitewyk van Newcastle langs die Amcordam.  Die park is op 'n gelyk area, die gras groen en netjies en die area is afgekamp van die dagbesoekersarea.  Die ablusie geriewe was skoon, maar het bietjie aandag nodig gehad, veral in die storte.  Daar is ook skoon skottelgoedwasgeriewe en 'n klerewasmasjien en droeer.  Alles beslis beter as wat ons gewoonlik by 'n munisipale park teekom.

Dagbesoekers moet hulle area om 18.00 uur verlaat, so saans is redelik stil. Hulle laat wel kontrakteurs toe, maar alles was netjies tydens ons besoek.  Die dam is bykans toegegroei met riete en nie geskik vir watersport nie.

Ons sal nie hier vakansie hou nie, maar die park kan as oorstaanoord oorweeg word.

Punt toegeken  -  4/10

Weberf  -  www.amajuba.gov.za

NEWCASTLE

CHELMSFORD NATURE RESERVE

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  25 Km suid van Newcastle op die Ladysmith pad.  Daar is geen inkopiegeriewe naby nie, behalwe ys en hout by die ingangshek.  Ons het nie hier gekamp nie - die hekwag het gese die plek is vol bespreek vir die naweek.  Dit was Saterdag oggend na 10.00 uur en ons het toe maar net gaan kyk hoe dit lyk.  Daar was net twee tente in die kampe,  die res leeg. Hierdie kommentaar is sprekend van wat daar aangaan.  Dit is pragtig om die dam en dit kan 'n baie lekker vakansie bestemming wees,  maar die verval is oral sigbaar.  Die paaie is vrot, die ablusies skoon maar redelik vervalle.  Die gras op die staanplekke was gesny en dit was redelik skoon. Van die kragpunte het nie so wel gelyk nie, maar ons kon dit nie toets nie.

Hierdie is vir ons 'n moeilike be-oordeling - as jy aanvaar dat alles nie so lekker werk nie, kan 'n kort vakansie hier wel waarde bied.

Punt toegeken  -  3/10

Webwerf  -  www.kznwildlife.co.za 

Kliek hier vir Chelmsforddam fotos

NOTTINGHAM ROAD

GLENSHEILING KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Ons het nie, en sal seker ook nie hier kamp nie. Meer van 'n boskamp atmosfeer as 'n karavaanpark.

Webwerf  -  www.glensheiling.co.za

Punt toegeken  -  1/10

Kliek hier vir Glenshelling fotos

PARK RYNIE

ROCKY BAY KARAVAAN PARK

Laaste besoek  -  2010 & 2018
Kommentaar  -  Op sommige staanplekke kan jy letterlik natspat met hoogwater.  Hierdie is ‘n groot park met  strandfront of beskutte staanplekke tussen reuse bome.  Die staanplekke is groot en gelyk en al die paaie goed versorg.  Wees net versigtig by die spooroorgang net buite die park.  Daar in ‘n klein winkel in die park en ‘n bootlanseerarea net buite die park.  Die park is baie gewild en het altyd ‘n klomp kampeerders – dit is egter so groot en goed versorg dat dit nie pla nie.  Daar is ‘n hele paar moderne ablusiegeriewe wat ons nooit vuil gevind het nie.  Daar is winkels in Park Rynie maar gaan liewers na die Scottburg Mall so 4km weg – daars ‘n Miky Lane.  Ons het hierdie karavaanpark baie geniet.  Daar is baie stapplek by die see en ook rotse met mooi seelewe om tussen te snorkel. Munt- wasmasjiene is beskikbaar.

2018. Ons gaan kyk net na die Park en niks het regtig hier verander nie.

Kliek hier vir Rocky Bay fotos
Punt toegeken  -  7/10

Webwerf    www.RockyBay.co.za

PAULPIETERSBURG

NATAL SPA HOT SPRINGS & LESURE RESORT

Laaste besoek  -  2012

Kommentaar  -  Hierdie oord word dikwels onder Vryheid gelys, maar is in werklikheid baie nader aan Paulpietersburg.  Dit is 'n groot oord met 'n Hotel, Huise, Woonstelle, Kamers en tent en woonwa staanplekke. Daar is 'n hele paar  restaurante, tennisbane, rolbalbane, 'n Spa, 'n hele klomp swembaddens en ook groot oop grasruimtes.  Koeltebome is wydverspreid. Die terrein was netjies en goed versorg.  Die hotel se versiering is al klaar 'n besoek werd.  Wandelpaadjies lei jou na die warm swenbaddens (tussen 35 en 45grade celsius).  Hiedie area is pragtig uitgele en na 'n naweek se gewoel nog mooi skoon.  Die pomp by die hoof koue swembad was buitewerking en duidelik vir 'n ruk stukkend aangesien dit vol paddavissies was.

Die karavaan en tent staanplekke is effe teleurstellend.  Die meeste is erg skuins en sommige ver van die hoofablusieblok.  Die meeste het grasbedekking en daar is ook sommige met skaduwee. Die ablusiegeriewe is modern en skoon, maar storthokkies is klein en ongemaklik.

Daar was 'n paar kampeerders met oop voertuigdeure wie se musiek letterlik gebulder het.  Ons het dit nie met die bestuur bespreek nie, maar moet aanvaar dat dit toelaatbaar is - dit was net te hard om nie te hoor nie.

Ons punttoekenning is net van toepassing op die kampeerarea.

TWEEDE BESOEK 2012 - Ons het hierdie keer gedurende die week kom kamp.  Die kamp is bykans leeg, maar die musiek is nog steeds 'n probleem. Ons het ons weer flou gesukkel om die wa gelyk te kry - bring 'n graaf saam,

of nog beter, bly in hulle selfsorgeenhede.  Ons sal beslis nie hier 'n tent probeer opslaan nie, nie vir die karavaan of 'n losstaande tent nie.

Punt toegeken  -  5/10

E-Pos  -  adminspa@goodersons.co.za

Kliek hier vir Natal Spa fotos

PENNINGTON
CORIAN’S PENNINTON KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2007 & 2018
Kommentaar  -  Ons het nie hier gebly nie.  Tydens ons besoek was die park gesluit aangesien dit verkoop was vir ontwikkeling.  Dit het egter deur die mat geval en die eienaar het weer begin om die infrastruktuur te vervang.  Ons weet nie tot hoe ‘n mate dit gedoen is nie.  Die staanplekke is op terrasse wat dit moeilik maak om ‘n karavaan te parkeer.  Die park is ook aan die verkeerde kant van die spoor met ‘n onbewaakte kruising.  Ons voel dat daar beter parke op die Suidkus is.

11 Januarie 2018 - Ons bly vir twee nagte hier oor en is die enigste kampeerders.  Die gras op die staanplekke lyk ook nie juis of dit baie verkeer op gehad het gedurende die Kersseisoen nie.

Die Park vertoon goed met grasstaanplekke en baie bome.  Die hoofablusieblok in sekerlik van die beste op die KZN Suidkus en hulle elektrisiteitsnetwerk toets reg met 15A brekers.  Die gras was gesny en die swembad gereeld ontblaar, alhoewel die plek basies leeg was.

Die deurloop na die strand toe, oor die spoorlyn, was skoon en die strandgebied ook netjies en skoon.

Sommige van die staanplekke is te klein vir ons Penta, voltent en bakkie. Maak seker as jy bespreek dat jou staanplek groot genoeg sal wees, en as jy bang is vir alleen kamp, vra of daar ook ander kampeerders sal wees.

Punt toegeken in 2018  -  6/10

Punt toegeken  -  3/10

Webwerf  -  www.corians.co.za

Kliek hier vir Corian's fotos

PENNINGTON

RIVER VALLEY OORD
Laaste besoek  -  2007 & 2018
Kommentaar  -  Ons sal nie weer hierdie park besoek nie.

BESOEK 2018 - Wat 'n groot verandering - hier het beslis 'n nuwe besem sy ding gedoen.  Die ablusieblok is pragtig opgedoen en "spotless" tydens ons onaangekondigde besoek.  Interne paaie het almal 'n sement blad en hulle is besig om dit ook vir die gasteparkeerarea te doen.  Gras word op al die kaal kolle op die staanplekke geplant en die hele plek netjies gemaak.  Beslis 'n groot verbetering.

Baie van die staanplekke is te klein vir ons Penta, so maak seker jou paksel sal inpas. Die storte het geen droog area nie, en die stappad see toe staan ons nie aan nie.  Hierdie tekortkominge is egter nie so erg nie en ons sal in die toekoms hier kom kamp.

Kliek hier vir River Valley fotos
Punt toegeken  -  0/10 2018  6/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar

 PIETERMARITZBURG

ALBERT FALLS KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2008
Kommentaar  -  Ons het verneem dat die park gesluit sou word.  Ons sal dit in elkgeval nie weer besoek nie.
Onthou dat daar wel twee kampe in die Albert Falls Dam and Game Reserve is, nl. Notuli Kamp en Bon Accorde Kamp. Ons het nog nie hier oorgebly nie.

Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar.

PIETERMARITZBURG
TOT HIER TOE KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2008
Kommentaar  -  Ons het nie werklik hierdie park bereik nie – die pad was so sleg dat ons omgedraai het. Die is ook nie naby Pietermaritzburg nie, maar nader aan Greytown.  Ons verneem dat hulle meer op permanente kampeerders toespits.  Ons het nie eerstehandse kennis nie.
Punt toegeken  -  nie gedoen.

Webwerf  -  www.caravanparks.com

PONGOLA

SODWANA BOAT CLUB

Laaste besoek  -  2006

Kommentaar  -  Let daarop dat hierdie park by Pongola is en nie by Sodwana nie.  Ons was die enigste kampeerders in die middel van nerens en met 'n heelnag deurloop het ons beslis onveilig gevoel.  Ons sal beslis nie weer hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

 PORT EDWARD

DE NOVA LODGE

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Ons het nie, en sal ook nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

Kliek hier vir De Nova fotos

PORT EDWARD

LEISURE VIEW HOLIDAY RESORT

Laaste besoek  -  2015 & 2017

Kommentaar  -  Die park is eintlik in Leisure Bay so 6Km noord van Port Edward.

Ons het nie hier gekamp nie, maar net die park besoek.  Die eienaars was ongelukkig nie tuis nie, maar die was opmerklik hoe verwoed die pesoneel besig was om skoon en netjies te maak, terwyl jy eintlik die plek deur 'n ring kon trek.  As iemand 'n prys moet kry vir 'n netjiese, skoon park, is die ouens beslis voor in die koor. Die gronde was baie netjies, die ablusies silwerskoon en al die ruite in die geboue vlekkeloos - dit wil gedoen wees in 'n kusoord!

Die staanplekke is gelyk en grasbedek met heelwat bome.  Baie van die reuse ou bome is erg teruggesny en sal seker eers weer volgende seisoen skaduwee gee. Die interne pad is geteer en die park behoort redelik stofvry te wees.  Die ablusies is nie geteel nie, maar so skoon en netjies dat jy dit nie juis agterkom nie.  Alles was ook in 'n baie goeie werkende toestand.

Alhoewel baie staanplekke 'n see-uitsig het, is die park redelik ver van die see af. Die park is redelik hoog gelee en net die fikses sal see toe stap of fietsry.

Ons sal gewis hierdie park aanbeveel.

2017 Niks nuuts om te rapporteer nie.

Punt toegeken  -  8/10

Webwerf  -  www.leisureview.co.za

Kliek hier vir Leasureview fotos

PORT EDWARD

PORT EDWARD VAKANSIE OORD
Laaste besoek  -  2010 & 2017
Kommentaar  -  Ons het om ‘n paar redes nie in die park oorgebly nie.  Die vakansie- oord beslaan ‘n groot area wat meestal uit rondawels en huisies bestaan.  Die karavaan ark is aan die een kant van die ontwikkeling, maar  dit is ‘n deurloop vir die ander besoekers oppad see toe.  Dit is ook reg langs die strand afee en vermaaklikheids- area vanwaar die musiek steurend was tydens ons besoek.  Daar is wel ‘n wag by die toegangshek by die kampafdeling, maar  dit het vir ons gelyk of mense ongehinderd deurstap.  Die park is baie na aan die see, daar is voldoende winkels in die dorp en die staanplekke groot en gelyk.  Daar was baie besoekers in die kamp tydens ons besoek, maar geen kampeerders nie.  Die ablusie geriewe was gesluit.

2017 - Ons het weer hier gaan loer en niks nuuts gevind nie,
Punt toegeken  -  3/10

Webwerf  -  www.portedward.co.za

PORT EDWARD

THE PONT HOLIDAY & WATER SPORT RESORT

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Was 'n groot park met 64 staanplekke, maar meeste het nou permanente strukture op - baie "Upmarket" - kyk na ons Picasa fotos. Die omgewing hier is pragtig en die rivier "gemaak" vir watersport.  Hulle  het dan ook 'n watertaxi om jou strand toe te neem (so 3Km) teen R30 per persoon, retoer.  As jy na die Port Edward strand toe ry per motor, is dit so 8Km weg.

Staanplekke is gelyk, op gras en meeste kyk op die rivier en die Transkei landskap aan die anderkant uit.  Min het skaduwee en net 'n paar 'n windbreek.  Elektriese proppe is van die blou tipe en redelik na aan die staanplekke.  Krane is maar skraps.  Hier is ook houthuisies en tente te huur.

Hulle roem hulself daarop dat dit 'n watersport oord is, en 'n boot is amper 'n moed as jy hier wil kamp.  Onthou ook dat dit in besige tye redelik raserig kan wees.  Ons was op 'n baie stil tyd, met geen bote op die water nie, en ook geen geraas of musiek van die kroeg/restaurant af nie.

Die ablusiegeriewe is mooi opgedollie en die storte groot en met 'n effektiewe aantrek gedeelte - van die beste.  Ongelukkig was die skoonmaak nie op datum nie, maar ons aanvaar dat dit gewoonlik reggesien sal word.  Die opwasgeriewe pas nie by die park in nie - sien weereens die fotos.

Sal ons hier kampeer?  Ja, maar net as ons ons boot saambring.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Die Pont fotos

Webwerf  -  www.oldpont.co.za

PORT EDWARD

T.O. STRAND RESORT
Laaste besoek  -  2010 & 2017
Kommentaar  -  ‘n Groot oord met baie huisvesting.  Die huisies is almal baie netjies en goed versorg.  Die karavaanpark gedeelte is op verskillende vlakke, met die boonste staanplekke ons keuse. Die onder by die lagoon is baie gewild onder die jongklomp en die geraas is somtyds steurend.  Die staanplekke is groot, taamlik gelyk en goed gemerk.  Daar is baie bome en gras en ook groot oop spasies. Paaie, beligting en krane is goed.  Die ablusieblokke is modern, skoon en voldoende.  Die park is ‘n paar kilometer buite Port Edward, waar daar twee redelike winkelkomplekse is.  Ons verkies die eerste een op links nadat jy afgedraai het.  Die park het ook ‘n klein kafee.  Daar is baie katte en ape, wat ‘n groot probleem skep.  Bring “Pet Off” om op jou tent te spuit vir die katte en moet geen kos in sig los nie. Die oord is bietjie besig, maar ons glo dis die beste opsie in hierdie gebied.
Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.tostrand.net

PORT SHEPSTONE
LAKE ELAND GAME RESERVE

Laaste besoek  -  2009, 2015 & 2017
Kommentaar  -  Die oord is op ‘n plaas in die Oribi Gorge, en ver vanaf Port Shepstone.  Ry suid vanaf Port Shepstone en volg dan die aanwysings.  Die area is prentjie mooi en een van daardie MOET SIEN plekke. Daar is ook selfsorg behuising beskikbaar.  Die karavaanpark is in twee wyd- uiteenlopende dele. Die eerste is naby die kantoorkompleks op terrasse, gelyk, groot genoeg en duidelik gemerk.  Hierdie is goed vir ‘n rustige beskutte besoek.  Maak seker die pad is droog en daar word nie reen verwag  nie,voor jy ‘n sleepwa/boswa verder sleep.  Die tweede gedeelte is onder in die kloof langs ‘n dam.  Die staanplekke hier is reg op die oewer en het skadudoek -afdakkies.  Dit is beslis die mooiste gebied, maar ook besonder gewild onder die hengelaars.  Die paaie is goeie grondpaaie, maar glad as dit nat is.  Dit is heeltemal veilig om in ‘n sedanmotor hier te ry as dit droog is, maar as dit nat is het jy ‘n “Diff lock” nodig. Bring jou voorraad saam, die winkels is ver.

2015 Besoek - Die winkel en restaurant lyk beter, 'n tweede ablusieblok is by die boonste kamp gebou en hulle het 'n Zip Line gebou wat net eenvoudig 'n moetry is.

Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.lakeeland.co.za

Kliek hier vir Lake Eland fotos

PORT SHEPSTONE

LALANATHI KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Ons het 'n sagte plekkie vir familieparke waar die eienaars op die perseel bly, en hierdie is beslis nie 'n uitsondering nie.  Barry en Charlotte is perfekte gashere en is die hele tyd betrokke in die kamp.  Probleme word summier opgelos en al die gaste word elke dag besoek.

Die park le tussen 'n baie stil pad en die spoorlyn, waar net so twee tot drie goedere  treine per dag verbygaan - het ons nie gepla nie, alhoewel ons aan die spoorkant vir 'n maand gekamp het.  Ons het wel gevind dat die dieselroet na 'n maand sy merk op ons wa gelos het.  Dit het maklik afgewas,  maar die staanplekke verder weg  van die spoor het nie so 'n probleem nie.

Hier is volson- en skaduweestaanplekke.   Onder die bome is die gras skraps, maar andersins is die park mooi groen van die gras.   Kyk gerus na ons fotos vir die mooi groot bome.

Staanplekke wissel in grootte, maar ons Penta, voltent en bakkie het nie ons staanplek vol gestaan nie.  Meeste staanplekke is redelik tot heeltemal gelyk en kragpunte redelik naby.  Ons kragpunt het korrek getoets. Staanplekke het nie almal krane nie en gelukkig ook nie ligte nie.

Die enkele ablusieblok is so een derde van die parklengte van die het af.  Die meeste staanplekke is in hierdie area,  maar die heel agterstes is 'n dagreis te perd weg.  Die ablusies was die hele tyd skoon gehou, toiletpapier was voorsien en die gasgeysers het goed gewerk.  Die storthokkies is redelik klein, maar het elk twee klerehakke en 'n klein bankie vir neersitplek.  Die dames het ook 'n bad aan hulle kant. 

Daar is opwasfasiliteite aan bydekante van die ablusieblok en ook hier het die gasgeysers hulle ding gedoen.  Die waskamer het twee muntwasmasjiene en 'n droeer.  "n Kleinerige yskas is ook hier beskikbaar.

Die park is goed omhein met toegangsbeheer  en sekuriteitslige en ook 'n wag wat snags op ongereelde tye patrollie loop.  Tydens ons besoek is die drade geknip en goed uit 'n oop voertuig en tent gesteel.   Die draad was dadelik herstel en die patrollies tot die hele nag uitgebrei - geen verdere voorvalle het plaasgevind nie.  Ons kamp nerens meer sonder ons alarmstelsel nie,  hierdie tipe voorvalle kom al meer voor en elkeen moet sy ding doen om dit te verhoed.

Daar is 'n voergangershekkie na die see toe.  Loop oor die spoor en dan met 'n voetpaadjie van so 30 meter tot by die hoogwatermerk.  Hier is nie lewensredders nie, maar wel by Banana Beach, so 600 meter suid.  Daar is 'n klein winkeltjie, restaurant en wegneemeetplek  so 3Km suid van die park, maar Port Shepstone en Shelley Beach sal aan al jou inkopiebehoeftes kan voorsien.

Die Eienaars reel elke Saterdag 'n Bring-En-Braai, en ons het daarna heerlik in die Lapa gekuier.

Ons het ons besoek hier geniet en sal weer hier kamp.


Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.lalanathi.caravanparks.co.za 

Kliek hier vir Lalanathi fotos

QUEENSBURGH
QUEENSBURGH KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2010
Kommentaar  -  Die park is in die Durban Metropool en ‘n goeie keuse vir sake in Durban, maar nie goed gelee vir ‘n vakansie nie.  Ons glo dat die advartensies vir hierdie oord redelik vrygewig is.  Die oord is verseker van 4 ster gehalte wat betref die staanplekke, paaie, ablusies en ontspanningsgeriewe.  Dit is egter in ‘n minder goeie omgewing en ons glo nie dat ons in hierdie area buite die park sou gaan rondstap nie.  Dit is wel op die oewer van die Umbilo rivier teen ‘n mooi krans, maar die rivier is hier net ‘n klein stroompie en geweldig besoedel – moet nie in die water gaan nie.  Die park het ‘n menigte Park Homes en ander netjiese huisies wat aan privaat persone behoort.  Hulle is almal goed versorg en vorm dan ook die grootste gedeelte van die park.  Die beskikbare staanplekke is naby die rivier en kantoor/ontspannings area.  Ons het ons besoek aan die park kortgeknip toe ons besef dat hulle inkomste eerstens deur die huisies en tweedens deur funksies en troues gegenereer word.  Die kroeg en onthaal -area is teenaan die staanplekke en ons hou nie van tweedehandse musiek nie. 
Vir ‘n sakebesoek aan Durban is hierdie ‘n baie goeie opsie, maar vir ‘n vakansie of lang besoek sal ons eerder na Ballito of die Suidkus uitbeweeg.
Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  -  www.queensburgh.caravanparks.co.za 

RAMSGATE

FAIRHILLS KARAVAANPARK

Datum besoek  -  2016 & 2017

Kommentaar  -  Ons gaan Julie 2016 hier kamp en neem vanaf 1 Augustus 2016 die bestuur van die Park oor.  Ons sal gedurende Julie 2016 verder rapporteer en fotos plaas.

Ons kamp nou hier om die fasiliteite te toets, voordat ons die bestuur van die park oorneem.  Vir die kamperders wat voor Junie 2015 hier was; julle sal die plek nie ken nie.  Die onderste moeras gedeelte is gedreineer en opgevul en 18 pragtige gelyk staanplekke hier uitgele. Ons kamp op die oomblik hier op die onderste vlak - lekker beskut teen die wind.  'n Tweespoor sementpad loop teen die bult af en die hek gedeelte word vergroot om maklik met groter karavane hier in en uit te kom.

Sal later verder berig, nadat ons al die fasiliteite goed beproef het.

FEBRUARIE 2017 : Ons het onderneem om die Park tot einde 2017 te bestuur. Groot vordering is gemaak met watervoorsiening en Fairhills was een van die min plekke op die KZN Suidkus wat geen wateronderbrekings in Desember 2016 gehad het nie

Warmwater voorsiening is verbeter en die ablusieblokke opgegradeer.

Punt toegeken  - 7/10 (neem kennis : ons bestuur die Oord tot einde 2017)

Webwerf  -  www.fairhillspark.co.za

FAIRHILLS TELEFOON NOMMER  -  071 228 1814

Kliek hier vir Fairhills fotos

RICHARDSBAAI
RICHARDSBAAI KARAVAANPARK
Laaste besoek  -  2010 & 2015
Kommentaar  -  Ons het hierdie park dikwels besoek en sal sonder huiwering weer ‘n maand of meer daar deurbring,  aangesien die hele paket wat betref kamp, see, stad en hawe ons geval.  Hiedie is ‘n regte vakansie -bestemming wat baie bied.  Dit gesê, moet ons meld dat ons dink die 4 ster gradering baie vrygewig is.  Daar is ‘n magdom staanplekke, groen gras en baie bome.  Die park is goed verspreid deur die duine bosse en jy kan in die oopte of beskut tussen die bome kamp – die keuse is joune.  Ons vermy egter die staanplekke by die swembad en ontspanningsarea.  Van die staanplekke is baie groot en sommige is gelyk.  As jy vir die eerste keer bespreek en dis in hoogseisoen, maak seker dat jy met  Doret praat en vir haar verduidelik wat jy verlang – sommige staanplekke kan nie ‘n groot karavaan huisves nie.
Die staanplekke het nie ‘n seeuitsig nie, maar is goed beskut teen die wind.  Die trappe af na die see is STEIL en BAIE – vat dit kalm.  Moet nie noord van die trappe op die sand beweeg nie, dis nie veilig nie. Stap suid verby Alkantstrand tot by die hawemond – dis pragtig.  Winkels is binne stapafstand en sal aan al jou behoeftes voldoen. 
Daar is ‘n hele paar ablusieblokke in die kamp.  Hulle is voldoende, word skoongemaak, maar moet nie 4 ster geriewe verwag nie – hulle voldoen net aan laer 3 ster geriewe.
Punt toegeken  -  7/10

Kliek hier vir Richardsbaai fotos

Webwerf  www.richardsbaycaravanpark.co.za

 2015 Besoek  -  Ons kamp weer hier en geniet die ervaring.  Daar is nog 'n klein ablusieblok gebou en hulle opgradeer ook die een by die seehek.  Die saal word opgeknap en vergroot.  Die area by die swembad word ook aan gewerk.

RICHARDSBAAI
HARBOUR LIGHTS KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2007
Kommentaar  -  Ons sal nie hierdie park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie beskikbaar nie. 

SALT ROCK
SALT ROCK KARAVAAN PARK
Laaste besoek - 2008 & 2015
Kommentaar  -  Die park vorm deel van die Salt Rock Hotel en die se geriewe is beskikbaar vir kampeerders.  Die park is reg op die see met net ‘n paar rotse tussen die voorste staanplekke en die water.  Die staanplekke is op terrasse wat jou ‘n seeuitsig bied, maar onthou net dat die adlusie -blok by die boonste terras is – as jy onfiks is kan dit nogal ‘n taamlike entjie wees as jy haastig is.  Die staanplekke het sement troke vir jou karavaan -wiele en kunsgras vie jou tent area.  Dit dwing jou om met jou gesig na die see op te slaan en die wind kan somtyds hier lekker waai.  Maak goed vas. Die staanplekke is lekker gelyk maar nie baie groot nie.  Die ablusieblok is netjies en voldoende.
Daar is 24/7 wagte, aangesien daar geen versperrings tussen die see en kampplek is nie. Ons het geen probleme hier ondervind nie en ook niks negatiefs van ons vriende gehoor nie. Die winkels is net om die draai en die groter twee Malls sowat 4km ver. Hierdie is prima vakansie gebied en beslis ‘n besoek werd.

2015 - Ons het gaan loer en niks nuuts gevind nie.
Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  - www.saltrockbeach.co.za 

SANI PAS  (HIMEVILLE)
HIGHLANDS NOOK
Laaste besoek  -  2007
Kommentaar  -  Ons het nie hier gebly nie maar net navraag gedoen toe ons teen die Sanipas op is.  Dit is nie ‘n karavaanpark nie, maar ‘n BACK PACKERS wat kampering op die gras voor die gebou toelaat. Dit lê aan die voet van die pas in ‘n baie mooi area op ‘n teerpad.  Ons sal nie ons karavaan hierheen bring nie, maar mag dalk daar kampeer.  Ons sal egter liewer bietjie verder weg net buite HIMEVILLE  by Vergelegen Kampeerarea bly.
Punt toegeken  -  3/10

Webwerf  -  www.highlandsnook.co.za 

SCOTTBURGH

CHARLES HOFFE PARK

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Die oord is gesluit en die terrein word ontwikkel. 

SCOTTBURGH
MACNICOLS  BAZLEY BEACH RESORT
Laaste besoek  -  2009
Kommentaar  -  Sien ons kommentaar onder Bazley Beach.  Sommige publikasies lys die oord onder Scottburgh,  maar dis nie korrek nie.  Die park is ver suid van Scottburgh.

SCOTTBURGH

ROCKY BAY KARAVAANPARK

Sien onder Park Rynie

SCOTTBURGH

SCOTTBURGH KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2008 & 2015 & 2018
Kommentaar  -  Word as een van die beste parke in die land beskou en ons het vele vakansies hier geniet.  Dit is ‘n lang smal park tussen die treinspoor en die see.  Daar is heelwat staanplekke met ‘n seefront, maar ook staanplekke agter onder die bome wat meer beskut is.  Die trein se geraas is wel  steurend gedurende die dag, maar loop nie saans nie – dit pla nie regtig nie.  Die meeste staanplekke is nie baie groot nie en reg langsmekaar.  Die kamp is meestal redelik vol en hierdie beknoptheid het ons later begin pla.  Daar is verskeie ablusieblokke wat gereeld opgegradeer word en word gereeld skoongemaak.
Winkels is binne stapafstand en die see aan jou voete – daar is sand, rots en getypoele beskikbaar.  Vra waar Piet se Gat is en gaan snorkel – dis veilig en baie mooi.
Daar is 24/7 wagte en ons het nooit enige probleme hier ondervind nie, maar onthou dat die park oop is see toe.  Daar is kort kort stories oor goed wat gesteel word. 
Die wind het al groot skade aan tente hier aangerig – ons het oor al die jare geen skade gehad nie, maar ons maak seker dat ons tent baie goed vas is vanaf dag een  -  moet nie wag tot die wind opkom nie, want waai gaan hy waai.
Daar is 'n winkeltjie/restaurant op die perseel wat daagliks vars brood, koerante ens het en heerlike maaltye bedien.   Van die dorpsmense kom gereeld hier ontbyt geniet en ons kan dit sterk aanbeveel.

16 Januarie 2018

Ons kamp weer hier vir 'n maand en vind dat bitter min hier verander het. Dit is wel so dat daar hier en daar herstelwerk gedoen word na die besige jaareinde seisoen, maar behalwe vir die wind, geniet ons ons besoek.

Kliek hier vir Scottburgh fotos

Punt toegeken  -  7/10

Webwerf  -  www.scottburghcaravanpark.co.za

SHELLY BEACH

SHELLY KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Hierdie park is nie naby die see nie en ons glo dat daar beter kusparke in hierdie omgewing is.

Punt toegeken  -  1/10

SODWANA

SODWANA HENGELKLUB
Laaste besoek  -  2005
Kommentaar  -  Ons het glad nie veilig gevoel in die park nie en sal dit beslis nie weer besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  www.sodwanahengelklub.co.za 

SOUTHBROOM

PARADISE HOLIDAY RESORT

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Hierdie Oord is taamlik ver van die see en winkels gelee - beslis nie binne loop afstand nie.  Hulle het 'n verskeidenheid wooneenhede. Die karavaanstaanplekke is aan die agterkant van die oord en teen 'n effense helling.  Sommige eenhede het skaduwee en is groot genoeg vir ons Penta en voltent.  Die hele Oord is uiters netjies en skoon.  Die eienares hou self 'n oog oor dinge.

Ons het nie hier gekamp nie, maar was goed bevriend met die eienares en het gereeld mense na haar oord verwys, wanneer ons vol was by Fairhills Park in Ramsgate.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.paradiseholidayresort.co.za

STANGER

HAROLD JOHNSON

LAASTE BESOEK - 2010

Kommentaar  -  Ons sal nie hier kamp nie.

Punt toegeken  -  0/10

Kliek hier vir Harold Johnson fotos

STANGER

ZINKWAZI LAGOON LODGE

Kommentaar  -  Sien onder Zinkwazi 

ST LUCIA   (SANTA LUCIA)
MAPHELANA  KAMPEERTERREIN
Laaste besoek  -  2010
Kommentaar  -   Hierdie park is nie by St Lucia nie, maar aan die suidekant van die rivier.  Moet ook nie die GPS pad hierheen volg nie – dit is uiters sleg.  Gaan na Richardsbay Mining en draai regs op hulle pad noord.  Dit is geteer tot baie na aan die natuurpark se grens.  Die pad- oppervlakte van die grens tot by die kampplek is goed wanneer droog, maar glad in die reen. Die pad is egter baie nou en het ‘n paar skerp draaie – ons het nie en sal nie ons karavaan daarheen sleep nie, ons tent- verblyf daar was heerlik. Sedan motors kan maklik hier kom as jy die bogenoemde roete volg.
Die kamp is in die tropiese bos in die natuurreservaat en regtig baie mooi.  Dit is ‘n MOET BESOEK.  Daar is heelwat volskadu -staanplekke waar die wildsbokkies jou kom besoek – wees net rustig en moet nie raas nie.  Geniet ook die voëls, daar is baie.  Daar is geen winkels nie, maak seker jy bring alles wat jy nodig het.  Daar is ook baie mooi selfsorg huise, meeste met seeuitsig ,in die park. 
Die ablusiegeriewe moet liefs as “rustic” gesien word – die Natal parkeraad is nie bekend vir hulle onderhoud nie.  Dit is egter voldoende vir ‘n kort besoek.

2015 BESOEK

Niks het regtig verander nie, maar onderhoud het ook nie verbeter nie.  Die pad in die Park gaan agteruit en ons beveel aan dat sleepwaens slegs met 4trekvoertuie hierheen gesleep word.  Modder in die reenseisoen en sand in die droogtes kan dalk pla.  Dit is huidiglik baie droog en die waterkwaliteit nie goed nie - bring drinkwater of 'n goeie waterfilter.
Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.kznwildlife.com

Kliek hier vir Maphelane fotos

ST  LUCIA

SUGARLOAF CAMPSITE
Laaste besoek  -  2010 & 2015
Kommentaar  -  Ons het nie in hierdie kamp gebly nie, maar dit ‘n paar keer  gaan bekyk omdat ons graag in hierdie area wou kamp.  Ons het gehoop dat die toestand van die kamp sou verbeter, maar helaas nie. Dit is ‘n onveilige area en hulle sekuriteit nul.  Die kamp word ook sleg bestuur en nie onderhou nie.  Ons het tot op datum nog nie kansgesien vir die kamp nie  -  maar ons bly hoop.  Laat weet asseblief as julle aanvaarbare toestande hier vind.

2015 - Ons gaan kyk weer na die kamp en besluit om nogmaals maar weer verby te hou.   Hierdie area is so mooi en hulle winterweer uitstekend, maar ai, dinge loop maar net ie reg hier nie.
Punt toegeken  -  0/10

Kliek hier vir Sugarloaf fotos

Webwerf  -  www.kznwildlife.com

 STANGER

HAROLD JOHNSON KAMPEERAREA
Laaste besoek  -  2010
Kommentaar  -  Hierdie kamp is nader aan Mandini as aan Stanger op die R102.  Ons het nie hier gekamp nie maar die reservaat dikwels vanaf Tugela Mouth besoek.  Dit is ‘n klein reservaat op die suidebank van die Tugela rivier.  Die  6 staanplekke is nie waffers nie en die ablusiegeriewe so-so. As jy die twee kort staproetes wil doen kan jy hier oornag, maar ons sal nie die moeite doen nie.
Punt toegeken  -  1/10

Webwerf  -  www.kznwildlife.com


TRAFALGAR (Suidkus)

PORT o' CALL WOONWAPARK

Laaste bosoek  -  2017

Kommemtaar  -  'n Familie Park net suid van San Lameer.  Die eienaars bedryf self die park en hou alles goed in stand.  Die park is reg langs 'n mooi sandstrand en die staanplekke op die boonste terrasse het 'n pragtige see-uitsig.  Hierdie area is 'n Marine-reservaat en geen aas mag hier ge-oes word nie, maar jy mag wel hier hengel.

Tel  -  039 313 0511

Web  -  www.portocall.co.za

E-Pos  -  portcall@telkomsa.net

Punt toegeken - 6/10

TUGELA MOUTH

LOBOTES KARAVAAN PARK

Laaste besoek - 2010 & 2015

Kommentaar  -  Ons het 3 jaar in Tugela Mouth Resort gewerk, maar nooit hierdie park, so 300m straataf besoek nie. Jan, die eienaar is die beste Skipper in die area en ontvang baie skiboot kampeerders in sy park. Hy doen ook vis "charters", en sy kliente kom byna altyd met hulle kwota vis terug.  Hy het 'n kroeg op die perseel en die park is sowat 200m vanaf die water. 

Punt toegeken  -  Nie gedoen.

webwerf  -  www.lobotes.co.za 

TUGELA MOUTH
TUGELA MOUTH RESORT
Laaste besoek  -  2010,2012 & 2015 & 2018
Kommentaar  -  Let daarop dat ons meer as 3 jaar die park help bestuur het – ons mag dalk nie heeltemal objektief wees nie. Dit is egter ook so dat die kamp elke jaar tydens die graderingsbesoek, amper ‘n 4 ster park se punte ontvang.
Die park is sowat 200m van die see en 800m van die riviermond.  Net 2 staanplekke het ‘n seeuitsig.  Al die staanplekke is gelyk en daar is baie bome in die park.  Die staanplekke is duidelik afgemerk en goed windbeskut – behalwe vir die twee met ‘n seeuitsig,  maak jou tent hier goed vas.  Die staanplekke is met gras beplant, maar op die uitsoek- staanplekke kry die gras nie juis tyd vir groei nie.  Daar is twee gewone  ablusieblokke, wat oud maar in ‘n goeie toestand is.  Die derde is 4 privaat badkamers elk met ‘n bad, stort, wasbak en toilet.  Hierdie is baie gewild en word druk besoek.  Die ablusiegeriewe word van 06.00 hr tot 21,00 hr deurlopend skoongemaak.
Die park het ‘n veiligheids - sowel as ‘n elektriese draad.  Die hekke word elektronies beheer en daar is veiligheidskameras.  Snags is daar ‘n wag wat patroleer.  Daar is ‘n klein snuistery winkel en wegneemetes is beskikbaar.  Kunsklasse word aangebied en gereelde uitstappies, braais en weekliks ‘n tee en koek geleentheid gereël.  Die eienaar hou gereelde sterrekyk aande en visvangseminare word gehou.  Die eienaars is die heel tyd betrokke in die kamp om seker te maak dat die kampeerders en gaste hulle geniet.  Hulle het ook 16 selfsorg eenhede.
Hierdie was eers as ‘n visvang kamp beskou, maar terwyl die hengel hier steeds baie goed is, het dit nou ontwikkel in ‘n gesinsvakansieoord.  Bespreek vooraf, die kamp is gereeld  vol – veral deur die wintermaande wanneer die weer perfek is.
Die naaste oordentlike winkels is in Mandini, 14km ver.  Die stuk pad tussen die N2 en die kamp is ‘n grondpad en met tye sleg.  Ry stadig as jy karavaan sleep.  Adres - P.Bus 375, 4490.
2012 Besoek  -  Ons besoek die kamp in April/Mei en vind dat net een hengel uitstappie gereel is. Geen verdere vermaak, uitstappies of teedrink geleenthede is gereel nie.

Die duine is grootliks deur die see verswelg en die see is nou slegs 120 meter vanaf die kamp.  Hengel was maar swak in hierdie tyd.

 2015 Besoek  -  Die duine is heeltemal weggespoel en die hoogwatermerk is nou slegs 90 meter van die Patk se seehekkie.  Die baie bome, biesies en riete in die water is 'n groot probleem vir die hengelaars, maar die manne wat vasgebyt het, het shad, kabbeljou en garrick gevang.

Die kampterrein was baie netjies, maar die sekuriteit het agteruitgegaan.

2018 Besoek - Die karavaanpark is skoon, netjies en die heinings tussen die staanplekke baie effektief.  Die sekuriteit is weer in plek.  Twee van die huisies is opgegradeer en ons bly baie lekker in Shady Lane.  Die groter huise het verf nodig en ons is meegedeel dat dit stelselmatig gedoen sal word.

Punt toegeken  -  5/10

Webwerf  -  www.tugelamouth.co.za

Kliek hier vir Tugela fotos

UMTENTWENI

ANCHORS AWAIGH KARAVAANPARK

SIEN KOMMENTAAR VAN WILLIE ONDER 3de PARTY 

UMTENTWENI

RIVERBEND CHALETS & CAMPSITE

Laaste besoek  -  2018

Kommentaar  -  Ons het hierdie park bloot per toeval raakgeloop toe ons in Umtentweni rondgery het, en wat 'n aangename verrassing!!  Hulle het net 11 staanplekke en beperk die aantal gaste tot 50 om nie hulle ablusiegeriewe te oorlaai nie.   Die park area is egter grootgenoeg om sekerlik dubbel soveel karavane te huisves.  Die staanplekke is lekker groot en teenaan groot bome op die oewer van die Umtentweni rivier uitgele.  Daar was geen kampeerders tydens ons onverwagse besoek nie, maar alles was skoon en netjies. Die eienaars woon op die perseel en hou persoonlik toesig. Die ablusiegeriewe bestaan uit twee gedeeltes, eerstens storte op 'n boskamp basis waar die afskortings nie tot heel bo loop nie en dan vier privaat badkamers wat absoluut pragtig is.  Twee het baddens en twee net storte.

Die park is redelik ver van die see af en moet dus meer as 'n binnelandse oord gesien word, met die voordele van die kus weersomstandighede.  Dit is regtig stil en rustig hier, met genoeg speelplek om die kleintjies besig te hou.  Hulle het perde op die perseel, maar die word net vit die atmosfeer aangehou.

GPS adres - 32 Bend Road, Umtentweni

Kliek hier vir Riverbend fotos

Webadres  -  www.riverbendchalets.co.za

Telefoon  -  039 695 1065 / 083 666 3941

Punt toegeken  - 6/10

UMTENTWENI

UMTENTWENI KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2010
Kommentaar   -  Ons het nie hier gebly nie, maar die park besoek, met die eienaar gesels en baie daar verby gery.  Terwyl die kamp seker nie te sleg is nie, is ons negatief ingestel en dink daar is beter opsies in daardie area.
Die staanplekke is mooi groot, daar is skadubome en dit lyk mooi by die lagoon.  Dit is egter teen die N2, sigbaar van die pad af en daar is geen beskerming teen indringers vanaf die lagoonkant, wat baie vlak is, nie.  Toe ons die eienaar daarop attent maak antwoord hy toe dat hy gereeld die polisie hier trakteer en goeie diens van hulle ontvang.  Hy meld toe ook dat hy ‘n groot kragtige klanksisteem het wat hy by sulke geleenthede gebruik.  Dit was vir ons die laaste strooi. Die park is ook ‘n hele entjie van die see af.

BESOEK 2015 - Ons het weereens die park gaan bekyk en bly by ons vorige be-oordeling.

Punt  toegeken  -  3/10

Kliek hier vir Umtentweni fotos

Webwerf  -  www.umtentweni.co.za


UNDERBERG

DRAGON'S REST KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2007

Kommentaar  -  Ons het net hier oornag voor ons rit op die Sanipas en nie werklik die park goed verken nie. Dit is 12 Km buite Underberg op die R617 en 'n lekker afspring plek om vroeg die Sanipas aan te durf.  Daar is pragtige stapgeleenthede - die omgewing daar is pragtig, maar onthou dat die selfs in die somer snags baie koud kan raak en die reenval is hoog. Wees versigtig as jy enige plek in die Drakensberg gaan stap.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.caravanparks.com 

UNDERBURG
SILVERSTREAMS KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2007
Kommentaar  -  Die pad tussen Himeville en die park is baie sleg, ry stadig en versigtig.  Die park le op die grens van Lesotho, maar daar is geen pad aan die Lesotho kant nie – voete en donkies is daar koning.  Daar is wel ‘n grenspos en as jou paspoort in orde is kan jy Lesotho van daar per donkie of perd gaan besoek.  Die eienares sal dit vir jou reël.  Die park is in die middel van nerens maar baie mooi en goed versorg.  Daar is ook ‘n groot aantal vakansiehuise in privaat besit in die gebied.  Die eienares bedryf ‘n regte plaaswinkel so 2km van die park af, waar jy omtrent iets van alles kan bekom. 
Die staanplekke is groot en gelyk, die ablusies aanvaarbaar en jou hele bly ondervinding baie goed.  Dit is die regte plek vanwaar jy die suidelike berggebied kan verken.  Let net daarop dat dit bitter koud word en dat hulle gereeld sneeu kry in die winter.  Moet nooit die gebied sonder warm en reenklere besoek nie.
Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.silverstreams.co.za

GPS  S29.843911  E29.215664

UVONGO

OASIS CARAVAN PARK & CHALETS

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Volgens die eienaar, Eddie Noyons is hierdie oudste karavaanpark in die land en is al 105 jaar oud.  Die eerste kampeerders het met hulle ossewaens hier saamgetrek.  Die park is in die woongebied so 600 meter (volgens Eddie) van die pragtige UVONGO strand af.

Die terrein is redelik skuins, maar is heeltemal gelyk gemaak en daar is 'n bo- en ondervoertuig ingang - jy behoort nie te sukkel om in en uit te kom nie, maar op baie staanplekke sal jou wa met die hand staangemaak moet word.  Sommige staanplekke is te klein vir ons Penta en voltent, so maak seker dat jy se hoe groot jou wa is as jy bespreek.

Die ablusies was skoon en netjies, maar sal sukkel om voor te bly as die park vol is.  Kyk na die fotos en besluit self.  Ons het nie hier gestaan nie, maar sal sekerlik in die toekoms so doen.

Punt toegeken  -  7/10

Kliek hier vir Oasis fotos

Webwerf  -  www.oasis.caravanparks.co.za

UVONGO

UVONGO KARAVAANPARK

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Hierdie park bestaan nie meer nie.

Punt toegeken  -  Nie gedoen

VRYHEID

NATAL SPA HOT SPRINGS & LEISURE RESORT

Sien onder Paulpietersburg 

WINKELSPRUIT
OCEAN CALL KARAVAANPARK
Laaste besoek  -  2010
Kommentaar  -  Ons sal nie hierdie park besoek nie.
Punt toegeken  -  0/10

Webwerf  -  Nie bekend nie. 

WINTERTON

DIDIMA CAMPSITE  CATHEDRAL PEAK (KZN WILDLIFE)

Laaste Besoek  -  2015

Kommentaar  -  Mooi klein oord reg in die Berg.  Hoewel die park onder Winterton aangeteken word, is Bergville die naaste dorp en die direkte pad vanaf Bergville is ook die beter toegangspad.  Winterton het 'n pragtige klein museum, met 'n baie ou ryhuis - 'n moetsien item.

Die park is binne die KZN-Wildlife reservaat en vertoon baie goed.  Die interne pad is goed, die staanplekke redelik gelyk, grasbedek en groot genoeg vir ons Palma met voltent en bakkie.  Dit is ook duidelik genommer, maar die grense nie gemerk nie.  Die interne pad het 'n randsteen, wat alles baie netjies laat vertoon, maar jy moet mooi mik om jou wa deur die gaping te kry.  Min bome in die middelgedeelte van die park, maar heelwat om die grense.  'n Stroompie kabbel in 'n kloof teen die een grens, wat hierdie gedeelte natuurlik vir ons aantreklik maak.

Die twee ablusieblokke is heel modern, vertoon goed en alles was werkend en skoon.   Hulle gebruik gasgeysers en die warmwater was dus voldoende. Daar was slegs 3 karavane in die park en die ontvangskantoor was gesluit. Die hekwag het alle formaliteite goed en vinnig afgehandel, maar dit is maar beter om in die stil tye besprekings en betalings vooraf te doen.

Daar is 'n Hotel op die terrein, maar aankope moet maar op Bergville of Winterton gedoen word.  Bergville het 'n nuwe Shoprite en Winterton 'n redelike groot Super Spar.

Jy moet jou en jou kroos self besig hou en stap is natuurlik koning.  Onthou dat meeste staproetes redelik moeilik is en dat die weer baie vinnig kan verander.  Maak voorsiening om kos, water, warm- en reenklere saam te dra.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.kznwildlife.com

Kliek hier vir Didima fotos

WINTERTON

DRAGONS PEAK MOUNTAIN RESORT

Laaste besoek  -  2004 & 2015

Kommentaar  -  'n Groot park in die Drakensberge en buurman van die Drakensberg Seunskoor.  Die park is goed ontwerp, staanplekke groot genoeg en het skadubome.  Daar is 'n klein winkeltjie, maar Winterton is werklik jou naaste (28km) dorp.  Paaie in hierdie omgewing is maar eina en dit is raadsaam om stadig te sleep. Daar is natuurlik die pragtige uitsig om te geniet, bass visvang in die damme, mooi staproetes en Engelse kroeg beskikbaar.  Ons het lekker hier gekamp, maar tekens van verval was opmerklik.  'n Boom het omgewaai en nie tydens ons besoek verwyder nie, stukkende vensters nie vervang nie en die ablusies nie heeltemal op standaard nie. 

Hierdie area is 'n besoek werd, maar die kamp is beslis nie 4 ster kwaliteit nie.  Stel jou visier bietjie laer as jy hier wil kamp.  Dit is natuurlik moontlik dat sake intussen reggestel is - doen jou huiswerk.

2015  -  Ons besoek die park gedurende Maart en is aangenaam verras.  Die pad daarheen is herstel en is nou 'n aangename sleepervaring.  Die park self was netjies en het goed versorg gelyk.  Daar is welliswaar min kampeerders, maar die oorgedoende ablusieblokke was skoon, netjies en alles in goeie werkende orde.  Net die boonste ablusieblok se warmwater was aangeskakel, maar dit was duidelik so aangedui in die ablusieblok by die swembad.  Daar was net 4 karavane, so daar kan geen klagte wees hieroor nie.   

Strate beter as tydens ons vorige besoek.

Punt toegeken  -  3/10  2015  -  6/10

Webwerf  -  www.dragonpeaks.com

Kliek hier vir Dragon Peaks fotos

WINTERTON

MONKS COWL RESORT

Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  - Ook bekend as Sterkspruik Falls Camp Site en deel van die Natal Parkeraad.  Van die staanplekke  is effe skuins maar die uitsig hier is koning.  Die ablusieblok was nie te sleg nie, maar die ou kwaal van die Parkeraad, gebrek aan onderhoud, steek ook hier kop uit.

Stap en stilte is hier bo-aan die te doen lys.

Punt toegeken  -  6/10

Kliek hier vir Sterkspruit foto

WINTERTON

MOUNTAIN SPLENDOUR ECO-RESORT

 Laaste besoek  -  2015

Kommentaar  -  Die park is op 'n werkende plaas en word deur die eienaars bedryf.  Ons was baie vriendelik ontvang en die ontvangsdame het uit haar pad gegaan om ons tuis te laat voel en het oorgeloop met inligting oor die kamp en omgewing.   Jy kry 'n koppie tee terwyl hulle personeel jou help om kamp op te slaan.  Die staanplekke is bykans almal gelyk en jy kan kies tussen son- of skadustaanplekke.  Onder die reuse bome kan jy dalk sukkel om jou DSTV skottel op te stel - bring 'n redelike lang kabel saam.   Sommige van die staanplekke het 'n geligte gruis oppervlakte - oorweeg dit sterk tydens die reenseisoen.  Hierdie is bergwereld en dit reen maklik en dikwels sommer baie op 'n slag.  Bring 'n swart "dropsheet" saam om onder jou grondseil te gooi op die gruis.

Hierdie manne is groot ingestel op bergfietsry en daar is 'n fietswinkel en herstelplek by die oord. Hier is pragtige fietsrypaaie en hulle sal jou ook op 'n begeleide toer neem.  Die kinders se speelparkie is goed ontwikkel en vertoon mooi.  Die lapa naby hierdie area het 'n TV, tafeltennis en jy kan veerpyltjies speel.  Die swembad is met kunsmatige rotse afgewerk, wat dit na 'n regte bergpoel laat lyk.  Die water was klokhelder en selfs op die fotos kan jy die bodem sien.

Die ablusiebokke is oud, maar was silwerskoon en alles het goed gewerk. Kyk maar na ons fotos en bsluit self!!  Die privaatbadkamers is nuut en netjies.

Jou naaste dorp is Winterton, waar jy maklik voorrade kan aanvul.  Daar is ook 'n baie goeie winkel baie nader in die rigting van die Drakensbergseunskoor se terrein.

Dit word baie warm hier in die somer en dan soek jy skaduwee.  In die winter word dit gewoonlik koud vroegmiddag en dan is die staanplekke  #41 tot 50, wat middagson kry 'n goeie keuse.

Punt toegeken  -  6/10

Webwerf  -  www.mountainsplendour.co.za

Kliek hier vir Mountain Splendor fotos

ZINKWASI

ZINKWASI KARAVAAN PARK
Laaste besoek  -  2010 & 2018
Kommentaar  -  Die park is in erwe opverdeel vir ontwikkeling, maar hulle wag net vir gunstiger ekonomiese toestande om voort te gaan.  Intussen word geen onderhoud of instandhouding gedoen nie.  Tydens ons laaste besoek was die plek totaal onaanvaarbaar.  

2018 - Nuwe eienaars het die plek oorgeneem en ons verneem dat heelwat verbeterings/vernuwings aangebring is.  Ons was nog nie weer hier nie en kan dit dus nie bevestig nie - doen asseblief self U huiswerk.

Besoek 2018 - Ons besoek die Oord en is heel beindruk met die werk wat reeds gedoen is. Hulle het die Hotel, Restaurant, Kroeg en huise voltooi. Van die ablusieblokke is reeds opgegradeer en werk vorder aan die ander. Die staanplekke en van die interne paaie kort nog baie werk en ons sal op hierdie stadium nog nie hier kom kamp nie, maar ons het goeie moed vir die toekams.
Punt toegekan  -  0/10

Kliek hier vir Zinkwazi fotos

Webwerf  www.zinkwazilagoonlodge.co.za


 As u ons wil kontak, KLIEK HIER, om 'n E-Pos aan ons te stuur.

TERUG NA BO

 

 

Translate This Page

Make a free website with Yola